{"id":123094,"date":"2020-01-10T05:34:07","date_gmt":"2020-01-10T03:34:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=123094"},"modified":"2020-01-10T08:45:36","modified_gmt":"2020-01-10T06:45:36","slug":"hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/","title":{"rendered":"Hoe die toekoms van kos gaan lyk"},"content":{"rendered":"<p><em>Hoe die toekoms van kos gaan lyk deur Vickie de Beer<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die toekoms van kos<\/h4>\n<p>Die reuse-kettingwinkel Sainsbury\u2019s in Brittanje het \u2019n omvattende toekomsvisie vir kos saamgestel om hul 150ste bestaansjaar te vier. \u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander.<\/p>\n<p>Die kundiges wat hul toekomsbrille opgesit het, wou onder meer bepaal wat die uitwerking van voedselproduksie op die omgewing en ons kwynende hulpbronne sal wees. Maar alles is toe darem nie donkerte en ellende nie. Danksy innovasie en nuwe tegnologie is daar hoop vir die toekoms.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe lyk ons toekoms in 2025?<\/h4>\n<p>Daar word voorspel dat ons baie van ons ons<strong> eie groente en vrugte gaan kweek.<\/strong> Hidroponiese slaaiblare en kruie wat teen mure in supermarkte groei, gaan algemeen wees. \u2019n Duitse maatskappy, InFarm, het reeds lewende tuine in meer as 150 restaurante, kroe\u00eb en supermarkte. In Suid-Afrika verkoop Spar sakkies slaaiblare met wortels en al.<\/p>\n<p><strong>Nuwe eko-voetspoor-<\/strong>apps gaan dit in die toekoms makliker maak om die werklike koskilometers en omgewingsuitwerking van kosse te meet. Verbruikers sal die roete van die kos van die plaas tot op die tafel kan volg. In Suid-Afrika is daar reeds so \u2019n app: ABALOBI. Di\u00e9 app maak dit vir sjefs moontlik om vars vis wat kleiner vissermanne vang te koop terwyl dit letterlik nog op die see in die skuit is. Die app volg die vis van die boot tot by die restaurant sodat die sjef weet die vis het nie die verkoelingsketting verlaat nie.<\/p>\n<p><strong>Gesondheidsdi\u00ebte<\/strong> wat nommerpas vir individue ontwerp is, is in 2025 aan die orde van die dag. Wat van \u2019n breindieet om demensie te voorkom, of \u2019n inflammasiedieet vir artritis? Na beraming kan elf miljoen sterftes w\u00eareldwyd voorkom word deur \u2019n gesonder dieet te volg. Gefortifiseerde kosse gaan moontlik hier \u2019n groot rol speel. In Kaliforni\u00eb is daar reeds kosprogramme genaamd \u201cShop with your Doc\u201d waar gesondheidsverskaffers pasi\u00ebnte touwys maak oor die beste maaltydplanne vir hul siektetoestande.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hou op mors!<\/h4>\n<p>Vermorsing is in die stadium die grootste bedreiging vir ons omgewing, en teen 2025 gaan daar w\u00eareldwyd veldtogte teen vermorsing wees. Na beraming word elke jaar sowat 13 miljard ton kos w\u00eareldwyd weggegooi, waarvan die meeste uit gewone huishou-dings kom. Boonop skei die kos wat op vullishope beland skadelike kweekhuisgasse af.<\/p>\n<p>Gelukkig het baie supermarkte en sjefs vermorsing die stryd aanges\u00ea. Die Italiaanse Michelenster-sjef Massimo Bottura is veral uitgesproke en gekant teen vermorsing. Hy het \u2019n reeks gemeenskapskombuise, Refettorio, begin waar behoeftiges verniet kan eet van kos wat van supermarkoorskiet gemaak word.<\/p>\n<p>Plaaslike sjefs is ewe begeester oor die vermindering van kosmyle en besorg oor verpakking en vermorsing. Kevin Grobler, hoofsjef by Delaire Graff, probeer om weg te doen met verpakkingsmateriaal en dring daarop aan dat groente in oop, herbruikbare kratte afgelewer word.<\/p>\n<p>Sjef Maritz Jacobs van Longridge-restaurant glo aan \u2019n wortel-tot-blaar en stert-tot-snoet benadering. Dit beteken elke deeltjie van die plant en dier word gebruik. Hulle kook uit die organiese tuin, en as iets bestel moet word, kom dit uit die onmiddellike omgewing.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kies planeetvriendelike kos<\/h4>\n<p>Mense raak toenemend bewus van die negatiewe uitwerking wat voedselproduksie op die aarde het en meer en meer mense verkies \u2019n plantgebaseerde dieet. Die fleksitari\u00ebrs eet minder gereeld vleis om die druk op die omgewing te verlig, die vegetari\u00ebrs eet glad nie vleis nie en veganiste sny alle diereprodukte uit.<\/p>\n<p>Die Verenigde Nasies s\u00ea as dinge bly soos dit nou is, is daar nog maar sestig jaar van boerdery oor. Daarom het Knorr, een van die w\u00eareld se grootste voedselprodusente, en die W\u00eareld-natuurfonds saamgespan om die topvyftig kosse van die toekoms te identifiseer. Die kosse is gekies op grond van besondere ho\u00eb voedingswaarde, ho\u00eb opbrengste en dat die kos in moeilike omstandighede verbou kan word, soos kaktusse wat min water nodig het.<\/p>\n<p>Interessant genoeg bestaan 75% van die mensdom se dieet uit net twaalf gewasse en vyf dierespesies, hoewel daar byna vyftigduisend eetbare gewasse is. In Suid-Afrika bevat die meeste mense se eetplan slegs twee gewasse (mielies en rys) en een prote\u00efen (hoender).<\/p>\n<p>Volgens die Knorr 50 Future Foods-verslag behoort ons almal minder vleis te eet en eerder \u2019n groter verskeidenheid groente. Die verslag stel ook voor dat ons plantaardige bronne van prote\u00efene soos quinoa en lensies moet eet. Van die gewasse wat deel van die topvyftig toekomstige kosse is, is spinasie, patats, quinoa, lensies, sampioene, sade soos vlassaad en sesamsaad, asook grane soos spelt en tef. Ander interessante kosse op die lys is wakame-seewier, hennepsaad en kaktusse.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Alternatiewe bronne van prote\u00efene<\/h4>\n<p>Die mens kan nie sonder prote\u00efene oorleef nie, en in di\u00e9 stadium is vleis en vis die vernaamste bron van prote\u00efene vir die ganse mensdom. Dit plaas geweldige druk op die omgewing en ook op hulpbronne soos water en grond. Waarom dan nie nuwe prote\u00efenbronne soek nie? Op di\u00e9 gebied is daar heelwat ontwikkeling, en die eet van insekte word al hoe meer as \u2019n werkbare oplossing gesien.<\/p>\n<p>Insekte is hoog in prote\u00efene, en larwes en insekte soos sprinkane kan in steriele omstandighede in laboratoriums gekweek word. Dit het boonop byna geen uitwerking op die omgewing nie.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika maak die maatskappy Gourmet Grubb entomelk uit swart soldaatvlie\u00eb-larwes wat in steriele laboratoriums gekweek word. Die ryk en romerige melk met \u2019n effense aardse smaak is hoog in prote\u00efene maar bevat geen laktose nie (wat goed is vir mense met di\u00e9 intoleransie). Die melk word ook gebruik om heerlike roomys te maak.<\/p>\n<p>Leah Bessa, uitvinder van entomelk, s\u00ea dit is belangrik om alternatiewe bronne van prote\u00efene te kry omdat sy meen die vleisbedryf is meestal oneties en omgewingsonvriendelik. Sy dink ook dis nie noodwendig vir almal \u2019n oplossing om prote\u00efene uit plantaardige bronne te kry nie.<\/p>\n<p>\u201cDit is arbeidsintensief, afhanklik van die klimaat en ons het net nie genoeg vrugbare, bewerkbare grond op aarde om almal te voed nie.\u201d<\/p>\n<p>Voordat jy jou neus optrek vir goggakos, gaan probeer eers die Gourmet Grub-roomys of eet by die Insect Experience-konsepwinkel in die Iron Works-gebou in Woodstock, Kaapstad. Insekkos is ons almal se voorland.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dink-nuut-oor-goggakos\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Dink nuut oor goggakos<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe lyk ons toekoms in 2050?<\/h4>\n<p>Die w\u00eareldbevolking gaan moontlik die nege miljard-kerf bereik. Tans eet die gemiddelde Amerikaner byna 110 kg vleis per jaar. In 2050 gaan daar net nie meer genoeg vleis wees om aan almal se behoeftes te voldoen nie, en \u201cgekweekte\u201d vleis gaan dalk die norm wees. Daar word reeds ge\u00ebksperimenteer om vleis uit stamselle te kweek en soortgelyke navorsing word op eiers en vis gedoen. Of verbruikers laboratoriumvleis gaan eet, en wat die uitwerking op ons gesondheid gaan wees, kan niemand voorspel nie.<\/p>\n<p>Die bekende sjef Peter Goffe-Wood het pas die restaurant Viande in die Paarl oopgemaak wat grootliks op vleis en snoet-tot-stert kookkuns fokus. Ons wou by hom weet of hy dink die mensdom se vleisetery is volhoubaar?<\/p>\n<p>\u201cMense gaan nooit ophou om vleis te eet nie, dit gaan dalk net duurder word omdat dit skaarser gaan word. En, voeg hy skertsend by: \u201cAs ons geen meer vleis het nie kan ons altyd die veganiste begin eet, hulle is hoeka grasvretend en vrylopend!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kyk na die oseane<\/h4>\n<p>Vis is tans die hoofbron van prote\u00efene vir minstens een miljard mense w\u00eareldwyd. Die beskerming van marine-ekosisteme is uiters belangrik. Sainsbury\u2019s is reeds besig om minder bekende seekosse, -plante en vissoorte te soek wat moontlik nuwe bronne van prote\u00efene kan verskaf. Seewier is so \u2019n bron en is ook een van die vyftig toekomskosse wat Knorr uitgewys het. Nie net absorbeer seewier baie koolstof nie, dit is hoog in voedingswaarde en verskaf \u2019n habitat vir baie ander spesies soos mossels en oesters.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe lyk ons toekoms in 2169?<\/h4>\n<p>Baie mense glo dalk dat ons oor 150 jaar genoodsaak sal wees om kolonies op Mars of die maan te h\u00ea. Maar daar is dalk \u2019n ander uitkoms: Die mens is in staat om deur tegnologie en w\u00eareldwye samewerking \u2019n ryk en vrugbare aarde te verseker wat vir almal kan sorg.<\/p>\n<p>Deur grootskaalse woestynherwinning en soutwaterboerderye kan baie van die energie- en voedseltekorte getakel word. Sommige gewasse groei suksesvol in soutwater en daar is reeds suksesvolle soutwaterboerderye in Australi\u00eb.<\/p>\n<p>Teen 2169 sal die kombinasie van soutwaterboerdery, ontsouting van water, vertikale hidroponiese tuine, tegnologie en die bestuur van belangrike data hopelik verseker dat daar genoeg kos op aarde vir almal is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die reuse-kettingwinkel Sainsbury\u2019s in Brittanje het \u2019n omvattende toekomsvisie vir kos saamgestel om hul 150ste bestaansjaar te vier. \u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander  <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":123098,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2950,667],"tags":[136,620,23664,23823],"class_list":["post-123094","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-health","tag-diet"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hoe die toekoms van kos gaan lyk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hoe die toekoms van kos gaan lyk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-01-10T03:34:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-01-10T06:45:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1101\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Hoe die toekoms van kos gaan lyk\",\"datePublished\":\"2020-01-10T03:34:07+00:00\",\"dateModified\":\"2020-01-10T06:45:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/\"},\"wordCount\":1419,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"health\",\"diet\"],\"articleSection\":[\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/\",\"name\":\"Hoe die toekoms van kos gaan lyk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg\",\"datePublished\":\"2020-01-10T03:34:07+00:00\",\"dateModified\":\"2020-01-10T06:45:36+00:00\",\"description\":\"\u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg\",\"width\":1280,\"height\":1101,\"caption\":\"Hoe die toekoms van kos gaan lyk\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hoe die toekoms van kos gaan lyk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hoe die toekoms van kos gaan lyk | rooi rose","description":"\u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hoe die toekoms van kos gaan lyk | rooi rose","og_description":"\u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-01-10T03:34:07+00:00","article_modified_time":"2020-01-10T06:45:36+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":1101,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Hoe die toekoms van kos gaan lyk","datePublished":"2020-01-10T03:34:07+00:00","dateModified":"2020-01-10T06:45:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/"},"wordCount":1419,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","health","diet"],"articleSection":["Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/","name":"Hoe die toekoms van kos gaan lyk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg","datePublished":"2020-01-10T03:34:07+00:00","dateModified":"2020-01-10T06:45:36+00:00","description":"\u2019n Paneel deskundiges het in diepte gekyk na wat ons gaan eet en hoe ons leefstylgewoontes oor die volgende 150 jaar gaan verander","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/boy-eating-watermelon-3216283.jpg","width":1280,"height":1101,"caption":"Hoe die toekoms van kos gaan lyk"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-die-toekoms-van-kos-gaan-lyk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hoe die toekoms van kos gaan lyk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123094","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=123094"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/123094\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/123098"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=123094"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=123094"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=123094"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}