{"id":123401,"date":"2023-12-18T14:14:35","date_gmt":"2023-12-18T12:14:35","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=123401"},"modified":"2023-12-18T14:17:25","modified_gmt":"2023-12-18T12:17:25","slug":"ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/","title":{"rendered":"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet"},"content":{"rendered":"<p><em>Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet deur Irma du Toit*<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Woef, die boef!<\/h4>\n<p>S\u00ea \u201cklem-in-die-kaak\u201d en dit klink soos \u2019n <em>punchline<\/em> van \u2019n platterige grappie.<\/p>\n<p>Maar praat van \u201ctetanus\u201d en dit klink sommer gewigtig.<\/p>\n<p>Wel, die dag wanneer jy \u2019n mak hond se kop \u2013 of poot \u2013 streel en hy haak af en byt jou in die gesig, word di\u00e9 grappie \u2019n nare werklikheid.<\/p>\n<p>Dis wat met my gebeur het.<\/p>\n<p>So aan die einde van verlede November het ons vir \u2019n musiekvertoning van Pretoria na Potchefstroom gereis. Dit was heerlik, en natuurlik het ons n\u00e1 die tyd \u2019n bietjie saam met ou vriende ge\u00ebet en gekuier, en het ons by \u2019n gastehuis oornag, want vir terugry Gauteng toe het niemand kans gesien nie.<\/p>\n<p>Vriendelike mense by die gastehuis. Vriendelike huisdiere. Almal het rustig buite op die stoep gesit vir \u2019n loopdop en laaste geselsie, en tussendeur die kat gestreel, met die papegaai gesels, en die huis se silwergrys weimaraner bewonder.<\/p>\n<p>\u2019n Lieflike, rustige hond.<\/p>\n<p>Hy\u2019t langs my kom sit en sy poot op my knie gesit, soos goed gemanierde honde mos doen. Ek het hom eers oor die kop gestreel en toe so gevat aan die been waaraan die vriendelike poot vas is. Soos ek met ons honde ook doen. So \u2019n bietjie kielie-kielie, en hulle hou gewoonlik sommer baie daarvan.<\/p>\n<p>Die volgende oomblik, heel uit die niks, het hy \u2013 kom ons noem hom Willem, di\u00e9 weimaraner \u2013 hard gegrom en my vol in die gesig gebyt.<\/p>\n<p>Vyf tande in die kaak, wang en mondhoek ingeslaan. Gelukkig was ek verstar van skok en het nie weggeruk nie \u2013 d\u00edt is wat dikwels erge skeurwonde veroorsaak, het die dokter later verduidelik.<\/p>\n<p>Dis eers toe die bloed begin spuit dat die res van die geselskap besef het iets is fout.<\/p>\n<p>Ek het soos Lot se soutpilaarvrou daar gesit, te geskok om \u2019n woord uit te kry. Die man van die huis het dadelik opgetree en Willem aan sy halsband weggetrek en iewers heen verban.<\/p>\n<p>Die res het geskarrel om handdoeke, watte en nog wat bymekaar te maak. Hospitaal toe was die enigste oplossing.<\/p>\n<p>Die gastehuis was op \u2019n plaas sowat 30 km buite die dorp. Omdat die res van die geselskap effe onder die prop was, moes ek boonop bestuur. Ek het darem geselskap gehad, een brawe siel wat langs my gesit het met \u2019n handdoek teen my gesig om die bloed te stop.<\/p>\n<p>By die hospitaal het die jong dokter onmiddellik, sommer nog in die voorportaal omtrent, vir my \u2019n anti-tetanus-inspuiting gegee.<\/p>\n<p>\u201cWanneer laas het jy jou vorige anti-tet gehad?\u201d wou die verpleegster weet.<\/p>\n<p>Ek moes my kop skud. Helaas.<\/p>\n<p>Ek het nog nooit een gehad nie.<\/p>\n<p>\u201cNie eens op skool nie? Almal kry dit deesdae! Dis al jare lank \u2019n verpligte inenting op skool!\u201d het sy met my geraas.<\/p>\n<p><em>Nope. <\/em><\/p>\n<p>Ek was vir seker daardie dag seker afwesig.<\/p>\n<p>Die jong dokter was prakties en ferm. \u201cTeater toe met jou,\u201d het hy dadelik besluit.<\/p>\n<p>My arme dronkerige vriend wat saamgery het, moes al die vorms invul. Gelukkig was my mediese fonds-kaart en ID alles in my handsak.<\/p>\n<p>Eers is al die wonde goed doodgespuit. Dit was d\u00eam seer. Toe het my dokter versigtig elke gat tot in die donkerste dieptes skoongemaak en ontsmet. Een hondetand het tot op die kakebeen ingesink, \u2019n ander een het my mondhoek oopgeskeur. Die ander drie was elders versprei.<\/p>\n<p>Een in die nek \u2013 hy kon \u2019n aar raakgebyt het! en die ander soos slangpikke langs mekaar in die wangvleis.<\/p>\n<p>My dokter het heeltyd kalm vertel hoe gelukkig ek is dat Willem nie \u2019n oog of selfs my neus of tong gevang het nie.<\/p>\n<p>Toe het hy met Job se geduld elke gat begin toewerk.<\/p>\n<p>Sowat twee uur later was ek gereed om ontslaan te word.<\/p>\n<p>Ek moet maar oplet vir nagevolge, het hy gewaarsku. Mense kry nie meer deesdae sommer tetanus van hondebyte nie, meer van geroeste spykers of doringdraadkrappe. Tensy die hond om een of ander rede besmet is. Veral as hy toegang het tot vuil grond, dit wil s\u00ea grond waarop daar diere-ontlasting en ander aardighede rondl\u00ea. Wel, dit \u00eds \u2019n plaas, het ek vaagweg gedink. Maar my nie verder bekommer nie.<\/p>\n<p>Willem w\u00e1s, egter.<\/p>\n<p>Besmet.<\/p>\n<p>Hy het \u2019n oop seer op sy elmboog gehad waarvan die eienaars nie bewus was nie en het een of ander bakteri\u00eble infeksie opgedoen.<\/p>\n<p>Dit was toe ek aan daardie pynlike wond op sy been raak dat hy uit reaksie gehap het. My gesig was net in die pad.<\/p>\n<p>Let wel: hy was ni\u00e9 hondsdol nie, d\u00edt is \u2019n gans ander storie.<\/p>\n<p>Sowat vyf dae later het die spierpyne begin.<\/p>\n<p>Die aanvangstydperk vir tetanus en die verskyning van die simptome is enigiets van drie tot 21 dae nadat jy met die bakterie Clostridium tetani ge\u00efnfekteer is.<\/p>\n<p>Die gemiddelde aanvang van simptome is sowat tien dae, maar soms kan dit net 24 uur wees, of selfs twee maande, hang af hoe akuut die infeksie is.<\/p>\n<p>\u201cMaar mense kry nie meer klem-in-die-kaak nie,\u201d hoor jy gereeld.<\/p>\n<p>Wel, dit gebeur.<\/p>\n<p>En dit is een van die gevaarlikste bakteri\u00eble ontstekings in omloop, want benewens \u2019n voorkomende anti-tetanusinspuiting elke tien jaar, is daar heeltemal niks wat die mediese wetenskap vir jou kan doen nie.<\/p>\n<p>Tetanus is miskien nie so wydversprei soos malaria en tuberkulose nie, maar die kanse om daarvan te sterf is die hoogste van enige nie-karsinogeniese siekte.<\/p>\n<p>Meer as 30% van mense wat tetanus opdoen, gaan dood.<\/p>\n<p>Ek het sowat twee maande nadat ek dit gekry het, vir \u2019n doktersvriend wat in Australi\u00eb woon, daarvan ges\u00ea. \u201cEn jy l\u00e9\u00e9f nog?\u201d was sy geskokte reaksie. \u201cJy\u2019s d*nn*rs gelukkig!\u201d<\/p>\n<p>Mense in Australi\u00eb kry blykbaar nie tetanus nie.<\/p>\n<p>Om te s\u00ea dat tetanus jou lewensgehalte en beweeglikheid inperk, is \u2019n reuse-eufemisme. Dit l\u00ea jou so te s\u00ea lam.<\/p>\n<p>Op die ergste was dit onmoontlik om te loop. Jou bobeen- en kuitspiere wil eenvoudig nie werk nie, en in die middel van die nag kry jy sulke spasmas dat jy omtrent in die fetusposisie moet l\u00ea om dit te verlig en asem te kan kry. Selfs om op jou skootrekenaar te tik, is onmoontlik. Jou onderarmspiere weier volstrek om, wel, te strek.<\/p>\n<p>In die Middeleeue \u2013 en selfs daarna \u2013 het dokters en priesters gedink mense met tetanus is van die duiwel besete, want hul liggame het in die allervreemdste vorms vervorm.<\/p>\n<p>(Daar is \u2019n 1809-skildery deur sir Charles Bell van \u2019n soldaat met tetanus, sy gesig vertrek van die pyn, hande inmekaargebal en sy rug in \u2019n boog gekramp soos die res van sy lyf se spiere saamtrek. Nie \u2019n mooi prentjie nie.)<\/p>\n<p>Antonio Carle en Giorgio Rattone van die Universiteit van Turyn het die oorsaak van die siekte in 1884 bepaal. \u2019n Entstof is in 1924 ontwikkel. Gevolglik was die aantal tetanus-gevalle in die Tweede W\u00eareldoorlog aansienlik minder, maar in alle oorlo\u00eb daarv\u00f3\u00f3r het tetanus onder die soldate gemaai.<\/p>\n<p>Natuurlik gee hulle jou medisyne soos spierverslappers en pynpille. Maar dit maak jou nie gesond nie, dit verlig net die simptome.<\/p>\n<p>Dikwels gaan tetanus ook met verhoogde bloeddruk, hartkloppings, sweet en koors gepaard.<\/p>\n<p>Dis nou byna \u2019n jaar later.<\/p>\n<p>En soms, net soms, loop ek in \u2019n inkopiesentrum en moet skielik soek vir \u2019n stoel, of dubbelvou en my bene vashou, want daar is \u2019n skielike kramp.<\/p>\n<p>Maar danksy die dokter se vinnige optrede in Potch se Mediclinic-ER en my huisdokter se noukeurige hulp n\u00e1 die tyd, is di\u00e9 onvoorsiene nagmerrie nou verby.<\/p>\n<p>Ek sal nooit weer vir \u2019n klem-in-die-kaak grappie lag nie.<\/p>\n<p>*skuilnaam<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat veroorsaak tetanus?<\/h4>\n<p>Di\u00e9 ernstige infeksie word deur die bakterie Clostridium tetani veroorsaak en het \u2019n toksiese effek op die brein en senustelsel.<\/p>\n<p>Dit lei tot erge pyn en spasmas in die gesig-, bors- en ander spiere, veral arms en bene.<\/p>\n<p>Die woord \u201ctetanus\u201d stam van die Griekse woord \u201ctetanos\u201d af wat beteken \u201com te strek\u201d of \u201cstyf\u201d (Engels: \u201ctaut\u201d).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wie kry tetanus?<\/h4>\n<p>Hoofsaaklik mense wat nie inge\u00ebnt is met die anti-tetanus-entstof nie, en blootgestel word aan besmette diere of grond, geroeste yster soos ou spykers en doringdraad. Dit kom gewoonlik by ouer mense voor, asook by landbouwerkers wat baie met diere-faeces in kontak kom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is die simptome?<\/h4>\n<p>Die bekendste, of mees algemene, is aanvanklik ekstreme styfheid in die kaak, nek en bors, maar ander spiere en uiteindelik die hele liggaam, word ook aangetas.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is tetanus aansteeklik?<\/h4>\n<p>Nee, nie van mens tot mens nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe word jy gesond?<\/h4>\n<p>Benewens die voorkomende entstof, kan daar niks aan gedoen word nie. Die pasi\u00ebnt <em>\u201chas to ride it out\u201d<\/em>, soos die dokters gewoonlik s\u00ea.<\/p>\n<p>In ernstige asemnood vanwe\u00eb borsspierspasmas, kan die pasi\u00ebnt op \u2019n ventilator gesit word vir gemak, maar dit maak nie die siekte gesond nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe lank werk \u2019n anti-tetanus-inenting?<\/h4>\n<p>Sowat tien jaar, maar dis goed om so elke vyf jaar vir \u2019n opkikker te gaan, veral as jy tevore reeds tetanus opgedoen het. Teen jou dertigste jaar moes jy minstens al drie anti-tetanus-inspuitings gekry het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis traumaties as \u2019n hond sy tande in jou vleis insink, maar  kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit \u2019n nagmerrie van \u2019n pynlike aard<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":141686,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2792,23664],"class_list":["post-123401","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dis traumaties as \u2019n hond sy tande in jou vleis insink, maar kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit \u2019n nagmerrie van \u2019n pynlike aard\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis traumaties as \u2019n hond sy tande in jou vleis insink, maar kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit \u2019n nagmerrie van \u2019n pynlike aard\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-12-18T12:14:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-12-18T12:17:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1421\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet\",\"datePublished\":\"2023-12-18T12:14:35+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-18T12:17:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":1526,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/\",\"name\":\"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-12-18T12:14:35+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-18T12:17:25+00:00\",\"description\":\"Dis traumaties as \u2019n hond sy tande in jou vleis insink, maar kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit \u2019n nagmerrie van \u2019n pynlike aard\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1421},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet | rooi rose","description":"Dis traumaties as \u2019n hond sy tande in jou vleis insink, maar kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit \u2019n nagmerrie van \u2019n pynlike aard","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet | rooi rose","og_description":"Dis traumaties as \u2019n hond sy tande in jou vleis insink, maar kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit \u2019n nagmerrie van \u2019n pynlike aard","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-12-18T12:14:35+00:00","article_modified_time":"2023-12-18T12:17:25+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1421,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet","datePublished":"2023-12-18T12:14:35+00:00","dateModified":"2023-12-18T12:17:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/"},"wordCount":1526,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg","keywords":["Gesondheid","leef gesond","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/","name":"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg","datePublished":"2023-12-18T12:14:35+00:00","dateModified":"2023-12-18T12:17:25+00:00","description":"Dis traumaties as \u2019n hond sy tande in jou vleis insink, maar kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit \u2019n nagmerrie van \u2019n pynlike aard","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/jamie-street-uNNCs5kL70Q-unsplash.jpg","width":1920,"height":1421},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-tetanus-van-n-hondebyt-kry-dis-wat-jy-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ja, jy kan tetanus van \u2019n hondebyt kry. Dis wat jy moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123401","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=123401"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123401\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/141686"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=123401"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=123401"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=123401"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}