{"id":122565,"date":"2024-01-18T09:17:58","date_gmt":"2024-01-18T07:17:58","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=122565"},"modified":"2024-01-18T09:21:14","modified_gmt":"2024-01-18T07:21:14","slug":"pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/","title":{"rendered":"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem"},"content":{"rendered":"<p><em>Pasop om wie jy by die werk is, huis toe te neem deur Anys Rossouw<\/em><\/p>\n<h4>Baas &amp; Klaas<\/h4>\n<p>Wanneer \u2019n mens by die huis kom, moet jy dikwels meer as jou werkspakkie uittrek, of jou boonste knope losmaak. Tuis is daar ander rolle, \u2019n ander hi\u00ebrargie en verwagtinge waarin jy moet inglip om verhoudings te laat werk. Maar dis nie vir almal ewe gemaklik en natuurlik om dan anders op te tree, of om volgens ander spelre\u00ebls op te tree nie, veral as jy by die werk die re\u00ebls bepaal en gewoond is daaraan dat jou woord wet is en almal versigtig na jou pype dans.<\/p>\n<p>By die werk het jy \u2019n sekere rol, verantwoordelikheid en identiteit, wat tuis anders is. Jy kan en moet albei die identiteite wees \u2013 maar nie terselfdertyd nie, anders gaan iets skade ly. Dis ook belangrik dat nie een van die rolle soveel van jou fokus, tyd, energie en emosies in beslag neem dat daar geen emosionele energie oor is vir die ander rol in jou lewe nie.<\/p>\n<p>Baie mense sukkel om tuis werklik van hul werkspakkie ontslae te raak en emosioneel en in hul gedagtes ook tuis te wees. Die nimmereindigende e-posse, oproepe en teksboodskappe wat in hul huistyd instroom, neem dikwels te veel van hul aandag in beslag.<\/p>\n<p>Tuis gaan dit oor wi\u00e9 mense is en hul betekenis vir jou, en nie oor hul prestasie of w\u00e1t hulle jou kan bied nie. Tuis is jy maar net gewoon mens wat sonder voorwaardes geliefd en aanvaar wil word. As jy jou nie van jou werksingesteldheid of waardes kan losmaak nie, is dit meestal moeilik om in die basiese menslike behoeftes van hul huismense te voorsien.<\/p>\n<p>Uit \u2019n studie van die Harvard-sakeskool het dit geblyk dat betekenisvolle en bevredigende verhoudings die algemeenste element van mense se ervaring van persoonlike sukses is. Tog sien mans hul werksidentiteit anders as vroue. Hulle sien dit steeds as \u2019n rol wat hulle vir hul gesin vervul om te voorsien en te beskerm. Vroue beskou dit eerder dat hulle \u2019n rolmodel vir hul kinders is; iemand wat bydra tot almal se welstand. Vroue is ook geneig om skuldiger te voel wanneer hulle te veel tyd in hul werksrol deurbring.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lewe-jy-saam-met-n-beheervraat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lewe jy saam met \u2019n beheervraat?<\/a><\/p>\n<h4>Een vrou vertel<\/h4>\n<p>Tina* vertel hoe moeilik dit vir haar man is om tuis van rolle te verwissel. \u201cDeur die jare het dit soveel konflik veroorsaak. Pieter*, die eienaar van \u2019n suksesvolle onderneming, regeer almal by die werk met \u2019n ysterhand. Hy maak die re\u00ebls en neem die besluite. As hy s\u00ea spring, spring almal. Hulle sal hoogstens vra: Waar, hoe ver en hoe hoog? Niemand bevraagteken sy besluite of gaan hom te\u00eb nie, want hul werk, bevordering en salaris is dalk in gedrang. Hy is op \u2019n voetstuk. Sy werknemers sal ter wille van hul eie voordeel voor hom kruip om sy guns te wen.<\/p>\n<p>\u201cTuis verwag hy dieselfde reaksie. Ek mag nie van hom verskil nie en is nie geregtig op \u2019n mening nie. Sou ek dit waag, is die gort gaar. Hy kan nie insien dat ons kan verskil en dat daar \u2019n ander manier as sy manier is nie. Daar is nie ruimte dat ons daaroor kan praat en iets uitwerk nie. As ek \u2019n ander mening het, spring hy onmiddellik op sy perdjie en ek is moeilik, arrogant of lewer net kritiek. Ek voel dikwels ek en die kinders word soos werknemers en ondergeskiktes behandel en dat ons nie regte het nie. Ons loop heeltyd op eiers, en almal is bang om hom iets te vra. Hy voel hy werk hard, sorg finansieel goed vir ons en bederf ons met duur vakansies. Ons kry alles waarvoor ons kan vra. Ons behoort baie dankbaar te wees, het niks om oor te kla nie en behoort nie enige eise aan hom te stel nie. Tuis wil hy geen verantwoordelikheid deel nie, dis my werk om alles te doen, te beplan en in stand te hou. Ek werk mos nie. As ek hom enigiets vra, is ek veeleisend. Die kinders het nie behoefte aan \u2019n baas nie, maar aan \u2019n pa wat luister en hulle sal help. Ek soek \u2019n maat en \u2019n man wat my hoor, ook help en ondersteun.<\/p>\n<p>\u201cEk is moeg vir sy opdragte. As ons met vakansie gaan, moet ek alles re\u00ebl, die motor laat diens, vol petrol maak en sorg dat sy goed en die motor reg is as hy wil ry. Hy sal sit en televisie kyk tot ons moet ry en sal nie \u2019n vinger verroer nie, selfs by die see. Ek, die kinders of die tuinman moet alles regkry, en die gort is gaar as ons nie betyds klaar is nie. As iemand iets vergeet het, is daar geen kans dat hy sal omdraai nie. Dan word ek gekritiseer: Hoekom beplan ek nie ordentlik nie, hoekom maak ek nie lysies nie? Dis al wat ek het om te doen. Op vakansie doen ons wat hy wil doen, gaan ons waar hy wil gaan.<\/p>\n<p>\u201cDeur die jare het ek geleer om die weg van die minste weerstand te volg. Ek vra hom niks, en ek kry mense om die dinge te doen wat \u2019n man gewoonlik tuis doen. Gelukkig betaal ek die rekeninge, maar soms lewer hy daarop ook kritiek as hy agterkom hoe duur dit is. Hy wil nie van my probleme weet nie, hy het genoeg verantwoordelikheid by die werk. Ek vertel hom selektief wat met die kinders gebeur en is dikwels die buffer tussen hulle en hul pa. Die rusies is net te sleg vir hulle en vir my. Dit maak my gespanne en laat my dikwels alleen voel. Dis vir my swaar om alleen die verantwoordelikheid vir die huishouding en kinders te dra.\u201d<\/p>\n<p>Hedendaagse huweliksmaats sien hul rolle anders as voorheen en glo dat albei moet saamwerk en die ekonomiese, emosionele en praktiese huis- en gesinsverantwoordelikhede moet deel. Die een help nie bloot net uit wanneer dit nodig is nie. \u2019n Huwelik is nie \u2019n 50\/50 vennootskap nie, maar \u2019n 100\/100 vennootskap waarin albei alles gee.<\/p>\n<p>Dr. Phil s\u00ea dis nodig dat veral mans hul definisie van \u2019n suksesvolle mens of man verbreed. Om \u2019n voorsiener en beskermer te wees wat jou gesin kan lei en help ontwikkel, is \u2019n voorreg met verantwoordelikhede wat verder as finansi\u00eble versorging strek. Jy moet jou gesin ook emosioneel, fisiek en spiritueel beskerm, versorg en ook in daardie behoeftes voorsien om hul welsyn op alle vlakke te verseker.<\/p>\n<p>Ben, die uitvoerende bestuurder van \u2019n konsultasiemaatskappy, vertel hoe hy die verskillende rolle tuis en by die werk hanteer: \u201cBy die werk is ek in beheer, by die huis is ek deel van \u2019n plat stelsel met \u2019n ander hi\u00ebrargie en verantwoordelikhede. By die werk het ek die laaste s\u00ea en is ek die outoriteitsfiguur. By die huis is dit nie die geval nie. Dit beteken nie ek is klaas by die huis nie, maar beslis ook nie alleen die baas nie. Hopelik is daar geen baas by die huis nie, maar is ons deel van \u2019n samewerkende en medeverantwoordelike gesinsnetwerk.<\/p>\n<p>\u201cDinge loop verkeerd as \u2019n mens nie besef jou huis- en werkrolle verskil nie en die een rol na die ander omgewing oordra. As jy tuis soos by die werk optree, of dieselfde verwagtinge het, kan jy gefrustreerd raak. Jou eggenoot gaan jou nie hanteer soos jy by die werk gewoond is nie. By die werk is ek die kundige en tuis nie noodwendig nie. By die werk is almal nie gelykes nie, tuis is ons. Aanvanklik moes ek doelbewus oorskakel.<\/p>\n<p>\u201cDaar is werkswaardes soos doeltreffendheid, \u2019n ingesteldheid op prestasie, en ook \u2019n ander tempo, wat as dit tuis oorgedra word, wrywing kan veroorsaak. Gelukkig is sekere basiese waardes universeel en by die werk en die huis dieselfde, soos eerlikheid, geduld, billikheid en om alle mense met respek menswaardig te behandel. Dis baie moeiliker as daar groot waardeverskille tussen die werkplek en die huis is.\u201d<\/p>\n<p>In die werksplek speel geld, mag en trots \u2019n groot rol, maar dis dodelik vir verhoudings. Mense met \u2019n baaskompleks wat nie tuis van rol kan verwissel nie, en daardie kaarte speel, saai dikwels verwoesting tuis.<\/p>\n<h4>Hoe verwissel jy van rol om tuis die goeie, gewone eggenoot of gesinsmens te wees?<\/h4>\n<ul>\n<li>Wees werklik tuis as jy tuis is, nie net met jou lyf nie, maar ook in jou gedagtes en emosies.<\/li>\n<li>Skakel letterlik af. Bestuur jou foon en rekenaar met wysheid anders verskuif jy net jou werkplek. Jy bou nie \u2019n vertrouensverhouding, of vertroetel iemand, of maak kinders op e-pos of WhatsApp groot nie. Dis \u2019n funksionele en nie \u2019n emosionele media nie. Om altyd aanlyn te wees veroorsaak onderbrekings en afleidings en skaad \u2019n mens se insette en uitsette, of dit nou tuis of by die werk is.<\/li>\n<li>Bepaal jou prioriteite. Besluit en beplan wat, hoeveel, wanneer en waar jy gaan werk, deel wees, of gaan ontspan sodat jy nie tyd bestee aan dinge wat min waarde toevoeg nie. Beheer jou kalender.<\/li>\n<li>Sorg en maak tyd vir jouself.<\/li>\n<li>Fokus op die goeie en positiewe dinge. Omring jou met goeie mense.<\/li>\n<li>Wees dankbaar en wys waardering, selfs vir klein goedjies. Moenie jou huismense as vanselfsprekend aanvaar nie.<\/li>\n<li>Bou en gebruik ondersteuningsnetwerke tuis en by die werk, gebruik mense wat jy kan vertrou sodat jy nie die sleurwerk hoef te doen nie maar kan fokus op wat regtig \u2019n verskil maak.<\/li>\n<li>Doen dinge saam met jou huismense.<\/li>\n<li>Maak seker dat almal se behoeftes, wense en welstand saak maak &#8211; dit bring tuis harmonie.<\/li>\n<li>Bou een-tot-een ondersteunende en vertrouensverhoudings, want dan kan gesinslede mekaar werklik emosioneel ondersteun, of dit nou oor julle rolle tuis of by die werk gaan. Om \u2019n geesgenoot te h\u00ea by wie jy jouself kan wees, met wie jy jou idees kan deel en van wie jy eerlike terugvoer kan verwag, maak die lewe die moeite werd.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u2019n Mens se werk is daar vir jou, jy is nie daar vir jou werk nie. Baie mense verwar hul werk met hul lewe en ignoreer balans-probleme tussen werk en lewe tot dinge skeefloop. Dan is die skade dikwels moeilik om te herstel. Werkende mense moet soveel balle gelyk in die lug probeer hou: jou beroep, gesinslewe, sosiale lewe, gesondheid en jou en jou gesin se emosionele en spirituele welstand. Jou beroep is meestal \u2019n rubberbal wat sal terugbons as dit val, maar jou verhoudings en gesondheid is soms van glas gemaak. Dis belangrik om nie te dink dinge by die huis sal maar uitwerk sonder doelgerigte insette nie. So \u2019n benadering bring nie sukses in die werksplek of tuis nie. As jy nie \u2019n verhouding met jou kleuter het nie, is die kans skraal dat jy \u2019n verhouding met hom as \u2019n tiener gaan h\u00ea. Of as jy nie die verhouding met jou huweliksmaat koester nie, kan jy hom iewers verloor. \u2019n Mens kan nie alles h\u00ea nie, maar jy kan h\u00ea wat regtig saak maak.<\/p>\n<p>Hoe om al die balle in die lug te hou en te bestuur, verskil van gesin tot gesin. Daar is nie \u2019n universele regte antwoord nie. Maar elkeen moet die vraag vra, wat het \u00f3ns nodig? Wat werk vir \u00f3ns? Wat wel universeel is, is dat almal die respek, aanvaarding, liefde, ondersteuning en tyd van hul geliefdes nodig het; dat dit waarin jy jou tyd, aandag, fokus, geld en energie bel\u00ea, juis dit is wat groei.<\/p>\n<p>* Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.<\/p>\n<p>Anys Rossouw is \u2019n sielkundige in Menlopark Pretoria (012\u00a0460 7366 \/ anys@anys.co.za).<\/p>\n<h4>Het jy dalk \u2019n baaskompleks?<\/h4>\n<ul>\n<li>Jy bepaal en is in beheer van wat, hoe en wanneer dinge gebeur.<\/li>\n<li>Neem die besluite en maak re\u00ebls wat vir ander geld maar nie vir jou nie.<\/li>\n<li>Jy het vryhede en voorregte wat ander nie het nie.<\/li>\n<li>Gee bevele, maar ander moet mooi vra as hulle iets wil h\u00ea.<\/li>\n<li>Verwag gehoorsaamheid.<\/li>\n<li>Verwag spesiale diens. Ander moet jou bedien en dinge vir jou doen.<\/li>\n<li>Gee dikwels nie waardering vir klein dingetjies nie, dis immers hul werk waarvoor hulle betaal word.<\/li>\n<li>Verwag van ander dankbaarheid en waardering vir die geleenthede wat jy hulle gee.<\/li>\n<li>Duld nie te\u00ebspraak en ander menings nie.<\/li>\n<li>Lewer kritiek, maar ander mag nie.<\/li>\n<li>Is oorhaastig en luister nie werklik nie, s\u00ea net dadelik wat ander moet doen of moes gedoen het.<\/li>\n<li>Neem die krediet vir ander se insette.<\/li>\n<li>Is net gefokus op jou eie dinge en planne en stel min in ander s\u2019n belang.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-werk-10-dinge-wat-alle-goeie-bestuurders-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis nie altyd maklik vir \u2019n \u2018baas\u2019 om die werksbaadjie by die huis uit te trek en net klaas die dood-gewone gesinslid te wees wat nou anders optree nie. Maak werk daarvan voor verhoudings daaronder ly  <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":142140,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,680,662],"tags":[135,1585,5825,23443,27962,60333,65801],"class_list":["post-122565","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-sukses-en-geld","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-werk","tag-sukses-en-geld","tag-relationships","tag-work","tag-jou-lewe","tag-personal-finance"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dis nie altyd maklik vir \u2019n \u2018baas\u2019 om die werksbaadjie by die huis uit te trek en net klaas die dood-gewone gesinslid te wees wat nou anders optree nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis nie altyd maklik vir \u2019n \u2018baas\u2019 om die werksbaadjie by die huis uit te trek en net klaas die dood-gewone gesinslid te wees wat nou anders optree nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-18T07:17:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-01-18T07:21:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1286\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem\",\"datePublished\":\"2024-01-18T07:17:58+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-18T07:21:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/\"},\"wordCount\":2109,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"werk\",\"sukses en geld\",\"relationships\",\"work\",\"jou lewe\",\"personal finance\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Sukses en geld\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/\",\"name\":\"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg\",\"datePublished\":\"2024-01-18T07:17:58+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-18T07:21:14+00:00\",\"description\":\"Dis nie altyd maklik vir \u2019n \u2018baas\u2019 om die werksbaadjie by die huis uit te trek en net klaas die dood-gewone gesinslid te wees wat nou anders optree nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg\",\"width\":1280,\"height\":1286},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem | rooi rose","description":"Dis nie altyd maklik vir \u2019n \u2018baas\u2019 om die werksbaadjie by die huis uit te trek en net klaas die dood-gewone gesinslid te wees wat nou anders optree nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem | rooi rose","og_description":"Dis nie altyd maklik vir \u2019n \u2018baas\u2019 om die werksbaadjie by die huis uit te trek en net klaas die dood-gewone gesinslid te wees wat nou anders optree nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-01-18T07:17:58+00:00","article_modified_time":"2024-01-18T07:21:14+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":1286,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem","datePublished":"2024-01-18T07:17:58+00:00","dateModified":"2024-01-18T07:21:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/"},"wordCount":2109,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg","keywords":["Verhoudings","werk","sukses en geld","relationships","work","jou lewe","personal finance"],"articleSection":["Verhoudings","Sukses en geld","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/","name":"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg","datePublished":"2024-01-18T07:17:58+00:00","dateModified":"2024-01-18T07:21:14+00:00","description":"Dis nie altyd maklik vir \u2019n \u2018baas\u2019 om die werksbaadjie by die huis uit te trek en net klaas die dood-gewone gesinslid te wees wat nou anders optree nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-linkedin-sales-navigator-1251828-e1705562352220.jpg","width":1280,"height":1286},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122565","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=122565"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122565\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142140"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=122565"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=122565"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=122565"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}