{"id":124116,"date":"2020-02-15T09:50:23","date_gmt":"2020-02-15T07:50:23","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=124116"},"modified":"2023-02-15T09:56:52","modified_gmt":"2023-02-15T07:56:52","slug":"word-jou-kind-geboelie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/","title":{"rendered":"Word jou kind geboelie?"},"content":{"rendered":"<p><em>Word jou kind geboelie? deur Mariette Snyman. Foto: monkeybusinessimages\/istock images\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Word jou kind geboelie?<\/h4>\n<p>&#8220;Boelie\u201d kan gedefinieer word as optrede wat iemand skaad en hulpeloos laat voel omdat die boelie meer mag het.<\/p>\n<p>Geen gemeenskap is gevrywaar nie; dit gebeur tuis, in skole, werkplekke en ander omgewings en raak alle ouderdomme, van kleuters tot bejaardes.<\/p>\n<p>Hierdie vorm van geweld kan emosioneel wees, fisiek, verbaal, of op sosiale media voorkom. Die een wat boelie sowel as die een wat geboelie word, ervaar \u2019n gebrek aan selfvertroue en kwetsbaarheid, hoewel dit soms agter grootdoenerigheid verskuil word. Party kinders dien wonde toe; ander trek hulle terug. Om die teiken te probeer beskerm en die boelie te straf het selde die gewenste uitwerking. Albei kort hulp.<\/p>\n<p>\u201cDie ideaal sou wees om boeliegedrag uit die staanspoor te voorkom deur alle kinders te bemagtig,\u201d s\u00ea Alicia Thomas-Woolf, uitgewer, skrywer, sanger en liedjieskrywer van Johannesburg.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Kind met diepgesetelde selfvertroue vind dit nie nodig om iemand te boelie nie, en word ook nie maklik \u2019n teiken nie. As kinders van kleins af kan leer om powerful te voel, sal die landskap anders lyk.\u201d<\/p>\n<p>Alicia het die bul by die horings gepak en \u2019n beweging aan die gang gekry wat kinders van selfs net drie jaar innerlik kan versterk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-135933 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/iStock-181084610-355x415-1.jpg\" alt=\"\" width=\"355\" height=\"415\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cVier jaar gelede het Lize*, ons doodgelukkige, driejarige dogtertjie, oornag in \u2019n angsbevange kind verander. By die kleuterskool het twee ander driejariges haar geboelie deur haar sosiaal uit te sluit. Kort voor lank was sy so getraumatiseer dat sy naar geword het in die klas.<\/p>\n<p>\u201cTroos en mooipraat wou nie help nie. Lize se juffrou het empatiespeletjies met die kleintjies gespeel, maar empatie skop eers in op vyf jaar. Ek het begin nalees en met terapeute gaan praat om \u2019n oplossing te kry &#8211; ek wou my gelukkige kind terugh\u00ea! Tot my ontnugtering was daar g\u00e9\u00e9n praktiese hulpmiddel wat Lize kon help om haar emosies te hanteer en haar balans te herwin nie.<\/p>\n<p>\u201cAfgesien van \u2019n liedjieskrywer en sanger is ek ook \u2019n NLP-fasiliteerder. Neurolinguistiekprogrammering help mense onder meer om pynlike ervarings suksesvol te herinterpreteer. Dit verg lang sessies, en \u2019n driejarige kan skaars tien minute lank konsentreer!<\/p>\n<p>\u201cEk het die ingewing gekry om \u2019n liedjie te skryf wat in werklikheid \u2019n kort NLP-proses is. Die woorde is gekies om kinders te oortuig dat hulle \u2019n <em>superpower<\/em> het, naamlik om slegte gevoelens te laat verdwyn en st\u00e9rk te voel. Die liedjie gaan gepaard met NLP-bewegings en<em> power poses<\/em> wat volgens navorsing jou testosteroonvlakke verhoog en kortisolvlakke verlaag indien jy minstens twee minute lank daarmee volhou. Hierdie hormoonverandering laat jou onmiddellik meer selfversekerd voel.<\/p>\n<p>\u201cEk het my musiekvervaardiger gebel. Met sy hulp was die \u2018Powerful Song\u2019 dieselfde dag gereed om vir Lize te speel. Lize het geesdriftig saamgesing en \u2018gedans\u2019 en op die plek 70% beter gevoel.<\/p>\n<p>Maar die volgende dag was sy weer bang om skool toe te gaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk het besluit om \u2019n gepaardgaande prenteboek te skryf met \u2019n hoofkarakter wat geboelie word en dan leer om haarself te handhaaf. Omdat dit veilig is om te luister terwyl Mamma \u2019n storie voorlees, sou Lize haar met die hoofkarakter kon vereenselwig sonder om bedreig te voel.<\/p>\n<p>\u201cEk het besluit om die boek op NLP-beginsels te grond. Lize moes dierekarakters vir die storie uitdink. Die aand toe my man tuiskom, was die storie oor Kitty &#8211; \u2019n katjie wat geboelie word &#8211; klaar geskryf. Ek het dit vir Lize en haar jonger boetie voorgelees en ons het die liedjie gesing en die bewegings uitgevoer. Van pure opgewondenheid wou nie een van die twee gaan slaap nie!<\/p>\n<p>\u201cDie volgende oggend op pad skool toe het ons in die motor na die \u2018Powerful Song\u2019 geluister. Lize was nou \u2019n ander kind, in so \u2019n mate dat die skoolhoof wou weet wat die ommekeer bewerkstellig het. Die hoof wou al die kinders hierdie \u2018behandeling\u2019 gee!<\/p>\n<p>\u201cDit het twee jaar geneem om die boek, Powerful, persklaar te kry. Elke aspek moes weldeurdag wees, van die lettertipe, spesiaal ontwerp om disleksiese leesfoute te verminder, tot die kleure van die illustrasies. Die karakters sluit diere, reptiele \u00e9n insekte in om dit duidelik te maak dat enigiemand \u2019n boelie of \u2019n teiken kan wees.<\/p>\n<p>\u201cPowerful wys kinders dat boelies enige eienskap kan kies om op te pik, veral as dit \u2018anders\u2019 is, soos \u2018jy het maar net hoewe\u2019. Objektief beskou, is dit meestal \u2019n gewaande tekortkoming. Die werklike rede hoekom boelies op iemand fokus, is omdat hulle \u2019n maklike teiken is. Die boek laat ruimte vir die voorleser om \u2019n kind se eie ervarings in te sluit, en beklemtoon dat powerful mense ander met respek behandel en mededeelsaam is.<\/p>\n<p>\u201cDie \u2018Powerful Song\u2019 het \u2019n aansteeklike deuntjie, eenvoudige woorde en baie herhalings. Die bewegings help kinders om die emosies waartoe boelie lei \u2013<em> bad, sad, scared and mad<\/em> \u2013 met hul hande uit hul liggame te haal, dit klein te maak, en doer ver weg te gooi. Hoe geesdriftiger die volwassene saam lees, sing en dans, hoe beter. Ouer kinders kan die Powerful-proses gebruik om jonger kinders te leer om sterk te staan.\u201d<\/p>\n<p>Hoe gaan dit nou met Lize?<\/p>\n<p>\u201cUitstekend. Die geboelie het opgehou die oomblik toe sy met haar innerlike krag in voeling kom. Dis my droom dat die Powerful-beweging nie net in huise nie maar ook in skole vastrapplek kry. Dit spoor kinders \u00e9n volwassenes aan om daagliks hul superpower te gebruik!\u201d<\/p>\n<p>*skuilnaam<\/p>\n<p>Meer inligting vir ouers, onderwysers, terapeute en skole (ook die \u2018Powerful Song\u2019) by <a href=\"http:\/\/www.powerful.rocks\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.powerful.rocks<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Omvattende projek<\/h4>\n<p>Project Brave Heart is uit liefde en begrip gebore,\u201d s\u00ea Maiveen Boehme van Kaapstad, \u2019n sakevrou met 25 jaar ervaring in verskeie velde.<\/p>\n<p>\u201cAs kind is ek geboelie, en albei my dogters het op skool deurgeloop. \u2019n Seun het in \u2019n stadium een van hulle geboelie. Dit was traumaties. Ons het \u2019n proses gevolg om dit saam met die skool uit te pluis. Nadat alles afgehandel is, het ek die seun by die skool raakgeloop. Hy het my gegroet. Ek was so seer vir my kind dat ek hom nie teruggegroet het nie. Hy het my weer gegroet. Toe s\u00ea ek vir hom: \u2018Ek skuld jou niks.\u2019 Al het dit jare gelede gebeur, onthou ek vandag nog sy verslae uitdrukking. Ek het daar en dan besef hy was maar net \u2019n kind wat \u2019n reusefout begaan het, en as ek vir m\u00fd kind \u2019n ma kon wees, kon ek ook \u2019n ma-figuur wees vir kinders wie se ouers eenvoudig nie belang stel nie. Dit het die saadjie vir Project Brave Heart geplant.<\/p>\n<p>\u201cMense vra dikwels hoekom ons projek se naam nie die woorde \u2018anti-boelie\u2019 insluit nie. Ons is nie anti-enigiemand nie. Ons het empatie vir die teiken \u00e9n die boelie. Boelies word nie so gebore nie; hul omstandighede en ander faktore lei daartoe dat hulle ander boelie (sien brokkie hieronder). Die boelie en teiken ervaar albei emosionele trauma.<\/p>\n<p>\u201cBoeliegedrag is \u2019n wydverspreide sosiale probleem wat net getakel kan word deur meer bewustheid, begrip en wedersydse aanvaarding te kweek &#8211; op voetsoolvlak. Dis ons visie om in skole, werkplekke en gemeenskappe \u2019n veilige omgewing te help skep waar alle partye met vrymoedigheid hul storie kan vertel en genesing kan ontvang. Daarom is ons slagspreuk <em>Where the heart is free to change.<\/em> Die teiken moet die boelie kan vergewe, en die boelie moet sy of haar optrede kan verander.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe beplan Project Brave Heart om Suid-Afrikaners se harte en denke aan te raak?<\/h4>\n<p>\u201cOns plaas die klem op die positiewe. Die antwoord op die boelie-probleem is dat mense met nuwe o\u00eb na hulself en mekaar sal kyk, en hulself en mekaar sal aanvaar vir wie en wat hulle is. Daarom het ons \u2019n omvattende program vir volwassenes in die werkplek en leerders in skole ontwikkel. Ons lewer nie net \u2019n \u2018vertoning\u2019 by skole nie, maar ondersteun die skole waar ons werk heeljaar.<\/p>\n<p>\u201cOns het \u2019n aanlynkursus beskikbaar wat ouers, onderwysers en belangstellendes kan voltooi. Ons stel ook professionele mense soos prokureurs, sielkundiges, maatskaplike werkers en lewens-<br \/>\nafrigters aan om hul dienste per streek aan te bied.<\/p>\n<p>Ons is baie opgewonde om die tweede Brave Heart-dag in Mei 2020 te vier. Ons vra dat mense daardie dag blou dra, vir vergifnis, en rooi, vir liefde. Ons wil graag h\u00ea almal moet #BRAVE wees om te kan opstaan teen boeliegedrag, ook namens di\u00e9 wat dit dalk nie kan regkry nie. Daarom vra ons: #RUBRVE? Saam met die Brave Heart-dag kom die #BRAVECommunity; ons is voortdurend op soek na brawe onderwysers, brawe hoofde, brawe maatskappye, brawe sportsterre, brawe vermaaklikheidskunstenaars, en so meer wat ons visie deel. Wanneer iemand moeite doen om \u2019n mede-Suid-Afrikaner te help, stel ons hulle aan as \u2019n #BRAVEHero (vra meer inligting aan by<a href=\"mailto:info@projectbraveheart.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> info@projectbraveheart.co.za<\/a>)<\/p>\n<p>\u201cOp <a href=\"https:\/\/projectbraveheart.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.projectbraveheart.co.za<\/a> verkoop ons aanspeldharte. As jy die hart dra, beteken dit jy sal nie toelaat dat iemand geboelie word nie. Die opbrengs word aangewend in skole, om onderwysers en ander lede van die publiek op te lei en ons netwerk uit te brei sodat ons meer ondersteuning kan verskaf.<\/p>\n<p>\u201cOns vat graag hande met ander niewinsgewende organisasies soos Corlea Botha se genadesakprojek. Die sakke wat ons kry, gee ons vir vroue wat mishandel word en in nood is.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat beteken die projek vir Maiveen?<\/h4>\n<p>\u201cDit het my lewe handomkeer verander. Ek het elf jaar lank \u2019n florerende onderneming gehad maar dit in 2018 verkoop om my voltyds aan Project Brave Heart te wy. Ek en my span stap die ongelooflikste pad. Ons sien hoe kinders en volwassenes na genesing en liefde smag. Sedert Oktober 2018 het ons meer as dertig gesinne bygestaan.<\/p>\n<p>\u201cDis ons ideaal om kinders van alle ouderdomme te help om veerkrag te ontwikkel, hul sosiale vaardighede uit te bou en te besef wanneer hul eiewaarde aangetas word.\u201d<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"https:\/\/projectbraveheart.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.projectbraveheart.co.za<\/a> of facebook Project Brave Heart of <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/projectbraveheart\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.instagram.com\/projectbraveheart<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135935 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/morgan-basham-tSfuLGojT60-unsplash-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moontlike oorsake van boeliegedrag<\/h4>\n<p>\u201cOm vas te stel of iemand geboelie word, moet daar gefokus word op die uitwerking van die gedrag op die teiken eerder as op die boelie se optrede. Soms lyk gedrag nie soos tipiese boeliegedrag nie, maar ervaar die teiken dit wel so,\u201d s\u00ea Maiveen Boehme, stigter van Project Brave Heart.<\/p>\n<p>\u201cTeikens kan geboelie word op sosiale, finansi\u00eble, sielkundige of fisieke gebied en ten opsigte van ouderdom, ras, status, seksuele ori\u00ebntasie of geslag (gender).<\/p>\n<p>\u201cNavorsingsresultate wys dat meisies meer dikwels kuberboelieteikens is. Boeliegedrag deur seuns is meer direk, soos om iemand te beledig of te stamp, en boeliegedrag deur meisies meer indirek, soos om iemand te beskinder of uit te sluit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135934 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/luz-fuertes-LA9iLyR_Hpo-unsplash-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Eksterne dryfvere sluit in:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Die kind is ook geboelie<\/li>\n<li>Is angstig en onseker<\/li>\n<li>Jou kind is vermaaklik<\/li>\n<li>Is desperaat om aandag te kry &#8211; selfs negatiewe aandag<\/li>\n<li>Voel ander beskik oor iets wat hulle nie het of verdien nie<\/li>\n<li>Aap gedrag op TV of sosiale media na<\/li>\n<li>Het met mishandeling grootgeword en is gereeld aan geweld blootgestel<\/li>\n<li>Het beheer oor hul ouers en word ondersteun, ongeag hul optrede<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Interne dryfvere sluit in:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Eksterne lokus van kontrole &#8211; die perspektief dat alles wat met hom of haar gebeur iemand anders se skuld is<\/li>\n<li>Swak selfbeeld, wat met depressiewe geneigdheid kan saamgaan<\/li>\n<li>Narcisme &#8211; \u201calles gaan net oor my en ek is in alle omstandighede reg\u201d<\/li>\n<li>Psigopatie &#8211; \u2019n algehele afstomping en \u2019n inherente behoefte om ander leed aan te doen<\/li>\n<li>Bipol\u00eare persoonlikheidsversteuring<\/li>\n<li>Anti-sosiale persoonlikheidsversteuring<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>*Let wel:<\/strong> Interne faktore kan slegs deur \u2019n psigiater of sielkundige gediagnoseer word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir nog ouerskapraad<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-lewe\/ouerskap\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">, loer hier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer \u2019n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Hier is twee inisiatiewe wat \u2019n daadwerklike verskil kan maak. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":135936,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[134,23444,24736,60333],"class_list":["post-124116","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-parenting","tag-family","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Word jou kind geboelie? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wanneer \u2019n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Hier is twee inisiatiewe wat \u2019n daadwerklike verskil kan maak.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Word jou kind geboelie? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wanneer \u2019n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Hier is twee inisiatiewe wat \u2019n daadwerklike verskil kan maak.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-02-15T07:50:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-02-15T07:56:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1440\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Word jou kind geboelie?\",\"datePublished\":\"2020-02-15T07:50:23+00:00\",\"dateModified\":\"2023-02-15T07:56:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/\"},\"wordCount\":1931,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"parenting\",\"family\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/\",\"name\":\"Word jou kind geboelie? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2020-02-15T07:50:23+00:00\",\"dateModified\":\"2023-02-15T07:56:52+00:00\",\"description\":\"Wanneer \u2019n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Hier is twee inisiatiewe wat \u2019n daadwerklike verskil kan maak.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1440},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/word-jou-kind-geboelie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Word jou kind geboelie?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Word jou kind geboelie? | rooi rose","description":"Wanneer \u2019n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Hier is twee inisiatiewe wat \u2019n daadwerklike verskil kan maak.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Word jou kind geboelie? | rooi rose","og_description":"Wanneer \u2019n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Hier is twee inisiatiewe wat \u2019n daadwerklike verskil kan maak.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-02-15T07:50:23+00:00","article_modified_time":"2023-02-15T07:56:52+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1440,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Word jou kind geboelie?","datePublished":"2020-02-15T07:50:23+00:00","dateModified":"2023-02-15T07:56:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/"},"wordCount":1931,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg","keywords":["ouerskap","parenting","family","jou lewe"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/","name":"Word jou kind geboelie? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg","datePublished":"2020-02-15T07:50:23+00:00","dateModified":"2023-02-15T07:56:52+00:00","description":"Wanneer \u2019n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Hier is twee inisiatiewe wat \u2019n daadwerklike verskil kan maak.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/ilayza-TkEJiq0WaPI-unsplash.jpg","width":1920,"height":1440},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-jou-kind-geboelie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Word jou kind geboelie?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/124116","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=124116"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/124116\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/135936"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=124116"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=124116"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=124116"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}