{"id":122491,"date":"2019-12-05T11:00:24","date_gmt":"2019-12-05T09:00:24","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=122491"},"modified":"2019-11-28T15:44:24","modified_gmt":"2019-11-28T13:44:24","slug":"kan-hoop-jou-help-herstel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/","title":{"rendered":"Kan hoop jou help herstel?"},"content":{"rendered":"<p><em>Kan hoop jou help herstel?\u00a0 deur Mariette Snyman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die hart van herstel<\/h4>\n<p>Waar daar lewe is, is daar hoop, lui die spreekwoord.<\/p>\n<p>Tog is dit nie in alle gevalle waar nie. Mense wat erge fisieke of emosionele pyn verduur, verloor soms die laaste greintjie lewensdrif.<\/p>\n<p>Is hoop net \u2019n gevoel, of behels dit meer? Hoekom hou party mense in moeilike omstandighede daaraan vas terwyl ander moed verloor?<\/p>\n<p>Vrae soos di\u00e9 het die Amerikaanse mediese spesialis en navorser, dr. Jerome Groopman, aangespoor om The Anatomy of Hope: how people prevail in the face of illness (Random House, 2005) te skryf. As onkoloog het hy dekades lank geworstel met die manier waarop hy slegte nuus aan pasi\u00ebnte moes oordra. Moes hy die rooskleurigste prentjie skilder sodat hulle hoopvol kon bly, of moes hy die feite klinies oordra sodat hulle nie onder \u2019n illusie sou verkeer nie?<\/p>\n<p>Hoe meer dr. Groopman oor hoop nagedink het, hoe meer het die kompleksiteit daarvan hom getref. Hoop is soos \u2019n diamant met talle fasette, skryf hy. Dit hou verband met ons denke, emosies en fisieke welsyn, en dis altyd \u2019n tweerigtingstraat. Hoop kan ons byvoorbeeld aanspoor om die pynlike aspekte van \u2019n ingreep soos bestraling te verduur, maar fisieke pyn kan ook ons gevoel van hoop laat verflou.<\/p>\n<p>Hoop word verder be\u00efnvloed deur ons verhouding met ander, onsself en, as ons gelowig is, met God. Ook hier is die uitwerking wedersyds. So kan \u2019n hegte band met geliefdes ons die moed gee om dapper teen \u2019n siekte te veg, maar \u2019n gebrek aan vertroue in die mediese personeel wat na ons omsien, kan ons positiewe houding \u2019n knou gee.<\/p>\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Trauma na kanker &#8211; vang dit jou?\u00a0<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-122494 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/blur-close-up-focus-ground-401213.jpg\" alt=\"Kan hoop jou help herstel? \" width=\"594\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ware hoop, vals hoop<\/h4>\n<p>Hoop het betrekking op \u00e9lke dimensie van menswees, wat \u2019n netjiese omskrywing daarvan bemoeilik. In The Anatomy Of Hope onderskei dr. Groopman tussen vals en ware hoop.<\/p>\n<p>Die gewilde siening dat ons die krag van ons denke kan inspan om die kliniese uitkoms van feitlik enige siektetoestand te be\u00efnvloed, is volgens dr. Groopman \u2019n growwe veralgemening. Hoop is nie \u2019n towerstaf uit \u2019n sprokie nie, beklemtoon hy. \u201cBlinde optimisme benadeel ons vermo\u00eb om die werklikheid in perspektief te sien en weldeurdagte besluite te neem. Wanneer pasi\u00ebnte met \u2019n lewensbedreigende siekte vir my s\u00ea hulle wil niks van die probleme en risiko\u2019s weet nie, dring ek daarop aan dat hulle \u2019n bietjie inligting oor hul toestand en die behandelingsmetodes inwin. Ek verstaan dat hoop soms broos is en deur vrees vernietig kan word, maar deur jou kop in die sand te steek, skep jy vals hoop.<\/p>\n<p>\u201cVals hoop kan aanvanklik minder emosionele pyn skep, maar dis \u2019n wankelrige fondament wanneer jy \u2019n siekte beveg. Dit verkrummel sodra iets onvoorsiens gebeur, of wanneer die pad te steil raak. Ware hoop is op die lang duur \u2019n verstandiger opsie.\u201d<\/p>\n<p>Die kern van ware hoop l\u00ea daarin dat jy \u2019n beter toekomsvisie kan oproep. Al het jy \u2019n ontstellende diagnose ontvang, of voel jy baie siek, kan jy jou t\u00f3g voorstel dat jy vorentoe in \u2019n mindere of meerdere mate beter sal voel. As jy hierdie verbetering nie kan \u201csien\u201d nie, lyk die pad vorentoe uitsigloos.<\/p>\n<p>Ware hoop het \u2019n kognitiewe sowel as \u2019n emosionele komponent. Om ons \u2019n beter tydstip in die toekoms te kan voorstel, het ons inligting nodig. Gestel jy het \u2019n ernstige siektetoestand. Die prentjie<br \/>\nwat jy daarvan het, steun deels op inligting oor die siekte en moontlike behandelingsmetodes. Di\u00e9 verstandsaspek is onlosmaaklik aan ons emosies verbind. In gevoelsterme kan hoop omskryf word as die vertroostende, opheffende gevoel wat jy ervaar wanneer \u2019n gesonder toekoms voor jou geestesoog vorm aanneem.<\/p>\n<p>Ware hoop impliseer \u2019n skerp blik op die werklikheid. Dit neem kennis van bestaande bedreigings en gevare, maar ook van strategie\u00eb waardeur hulle getakel kan word. \u201cEk probeer inligting s\u00f3 aan pasi\u00ebnte oordra dat hulle \u2019n duidelike beeld van die beste sowel as die slegste scenario het,\u201d s\u00ea dr. Groopman. \u201cSommige dokters fokus slegs op angswekkende statistieke wat pasi\u00ebnte sonder hoop laat, terwyl ander die ware toedrag van sake verswyg of versuiker.<\/p>\n<p>\u201cEk mik vir die tussengrond wat die waarheid \u00e9n hoop kan akkommodeer. Saam kyk ek en \u2019n pasi\u00ebnt na die moontlike verloop van die siekte en na die behandelingsopsies tot ons beskikking. Ek doen my bes om eerlik te wees. Ek s\u00ea byvoorbeeld: \u2018Ons weet nie of die behandeling sal werk nie. Dalk werk dit nie &#8211; maar dit kan. Die uitkoms is nie gewaarborg nie, maar moontlik.\u2019 As ek glo die behandeling kan doeltreffend wees, probeer ek my oortuiging nie net deur my woorde nie maar ook deur die uitdrukking in my o\u00eb aan die pasi\u00ebnt oordra. Hoewel ek soos alle mense feilbaar is, is dit vir my belangrik om die vertroue wat tussen dokter en pasi\u00ebnt ontwikkel te eer en te versterk.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Groopman voel geen dokter behoort soos \u2019n regter op te tree deur \u2019n vaste uitspraak te lewer wat aandui hoeveel dae, weke of maande die pasi\u00ebnt nog sal lewe nie. \u201cVeral vroeg in die verloop van \u2019n lewensbedreigende siekte het \u2019n pasi\u00ebnt die volste reg om teen alle verwagting in te bly hoop. Feit is: elke siekte se uitkoms is onseker. \u2019n Gewas het nie altyd die mediese handboek gelees nie, en \u2019n terapie kan onvoorsiens \u2019n dramatiese uitwerking h\u00ea. Daarby lewer mediese navorsing voortdurend nuwe moontlik-hede op. Ek het al meermale gereken \u2019n pasi\u00ebnt hoop vergeefs op remissie, en dan gebeur dit tog.\u201d<\/p>\n<p>Volgens dr. Groopman gee die besef dat hulle keuses het, pasi\u00ebnte \u2019n mate van beheer oor hul omstandighede. Hulle voel nie algeheel uitgelewer aan die siekte nie. \u201cPasi\u00ebnte met ware hoop benader \u2019n situasie kalmer en neem merendeels gepaste besluite oor behandeling. Soms wil \u2019n pasi\u00ebnt aanvanklik nie eens \u2019n behandeling oorweeg nie. As die dokter meen die behandeling het \u2019n kans om te werk en dan kan vasstel hoekom die pasi\u00ebnt dit weier, kan die saak uitgeklaar word.\u201d<\/p>\n<p>As voorbeeld beskryf dr. Groopman die geval van \u2019n pasi\u00ebnt wat in sy jong dae in die Vi\u00ebtnam-oorlog geveg het. Die man se makker het \u2019n sekere vorm van kanker gekry en binne \u2019n week n\u00e1 die<br \/>\ndiagnose gesterf, maar in daardie week ingrypende mediese prosedures ondergaan en bomenslik gely. Toe dr. Groopman se pasi\u00ebnt hoor hy het ook kanker en dat die behandeling hom dalk kon genees, het hy botweg geweier. Sy makker se lyding, wat hy as sinloos beleef het, was in sy geheue ingebrand. Eers toe hy kon insien dat hy \u2019n ander soort kanker het, dat behandelingsmetodes verbeter het, en dat hy enige tyd die behandeling sou kon staak, het hy ingestem.<\/p>\n<p>\u201cHoop gee ons die moed om ons omstandighede te konfronteer, die energie om te doen wat ons kan om \u2019n beter uitkoms te bereik, en die veerkrag om ongemak, pyn en onsekerheid te verduur. Baie keer is die eerste treetjie die swaarste,\u201d s\u00ea dr. Groopman.<\/p>\n<p>Laat hoop ruimte vir twyfel? \u201cEk glo so. Dis die groot paradoks van ware hoop: omdat niks volledig vooruit bepaal is nie, is daar nie net rede om te vrees nie maar ook te hoop. Natuurlik kom daar soms \u2019n tyd in die gang van \u2019n siekte wanneer die onvermydelike aanvaar moet word \u2013 maar selfs in die aangesig van die dood word van my pasi\u00ebnte deur hoop gedra. Hul hoopvolle visie vir die toekoms verskuif na \u2019n ander dimensie. As daar nie meer hoop is vir die liggaam nie, is daar hoop vir die siel.<\/p>\n<div id=\"attachment_122495\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-122495\" class=\"size-full wp-image-122495\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/clouds-weather-sunlight-sunrays-67101.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-122495\" class=\"wp-caption-text\">Kan hoop jou help herstel?<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die wetenskap wys \u2026<\/h4>\n<p>The Anatomy of Hope verwys na wetenskaplike navorsing wat die volgende bevindings opgelewer het:<\/p>\n<ul>\n<li>Positiewe oortuiging (belief) en verwagting (expectation) kan pynimpulse blokkeer deur die vrystelling van endorfien en ensefalien wat die uitwerking van morfien naboots.<\/li>\n<li>In sekere gevalle kan hoop \u2019n beduidende uitwerking h\u00ea op fisiologiese prosesse soos hartklop, asemhaling, bloedsomloop, spysvertering en motoriese funksie \u2013 prosesse wat die verloop van \u2019n siekte sowel as pasi\u00ebnte se reaksie op behandeling be\u00efnvloed.<\/li>\n<li>Herinneringe kan hoop wek en voed, soos wanneer pasi\u00ebnte onthou hoe iemand anders baie moeilike omstandighede deur-staan en teen alle verwagting in oorkom het.<\/li>\n<li>Wanneer ons vir onsself \u2019n spesifieke doelwit stel, besluit hoe ons dit gaan bereik en antisipeer hoe dit gaan voel wanneer ons daar kom, betrek ons sekere netwerke in die brein wat \u2019n gevoel van hoop skep.<\/li>\n<li>Ons dink gewoonlik aan die liggaam-siel-konneksie in terme van die invloed van ons denke en emosies op ons liggaam, maar dit werk ook andersom. Wanneer ons organe aangetas is, ons liggaamstelsels ingee, of daar ander wanfunksies is, versterk dit gevoelens van vrees, angs en wanhoop. Namate beterskap intree, stuur die liggaam al meer boodskappe om die brein oor die terug-keer na gesondheid in te lig. Kliniese behandeling kan \u2019n groot uitwerking op ons sielkundige welstand h\u00ea.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dr. Groopman het Suid-Afrika besoek op uitnodiging van die \u2018Reach for a Dream Foundation\u2019:<a href=\"https:\/\/reachforadream.org.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> reachforadream.org.za<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_122493\" style=\"width: 690px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-122493\" class=\" wp-image-122493\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/beautiful-bloom-blooming-blossom-617965.jpg\" alt=\"\" width=\"680\" height=\"1020\" \/><p id=\"caption-attachment-122493\" class=\"wp-caption-text\">Kan hoop jou help herstel?<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Soos ek dit sien &#8211; een leser vertel<\/h4>\n<p>Kanker is in 2016 by Ursula* gediagnoseer en sy is op die oomblik in remissie.<\/p>\n<p>\u201cEk beskou my nie noodwendig as \u2019n hoopvolle mens nie. Dit voel of ek maklik platgeslaan word, maar as ek \u2019n ruk oor die situasie gedink het, voel dit of daar tog \u2019n oplossing kan wees en kan ek aangaan. Ek probeer om my maar net met die probleme van die betrokke dag besig te hou.<\/p>\n<p>\u201cDie oorspronklike diagnose was soos \u2019n vuis wat my van \u00earens af omgeklits het. My ma het altyd ges\u00ea daar is nie kanker in ons familie nie. Ek eet gesond en is nie onaktief nie. Ek het wel \u2019n aangebore hartprobleem, maar dit word goed deur medikasie beheer. Die hartspesialis het altyd ges\u00ea: \u2018Jy weet waaraan jy sal doodgaan: jou hart.\u2019<\/p>\n<p>Toe my vrouedele n\u00e1 die kankerdiagnose verwyder moes word, het \u2019n spesialis wat \u2019n ginekoloog sowel as \u2019n onkoloog is die operasie gedoen. Ek het geweet ek is in goeie hande. Die helfte van die kliere wat uit my buikholte verwyder is, was kankerpositief.<\/p>\n<p>\u201cDie bestralingsonkoloog het mooi verduidelik wat die bestraling sou behels, wat die risiko\u2019s was, en praktiese wenke oor byvoorbeeld die gebruik van seep gegee. Die bestraling was nie so erg nie hoewel dit my baie moeg gemaak het.<\/p>\n<p>\u201cDie onkoloog wat oor die chemobehandeling moes besluit, het nie goed gekommunikeer nie. Die chemo het my so siek gemaak dat ek daarmee wou ophou. Een van my vriende, \u2019n lektor in verpleegkunde, het ges\u00ea ek kon nie sommer net ophou nie. Ek het met die bestralingsonkoloog, wat ek as simpatiek en empaties ervaar het, gaan praat. Ek het verwag sy sou s\u00ea ek kon die behandeling maar staak. Maar sy het ges\u00ea al word ek so siek dat ek in die hospitaal beland, m\u00f3\u00e9s ek die chemobehandeling voltooi, wat ek toe ook gedoen het.<\/p>\n<p>\u201cToe daar drie maande later kolletjies op my long ontdek is, het die chemospesialis ges\u00ea ek het net \u2019n jaar om te leef omdat die kanker klaar versprei het \u2013 ook dat hy nie behandeling sou aanbeveel nie omdat ek die eerste keer so sleg daarop reageer het en die behandeling hierdie keer sterker sou moes wees. Maar ek moes goed daaroor nadink en hom dan oor my besluit inlig.<\/p>\n<p>\u201cDit het my minder hoopvol gemaak en ek was weer heeltemal platgeslaan, maar my kinders en vriende het ges\u00ea dat die dokters net raai \u2013 selfs vir \u2019n geneesheer is soveel onbekend. Hulle wou h\u00ea ek moes die chemo uittoets; ek kon mos enige tyd daarmee ophou. Al was die onkoloog se reaksie aanvanklik so negatief, het hy baie moeite met die chemo gedoen en elke keer tydens my chemosessies ingeloer. Ek het vertroue in hom.<\/p>\n<p>\u201cEk het tydens die operasie en behandelings nie oor herstel gedink nie, net gekonsentreer op elke stap wat ek moes deurgaan. Jy weet jy moet doodgaan, maar dis eerder in jou agterkop as \u2019n werklikheid. Wanneer jy so \u2019n diagnose kry, staar jou verganklikheid jou vierkant in die gesig. Jy weet daar is nie uitkomkans nie \u2013 dis die weg van alle vlees, en dus ongelooflik naby, nee, b\u00fd jou, saam met jou.<\/p>\n<p>\u201cEk is nie bang om dood te wees nie, net om hulpeloos te wees en van ander afhanklik &#8211; maar ek probeer werklik om nie daaroor te tob nie.<\/p>\n<p>\u201cWat my gehelp het om deur my siekte staande te bly, is om nie sommer net te gaan l\u00ea en wag dat die siekte my meesleur nie maar om te veg, sonder om te weet of dit enigsins gaan help. My verhouding met my volwasse kinders is baie sterk, al woon hulle oorsee. Ons het feitlik elke dag kontak en hulle kom elke jaar kuier.\u00a0 Ek het ook vriende wat werklik omgee en wil help.<\/p>\n<p>\u201cBaie hang af van hoe die sieke op die behandeling reageer, hoeveel steun hy of sy het, en hoe sterk die persoon fisiek \u00e9n innerlik is. My doel is om maar net elke dag te leef asof dit \u2019n groot voorreg is, nog \u2019n dag wat my gegun is.\u201d<br \/>\n*skuilnaam<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-122497 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/ground-group-growth-hands-461049.jpg\" alt=\"Kan hoop jou help herstel? \" width=\"640\" height=\"518\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018Hoop\u2019 is \u2019n soet woord, maar wat beteken dit werklik? En watter rol speel dit wanneer \u2019n lewensbedreigende siekte jou in die gesig staar? <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":122496,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[47008,47155,60333,136,23664],"class_list":["post-122491","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe","tag-gesondheid","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kan hoop jou help herstel? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u2018Hoop\u2019 is \u2019n soet woord, maar wat beteken dit werklik? En kan hoop jou help herstel? Ons het gaan uitvind of dit dalk kan werk\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kan hoop jou help herstel? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2018Hoop\u2019 is \u2019n soet woord, maar wat beteken dit werklik? En kan hoop jou help herstel? Ons het gaan uitvind of dit dalk kan werk\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-12-05T09:00:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Kan hoop jou help herstel?\",\"datePublished\":\"2019-12-05T09:00:24+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/\"},\"wordCount\":2219,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg\",\"keywords\":[\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\",\"Gesondheid\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/\",\"name\":\"Kan hoop jou help herstel? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg\",\"datePublished\":\"2019-12-05T09:00:24+00:00\",\"description\":\"\u2018Hoop\u2019 is \u2019n soet woord, maar wat beteken dit werklik? En kan hoop jou help herstel? Ons het gaan uitvind of dit dalk kan werk\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg\",\"width\":1280,\"height\":853,\"caption\":\"Kan hoop jou help herstel?\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kan-hoop-jou-help-herstel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kan hoop jou help herstel?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kan hoop jou help herstel? | rooi rose","description":"\u2018Hoop\u2019 is \u2019n soet woord, maar wat beteken dit werklik? En kan hoop jou help herstel? Ons het gaan uitvind of dit dalk kan werk","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kan hoop jou help herstel? | rooi rose","og_description":"\u2018Hoop\u2019 is \u2019n soet woord, maar wat beteken dit werklik? En kan hoop jou help herstel? Ons het gaan uitvind of dit dalk kan werk","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-12-05T09:00:24+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Kan hoop jou help herstel?","datePublished":"2019-12-05T09:00:24+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/"},"wordCount":2219,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg","keywords":["personal growth","persoonlike groei","jou lewe","Gesondheid","health"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/","name":"Kan hoop jou help herstel? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg","datePublished":"2019-12-05T09:00:24+00:00","description":"\u2018Hoop\u2019 is \u2019n soet woord, maar wat beteken dit werklik? En kan hoop jou help herstel? Ons het gaan uitvind of dit dalk kan werk","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/flower-pink-peony-blouse-112324.jpg","width":1280,"height":853,"caption":"Kan hoop jou help herstel?"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kan-hoop-jou-help-herstel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kan hoop jou help herstel?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122491","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=122491"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122491\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/122496"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=122491"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=122491"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=122491"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}