{"id":122792,"date":"2019-12-03T15:26:15","date_gmt":"2019-12-03T13:26:15","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=122792"},"modified":"2019-12-03T15:26:15","modified_gmt":"2019-12-03T13:26:15","slug":"laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/","title":{"rendered":"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar"},"content":{"rendered":"<p><em>Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar deur Christiaan J de Swart. Hooffoto: <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/willembotha\/?hl=en\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Willem Botha<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Laurika se nostalgie<\/h4>\n<p>&#8220;As ek aan erfenis dink, dink ek aan dankbaarheid vir die opofferings wat my voorvaders gemaak het om vir ons \u2019n beter lewe en toekoms te gee. Erfenis en nalatenskap is vir my eintlik een begrip: haal die goeie uit die verlede en bou daarop die toekoms. Betaal vooruit \u2013 anders is daar nie beweging, groei en vloei nie. Erfenis beteken vir my die voorreg om in my moedertaal te kan werk en praat. Ek sien die wonder van musiek en die vermo\u00eb om musiek te maak as \u2019n deel van my erfenis. Kulturele erfenisse mag nooit ooit verdeling veroorsaak nie. Erfenis is my geboortereg, maar dit is ook my verantwoordelikheid,\u201d s\u00ea die Afrikaanse musiek-ikon Laurika Rauch.<\/p>\n<p>Die afgelope vier dekades verryk Laurika die Suid-Afrikaanse kultuurskat met tydlose liedjies. Al die musiek wat sy deur die jare opgeneem het, is nou op \u2019n versamelstel \u2013 Laurika Rauch \u2013 40 Jaar \u2013 met \u2019n beperkte oplaag van duisend stelle beskikbaar. Dit is haar kreatiewe erfenis en tasbare nalatenskap. Laurika s\u00ea dit is haar laaste album wat op CD beskikbaar sal wees. Voortaan gaan sy slegs digitaal werk.<\/p>\n<p>Di\u00e9 stel bevat 14 van die albums &#8211; met inbegrip van Debuut en die 1983-album Jy is te dierbaar (wat nie meer in die handel beskikbaar is nie) uit haar omvangryke repertoire, en op die 15de album word die beste en mooiste liedjies van die ander albums byeengebring.<\/p>\n<p>Ian Vos van Coleske Artists het \u2019n hele paar van die eerste CD\u2019s uit die stel herbemeester \u2013 onder meer \u2019n Jaar in my lewe en Stuur groete aan Mannetjies Roux &#8211; en \u2019n nostalgiese varsheid en<br \/>\nmoderne gehalte daaraan gegee.<\/p>\n<p>Laurika is \u2019n vertolker by uitstek. Haar interpretasie van bekende werke in uiteenlopende genres, veral die kabaretskeppings van Jacques Brel, is eiesoortig. Sy slaag daarin om toeganklikheid en betekenis aan die eenvoudigste \u00e9n ingewikkeldste tekste te gee.<\/p>\n<p>Daarom is sy veral trots op haar werk op die verhoog. \u201cDit is waarvoor ek graag onthou sal wil word. Dis waar ek goeie liedjies kon vertolk en direk met my gehoor kon kommunikeer. Ja, daar is seker \u2019n paar dinge deur die jare wat my laat bloos, maar ek besef dat my oordeelsfoute \u00e9n my suksesse alles deel uitmaak van die kleurpalet van my werk en lewe,\u201d s\u00ea sy met \u2019n glimlag.<\/p>\n<p>Laurika se talent is met sewe lewenslange bydrae-toekennings vereer. Sy en haar man, Chris Torr, en die skrywer van haar grootste treffers, soos \u201cStuur groete aan Mannetjies Roux\u201d, \u201cDie gang\u201d, \u201cDie mense op die bus\u201d en \u201cHot Gates\u201d \u2013 is onlangs by die Innibosfees vereer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018As jy die \u201cflavour of the month\u201d is, is almal lief vir jou, maar as daardie tyd verby is, kan net harde, toegewyde, vernuwende werk en \u2019n goeie repertorium jou loopbaan red\u2019<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Laurika se loopbaan in die vermaakbedryf het al in 1976 begin as aktrise by TRUK Speelwerk.<\/p>\n<p>Laurika onthou daardie jaar. \u201c1976 die jaar van die Soweto-onluste, toe swart leerders teen die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal in skole betoog het. Baie lewens is verloor. In 1976 het ek my familie en vriende in die Kaap agterlaat en my in Johannesburg gevestig. Ek het nooit weer teruggekeer Kaap toe nie. Maar ek het baie geleenthede gehad om my kunstenaarskap uit te leef.\u201d<\/p>\n<p>In 1977, \u2019n jaar na\u0301 die koms van televisie, het sy aan die program Fyn net van die woord deelgeneem. Daarna het haar vertolking van Koos du Plessis se tydlose skepping \u201cKinders van die wind\u201d vir die TV-reeks Phoenix en Kie gevolg. Di\u00e9 reeks is in 1979 uitgesaai. Daardie jaar is haar eerste album, Debuut, ook uitgereik<\/p>\n<p>Laurika s\u00ea sy het destyds nie die plaaslike musiekbedryf geken nie. \u201cDaar was gevestigde kunstenaars soos G\u00e9 Korsten, Min Shaw, Virginia Lee, Jim Reeves en die Veenemans-susters. Ek kon my nie noodwendig met daardie musiek vereenselwig nie en het meer na Amerikaanse, Engelse en Europese musiek oor die radio of op plate geluister. Dit was nog die folk-era. Ek het rolprente en teater beter geken en het geen verwagtinge van die musiektoneel gekoester nie. Ek het net gekonsentreer op die werk wat voor my was, en daaruit het die geleenthede voortgevloei. Ek het meer geleenthede in my een lewe gehad as waarvoor \u2019n mens in drie lewens kan hoop. Ek beskou dit as \u2019n opperste voorreg om vandag nog te kan werk.\u201d<\/p>\n<p>Die Afrikaanse musiekbedryf het deur die jare heelparty veranderinge &#8211; met inbegrip van die Musiek-en-liriek-beweging &#8211; ondergaan. Sy was deel van daardie ingrypende veranderinge. \u201cDaar was \u2019n aanpassing van viniel en kasset na CD en toe weer van CD na aflaaibare musiek, stroom &#8211; en weer viniel! In \u2019n stadium kon jy nie bybly by al die nuwe musiek\u2018bloed\u2019 wat ingekom het nie. Maar dit was altyd vir my \u2019n verrassing en vars, \u00e9n opwindend. Die verande-ringe het my nie gegooi nie. Die volgende fase gaan natuurlik virtuele musiek (en konserte) wees. Jy sal na \u2019n hele musiekvertoning met hologramme kan kyk en luister &#8211; in die privaatheid van jou sitkamer.\u201d<\/p>\n<p>Laurika het deur die jare daarin geslaag om relevant te bly, s\u00f3nder om ingrypende metamorfoses te ondergaan.<\/p>\n<p>Maar sy s\u00ea relevansie was nooit haar mikpunt nie. \u201cEk pak net gedurig nuwe dinge aan en werk dikwels saam met ander musikante. Ek het wonderlike uitnodigings gekry en altyd met elke uitnodiging tot sy eindpunt probeer loop. Die geheim vir relevant bly, is dan seker maar om die hele tyd te werk, aan te beweeg en tydlose liedjies te sing &#8211; want ek het niks anders gedoen nie.\u201d<\/p>\n<p>As \u2019n kunstenaar het sy \u2019n gefokusde, professionele benadering tot musiek. \u201cMusiek behoort eg, onderleg, intelligent, oorspronklik, spontaan, skeppend, vernuwend, verrassend te wees &#8230; Ek kan aangaan. Daar is nie \u2019n resep nie. Ek weet wel wat musiek ni\u00e9 durf wees nie. Ek haal vir Nietzsche aan: <em>If, however, music serves only as a diversion or as a kind of vain ostentation it is sinful and harmful.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Sy s\u00ea daar is vereistes waaraan \u2019n musikant moet voldoen om geloofwaardig te wees. \u201cDaar is baie, maar ek sal twee noem: Jy moet hard kan werk en baie opofferings maak \u2013 ook die mense om jou vir wie jy lief is en wat jou dra. Hulle offer baie op.\u201d<\/p>\n<p>Laurika meen daar is nie noodwendig \u2019n verskil tussen gehalte en kommersialisering en tussen kuns en vermaak nie. \u201c\u2019n Goeie kommersi\u00eble liedjie boet nie noodwendig aan gehalte in nie. Alles is kuns. Kyk en luister om jou. S\u00ea vir my of daar een ding of stuk musiek is wat jy sien of hoor wat nie deur \u2019n kunstenaar geskep of ontwerp is nie? Kuns kan baie baadjies dra, en vermaak is een van hulle.\u201d<\/p>\n<p>Sy meen al daardie elemente kan in \u2019n suksesvolle eenheid versnit word. \u201cEen van my vriende het \u2019n boodskap op sy profiel: <em>You don\u2019t know quite how, you just do<\/em> \u2013 en die onderbou hiervan is natuurlik oefen, oefen, oefen (vra maar vir Gary Player:<em> \u2018The more I practice the luckier I get<\/em>\u2019).\u201d<\/p>\n<p>Perfeksie lei tot erkenning en welslae. \u201cErkenning, veral deur jou eweknie\u00eb in die bedryf, is belangrik. Almal markeer die pas saam en bied \u2019n maatstaf om vanaf weg te spring. Erkenning gee vir jou die selfvertroue om steeds voort te gaan en voort te bou op jou werk \u2013 in jou eie pas. Gewildheid en verkoopsyfers gaan gewoonlik gepaard met \u2019n versekerde inkomste \u2013 en niemand sal d\u00edt ooit van die hand wys nie!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018Daar is seker \u2019n paar dinge deur die jare wat my laat bloos, maar ek besef dat my oordeelsfoute \u00e9n my suksesse alles deel uitmaak van die kleurpalet van my werk en lewe\u2019<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Laurika is opgewonde oor die verskeidenheid style in Afrikaanse musiek en die uiteenlopende behoeftes van musiekliefhebbers en \u2013ondersteuners. \u201c\u2019n Sanger\/komponis het op \u2019n keer ges\u00ea daar is twee strome in plaaslike ligte musiek: Die liedjieskrywer\/sangers en die <em>entertainers<\/em>. Hy het ges\u00ea hy skaar hom by die liedjieskrywer\/sangers. Hulle is vir hom interessanter. Hy het die vertolkers misgekyk. Daar is \u2019n plek vir \u2019n goeie vertolker ook en \u2019n vertolker val nie net in die vermaaklikheidskunstenaar-kategorie nie. Afrikaanse musiek is baie gesond en stel al lankal ons uiteenlopende gehore tevrede. Die nis-kunstenaars, die rockers, die liedjieskrywer-sangers, die alternatiewe kunstenaars, die vertolkers, die gewilde kunstenaars, die popsterre en nog baie meer. Hulle het almal \u2019n gehoor. Ons het sulke wonderlike gehore wat ons almal omarm en boonop bereid is om saam met ons te beweeg as ons ander goed wil probeer.\u201d<\/p>\n<p>Sy meen elke nuwe generasie het \u2019n manier om die leemtes of tekortkominge in musiek &#8211; \u201cas daar is\u201d\u2013 op \u2019n unieke wyse te vul. \u201cDit bly vir my verstommend om dit waar te neem. Daar is nuwelinge wat \u2019n groot bydrae maak om die landskap uit te brei, terwyl die ouer, meer gevestigde kunstenaars, stilweg aanhou, goeie werk lewer, hier en daar mentor en nuwe dinge aanpak. Dis \u2019n wen-wen situasie.\u201d<\/p>\n<p>Die musiekbedryf het sy eie politiek; iets waarvan sy nog al die jare weggeskram en nooit by betrokke geraak het nie. Maar sy het die afgelope vier dekades \u2019n kosbare waarheid besef. \u201cDaar is meer as een soort liefde, om Joan Armatrading aan te haal. Tendense verander blitsvinnig en as jy nie bybly nie, raak jy agter. As jy die <em>flavour of the month<\/em> is, is almal lief vir jou, maar as daardie tyd verby is, kan net harde, toegewyde, vernuwende werk en \u2019n goeie repertorium jou loopbaan red.\u201d<\/p>\n<p>Laurika Rauch is die vergestalting van kreatiewe professionaliteit en deurwinterde talent.<\/p>\n<p>Sy erken sy is gese\u00ebnd. \u201cVeral met \u2019n bietjie insig en intu\u00efsie en \u2019n passie vir die oordeelkundige gebruik van my tyd. Seneca het ges\u00ea: <em>\u2018It is not that we have a short time to live, but that we waste a lot of it. Life is long enough, and a sufficiently generous amount has been given to us for the highest achievements if it were all well invested.\u2019\u201d<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kortliks, Laurika<\/h4>\n<p><strong>Vreugdes:<\/strong> My geliefdes, musiek en boeke, diere, my vriende, my geestelike lewe, ons huis in Pretoria en die omgewing.<\/p>\n<p><strong>Ontsteltenisse:<\/strong> Onregverdigheid, misverstande, korrupsie, onreg teenoor kinders diere en weerlose mense.<\/p>\n<p><strong>Lewensleuse:<\/strong> Leef en laat leef. Temper worstelinge met vergifnis. Toe my loopbaan begin het, het ek gemeen ek gaan vir altyd lewe, maar \u2019n mens bereik \u2019n stadium in jou lewe wanneer jy probeer konsentreer op gehaltetyd saam met die mense vir wie jy lief is en wat vir jou lief is. Dan draai jy weg van situasies wat jou lewensvreugde steel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir nog lekkerlees-onderhoude met plaaslike bekendes, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bekendes\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">loer hier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die musiek-ikon Laurika Rauch gesels oor haar roemryke, bekroonde en gese\u00ebnde loopbaan van vier dekades<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":122794,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[24339,147,998,1387,3434,4396,23450],"class_list":["post-122792","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-local-celebs","tag-bekendes","tag-vermaak","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-ontspanning","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die musiek-ikon Laurika Rauch gesels oor haar roemryke, bekroonde en gese\u00ebnde loopbaan van vier dekades. Haar loopbaan en lewe\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die musiek-ikon Laurika Rauch gesels oor haar roemryke, bekroonde en gese\u00ebnde loopbaan van vier dekades. Haar loopbaan en lewe\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-12-03T13:26:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/SEPLaurika01RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"695\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar\",\"datePublished\":\"2019-12-03T13:26:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/\"},\"wordCount\":1789,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/SEPLaurika01RR.jpg\",\"keywords\":[\"local celebs\",\"bekendes\",\"Vermaak\",\"celebs\",\"ons mense\",\"Ontspanning\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/\",\"name\":\"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/SEPLaurika01RR.jpg\",\"datePublished\":\"2019-12-03T13:26:15+00:00\",\"description\":\"Die musiek-ikon Laurika Rauch gesels oor haar roemryke, bekroonde en gese\u00ebnde loopbaan van vier dekades. Haar loopbaan en lewe\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/SEPLaurika01RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/SEPLaurika01RR.jpg\",\"width\":695,\"height\":800,\"caption\":\"Laurika Rauch, foto: Willem Botha\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar | rooi rose","description":"Die musiek-ikon Laurika Rauch gesels oor haar roemryke, bekroonde en gese\u00ebnde loopbaan van vier dekades. Haar loopbaan en lewe","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar | rooi rose","og_description":"Die musiek-ikon Laurika Rauch gesels oor haar roemryke, bekroonde en gese\u00ebnde loopbaan van vier dekades. Haar loopbaan en lewe","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-12-03T13:26:15+00:00","og_image":[{"width":695,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/SEPLaurika01RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar","datePublished":"2019-12-03T13:26:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/"},"wordCount":1789,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/SEPLaurika01RR.jpg","keywords":["local celebs","bekendes","Vermaak","celebs","ons mense","Ontspanning","entertainment"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/","name":"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/SEPLaurika01RR.jpg","datePublished":"2019-12-03T13:26:15+00:00","description":"Die musiek-ikon Laurika Rauch gesels oor haar roemryke, bekroonde en gese\u00ebnde loopbaan van vier dekades. Haar loopbaan en lewe","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/SEPLaurika01RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/SEPLaurika01RR.jpg","width":695,"height":800,"caption":"Laurika Rauch, foto: Willem Botha"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laurika-rauch-gesels-oor-haar-loopbaan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Laurika Rauch gesels oor haar loopbaan en lewe as kunstenaar"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122792","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=122792"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122792\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/122794"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=122792"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=122792"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=122792"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}