{"id":121904,"date":"2024-12-17T15:45:03","date_gmt":"2024-12-17T13:45:03","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=121904"},"modified":"2024-12-17T15:57:30","modified_gmt":"2024-12-17T13:57:30","slug":"hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/","title":{"rendered":"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie"},"content":{"rendered":"<p><em>Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie het oorspronklik in rooi rose verskyn as Rus of rusie? deur Anys Rossouw. Desember 2010.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Rus of rusie?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>In gewone gesinne brand die vreugdevure nie noodwendig hoog wanneer die vakansie waarna almal blinkoog uitgesien het uiteindelik aanbreek nie. Om die waarheid te s\u00ea, dan kan die vonke woes spat.<\/p>\n<p>\u2019n Scenario soos di\u00e9 het hom seker al in duisende huisgesinne afgespeel: Jy is blinkgesweet gespook om alles reg te kry vir die vakansie: Die koekies is gebak, die huishulp en tuindienste is gere\u00ebl, die hondekos gekoop, die sleutels is by die bure, die rekeninge betaal, die tasse gepak. Julle is uiteindelik gereed! Die motor is stampvol: kinders, klere, speelgoed, koekies, Kersgeskenke \u00e9n die gholfstokke. Alles is in. Behalwe jou man se goeie gemoedstoestand \u00f3f sin vir humor!<\/p>\n<p>Eers mor hy nukkerig oor al die bagasie. \u201cIs al die goed nodig? Sulke groot tasse, al die speelgoed?\u201d Maar hy rep nie \u2019n woord oor die gholfstokke nie. En \u00e1l wat hy hoef te doen, is om dit in die kattebak te laai, want jy het \u00e1l die re\u00eblings getref, alles reggekry en ingepak. \u00c9n met moeite en geduldige onderhandeling daarin geslaag om die kinders te oortuig dat daar nie plek vir Ouboet se kitaar of Kleinsus se popwaentjie is nie. En dan word die man haastig. Julle moes eintlik al lankal gery het. Die paaie gaan besig wees.<\/p>\n<p>Almal voel die verstikkende atmosfeer, maar niemand waag dit om te s\u00ea dat julle amper \u2019n uur vir hom gewag het om van die werk af te kom nie, maar almal dink dit. En dan wonder jy waaroor dit nou eintlik gaan? Is dit omdat julle na sy skoonmense op pad is? Dalk omdat hy nie meer agter sy werk kan skuil nie?<\/p>\n<p>Natuurlik gaan dit darem nie altyd so nie en alle pa\u2019s is nie ou suurknolle as die vakansie-uittog begin nie. Alte dikwels is dit mammie wat oorstuur en omgeklits is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waar-is-die-vrede-in-jou-huis\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Waar is die vrede in jou huis?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Vakansies veroorsaak nie probleme in verhoudings nie, maar dit bring reeds bestaande probleme na die oppervlak.<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vakansies veroorsaak nie probleme in verhoudings nie, maar dit bring reeds bestaande probleme na die oppervlak. Vakansies het die manier om verhoudings te versterk of reeds bestaande verhoudingsprobleme te vergroot. Daarom is dit belangrik dat julle vooraf moet besin oor die moontlike slaggate wat die vakansie vir jul verhouding kan inhou en rustig saam besluit hoe om dit te hanteer.<\/p>\n<p>Mense verskil en hul persoonlikhede, agtergrond en behoeftes verskil. En watter soort vakansies vir hulle lekker is, verskil ook. Daar is so baie dinge wat kan verskil. Winter- of somervakansies? Bly ons tuis en doen sommer \u2019n slag lekker dinge by die huis? Gaan ons weg? Oorsee, see toe, wildtuin toe? In luukse-akkommodasie, \u2019n selfsorgeenheid, woonwa of tent? By familie, saam met vriende, alleen? Reis ons van plek tot plek, of bly ons die hele vakansie op een plek? Gaan ons na \u2019n nuwe plek toe, of dieselfde plek waar ons al soveel keer was? \u2019n Plek wat dreun met mense en aktiwiteite, of \u2019n stil en afgele\u00eb plekkie? Reis ons per motor, trein of vlieg ons? Soveel mense soveel behoeftes en moontlikhede.<\/p>\n<p>Onthou, goeie en gelukkige vakansies gaan meer oor die mense en verhoudings as oor die plek en die aktiwiteite.<\/p>\n<p>Jy droom oor \u2019n vakansie in \u2019n luukse-oord en sien visioene van jouself uitgestrek op \u2019n sonstoel met \u2019n eksotiese mengeldrankie in die hand. Helder blou water, palmbome, die spa, interessante winkeltjies &#8230; En hy? Hy droom oor hoe hy iewers in godsverlatenheid langs \u2019n vuur sit en onder \u2019n blink sterrehemel na die naggeluide luister. Hy wil wegkom van die stadsverkeer, die kantoor, die lawaai. Jy wil nie sukkel met skottelgoed en wasgoed nie en nie jou skoon, warm bad inboet nie. Jy wil \u2019n slag langsaam deur die winkels draal sonder om te jaag om kos op die tafel te kry. Hoe gemaak?<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skep-vrede-jou-huis\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Skep s\u00f3 vrede in jou huis<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7 dinge wat julle kan doen om lekkerder (en meer vreedsaam) vakansie te hou<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Wees eerlik met mekaar en onderhandel vooraf<\/strong> oor die soort vakansie wat julle di\u00e9 keer gaan hou. Maak seker van jou maat se verwagtinge en waarom sy die spesifieke behoefte het. Te dikwels dink jy jy gee vir iemand iets spesiaals en dan ervaar jou maat dit glad nie as \u2019n bederf nie. Dan voel jy seergemaak en dink jy doen soveel moeite, bestee soveel geld en dit word in jou gesig teruggegooi; of niks wat jy doen, stel hom\/haar tevrede nie. Dikwels sou veel minder, maar die regte ding \u2019n baie positiewe reaksie gehad het.<\/li>\n<li><strong>Gee erkenning aan alle partye se behoeftes,<\/strong> voorkeure en vrese en maak ruimte vir mekaar. Gun mekaar alleen-uitstappies en vakansies waarvoor jy nie kans sien nie. Dit moet net op albei partye van toepassing wees. Gun haar die twee dae by die spa saam met \u2019n vriendin, of gun hom die jagnaweek saam met sy pelle. Maar daar moet ook gedeelde vakansies en saamdoendinge wees.<\/li>\n<li><strong>Wees kreatief, welwillend en buigsaam.<\/strong> Soek na kompromie\u00eb en hoe om \u2019n balans tussen die verskillende behoeftes en verwagtinge te kry. Oorweeg dalk \u2019n kombinasie van saamdoendinge wat almal geniet \u00e9n geleenthede waar elkeen \u2019n bietjie sy eie ding kan doen. Of dalk kan naweke gebruik word om by almal se behoeftes uit te kom.<\/li>\n<li><strong>Besluit vooraf saam oor \u2019n klomp dinge<\/strong>: Wie tref die re\u00eblings, doen die besprekings, kry tersaaklike inligting en dokumente? En oor die begroting. En hou daarby. Geld is dikwels die bron van menige geveg.<\/li>\n<li><strong>Neem op vakansie saam besluite,<\/strong> en as dit nie moontlik is nie, maak beurte om die dag se program te bepaal.<\/li>\n<li><strong>Maak die vakansie wat nie jou keuse is nie vir jou maat lekker en aangenaam.<\/strong> Wees emosioneel daar, geniet wat jy kan. Moenie kla, jou onttrek en jou maat met jou gedrag en houding straf omdat dit nou nie eintlik is wat jy begeer en waaraan jy be-hoefte het nie. Dan sal hy volgende keer makliker instem om ook op jou soort vakansie te gaan. Dis deel van \u2019n huwelik, volwassenheid en ouerskap om onselfsugtig te word en vir ander ook te gee waaraan hulle be-hoefte het.<\/li>\n<li><strong>Verdra mekaar se familie en vriende<\/strong> en gun mekaar die tye saam met die belangrike mense in jul lewe. Word waar moontlik deel daarvan, met rustigheid, verdraagsaamheid en begrip. Bespreek vooraf jul planne met albei die ouerpare sodat hulle weet en nie eise stel of verwagtinge het wat nie realiseer nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/8-pakwenke-vir-jou-vakansie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> 8 pakwenke vir jou vakansie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135049 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/khamkeo-vilaysing-OcxlTBbb6SY-unsplash-500x357.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"357\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verskillende persoonlikhede se vakansiebehoeftes<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die ekstroverte<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hulle soek mense en aksie \u2013 dit gee hulle energie. Hulle soek iemand om alles mee te deel, om tyd mee saam deur te bring en oor dinge te praat. Hulle wil graag uitgaan en iets nuuts ervaar; hoe meer aktiwiteite hoe gelukkiger is hulle. Hulle hou graag in groepe vakansie en gedy in oorde waar daar mense is om te ontmoet en dinge saam mee te doen. Dit kan soms gebeur dat hul huismense dan afgeskeep voel.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vakansieskoonheid-sos\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vakansieskoonheid SOS<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die introverte<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hulle laai hul batterye in stilte en alleenheid. Te veel mense en aktiwiteite maak hulle moeg en voel nie vir hulle soos vakansie nie. Vir hulle klink \u2019n vakansie op \u2019n verlate, stil plekkie na hemel op aarde. Vir hulle is minder op vakansie dikwels meer! Hulle soek rustigheid, weg van mense en hou van alleen-aktiwiteite soos lees, \u2019n video kyk, of om ver ente te stap. Vir hulle klink \u2019n alleenvakansie met baie eietyd baie aanloklik, \u2019n kans om te ontspan en te peins &#8230; dis kos vir die siel.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pret-aktiwiteite-om-kinders-besig-te-hou-hierdie-vakansie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Pret aktiwiteite om kinders besig te hou<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die beplanners<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hulle soek in hul vakansie orde, beplanning en voorspelbaarheid. Hulle maak lysies en beplan dikwels lank vooraf in detail wat hulle op vakansie wil doen, sien, die roete en die afstande. Hulle wil vooraf alles haarfyn uitwerk en besprekings maak. Hulle laat min aan die toeval oor. Dit frustreer hulle as gesinslede nie by re\u00eblings hou nie en dinge wat vooraf gere\u00ebl en beplan is sommer wil verander; of as gesinslede laat kom, hetsy vir etes of as daar iewers heen gery moet word. Dan voel hulle dat hulle nie in ag geneem of gerespekteer word nie. Hulle wil weet wat is wie se verantwoordelikheid en maak gewoonlik roosters van wie wat moet doen.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-seker-jou-lewensdekking-is-in-plek-voor-jy-vakansie-hou\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Maak seker jou lewensdekking is in orde voordat julle vakansie hou<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die buigsames<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hulle soek avontuur en ongewone ervarings en beplan gewoonlik nie vooraf nie. Hulle besluit dikwels op die ingewing van die oomblik of van dag tot dag waarheen hulle volgende gaan of wat hulle volgende gaan doen. Hulle is nuuskierig en bang hulle mis iets. Hulle frustreer dikwels die beplanners omdat hul planne meestal onseker en sonder duidelike rigting is, of omdat hul planne binne minute verander. Maar hulle is gewoonlik gemaklik en pas maklik by ander se planne aan. Tog voel hulle dikwels dat die beplanners \u2019n bietjie moet ontspan, dat hulle heeltemal te rigied is en hulle wil beheer. Dikwels reageer hulle met rebelsheid hierop.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vakansieskete\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Systap vakansieskete<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135048 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/hannah-busing-xfKEy_6x4pw-unsplash-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Respekteer almal se behoeftes<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u2019n Vakansie is gedoem as een party die vakansie net volgens sy behoeftes, persoonlikheid en voorkeure wil inrig sonder inagneming van ander. En dan boonop die heeltyd ingeloop en verontreg voel en loop en brom of die ander piets met onttrekking en stilstuipe.<\/p>\n<p>\u2019n Mens kan nie elke keer in almal se vakansiebehoeftes oor die plek en die aktiwiteite voorsien nie. Maar jy kan jou geliefdes op enige plek die emosionele dinge gee waaraan hulle behoefte het, en dit kan die verskil maak. Almal wil geliefd en spe-siaal voel; het behoefte aan aanvaarding, omgee, inagneming en waardering. En dis nie plekgebonde nie.<\/p>\n<p>As jy gelukkig is en emosioneel kry waaraan jy behoefte het, maak die plek en omstandighede min saak.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-beste-noodhulp\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Noodhulp vir bloublasiebrande<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Swaai die houding en gemoed van \u2019n moeilike gesinslid so<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Moenie dat enige negatiewe gedagtes of gevoelens wat jy jeens hulle het, uitlek in jou houding, stemtoon &#8211; of nog erger &#8211; by jou mond uitlek tot in hul ore nie. Dis moeilikheid!<\/li>\n<li>Maak oogkontak. Luister na hulle met aandag en waardering en reageer met bewondering of empatie op wat hulle s\u00ea, al is dit dieselfde storie oor en oor. Almal wil gerespekteer en waardeer voel.<\/li>\n<li>Luister na sy stories en stel belang daarin. Vra uit, moenie dit afmaak of die onwaarhede daarin probeer uitwys, of met \u2019n beter storie of voorbeeld na vore probeer kom nie.<\/li>\n<li>Raak aan haar. Liggies, spontaan, terloops en onnodig. Dis \u2019n kragtige boodskap wat s\u00ea: Ek aanvaar jou, jy is oukei!<\/li>\n<li>Lag vir sy grappe en jy sal die waardering op sy gesig sien.<\/li>\n<li>Gee komplimente en waardering vir dinge wat iemand goed doen, of moontlik maak.<\/li>\n<li>Stem saam wanneer jy kan: \u201cEk dink jy het \u2019n punt beet; jy was reg, ons moes liewer &#8230; \u201c<\/li>\n<\/ul>\n<p>Om \u2019n gevoel van nabyheid te h\u00ea, beteken nie dat julle elke oomblik in mekaar se teenwoordigheid hoef te wees nie. Om mekaar die ruimte te gee om verskillende dinge te doen, mag almal se behoeftes bevredig en almal gewaardeer laat voel. En later kan julle die ervarings met mekaar oor \u2019n glas wyn deel.<\/p>\n<p>Gaan om die vakansie te geniet, om mekaar te geniet! Maak dit gehaltetyd en fokus op wat lekker, mooi en goed is. Los ou probleme by die huis. Moenie die vakansie gebruik om oor die probleme van die verlede te wroeg nie, maar om saam nuwe, mooi herinneringe te skep. Oop en eerlike kommunikasie voorkom meestal misverstande en argumente. Doen dinge om dit lekker te maak \u2013 vir jouself, vir almal.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geskei-alleen-op-kersdag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Geskei en alleen op Kersdag &#8211; hoe gemaak?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit \u2019n bron van konflik? Maak \u2019n paar aanpassings en dit word \u2019n wonderlike hoogtepunt vir almal, skryf Anys Rossouw<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":149932,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[134,135,23443,23444,24736,60333],"class_list":["post-121904","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-verhoudings","tag-relationships","tag-parenting","tag-family","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit \u2019n bron van konflik? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit \u2019n bron van konflik? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-12-17T13:45:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-12-17T13:57:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie\",\"datePublished\":\"2024-12-17T13:45:03+00:00\",\"dateModified\":\"2024-12-17T13:57:30+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/\"},\"wordCount\":2014,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Verhoudings\",\"relationships\",\"parenting\",\"family\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/\",\"name\":\"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg\",\"datePublished\":\"2024-12-17T13:45:03+00:00\",\"dateModified\":\"2024-12-17T13:57:30+00:00\",\"description\":\"Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit \u2019n bron van konflik? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie | rooi rose","description":"Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit \u2019n bron van konflik? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie | rooi rose","og_description":"Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit \u2019n bron van konflik? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-12-17T13:45:03+00:00","article_modified_time":"2024-12-17T13:57:30+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie","datePublished":"2024-12-17T13:45:03+00:00","dateModified":"2024-12-17T13:57:30+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/"},"wordCount":2014,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg","keywords":["ouerskap","Verhoudings","relationships","parenting","family","jou lewe"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/","name":"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg","datePublished":"2024-12-17T13:45:03+00:00","dateModified":"2024-12-17T13:57:30+00:00","description":"Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit \u2019n bron van konflik? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-tima-miroshnichenko-5591182.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Rus of rusie? Hoe om nie hierdie vakansie te baklei nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121904","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121904"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121904\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/149932"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121904"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121904"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121904"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}