{"id":122168,"date":"2025-10-08T15:30:58","date_gmt":"2025-10-08T13:30:58","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=122168"},"modified":"2025-10-08T15:30:50","modified_gmt":"2025-10-08T13:30:50","slug":"ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/","title":{"rendered":"Ja, jy kan meer van jouself hou"},"content":{"rendered":"<p><em>Ja, jy kan meer van jouself hou deur Mariette Snyman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hou meer van jouself<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Kan jy jou voorstel hoe dit moet wees om nooit, ooit vies te word vir jouself nie, al maak jy hoeveel foute? Om jou woorde, gevoelens, gedagtes, optrede, voorkoms, keuses \u2013 alles wat jou j\u00f3\u00fa maak \u2013 met geite en al te aanvaar?<\/p>\n<p>Baie van ons gee baie min aandag aan die dialoog wat dag vir dag, uur vir uur, in ons koppe plaasvind. Ander kan dit mos nie hoor nie! Maar die kans dat hierdie selfspraak altyd positief is, is skraal.<\/p>\n<p>Sinne soos: \u201cEk is vet\u201d, \u201cHoe k\u00f3n ek so dom wees?\u201d of \u201cDit was die verkeerde ding om te s\u00ea,\u201d is dalk algemener as \u201cUitstekende werk\u201d of \u201cVandag lyk ek ongelooflik mooi!\u201d<\/p>\n<p>Jy hoef net \u2019n eenvoudige eksperiment te doen om agter te kom hoe sag \u2013 of wreed &#8211; jy met jouself omgaan. Besluit om op \u2019n gewone weekdag hiperbewus van jou selfspraak te raak. Glip \u2019n rubberrekkie aan jou arm en \u201cskiet\u201d dit elke keer wanneer jy jou blameer en kritiseer, of dit nou hardop of in stilte is. Dikwels is di\u00e9 gewoonte reeds jare lank tweede natuur.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-mag-se-jys-mooi\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Jy mag s\u00ea jy&#8217;s mooi<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-158378 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-karolina-grabowska-6028658-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Selfaanvaarding<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Kenners reken selfaanvaarding beteken dat jy nie net waardering het vir jou goeie eienskappe nie, maar ook begrip vir jou swakhede en beperkinge. Dis natuurlik makliker ges\u00ea as gedaan.<\/p>\n<p>\u2019n Praktiese manier om \u2019n ervaring van \u2019n minder kritiese blik te kry, is om \u2019n foto van jou op drie of vier jaar uit te grawe, eenkant rustig daarmee te gaan sit, en met \u2019n oop hart na daardie kleintjie te kyk.<\/p>\n<p>Wat voel jy wanneer jy op di\u00e9 mensie fokus? Beleef jy iets van sy of haar uitdaging om in \u2019n groot, onverstaanbare w\u00eareld altyd die \u201cregte\u201d ding te moet doen? Dink jy hierdie kind sou iemand anders met opset te na kom, of spruit oortredings meestal uit \u2019n gebrek aan insig en lewenservaring? Hoe rym \u2019n deernisvoller benadering met die streng en dikwels onsimpatieke hantering van so \u2019n jong kind?<\/p>\n<p>Sielkundiges bestee baie tyd daaraan om die emosionele wonde wat hul kli\u00ebnte kleintyd opgedoen het, reg te stel. Dis \u2019n algemene siening dat kinders van sewe jaar en jonger hulself nie as afsonderlike entiteite beleef nie, maar sonder meer aanvaar dat hulle is wie en wat hul ouers of ander versorgers s\u00ea. As hulle gedurig hoor hulle is stout, dom, lelik of wat ook al, glo hulle dit. Hulle het geen objek-tiewe verwysingsraamwerk wat as teenvoeter kan dien nie. Hulle aanvaar hulself slegs in die mate waarin hul ouers dit doen.<\/p>\n<p>Dalk onthou jy maar min van die eerste sewe jaar van jou lewe, maar indien jou ouers nie \u2019n positiewe beeld na jou teruggekaats het nie, is dit vir jou waarskynlik moeilik om te glo jy is goed genoeg. Hoewel die meeste ouers net die beste bedoelings het, is dit sinvol om jou af te vra of hul optrede jou selfbeskouing onnodig negatief gekleur het.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/probeer-jy-te-hard-om-gelukkig-te-wees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Probeer jy te hard om gelukkig te wees? Hou nou op daarmee!\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-139946 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/noah-clark-XoJCb5goRss-unsplash-500x400.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"400\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Vra jouself af<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die vrae in di\u00e9 oefening kan hiermee help:<\/p>\n<ul>\n<li>Waaroor het ek as kind gereeld raas of selfs \u2019n pak slae gekry?<\/li>\n<li>Waaroor was my ma supersensitief \u2013 dalk oor haar voorkoms of die huis se netheid? En my pa?<\/li>\n<li>Hoe raak hierdie kleintydkwessies vandag my siening van myself?<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die gedagte is nie om jou ouers te blameer nie, maar bewus te word van die manier waarop beduidende mense jou selfaanvaar-ding be\u00efnvloed het. Dalk was daar voorwaardes vir hul liefde waaraan jy nie kon voldoen nie, en beskou jy jou gevolglik steeds as defektief of ontoereikend.<\/p>\n<p>Gelukkig kan ons elkeen verantwoordelikheid neem vir die ontwikkeling van ons eiewaarde en besluit om meer selfbegrip te ontwikkel. Onvoorwaardelike liefde \u2013 en \u2019n minder veroordelende oog \u2013 begin met die besef dat nie net ander nie, maar ook \u00f3ns nog altyd die beste doen met wat ons is, weet, en het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Selfaanvaarding begin met die besef dat ons (en ander) nog altyd die beste doen met wat ons is, weet, en het<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Voel beter oor jou voorkoms<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy regtigwaar meer van jouself wil hou en bereid is om \u2019n bietjie tyd af te staan en moeite te doen, kan die volgende \u201coefeninge\u201d ten opsigte van jou voorkoms verrassende voordele inhou.<\/p>\n<p>Ons samelewing plaas \u2019n verstommende ho\u00eb premie op hoe ons lyk. Enersyds is ons neurologies bedraad om meer van iemand met \u2019n aantreklike voorkoms te hou; evolusion\u00eare sielkundiges verduidelik hoe ons intu\u00eftief potensi\u00eble maats se voorkoms \u201clees\u201d om meer oor aspekte soos hul gesondheid en fertiliteit te wete te kom.<\/p>\n<p>Andersyds ontsien die vervaardigers en adverteerders van produkte geen moeite om ons te probeer oortuig dat hierdie fyngeur of daardie horlosie ons persoonlike magnetisme gaan verdriedubbel nie. Die onderliggende boodskap is dat ons nie aantreklik genoeg is nie. En ons word voortdurend met hierdie boodskap gebombardeer.<\/p>\n<p>Die bekende Amerikaanse lewensafrigter Martha Beck, werp lig op vroue se komplekse verhouding met hul voorkoms. \u201cSelfs die aantreklikste vroue wat ek ken, vind fout met hoe hulle lyk,\u201d skryf sy op www.marthabeck.com \u201cDis eintlik vreemd, want hulle staan nie naastenby so krities teenoor hul vriendinne nie. Hierdie ingesteldheid het te make met \u2019n diepliggende begeerte na aanvaarding en vrees vir verwerping. Iets in die menslike psige verwar skoonheid met die reg om liefgeh\u00ea te word. Ons dink: As ek mooi genoeg is, sal ek liefgeh\u00ea word, of As niemand vir my lief is nie, beteken dit ek is nie mooi genoeg nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cHierdeur plaas ons die mag in ander se hande. Ons selfaanvaarding word bepaal deur ander se reaksie of gewaande reaksie. En pleks van te besef dat ons \u00e1ltyd kwetsbaar is wat die liefde betref \u2013 dit werk gewoon nie so dat elke begeerlike mens wat ons hartkloppings gee, dieselfde oor ons voel nie \u2013 l\u00ea ons die probleem voor die deur van ons fisieke voorkoms. Ons glo ons skiet te kort ten opsigte van een of ander liggaamlike standaard, en haas ons na die skoonheidsalon, dieetkliniek of plastiese chirurg.<\/p>\n<p>\u201cMaar fisieke veranderinge los nie die probleem op nie. Die probleem l\u00ea nie by ons uiterlike nie, maar in ons kop. Ons dink terselfdertyd: \u2018Voor ek gelief kan voel, moet ek mooi voel\u2019 en \u2018Ek kan net mooi voel as iemand vir my lief is.\u2019 So beland ons in \u2019n afwaartse spiraal.<\/p>\n<p>\u201cDie oortuiging dat ons aanvaarbaar is, het eintlik min met fisieke voorkoms te make. Kyk jy objektief na die werklikheid, sien jy talle sogenaamd onaantreklike mense in gelukkige verhoudings \u00e9n sielsongelukkige, aantreklike mense.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-158379 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-koolshooters-7143187-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hoe lyk jou werklikheid?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Martha se voorstel is dat ons met \u2019n nuwe benadering eksperimenteer. Sit tien minute opsy en skryf jou antwoorde neer op die volgende vrae:<\/p>\n<ul>\n<li>Wanneer het iemand jou liefgehad, al het jy dalk nie perfek gelyk nie?<\/li>\n<li>Vir watter mense was jy lief, al het hulle nie die volmaakte voorkoms gehad nie?<\/li>\n<li>Kan jy aan beeldskone mense dink wie se optrede so aaklig is dat jy hulle as lelik begin ervaar het?<\/li>\n<li>Watter bekendes is stralend ondanks fisieke gebreke?<\/li>\n<li>Watter vroue is so tuis in hul eie vel dat hulle in jou o\u00eb godin-status bereik?<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cHerhaal hierdie oefening daagliks tot jy voel hoe die begrippe \u2018skoonheid\u2019 en \u2018aanvaarbaarheid\u2019 in jou gedagtew\u00eareld van mekaar begin skei.<\/p>\n<p>\u201cStimuleer hierdie kopskuifproses deur doelbewus meer goedvoelhormone te vervaardig. Jy skei dopamien af deur enigiets te doen wat onbekend en moeilik is, soos om \u2019n blokkiesraaisel in te vul of \u2019n ingewikkelde trui te brei. Die hormoon epinefrien word tydens matige oefening vrygestel, en ook wanneer ons \u2019n kans waag soos om \u2019n ongewilde mening uit te spreek.<\/p>\n<p>\u201cGebruik die hupstoot wat di\u00e9 goedvoelinspuitings jou gee om \u2019n praktiese ervaring van aanvaarding te kry. Gaan loop in \u2019n openbare plek rond en verbeel jou vir \u2019n halfuur jy is lieflik genoeg om liefgeh\u00ea te word. Dink aan die uitdrukking<em> fake it till you make it!<\/em><\/p>\n<p>\u201cGaan dan na \u2019n koffiewinkel en drink iets heerliks. Let op na hoe jou liggaam beweeg wanneer jy vertrou dat jy goed genoeg is \u2013 nie noodwendig die land se topmodel nie, bloot goed genoeg. Voel die verskil in jou gesigsuitdrukking. Wees bewus van die energie wat jy met ander klante of die kelner uitruil.<\/p>\n<p>\u201cDie belangrikste is dat jy waarneem hoe ander mense teenoor jou reageer.<\/p>\n<p>\u201cAs jy die voorafgaande \u2018huiswerk\u2019 deeglik gedoen het, mag iets magies begin gebeur. Jy kan dalk agterkom dat die meeste mense aangetrokke voel tot jou. Hoe vinniger jy van jou verdedigende, selfbewuste innerlike kritikus afstand doen, hoe meer glimlagte, hoflikheid en vriendelikheid kry jy van mense. Nie net van mense nie &#8211; van genoeg mense!<\/p>\n<p>\u201cBou hierop voort deur jouself op di\u00e9 manier te aanvaar wanneer jy met \u2019n vriendin gesels, dan met \u2019n kollega, dan met iemand wat jou intimideer. Los liewer jou gesin van oorsprong \u2013 dit kan \u2019n tameletjie wees.<\/p>\n<p>\u201cOm jou nadelige oortuigings oor jou eie sogenaamde gebrek aan skoonheid af te breek, maak jou vry om jouself, jou liggaam en ander sonder voorbehoud te aanvaar. Jou hart gaan oop en jy voel nie meer so bang vir verwerping nie. Hoewel een en elk jou nie gaan liefkry nie, sal jy duidelike en oorvloedige bewys ervaar dat jy lovable is. Dis \u2019n wonderbaarlike proses.\u201d<\/p>\n<p>Die voordeel van groter selfaanvaarding is dat jy die mense wat jou pad kruis, positiewer hanteer. Hoe minder jy oor jou tekort-kominge loop en broei, hoe vryer is jy om jou volle aandag aan hulle te gee. Jou innerlike dialoog raak gawer, en jy ook. Die nuwe vonkel in jou oog maak jou aantrekliker. En wie weet watter voordelige gevolge d\u00edt kan h\u00ea &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-158377 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-koolshooters-8530521-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>In voeling met jouself<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cOm lank en gelukkig met jouself saam te leef, moet jy vertroue h\u00ea in wie jy is en wat jy ervaar.\u201d So s\u00ea Annelie Ferreira, bekroonde skrywer van Afrikaanse jeugfiksie wat tans as \u2019n Martha Beck Coach opgelei word.<\/p>\n<p>\u201cJy moet veral in voeling met jou lyf wees. Dis \u2019n belangrike manier om agter te kom wat reg is vir jou en wat nie, want jou lyf jok nooit. Dit kan wel weens kondisionering \u2018verkeerd\u2019 reageer: as \u2019n blou motor jou dalk een keer raakgery het, kan jou lyf panieksensasies ervaar elke keer wanneer jy \u2019n blou motor sien.<\/p>\n<p>\u201cJare gelede het trauma veroorsaak dat ek voeling met my lyf verloor het. Trauma het \u2019n algemene \u2018vriesreaksie\u2019 tot gevolg. Dit veroorsaak die onderdrukking van sensasies, maar lei ook tot reaksies soos konstante woede of depressie. Dit hoef nie eens trauma met \u2019n hoofletter T te wees nie; in \u2019n grootmensw\u00eareld is kinders baie be\u00efnvloedbaar, en enige onaangename belewenis kan \u2019n blywende uitwerking h\u00ea as dit nie verstaan of deurgewerk word nie.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Ander faktor wat veroorsaak dat jou konneksie met jou liggaam skeef loop, is die re\u00ebls van die gesin of samelewing waarin jy grootword. Hierdie voorskrifte kan jou ontmoedig om vas te stel of iets reg of verkeerd voel deur na jou lyf te luister. Dit laat jou met die indruk dat jy bloot moet doen wat jy geleer het reg is. Indien jy by die groep inpas en die re\u00ebls ooreenstem met wat jy graag w\u00edl doen, is dit wonderlik. Maar indien dit verskil, raak jou lyf deurmekaar.<\/p>\n<p>\u201cKultuurre\u00ebls is bedoel om mense te help, maar dit word deur mense vasgestel en is arbitr\u00ear. As dit vereis dat jy by \u2019n rooi verkeerslig stop, volg dit asseblief! Dis in almal se belang dat dit nagekom word. Maar daar is baie ander \u2018re\u00ebls\u2019 wat ons keer om ons ten volle uit te leef.<\/p>\n<p>\u201cOm \u2019n gelukkiger bestaan te voer, kan jy bewus word van dit wat jou lyf goed laat voel, soos drumming, dans of spesifieke mense se geselskap. Ons lyf reageer altyd positief of negatief op dit waarmee ons besig is. Maar as ons glo ons het nie \u2019n keuse nie, leer ons om daardie sensasies te ignoreer.<\/p>\n<p>\u201cOns het almal die vermo\u00eb om \u2019n gelukkige lewe te lei, behalwe dalk in die geval van mense met erge geestes-versteurings. Soms verloor jy daardie vermo\u00eb omdat jy nooit vertroue daarin ontwikkel het nie, omdat jy nie inpas by die heersende oortuigings nie, of omdat negatiewe oordele oor sekere ervarings beliefs geword het wat jou inperk.<\/p>\n<p>Dit kan ook wees dat iets soos \u2019n ernstige siekte of \u2019n verlies jou tydelik van koers af gegooi het. Die doel van lewensafrigting is om jou te help om weer die lewe en jouself \u2013 jou eie keuses en drome \u2013 te vertrou.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Drie dinge vir geesteskrag<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy jou innerlike ruimte met suiwer selfvertroue wil vul, moet jy dapper genoeg wees om jou tot drie dinge te verbind, s\u00ea Martha Beck:<\/p>\n<ol>\n<li>Onderneem om nooit jouself of ander doelbewus te laat ly nie.<\/li>\n<li>Erken altyd jou foute, en doen jou uiterste bes om hulle te herstel.<\/li>\n<li>Vergewe jouself wanneer jou beste nie goed genoeg is nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bou-of-breek-jy-jou-kind-se-selfbeeld\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dink jy jy\u2019s een van die tientalle oulike mense op aarde, of \u2026 wel, nie heeltemal so vars nie? Dis moontlik om van jouself te begin hou. Ons wys jou hoe &#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":158375,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[135,348,629,23443,47008,47155,60333],"class_list":["post-122168","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-inspirasie","tag-inspiration","tag-relationships","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ja, jy kan meer van jouself hou | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dink jy jy\u2019s een van die tientalle oulike mense op aarde, of \u2026 wel, nie heeltemal so vars nie? Ja, jy kan meer van jouself hou. Ons wys jou hoe ...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ja, jy kan meer van jouself hou | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dink jy jy\u2019s een van die tientalle oulike mense op aarde, of \u2026 wel, nie heeltemal so vars nie? Ja, jy kan meer van jouself hou. Ons wys jou hoe ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-10-08T13:30:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Ja, jy kan meer van jouself hou\",\"datePublished\":\"2025-10-08T13:30:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/\"},\"wordCount\":2202,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"inspirasie\",\"inspiration\",\"relationships\",\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/\",\"name\":\"Ja, jy kan meer van jouself hou | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg\",\"datePublished\":\"2025-10-08T13:30:58+00:00\",\"description\":\"Dink jy jy\u2019s een van die tientalle oulike mense op aarde, of \u2026 wel, nie heeltemal so vars nie? Ja, jy kan meer van jouself hou. Ons wys jou hoe ...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ja, jy kan meer van jouself hou\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ja, jy kan meer van jouself hou | rooi rose","description":"Dink jy jy\u2019s een van die tientalle oulike mense op aarde, of \u2026 wel, nie heeltemal so vars nie? Ja, jy kan meer van jouself hou. Ons wys jou hoe ...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ja, jy kan meer van jouself hou | rooi rose","og_description":"Dink jy jy\u2019s een van die tientalle oulike mense op aarde, of \u2026 wel, nie heeltemal so vars nie? Ja, jy kan meer van jouself hou. Ons wys jou hoe ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-10-08T13:30:58+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Ja, jy kan meer van jouself hou","datePublished":"2025-10-08T13:30:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/"},"wordCount":2202,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg","keywords":["Verhoudings","inspirasie","inspiration","relationships","personal growth","persoonlike groei","jou lewe"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/","name":"Ja, jy kan meer van jouself hou | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg","datePublished":"2025-10-08T13:30:58+00:00","description":"Dink jy jy\u2019s een van die tientalle oulike mense op aarde, of \u2026 wel, nie heeltemal so vars nie? Ja, jy kan meer van jouself hou. Ons wys jou hoe ...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-edwardeyer-7973943.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ja-jy-kan-meer-van-jouself-hou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ja, jy kan meer van jouself hou"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122168","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=122168"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122168\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":158382,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/122168\/revisions\/158382"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/158375"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=122168"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=122168"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=122168"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}