{"id":124145,"date":"2020-01-13T15:42:24","date_gmt":"2020-01-13T13:42:24","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=124145"},"modified":"2020-01-13T15:42:58","modified_gmt":"2020-01-13T13:42:58","slug":"kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/","title":{"rendered":"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede"},"content":{"rendered":"<p><em>Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede. Hooffoto: Hema Patel<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hannatjie van der Wat op 83<\/h4>\n<p><em>Hierdie onderhoud het oorspronklik in die Oktober 2005-uitgawe van\u00a0<\/em>rooi rose\u00a0<em>verskyn. Onderhoud deur Ilse Salzwedel. Foto&#8217;s: Ivan Naud\u00e9.<\/em><\/p>\n<p>Ma, dogter, kleindogter en agterkleindogter &#8230; vier geslagte vroue in wie se bloed die skeppingsdrif klaarblyklik polsend klop. Ilse Salzwedel het by skilder Hannetjie van der Wat, dogter Marianne Fassler en kleinkind Hannia Weber gaan kuier.<\/p>\n<div id=\"attachment_124148\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-124148\" class=\"size-full wp-image-124148\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/01\/Marianne-and-Hannatjie-3.jpg\" alt=\"\" width=\"510\" height=\"213\" \/><p id=\"caption-attachment-124148\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Ivan Naud\u00e9<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Tradisie van styl<\/h4>\n<p>Dis \u2019n Woensdagmiddag in die laatwinter toe ons almal by Koos en Hannatjie van der Wat <a href=\"https:\/\/visi.co.za\/saxonwold-artists-studio\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">se statige huis<\/a> in \u2019n ou, boomryke voorstad van Johannesburg bymekaarkom. Dis \u2019n vriendelike, groot<br \/>\nplek met \u2019n binnehof vol orgide\u00eb en \u2019n bre\u00eb, lang gang met reusevensters, \u2019n ruimte spesiaal ontwerp vir Hannatjie se moderne, <a href=\"https:\/\/smacgallery.com\/exhibition\/hannatjie-van-der-wat-in-retro-10-may-13-july-2013\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">kleurryke skilderye.<\/a> Die res van die huis is kuierhuis, \u2019n plek waar \u2019n ouma en oupa en hul kinders en kleinkinders, en deesdae agterkleinkinders, nog gereeld Sondae saameet en kuier.<\/p>\n<p>Vandag is die huis \u2019n miernes van bedrywigheid vir ons fotosessie. Die sesjarige Sibella dartel vrolik rond tussen die grootmense. Sy\u2019s vasbeslote om net deel te wees van die fotosessie as sy \u2019n hond kan wees. Aan die ander kant van die vertrek sus Hannia die jongste toevoeging tot die familie, klein Sophia (ses weke oud), aan die slaap. Op die eetkamertafel staan koffie, tee en mineraalwater vir die dorstiges. Die ryk Brasiliaanse sjokoladekoek het Hannatjie spesiaal vir die geleentheid gebak.<\/p>\n<p>Hierdie huis se vrou, sien jy gou, glo nog aan gasvryheid en elegante stylvolheid, iets wat sy ook oorgedra het aan haar dogter, die bekende modeontwerper Marianne Fassler, en haar kleinkind,<br \/>\nHannia Weber, \u2019n dekorstilis en deesdae betrokke by die Sibella-kinderklerereeks wat Marianne ontwerp.<\/p>\n<p>Tussen die grimeerdery kry ek kans om met Marianne te praat. Sy moet terug werk toe n\u00e1 die fotosessie, want die volgende week is dit Modeweek in Kaapstad, en daar is nog baie om te<br \/>\ndoen.<\/p>\n<p>N\u00e1 die fotosessie spat almal uitmekaar.<\/p>\n<p>Ek bly agter om met Hannatjie te gesels, en kom eers donkeraand daar weg, diep onder die indruk van die statige vrou se uitsonderlike kunstalent, stylvolheid en hartlikheid.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Eers ma, toe kunstenaar<\/h4>\n<p>Vir \u2019n drie en tagtigjarige vrou is Hannatjie besonder energiek. \u201cDie trappe is ons gimnasium,\u201d merk haar man Koos droogweg op. Die Van der Wats woon al 51 jaar in dieselfde huis, en daar is \u2019n stewige stel trappe na hul slaapkamer en ook na Hannatjie se ateljee, waar sy nog daagliks skilder.<\/p>\n<p>Haar ateljee is netjies, met tientalle skilderye in rakke geliasseer. Die helder, baldadige kleure tref dadelik die oog. Ek onthou dat Hannia in \u2019n vorige onderhoud vertel het hoe lief haar ouma en<br \/>\noupa vir mooi, helder kleure is. (Oupa Koos, ook in die tagtig, praktiseer steeds as ginekoloog, en is wyd bekend vir sy kleurryke strikdasse en dasse.)<\/p>\n<p>Tog is di\u00e9 profeet nie so ge\u00eberd in haar eie land as wat sy verdien nie. Die Brasiliaanse Akademie van Skone Kunste in Rio de Janeiro het haar wel verlede jaar as een van hul tien vroue<br \/>\nvan 2005 vereer. Sy was die enigste kunstenaar, en die enigste buitelander. \u2019n Sonderlinge eer, maar heel gepas vir \u2019n vrou wat al sedert 1988 deel is van hul Akademie en deur die jare aan<br \/>\nverskeie groepuitstallings daar deelgeneem het.<\/p>\n<p>\u201cEk het soveel meer bereik as wat ek verwag het,\u201d s\u00ea sy beskeie \u201cMaar jy moet die geleenthede gryp wat die lewe jou bied. Want op \u2019n dag is jou dag verby.\u201d<\/p>\n<p>Sy is \u2019n paar jaar gelede ook deur die Brasiliane met \u2019n erepenning vereer &#8211; die negende ontvanger in vyftig jaar, en die eerste buitelander.<\/p>\n<p>Sy wens sy kon alles wat sy al geskilder het, net een keer bymekaar sien, mymer sy terwyl ons deur die skilderye kyk. Maar as sy terugkyk, was skilder vir haar nooit so belangrik soos haar<br \/>\ngesin nie. \u201cEk was eers ma, toe kunstenaar.\u201d<\/p>\n<p>Kleintyd was sy daar vir Marianne en haar tweelingbroer Johan, deesdae \u2019n ginekoloog, en Koos, \u2019n oogkundige. En natuurlik vir haar man Koos, met wie sy vanjaar 58 jaar getroud is. En<br \/>\nook vir elkeen van die elf kleinkinders en twee agterkleinkinders wat mettertyd bygekom het. Sy het veral baie gehelp met Marianne, wat \u2019n enkelouer was, se twee dogters, Hannia en Marisa.<\/p>\n<p>Vir haar man het sy net lof. \u201cHy\u2019s \u2019n lieflike mens wat my in alle opsigte ondersteun. Hy\u2019t my toegelaat om my eie ding te doen. Ek was gelukkig dat ek nooit moes skilder om aan die lewe te<br \/>\nbly nie, maar bloot omdat ek wou.\u201d<\/p>\n<p>Sy het nie kuns op skool gehad nie, maar wou nooit iets anders as \u2019n kunstenaar word nie. Die kunstalent het sy by haar ma gekry, en dit verder ontwikkel by die Johannesburgse Kunsskool<br \/>\nen later onder Sidney Goldblatt.<\/p>\n<p>As sy terugkyk, onthou sy \u2019n vol lewe. Reis is \u2019n groot liefde, veral Indi\u00eb, Egipte en Brasili\u00eb.<\/p>\n<p>Sy\u2019t ook gesorg dat elkeen van haar kleinkinders minstens een oorsese reis saam met haar en oupa Koos meemaak.<\/p>\n<p>Haar familie is steeds die heel belangrikste, en almal woon \u2019n klipgooi van mekaar in dieselfde deel van Johannesburg. Daar\u2019s min dae wat sy nie kontak het met almal nie. Hulle is \u2019n \u201csentimentele&#8221; lot wat baie oor en weer kuier. \u201cHulle moet weet hulle behoort aan ons.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_124149\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-124149\" class=\"size-full wp-image-124149\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/01\/Marianne-and-Hannatjie.jpg\" alt=\"\" width=\"510\" height=\"685\" \/><p id=\"caption-attachment-124149\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Ivan Naud\u00e9<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>&#8220;Dit het sy my geleer &#8230;&#8221;<\/h4>\n<p><strong>Hannatjie:<\/strong><br \/>\n\u201cEk het al my kinders geleer om \u2019n ding goed te doen as hulle dit doen. En om hulle passie uit te leef. Jy moet jou kinders inspireer, hul behoeftes en talente raaksien en help om dit te ontwikkel &#8211; dis \u2019n ouer se voorreg.<\/p>\n<p>\u201cEk het my kinders respek probeer leer &#8211; vir mekaar, vir ons as ouers en vir tradisie. Respek is vir my amper groter as liefde, en beslis belangriker as rykdom. \u201cOns is almal deel van \u2019n ketting, en ek het my kinders geleer om die heel sterkste skakel te wees wat hulle kan. Jy wil tog nie bekend wees as die swak skakel nie. Uiteindelik kom dit alles terug na selfrespek.<\/p>\n<p>\u201cEk het by Marianne volharding geleer. Sy is \u2019n wonderlike ma wat in moeilike omstandighede die beste vir haar kinders en vir ons as ouers gegee het. En ek het natuurlik eindelose bewondering vir haar asemrowende kreatiwiteit. Hannia is \u2019n besonder begaafde kunstenaar, en ek weet sy sal ook daarby uitkom as sy eers haar kindertjies grootgemaak het.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Marianne:<\/strong><\/p>\n<p>\u201cMy ma het my onvoorwaardelike liefde geleer, maar ook hoe belangrik dit is om deftig, ordentlik en smaakvol te wees. \u201cEk het ook by haar geleer hoe jy jou werk en jou familie moet balanseer. Ek dink sy het haar gesin soms te veel gegee. Sy kon dalk selfs nog meer erkenning gekry het vir haar kuns as sy nie so onbaatsugtig was nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het vir Hannia en Marisa, wat \u2019n ekonoom is, probeer leer om daar te wees vir mense en om lief te h\u00ea. Ook om bestendig te wees.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hannia:<\/strong><\/p>\n<p>\u201cMy ma en ouma het my geleer jy doen \u2019n ding behoorlik. By my ouma het ek die belangrikheid van familiebande geleer. Sy was my lewe deur nog altyd daar vir ons &#8211; toe ek heel klein was, het ek haar selfs vir \u2019n rukkie &#8216;Mamma\u2019 genoem!<\/p>\n<p>\u201cSy is steeds daar vir ons almal. Toe ek onlangs met \u2019n pap baba in \u2019n nuwe huis ingetrek het, het sy kruideniersware en etes gebring, en vir die eerste paar weke elke week \u2019n koek.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou van heel vroeg af haar koestering en liefde en warmte. My ouma was nog altyd die een wat ons uitgebreide familie so half omhels en bymekaartrek. Sy laat elkeen in die familie spesiaal voel, en is baie trots op elke kind en kleinkind.<\/p>\n<p>\u201cEk het by sowel my ouma as my ma geleer van goeie gehalte. My ouma het byvoorbeeld toe ek klein was vir my Italiaanse skoene gaan koop omdat ek \u2019n baie smal voet het. Toe ek gaan kuns studeer, het sy altyd gesorg dat ek goeie toerusting het &#8211; die beste verf, die beste kwasse.<\/p>\n<p>\u201cAlbei is baie kreatief en het dit by my aangemoedig. Ek bewonder hulle albei vir hul lewenslus en konstante energie vir nuwe dinge, nuwe mense, nuwe kuns.<\/p>\n<p>\u201cEk bewonder my ouma baie vir haar geloof. Dit was nog altyd vir haar baie belangrik, en sy het ons altyd aan die belangrikheid daarvan herinner. \u2019n Mens het so iemand nodig.<\/p>\n<p>\u201cMy ma en ouma put albei baie genot en inspirasie uit hul reise. Verder is albei baie lief vir kos maak. My ouma het seker gemaak dat ek \u2019n Kook en Geniet het, dat die basis reg is. Maar sy dra ook vir my nuwe resepte aan wat sy van die BBC Food-kanaal kry.<\/p>\n<p>\u201cEk sou my ouma seker kon beskryf as \u2019n tradisionalis met \u2019n <em>twist<\/em>. Sy\u2019t byvoorbeeld my dogtertjie Sibella se naam gekies. Dis \u2019n familienaam wat kom van \u2019n dogtertjie wat in die Engelse konsentrasiekampe dood is. Die sussie wat oorleef het se naam was Sophia, die naam van my babadogtertjie.<\/p>\n<p>\u201cAlbei het my geleer om nie \u2019n modeslaaf te wees nie. Ek bewonder hul individualiteit as dit by mode kom &#8211; nie een van hulle neem hulself te ernstig op nie. Hulle lyk eenvoudig nooit soos ander mense van hul ouderdom nie. Albei het my \u2019n liefde vir kleur geleer. Beige bestaan nie in ons verwysingsraamwerk nie.<\/p>\n<p>\u201cDis vir my wonderlik om te sien die lewe hoef nie op \u2019n sekere ouderdom op te hou nie &#8211; dis vir my \u2019n inspirasie om te sien dat jy op 83 nog \u2019n toekenning vir jou kuns kan kry.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-124147 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/01\/Marianne-and-Hannatjie-2.jpg\" alt=\"\" width=\"329\" height=\"301\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Marianne oor hul styl<\/h4>\n<p>My ma het altyd haar eie klere gemaak,\u201d onthou Marianne. \u201cSy het graag hoede gedra, en sy en my pa is albei lief vir mooi klere en kleure. Sy het ook kleintyd vir my die mooiste popklere<br \/>\ngemaak.<\/p>\n<p>\u201cMy ma was die <em>it-girl<\/em> van haar tyd, en haar styl het beslis \u2019n invloed op my styl gehad. Ek was van kleins af blootgestel aan internasionale tydskrifte, en haar vriendinne het my toegelaat om deur hul kaste vol couture-klere te kyk vir idees.\u201d<\/p>\n<p>Die Van der Wats se oorsese reise het Marianne ook van jongs af met ander o\u00eb na mode laat kyk.<\/p>\n<p>Haar ma het haar die vryheid gegee om te dra wat sy wou, maar was tog ingestel op gehalte. \u201cSelfs as kind het ek Italiaanse skoene gedra.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 matriek is Marianne Wits toe om te gaan kuns studeer, maar sy is daar weg met \u2019n honneursgraad in Afrikaans-Nederlands.<\/p>\n<p>\u201cEk was nie juis lief vir verf op doek nie,\u201d bieg sy. Sy het wel kunsgeskiedenis as vak geneem, en is tot vandag \u2019n groot kunsliefhebber en -versamelaar saam met haar man, Charles Bothner.<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 matriek het Hannatjie daarop aangedring dat Marianne \u2019n kursus by \u2019n Hongaarse kleremaakster gaan loop. \u201cWant as jy nie leer om jou eie klere te maak nie, gaan jy die res van jou lewe kaal rondloop,\u201d het sy glo ges\u00ea. \u201cG\u2019n man sal ooit jou klere kan bekostig nie.\u201d<\/p>\n<p>Marianne se leermeester het haar blootgestel aan klere in die Europese styl, en was baie streng oor detail en fyn afwerking. \u2019n Nuwe w\u00eareld het vir Marianne oopgegaan. Haar eerste skeppings is vertoon by \u2019n modeparade in \u2019n kerksaal vir haar ma se vriendinne.<\/p>\n<p>Drie jaar later het sy haar eie boetiek in Johannesburg gehad, en heel gou was haar naam op die lippe van al wat \u2019n internasionale modekenner is.<\/p>\n<p>\u201cKlere is vir my \u2019n instrument waarmee ek mense kan bemagtig en kan help om goed te voel.\u201d<\/p>\n<p>Vir haar is mode iets wat ook die geskiedenis weerspie\u00ebl.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n groot kompliment toe iemand eendag opmerk dat sy die een mens is wat moeiteloos van die ou na die nuwe Suid-Afrika kon oorgaan, ook wat haar werk betref.<\/p>\n<p>Sy is nie ingestel op geleentheidsdrag nie, en het haar twee dogters ook geleer wat sy toegelaat is om te doen: Om nie die mode slaafs na te volg nie. \u201cEk s\u00ea altyd vir mense dat dit eerder jou styl is wat jou deurdra.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hannatjie op 93<\/h4>\n<p><em>Hierdie onderhoud met Hannatjie van der Wat het oorspronklik in die Junie 2015-uitgawe van\u00a0<\/em>rooi rose <em>verskyn. Die onderhoud is deur Ilse Salzwedel. Foto: Hema Patel.\u00a0<\/em><\/p>\n<div id=\"attachment_124150\" style=\"width: 281px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-124150\" class=\"size-full wp-image-124150\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2020\/01\/HannatjievanderWat.jpg\" alt=\"\" width=\"271\" height=\"419\" \/><p id=\"caption-attachment-124150\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Hema Patel<\/p><\/div>\n<p>Dis nie almal wat reuse- moderne skilderye kan skilder nie.<\/p>\n<p>Tog is dit presies wat Hannatjie op negentig nog vir haar laaste groot uitstalling gedoen het.<\/p>\n<p>As skilder was sy haar tyd ver vooruit. In \u2019n tyd toe min vroue verder studeer het, het Hannatjie kuns kom studeer in Johannesburg, w\u00earelde verwyder van haar grootwordjare op die familieplaas naby Greylingstad. N\u00e1 haar opleiding aan die Johannesburg School of Art, het sy \u2019n ruk lank skoolgehou voordat sy in 1948 met Koos van der Wat, \u2019n ginekoloog, getroud is. Hulle het drie kinders: Marianne Fassler, die bekende modeontwerper, en haar tweelingbroer Johan, ook \u2019n ginekoloog. Kosie, die jongste, is \u2019n oogkundige.<\/p>\n<p>Haar werk was deurentyd in groot aanvraag onder kunskenners en galerye. Plaaslike eer was daar min, maar die Brasiliaanse Akademie vir Skone Kunste het haar in 1994 vereer met \u2019n Honoris Causa en in 1997 met \u2019n Grande Medalha da Honora, hul hoogste eerbewys.<\/p>\n<p>\u201cMan, jy moet jou nie doodskrik vir ouderdom nie. Dis net \u2019n getal,\u201d vertel sy oor \u2019n keurige middagete wat sy voorberei het.<\/p>\n<p>\u201cEk dink nie oor ouderdom nie en praat nie daaroor nie. Ek ktief wees as jy ouer word: stel elke dag vir jou doelwitte.\u201d Haar lewe is interessant, daarvoor sorg sy. \u201cOns kinders woon naby ons en loer daagliks in. Ek is ook gese\u00ebn met wonderlike kleinkinders en agterkleinkinders, en het heelwat vriendinne, baie van hulle jonger as ek. Jy is baas van jou lewe en as jy eensaam is wanneer jy oud is, dink ek jy het \u2019n groot aandeel daarin.<\/p>\n<p>\u201cKoos glo ook aan \u2019n aktiewe lewe en het tot twee jaar gelede &#8211; op negentig &#8211; nog weekliks vir Johan met operasies bygestaan. Ons was nie bang vir aftree nie, maar hoekom sal jy net rondsit? Jy kan ook net soveel reis, want eintlik is jou huis die nukleus van jou bestaan. Ons het besluit om net hier te bly waar ons al woon vandat die kinders klein is. Jy is op jou gelukkigste binne die versorgende kring van jou familie en in jou eie ruimte. As ons versorging nodig het, sal ons iemand aanstel wat ons hier kan versorg.\u201d<\/p>\n<p>Sy het ook onlangs met weeklikse gimnasiumsessies begin. \u201cDis ontwikkel vir ouer mense soos ek, en ek geniet dit vreeslik.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Dag of wat voor ons onderhoud het sy haar versameling dokumentasie en korrespondensie aan die Universiteit van Pretoria oorhandig. Deeglik soos sy is, het sy alles uitsorteer.<\/p>\n<p>\u201cNou weet ek my kinders gaan nie daardie moeilike taak h\u00ea nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy het nie veel erg aan televisie nie \u2013 \u201cdaar is in elk geval altyd iets om te doen\u201d &#8211; maar noudat Koos daagliks by die huis is, kyk sy soms \u2019n fliek saam met hom. \u201cOns lees elke dag koerant en lees<br \/>\ngraag boeke. Ek is nie \u2019n enkele oomblik verveeld nie. Ek skilder nie baie op die oomblik nie, want ek het so baie goed wat my besig hou. Die bonus is dat jy saans doodmoeg in die bed klim en lekker slaap &#8211; sonder \u2019n slaappil.\u201d<\/p>\n<p>Hannatjie is filosofies oor die ouderdom. \u201cOm oud te word is nie \u2019n straf nie. Dis \u2019n geweldige voorreg, \u2019n se\u00ebn. Gebruik jou tyd. Kry \u2019n plan vir elke dag. Gee van jouself \u2013 hoe meer jy gee, hoe meer gaan jy ontvang.\u201d<\/p>\n<p>Sy weeg nog dieselfde as toe sy 67 jaar gelede getroud is.<\/p>\n<p>\u201cOns hou van vrugte en groente en het nooit \u2019n oormaat vleis ge\u00ebet nie. Ek drink nie wyn nie, en eet ook nie tussenin nie. Ek dink dit gaan maar oor balans.\u201d<\/p>\n<p>Sy glo aan \u2019n positiewe lewenshouding. \u201cAlmal se lewe bestaan mos maar uit \u2019n hooggety \u00e9n \u2019n laaggety, en ons het moeilike dae en hartseer beleef. Maar as ek terugkyk, is ons so gese\u00ebnd. Ek vrees niks \u2013 dit beteken nie ek dink nooit aan die toekoms en dit wat wag nie, maar wat sal dit help om bang te wees?\u201d<\/p>\n<p>Geloof maak die lewe vir haar makliker.<\/p>\n<p>\u201cElke skip moet \u2019n anker h\u00ea. Dan gaan min dinge regtig verkeerd, en kan jy makliker aanvaar wat oor jou pad kom.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bekroonde Johannesburgse kunstenaar, Hannatjie van der Wat, is onlangs oorlede. Ons het twee onderhoude met Hannatjie in ons argiewe gaan vind. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":124150,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[147,1387,3434,24339],"class_list":["post-124145","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die bekroonde Johannesburgse kunstenaar, Hannatjie van der Wat, is onlangs oorlede. Ons het twee onderhoude met Hannatjie in ons argiewe gaan vind.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die bekroonde Johannesburgse kunstenaar, Hannatjie van der Wat, is onlangs oorlede. Ons het twee onderhoude met Hannatjie in ons argiewe gaan vind.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-01-13T13:42:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-01-13T13:42:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/HannatjievanderWat.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"271\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"419\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede\",\"datePublished\":\"2020-01-13T13:42:24+00:00\",\"dateModified\":\"2020-01-13T13:42:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/\"},\"wordCount\":2776,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/01\\\/HannatjievanderWat.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"ons mense\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/\",\"name\":\"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/01\\\/HannatjievanderWat.jpg\",\"datePublished\":\"2020-01-13T13:42:24+00:00\",\"dateModified\":\"2020-01-13T13:42:58+00:00\",\"description\":\"Die bekroonde Johannesburgse kunstenaar, Hannatjie van der Wat, is onlangs oorlede. Ons het twee onderhoude met Hannatjie in ons argiewe gaan vind.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/01\\\/HannatjievanderWat.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/01\\\/HannatjievanderWat.jpg\",\"width\":271,\"height\":419,\"caption\":\"Foto: Hema Patel\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede | rooi rose","description":"Die bekroonde Johannesburgse kunstenaar, Hannatjie van der Wat, is onlangs oorlede. Ons het twee onderhoude met Hannatjie in ons argiewe gaan vind.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede | rooi rose","og_description":"Die bekroonde Johannesburgse kunstenaar, Hannatjie van der Wat, is onlangs oorlede. Ons het twee onderhoude met Hannatjie in ons argiewe gaan vind.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-01-13T13:42:24+00:00","article_modified_time":"2020-01-13T13:42:58+00:00","og_image":[{"width":271,"height":419,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/HannatjievanderWat.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede","datePublished":"2020-01-13T13:42:24+00:00","dateModified":"2020-01-13T13:42:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/"},"wordCount":2776,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/HannatjievanderWat.jpg","keywords":["bekendes","celebs","ons mense","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/","name":"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/HannatjievanderWat.jpg","datePublished":"2020-01-13T13:42:24+00:00","dateModified":"2020-01-13T13:42:58+00:00","description":"Die bekroonde Johannesburgse kunstenaar, Hannatjie van der Wat, is onlangs oorlede. Ons het twee onderhoude met Hannatjie in ons argiewe gaan vind.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/HannatjievanderWat.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/HannatjievanderWat.jpg","width":271,"height":419,"caption":"Foto: Hema Patel"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kunstenaar-hannatjie-van-der-wat-is-oorlede\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kunstenaar Hannatjie van der Wat is oorlede"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/124145","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=124145"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/124145\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/124150"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=124145"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=124145"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=124145"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}