{"id":122242,"date":"2023-10-20T08:45:36","date_gmt":"2023-10-20T06:45:36","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=122242"},"modified":"2023-10-20T08:46:31","modified_gmt":"2023-10-20T06:46:31","slug":"trauma-na-borskanker-vang-dit-jou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/","title":{"rendered":"Trauma na borskanker &#8211; vang dit jou?"},"content":{"rendered":"<p><em>Trauma na borskanker &#8211; vang dit jou? Deur Salom\u00e9 Delport. Foto: Vesnaandjic\/<a href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">istock images<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Trauma na borskanker &#8211; vang dit jou?<\/h4>\n<p>Daar is niks pienk en lekker aan borskanker nie. Dit is pleinweg erg. Daarn\u00e1 ook.<\/p>\n<p>As jy met ervare borskankerspesialiste gesels, vertel hulle dat hulle \u2019n hele verskeidenheid tipiese traumas by vroue sien n\u00e1 hul skermutseling met die grootste van vrouekankers.<\/p>\n<p>Dr. Justus Apffelstaedt, Kaapse borskankerspesialis met meer as dertig jaar se ondervinding, meen twee uit elke drie vroue ly onder langtermyntrauma. Hy identifiseer selfs verskillende fases waarin vroue tipies spesifieke reaksies toon.<\/p>\n<p>Dit laat \u2019n mens dink aan die tipiese emosionele reaksies n\u00e1 ernstige <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-elke-vrou-oor-hartsiekte-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">hartsiekte waardeur mans (en vroue)<\/a> gaan. Vir hartpasi\u00ebnte (hartsiektes en borskanker is die siektes wat die meeste vroue eis) is daar veel meer as die basiese mediese sorg. Hulle word ingelig om bedag te wees op angs, depressie en selfs posttraumatiese stressindroom. Hul rehabilitasieprogramme rus hulle toe vir fisieke \u00e9n emosionele herstel. Diagnoseer dokters dus iets soortgelyk by borskankervroue, soos \u201cpost-borskankersindroom\u201d?<\/p>\n<p>Glad nie. Glo dit as jy wil.<\/p>\n<p>Al is kenners bewus van die spesifieke emosionele uitwerking van borskanker, bly die fokus op die fisieke herstel: Jou bors\/borste is weg? Oukei, ons doen rekonstruksie. Jy is hartseer omdat jy nie meer tepels het nie? Oukei, ons gee vir jou kunstepels. Kan die kanker terugkeer? Oukei, ons gee langtermynmedikasie en ons volg op. Dit alles is noodsaaklik en kosbaar. Maar wat van die trauma op die ander, \u00e9we belangrike vlakke van jou lewe?<\/p>\n<p>Die trauma word gehanteer volgens wat die vrou d\u00ednk is relevant om met haar dokter te deel. En as sy nie ingelig is nie, dink sy al die emosionele dinge wat fout gaan, is haar skuld \u2013 van die depressie wat dikwels volg tot haar huwelik wat geknou word.<\/p>\n<p>Hoewel dit waar is dat sommige kankerpraktyke vroue ondersteun, gebeur dit lukraak en hapoor. Een maak mooi, \u2019n ander een hou voorligtingspraatjies en nog een samel geld vir pruike of mammogramme in. Jy kan gelukkig wees en ingesluit word \u2013 of oorgeslaan word. Al raad wat konsekwent uitgedeel word, is om \u2019n antidepressantjie te sluk.<\/p>\n<p>Hoekom wil \u2019n mens erkenning vir die emosionele trauma as \u2019n werklike sindroom h\u00ea? Omdat dit bemagtigend is. As jy ingelig is, verstaan jy beter wat nodig is om die brokstukke van jou lewe op te tel en \u2019n nuwe een te bou.<\/p>\n<p>Hier is \u2019n lys van die tipiese \u201cander\u201d traumas wat vroue tref as deel van die prys wat borskanker eis. As jy sien een van hierdie loop skeef in jou lewe, onthou dit is nie jou skuld nie. Dit is maar net deel van hierdie pakkie \u2013 \u2019n deel wat jy kan hanteer.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-elke-vrou-oor-hartsiekte-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Diagnosetrauma<\/h4>\n<p>Dit tref heel eerste, s\u00ea Dr. Apffelstaedt. Die meeste vroue voel oorbluf en neem min in van wat die spesialis s\u00ea. Party is ontsteld en neem oorhaastige besluite.<\/p>\n<p>\u201cAs die spesialis jou inroep vir \u2019n opvolgafspraak n\u00e1 \u2019n siftings-ondersoek soos \u2019n mammogram of naaldbiopsie, bring iemand saam met jou om te help luister. En onthou, jy hoef niks dadelik te besluit nie. Gee jou twee, drie weke om alles te oorweeg.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-4-depressie-en-seksuele-gesondheid\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Depressie en jou sekslewe<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Estrogeentrauma<\/h4>\n<p>Sowat 70% van kankers is estrogeensensitief. Daarom word medikasie gebruik wat jou estrogeen heeltemal onderdruk. Dit stoot jou onmiddellik oor in die menopouse \u2013 \u2019n aanpassing wat selfs vir gesonde vroue traumaties is. Estrogeen het \u2019n geweldige groot invloed op jou liggaam \u2013 van jou gemoed tot jou libido, en daarom kan hierdie verlies jou onkant betrap.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vaginale trauma<\/h4>\n<p>Hierdie een is estrogeen se skuld. Daarsonder raak die vagina droog, wat seks pynlik en selfs onmoontlik maak. Vir hierdie een is daar \u2019n maklike oplossing: lokale estrogeen en vaginale smeermiddels, wat die droogheid oorkom.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-seisoen-1-episode-1-pynlike-seks\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die oorsake van pynlike seks &#8211; en wat jy daaroor kan doen<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Libidotrauma<\/h4>\n<p>Sonder estrogeen verlaag of verdwyn jou libido \u2013 en verloor jy een van die diep menslike bronne van emosionele vertroosting en nabyheid. Dit vang jou man \u00f3\u00f3k. As seks vir hom belangrik is \u2013 vir byna alle mans onder sestig is dit \u2013 sal julle saam doelbewus hieraan moet werk, op watter maniere julle ook al prikkelend vind. Die beste is om \u2019n seksterapeut te spreek.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-11-seks-en-kanker-met-dr-elna-mcintosh\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet oor kanker en seks<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verhoudingstrauma<\/h4>\n<p>\u2019n 2019-artikel in Cancer wys dat een uit elke vyf vroue n\u00e1 ernstige kanker deur haar lewensmaat verlaat word. Dit klink na opperste verraad, en \u2019n skop wat niemand verdien nie.<\/p>\n<p>Maar vir jou maat is borskanker ook traumaties. Die vrou hou tipies die gesin bymekaar en die huis in stand. Anders as vroue, is baie mans van nature minder daartoe in staat om te versorg en te verpleeg. Niemand vul die gaping nie.<\/p>\n<p>\u201cDaarby is is die gebrek aan seks vir baie mans \u2019n groot ding &#8230; Party sien \u2019n vrou sonder libido, om dit pront te stel, as \u2018onbruikbaar\u2019. Ander is bang om hul vrou aan iets so \u2018rof\u2019 soos seks bloot te stel,\u201d s\u00ea prof. Apffelstaedt.<\/p>\n<p>Daarom voel die mans van vroue met borskanker verwaarloos, seksueel onbevredig en emosioneel net so broos soos die vrou. Dan soek hy troos by iemand anders. Die gevolg? Maatverlating. Hoe korter die huwelik en hoe jonger die pasi\u00ebnt, hoe groter is die kans op maatverlating.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Selfvertrouetrauma<\/h4>\n<p>Sommige vroue verander n\u00e1 borskanker in \u2019n bang, hulpelose, afhanklike slagoffer wat alle selfvertroue verloor. Navorsing wys die lewe is vir hierdie groep vroue ook die slegste.<\/p>\n<p>Die oplossing is baie logies: bou jou geknoude selfvertroue geleidelik op. Maar h\u00f3\u00e9?<\/p>\n<p>Spaanse navorsing wat in Februarie vanjaar uitgekom het, wys die twee faktore wat jou die meeste hiermee help, is \u2019n lewensmaat en \u2019n werk. En wat as jy nie een van die twee het nie? Hulle s\u00ea sekere tegnieke help ook. Hulle het vroue onder meer geleer om negatiewe gedagtes te onderbreek en eerder op die positiewe te fokus. Baie vroue sukkel ook met \u2019n geskende identiteit en ontwikkel allerlei skewe persepsies oor wie hulle nou is, hul eiewaarde en hul aantreklikheid. Net die feit dat iemand daaroor met hulle gesels, het die vroue in hul groep gehelp om sulke wanpersepsies om te swaai na selfwaarde.<\/p>\n<p>Nog \u2019n nuttige tegniek wat hulle ingespan het, is geleerde optimisme \u2013 dat jy letterlik soek tot jy die blink kant vind. \u2019n Vierde suksesvolle taktiek was om negatiewe gedagtes te smoor voor hulle oorvat. Sodra jy agterkom jy raak negatief, trek jy jou aandag doelbewus af met iets soos \u2019n lekker fliek, TV kyk, \u2019n boek, Pinterest, YouTube of Instagram of \u2019n entjie se stap buite.<\/p>\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/herstel-so-gouer-van-chemobrein\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Chemobrein en hoe jy kan herstel<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Depressietrauma<\/h4>\n<p>Van 40% &#8211; 70% van vroue ontwikkel depressie in die eerste jaar n\u00e1 diagnose, terwyl sowat 30% met angs sukkel, wys \u2019n hele aantal ondersoeke. Dit is te wagte, met alles wat tipies bydra, soos die soort chemo, vrees vir herhaling, die skending van chirurgie, finansi\u00eble stres, die gevoel dat jy jou vroulikheid verloor het, pyn, moegheid, werkstres en die uitwerking op jou gesin.<\/p>\n<p>\u201cDie angstigheid verdwyn of verminder n\u00e1 sowat ses maande, wanneer die vroue agterkom dat dit eintlik met hulle goed gaan,\u201d s\u00ea dr. Apffelstaedt. \u201cSelfs die depressie verdwyn. Tyd is \u2019n groot geneser. Tog sien ek dat die vroue wat hul emosies onderdruk tien jaar later steeds sukkel om hul kanker te verwerk.\u201d<\/p>\n<p>Gesels met iemand \u2013 \u2019n vriendin of \u2019n sielkundige. Baie mense vind baat by \u2019n rukkie op \u2019n antidepressant. Praat met jou dokter oor die regte antidepressant vir jou, om te help met probleme soos moegheid of angs.<\/p>\n<p>En gun jou die kans om aan te pas.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-homeopatie-en-depressie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Homeopatie en depressie? Alles wat jy moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vra!<\/h4>\n<p>\u201cEk s\u00ea graag vir my pasi\u00ebnte jy is nie alleen nie \u2013 mense besef net nie dat jy alleen is nie! En dan voeg ek by die mens het \u2019n ingebore neiging om ander te wil help. Dit is belangrik vir \u00f3ns wat gesond is om nuttig en goedhartig te voel. Daarom doen dit ons goed om di\u00e9 wat siek is te help. Vir jou is hulp nou goed. Vr\u00e1 dus met groot vrymoedigheid om enige soort ondersteuning wat jy op die oomblik nodig het. Anderdag is jy die een wat kan help.<\/p>\n<p>&#8211; Prof. Justus Apffelstaedt.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie van die trauma wat jy ervaar, is nie jou skuld nie. Dit is eerder \u2019n miskende deel van die tol wat borskanker eis<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":140253,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[23664,136,2792],"class_list":["post-122242","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-health","tag-gesondheid","tag-leef-gesond"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Trauma na borskanker - vang dit jou? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Baie van die trauma wat jy ervaar, is nie jou skuld nie. Dit is eerder \u2019n miskende deel van die tol wat borskanker eis. Trauma na borskanker - vang dit jou?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Trauma na borskanker - vang dit jou? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Baie van die trauma wat jy ervaar, is nie jou skuld nie. Dit is eerder \u2019n miskende deel van die tol wat borskanker eis. Trauma na borskanker - vang dit jou?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-10-20T06:45:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-10-20T06:46:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1282\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Trauma na borskanker &#8211; vang dit jou?\",\"datePublished\":\"2023-10-20T06:45:36+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-20T06:46:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/\"},\"wordCount\":1395,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"health\",\"Gesondheid\",\"leef gesond\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/\",\"name\":\"Trauma na borskanker - vang dit jou? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-10-20T06:45:36+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-20T06:46:31+00:00\",\"description\":\"Baie van die trauma wat jy ervaar, is nie jou skuld nie. Dit is eerder \u2019n miskende deel van die tol wat borskanker eis. Trauma na borskanker - vang dit jou?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1282},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Trauma na borskanker &#8211; vang dit jou?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Trauma na borskanker - vang dit jou? | rooi rose","description":"Baie van die trauma wat jy ervaar, is nie jou skuld nie. Dit is eerder \u2019n miskende deel van die tol wat borskanker eis. Trauma na borskanker - vang dit jou?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Trauma na borskanker - vang dit jou? | rooi rose","og_description":"Baie van die trauma wat jy ervaar, is nie jou skuld nie. Dit is eerder \u2019n miskende deel van die tol wat borskanker eis. Trauma na borskanker - vang dit jou?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-10-20T06:45:36+00:00","article_modified_time":"2023-10-20T06:46:31+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1282,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Trauma na borskanker &#8211; vang dit jou?","datePublished":"2023-10-20T06:45:36+00:00","dateModified":"2023-10-20T06:46:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/"},"wordCount":1395,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg","keywords":["health","Gesondheid","leef gesond"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/","name":"Trauma na borskanker - vang dit jou? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg","datePublished":"2023-10-20T06:45:36+00:00","dateModified":"2023-10-20T06:46:31+00:00","description":"Baie van die trauma wat jy ervaar, is nie jou skuld nie. Dit is eerder \u2019n miskende deel van die tol wat borskanker eis. Trauma na borskanker - vang dit jou?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/chris-zuvvVpfsMJE-unsplash.jpg","width":1920,"height":1282},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/trauma-na-borskanker-vang-dit-jou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Trauma na borskanker &#8211; vang dit jou?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122242","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=122242"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122242\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/140253"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=122242"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=122242"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=122242"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}