{"id":121830,"date":"2019-11-19T09:24:46","date_gmt":"2019-11-19T07:24:46","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=121830"},"modified":"2019-11-19T09:24:46","modified_gmt":"2019-11-19T07:24:46","slug":"ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/","title":{"rendered":"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek"},"content":{"rendered":"<p><em>Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\u00a0<\/em><em> inligting en foto&#8217;s verskaf. Foto&#8217;s deur Melanie Cleary. Versorg deur Catherine Schenck.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Poppie Nongena <\/em><\/strong>vertel die verhaal van \u2018n Suid-Afrikaanse Xhosa-ma se stryd om stabiliteit vir haar gesin te verseker in \u2019n tyd van buitengewone politieke onrus in Suid-Afrika. Dis \u2019n era waarin swart vroue deur arrestasies, boetes en gedwonge verwydering gedwing is om hul huise te verlaat en hulle in afgele\u00eb gebiede, die sg. \u201cswart tuislande\u201d, te gaan hervestig.\u00a0Verblyf is \u2019n ewige stryd. Poppie kry werk waar sy kan inwoon, en sy sien haar kinders vir kort rukkies oor naweke.<\/p>\n<p>Wanneer haar man, Stone, te siek word vir sy kontrakwerk, word Poppie volgens wet beskou as \u2018n \u201conwettige\u201d inwoner van haar eie land. Sy raak betrokke in \u2019n desperate stryd met die owerhede vir toestemming om te bly. Sy trek van een huis na die ander, doen aansoek om permitte, maandelikse verlengings van permitte, tweeweeklikse verlengings van verlengings &#8230; Sy doen ook \u2019n beroep op owerhede deur haar werkgewers en maatskaplike werkers.<\/p>\n<p>Deurentyd bly sy fokus op die welstand en opvoeding van haar kinders. Sy veroordeel haar man en dogter se tradisionele oortuigings, asook haar seun se vereenselwiging met die revolusie.<\/p>\n<p>Vasgevang in die spervuur van haar kinders se behoeftes, haar man se siekte, die gemeenskap se woede en onderdrukkende wette, word Poppie gedwing om op te gee &#8211; net toe die 1976-onluste uitbreek.<\/p>\n<p>Poppie besef dat die tyd aangebreek het om die stryd oor te gee aan die jonger geslag,en om hulle stryd om vryheid te ondersteun.<\/p>\n<p>Di\u00e9 film begin 31 Januarie 2020 in fliekteaters draai.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121840 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/POPPIE_NONGENA_OTO1760.jpg\" alt=\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena film\" width=\"900\" height=\"540\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ontmoet die akteurs in die Poppie Nongena-filmweergawe<\/h4>\n<p>Hier is 10 karakters wat jy moet ken.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Poppie Nongena &#8211; Clementine Mosimane<\/h4>\n<p><strong>Poppie:\u00a0<\/strong>Poppie Nongena is \u2019n middeljarige swart Xhosa-ma van drie. Sy is grootgemaak om Afrikaans te praat. Poppie is die hoofbroodwinner vir haar gesin, en het \u2019n \u201cinslaapwerk\u201d by \u2019n wit gesin. Maar wanneer sy nie haar pas kan hernu nie en met jeugopstande wat in die \u201c<em>township<\/em>\u201d geweldadig raak, moet sy noodgedwonge weer haar persoonlike waardes ondersoek.<\/p>\n<p><strong>Clementine Mosimane:\u00a0<\/strong>Clementine Mosimane is al vir meer as 25 jaar \u2019n bekende gesig op Suid-Afrikaanse televisie. Die aktrise is veral bekend vir haar vertolking van Thandi Mazwai in die SABC1 produksie, Soul City (1994-2003). Clementine het die hoofrol vertolk van Mama Rose Tladi in die M-Net sepie The Wild (2011-2013). Sy het ook talle kleiner rolle vertolk, en was onder meer te sien in televisie-reekse soos Yizo Yizo, Rhythm City, Onder Draai Die Duiwel Rond en Stash. Meer onlangs was sy te sien as Aunt Thembi in die sepie Zabalaza en ook as Ruth Gumede in die e.tv-telenovelle Gold Diggers. Nou het Clementine haar buitengewone talent ingespan om die verhaal van Poppie Nongena te vertel.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-verhaal-van-poppie-nongena-word-n-fliek-elsa-joubert\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die verhaal van Poppie Nongena word nou \u2019n fliek<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_121927\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121927\" class=\"size-full wp-image-121927\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Poppie_MG_7660.jpg\" alt=\"Clementine Mosimane as Poppie Nongena\" width=\"900\" height=\"651\" \/><p id=\"caption-attachment-121927\" class=\"wp-caption-text\">Clementine Mosimane as Poppie Nongena Foto: Melanie Cleary<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Antoinette Swanepoel &#8211; Anna-Mart van der Merwe<\/h4>\n<p><strong>Antoinette:<\/strong> Antoinette is Poppie se werkgewer, \u2019n bevoorregte maar saggeaarde, wit Afrikaanse vrou wat getroud is met \u2019n staatsamptenaar. Sy ontdek geleidelik deur haar verhouding met Poppie dat sy nie die onderdrukkende stelsel van apartheid kan oorwin nie, al is haar empatie ook hoe groot.<\/p>\n<p><strong>Anna-Mart van der Merwe:<\/strong> Anna-Mart van der Merwe is \u2019n bekroonde Suid Afrikaanse aktrise, bekend vir haar werk op die verhoog en in die TV- en rolprentbedryf. Anna-Mart spog met hoofrolle in verskeie televisiereekse, insluitende Veldslag, Die Sonkring, Amalia en 7de Laan, sowel as talle hoofrolle in rolprente soos Die Storie van Klara Viljee, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, Stuur Groete aan Mannetjies Roux en Dis Koue Kos, Skat. In 2014, het Anna-Mart die 2014 kykNET Silwerskerm Toekenning vir Beste Aktrise gewen vir haar rol as Koba Basson in Stuur Groete aan Mannetjies Roux. Anna-Mart vertolk die rol van Antoinette in Poppie Nongena, en maak gebruik van haar eie lewenservaring om haar karakter uit te beeld.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/poppie-nongena-word-in-2020-in-fliekteaters-uitgereik\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Poppie Nongena word in 2020 uitgereik<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_121922\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121922\" class=\"size-full wp-image-121922\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Antoinette_MG_9747.jpg\" alt=\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\" width=\"900\" height=\"698\" \/><p id=\"caption-attachment-121922\" class=\"wp-caption-text\">Anna-Mart van der Merwe as Antoinette. Foto: Melanie Cleary<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Stone &#8211; Chris Gxalaba<\/h4>\n<p><strong>Stone:<\/strong> Poppie se man, Stone, is ouer as sy. Hy is \u2019n harde werker met gesondheidsprobleme. Stone klou aan tradisionele waardes en begeer om terug te keer na die plattelandse lewe. Hy sien hom \u00a0kultureel gesproke as die hoof van sy gesin, maar kry swaar omdat hy nie sy vrou kan help of ondersteun nie, ten spyte van sy liefde vir haar.<\/p>\n<p><strong>Chris Gxalaba: <\/strong>Met \u2019n loopbaan van amper 30 jaar agter die rug is dit nie moeilik vir Chris Gxalaba om \u2019n komplekse karakter soos Poppie se man, Stone, te vertolk nie. Chris was al te sien in verskeie verhoogproduksies, onder meer Cry, the Beloved Country, Sizwe Bansi is Dead, Vrededorp, No-Good Friday en Nothing but the Truth. In 1991 is hy bekroon met \u2019n AA Vita-toekenning vir Beste Akteur vir sy rol in Sizwe Bansi is Dead. Hy het rolle vertolk in verskeie televisiereekse, insluitende die bekroonde Amerikaanse mediese drama ER, Home Affairs, Stokvel en meer onlangs ook The Crown. Sy rolprentverskynings sluit rolle in flieks soos Mandela and De Klerk, After the Rain en Leaving the Blues in.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/poppie-nongena-slaan-12-pryse-los-by-die-silwerskermfees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Poppie Nongena slaan 12 pryse los by die 2019 Silwerskermfees<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_121928\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121928\" class=\"size-full wp-image-121928\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Stone_MG_7499.jpg\" alt=\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\" width=\"900\" height=\"679\" \/><p id=\"caption-attachment-121928\" class=\"wp-caption-text\">Chris Gxalaba as Stone Foto: Melanie Cleary<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Magriet &#8211; Rolanda Marais<\/h4>\n<p><strong>Magriet:\u00a0<\/strong>Magriet is Antoinette se bedorwe jonger suster. Sy bly by Antoinette terwyl haar man weg is. Sy verpersoonlik die wit houding wat destyds algemeen was \u2013 in skerp kontras met di\u00e9 van haar suster.<\/p>\n<p><strong>Rolanda Marais:<\/strong> Rolanda Marais het drama studeer aan die Universiteit van Kaapstad, en het haar loopbaan in haar finale jaar afgeskop met \u2018n verskyning in die TV-produksie, Lied van die Lappop. Sedertdien het Rolanda \u2019n bekende naam geword op die verhoog asook in die televisie- en rolprentbedryf. Sy is veral bekend vir haar vertolking van Stephanie in die TV-reeks Binnelanders, en was ook te sien in Wolwedans in die Skemer. Sy het ook verskeie rolle in TV-reekse soos Charlie Jade, Zero Tolerance en High Rollers op haar kerfstok.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/poppie-nongena-lokprent-se-kragtige-boodskap-vir-suid-afrika\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Poppie Nongena-lokprent se kragtige boodskap<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_121926\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121926\" class=\"size-full wp-image-121926\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Magriet_MG_0012.jpg\" alt=\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\" width=\"900\" height=\"711\" \/><p id=\"caption-attachment-121926\" class=\"wp-caption-text\">Rolanda Marais as Magriet Foto: Melanie Cleary<br \/>Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Lena &#8211; Nomsa Nene<\/h4>\n<p><strong>Lena: <\/strong>Lena is Poppie se ma. Sy versorg Poppie se kinders terwyl haar dogter werk. Omdat sy die huishouding behartig in Poppie se afwesigheid, kies sy soms saam met die kinders en Stone kant teen Poppie.<\/p>\n<p><strong>Nomsa Nene: <\/strong>Nomsa Nene is veral bekend as die aanbieder van die speletjiesprogram uit die jare negentig, Zama Zama. Sy het deur die jare in verskeie films gespeel, insluitend The Gordimer Stories, My Country My Hat, Red Scorpion, Chikin Biznis &#8230; The Whole Story! In 2001 het Nomsa vir eers die rolprent- en TV-bedryf vaarwel toegeroep, en haar eie eiendomsagentskap, Nomsa Nene Properties, begin. Na sestien jaar het sy teruggekeer om die rol van Lydia in e.tv se telenovelle, Broken Vows, te vertolk. Nomsa het as \u2019n jong aktrise die rol van Poppie vertolk in die verhoogdrama, Die Swerfjare van Poppie Nongena, wat ook internasionaal opgevoer is. Dit het haar onder meer \u2019n Off Broadway-teatertoekenning besorg. Veertig jaar later is Nomsa weer betrokke by die verhaal van Poppie Nongena &#8211; hierdie keer vertolk sy die rol van Poppie se ma, Lena.<\/p>\n<div id=\"attachment_121925\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121925\" class=\"size-full wp-image-121925\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Lena_MG_7595.jpg\" alt=\"Nomsa Nene as Lena\" width=\"900\" height=\"758\" \/><p id=\"caption-attachment-121925\" class=\"wp-caption-text\">Nomsa Nene as Lena Foto: Melanie Cleary<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Bonisile &#8211; Aphiwe Sithole<\/h4>\n<p><strong>Bonisile: <\/strong>Hy is Poppie se oudste seun. Hy is sestien en besig om \u2019n man te word. Sy toegeneentheid teenoor die <em>comrades<\/em> is vir Poppie \u2018n groot teleurstelling &#8211; totdat hy sy perspektief met haar deel oor hoe dit voel om \u2019n jong swart man te wees wat smag na vryheid en gelyke regte.<\/p>\n<div id=\"attachment_121923\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121923\" class=\"size-full wp-image-121923\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Bonisile_MG_7432.jpg\" alt=\"Aphiwe Sithole as Bonisile\" width=\"900\" height=\"685\" \/><p id=\"caption-attachment-121923\" class=\"wp-caption-text\">Aphiwe Sithole as Bonisile Foto: Melanie Cleary<br \/>Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Weekend &#8211; Thembalethu Ntuli<\/h4>\n<p><strong>Weekend: <\/strong>Weekend is Poppie se jongste seun. Hy is 10 jaar oud, en baie geheg aan sy ma.<\/p>\n<div id=\"attachment_121930\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121930\" class=\"size-full wp-image-121930\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Weekend_MG_7484.jpg\" alt=\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\" width=\"900\" height=\"677\" \/><p id=\"caption-attachment-121930\" class=\"wp-caption-text\">Thembalethu Ntuli as Weekend. Foto: Melanie Cleary<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Thandi &#8211; Letlotlo Zimkitha Mohlabeng<\/h4>\n<p><strong>Thandi:<\/strong> Sy is Poppie se enigste dogter. Thandi aard meer na haar pa wanneer dit kom by sake soos kultuur en tradisionele geloof. Onder die aanmoediging van \u2019n plaaslike toordokter glo Thandi dat sy ook geroepe is om een te word, en dit lei tot spanning tussen haar en Poppie.<\/p>\n<div id=\"attachment_121929\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121929\" class=\"size-full wp-image-121929\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Thandi_MG_7569.jpg\" alt=\"\" width=\"900\" height=\"677\" \/><p id=\"caption-attachment-121929\" class=\"wp-caption-text\">Letlotlo Zimkitha Mohlabeng as Thandi. Foto: Melanie Cleary<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jan &#8211; Dawid Minnaar<\/h4>\n<p><strong>Jan: <\/strong>Antoinette se man Jan is \u2019n steunpilaar in die gemeenskap en \u2019n geharde staatsamptenaar. Hy beskou hom as absoluut regverdig en verhewe bo kritiek. Sy hele huishouding verwag van hom om sy vrou te dwing om onderdanig te wees. Hy is \u2019n ideoloog wat aan die \u201cregte\u201d kant van die wet wil bly, iemand wat nie sy familie sal toelaat om sy posisie in gevaar te stel nie.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-redes-hoekom-jy-die-desember-2019-uitgawe-van-rooi-rose-moet-koop\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees meer oor Dawid Minnaar in ons Desember 2019-uitgawe &#8211; dis nou op die rakke!\u00a0<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_121924\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121924\" class=\"size-full wp-image-121924\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/11\/Jan_MG_9601.jpg\" alt=\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\" width=\"900\" height=\"671\" \/><p id=\"caption-attachment-121924\" class=\"wp-caption-text\">Dawid Minnaar as Jan. Foto: Melanie Cleary<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Loer hier na die amptelike lokprent van Poppie Nongena<\/h4>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"615\" height=\"350\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/UQXqvfASyBs\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p>Gesels gerus saam op<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/poppiefilm\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> facebook.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die filmverwerking van Elsa Joubert se bekroonde roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, begin binnekort in fliekteaters draai. Hier is 10 karakters en die akteurs wat hulle vertolk wat jy moet ken. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":121837,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[147,998,1387,3434,4396,23450,24339],"class_list":["post-121830","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-bekendes","tag-vermaak","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die filmverwerking van Elsa Joubert se bekroonde roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, begin binnekort in fliekteaters draai. Hier is die rolverdeling\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die filmverwerking van Elsa Joubert se bekroonde roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, begin binnekort in fliekteaters draai. Hier is die rolverdeling\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-11-19T07:24:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"540\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\",\"datePublished\":\"2019-11-19T07:24:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/\"},\"wordCount\":1560,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"Vermaak\",\"celebs\",\"ons mense\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/\",\"name\":\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg\",\"datePublished\":\"2019-11-19T07:24:46+00:00\",\"description\":\"Die filmverwerking van Elsa Joubert se bekroonde roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, begin binnekort in fliekteaters draai. Hier is die rolverdeling\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg\",\"width\":900,\"height\":540,\"caption\":\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena film\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek | rooi rose","description":"Die filmverwerking van Elsa Joubert se bekroonde roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, begin binnekort in fliekteaters draai. Hier is die rolverdeling","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek | rooi rose","og_description":"Die filmverwerking van Elsa Joubert se bekroonde roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, begin binnekort in fliekteaters draai. Hier is die rolverdeling","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-11-19T07:24:46+00:00","og_image":[{"width":900,"height":540,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek","datePublished":"2019-11-19T07:24:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/"},"wordCount":1560,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg","keywords":["bekendes","Vermaak","celebs","ons mense","Ontspanning","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/","name":"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg","datePublished":"2019-11-19T07:24:46+00:00","description":"Die filmverwerking van Elsa Joubert se bekroonde roman, Die swerfjare van Poppie Nongena, begin binnekort in fliekteaters draai. Hier is die rolverdeling","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/POPPIE_NONGENA_MG_9646.jpg","width":900,"height":540,"caption":"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena film"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontmoet-die-rolverdeling-van-poppie-nongena-fliek\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121830","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121830"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121830\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/121837"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121830"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121830"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121830"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}