{"id":121773,"date":"2019-11-15T12:15:58","date_gmt":"2019-11-15T10:15:58","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=121773"},"modified":"2019-11-15T12:15:58","modified_gmt":"2019-11-15T10:15:58","slug":"vlam-hoofstuk-41-anna","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/","title":{"rendered":"Vlam hoofstuk 41: Anna"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam hoofstuk 41: Anna deur Martie Swanepoel<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy nog nie die vorige hoofstukke van Vlam gelees het nie,<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vlam hoofstuk 41: Anna<\/h4>\n<p>Duard sorg dat Niekie nie sy makkers sien nie. Wat haar betref, is dit Loxton en sy manne wat die reddingsoperasie uitgevoer het. Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom?<\/p>\n<p>Sy is doodstil op pad na die kantoor. Haar gedagtes hardloop heen en weer oor die gebeure van die ontvoering \u2026 en haak vas by die vurige soene van Duard wat haar wange steeds laat gloei!<\/p>\n<p>Sy voel selfbewus oor haar swakheid. Sy verslap nie gewoonlik haar waaksaamheid teenoor mans so vinnig nie. Maar sy troos haarself dat sy getraumatiseerd is en dat die filmster dit uitgebuit het!<\/p>\n<p>Sy probeer ongemerk na die man kyk wat die motor bestuur. Vir \u2019n Amerikaner ken hy die stad besonder goed.<\/p>\n<p>En sy Afrikaans! Het hy net die gawe om \u2019n moeilike taal blitsvinnig aan te leer of het die Amerikaner iets om weg te steek?<\/p>\n<p>Sy foon lui.<\/p>\n<p>Hy praat Frans, maar sy kan nie die trant van die gesprek volg nie.<\/p>\n<p>Hierdie man het vele geheime. Sy sal moet ligloop vir hom, beslujt sy. Sy sal nooit weer haar <em>pose<\/em> in sy teenwoordigheid verloor nie.<\/p>\n<p>Hierdie man is onvoorspelbaar en die feit dat haar wange nie wil ophou gloei nie,\u00a0 skryf aan haar voor dat sy so ver moontlik van hom moet wegbly tydens die volgende maand se verfilming.<\/p>\n<p>\u201cLoxton sal jou by die kantoor kom sien. Hy sal dinge van daar neem.\u201d<\/p>\n<p>Sy is verbaas.<\/p>\n<p>\u201cWat het jy met hierdie operasie te doen? Ek het nie geweet die polisie roep nou die hulp van filmsterre in om hulle te help nie?\u201d<\/p>\n<p>Duard lag. \u201cEk sien jy begin weer oukei voel?\u201d<\/p>\n<p>Sy bloos in die donker.<\/p>\n<p>\u201cJy het my in \u2019n oomblik van swakheid misbuik!\u201d<\/p>\n<p>Hy lag weer.<\/p>\n<p>\u201cO, ek sien jy voel inderdaad weer jou ou self, Vlam! Dis my meisie. Bons terug. Moenie dat dit wat daardie boewe aan jou gedoen het jou onderkry nie! Ek het geweet jy is \u2019n sterk meisiekind!\u201d<\/p>\n<p>Hoekom voel sy hy het die emosionele oorhand in die situasie? Tyd om hom weer op sy plek te sit.<\/p>\n<p>\u201cWat steek jy alles weg?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHuh?\u201d Hy weet presies wat sy bedoel, maar hy keer vir \u2019n vale.<\/p>\n<p>\u201cWaar het jy geleer Afrikaans praat?\u201d<\/p>\n<p>Hy lag geheimsinnig.<\/p>\n<p>\u201cO, ek het \u2019n baie sexy leermeesteres gehad wat my die afgelope maande op meer as een manier touwys gemaak het! Maar ek kan ongelukkig nie al die frases herhaal wat sy my geleer het nie. Daar is \u2019n ouderdomsperk op, sien? O, daardie Anna was \u2019n ongelooflike leermeesteres. \u2019n Ware Meesteres, as jy weet wat ek bedoel?\u201d<\/p>\n<p>Niekie se brein is nog nie weer op volle sterkte nie.<\/p>\n<p>\u201cMeesteres? Godsdienstig?\u201d<\/p>\n<p>Hy skater.<\/p>\n<p>\u201cNee, die soort met \u2019n leerpakkie en swepie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO.\u201d<\/p>\n<p>Niekie se wange brand opnuut. Die ellendige man kry dit reg om haar elke keer onkant te vang.<\/p>\n<p>\u201cEk stel nie belang in jou rowwe sekslewe nie, dankie. Vertel my eerder hoe dit gekom het dat jy saam die polisie by die reddingspoging betrokke was?\u201d<\/p>\n<p>Duard dink vinnig.<\/p>\n<p>\u201cEk het Henk \u2019n guns gevra. Hy het Loxton gevra of ek as waarnemer betrokke kan wees. Net vir die ondervinding, jy sien? Ons akteurs kry mos nie altyd die kans om regte aksie te ervaar nie. En ja, toe staan ek toevallig op die regte tyd op die regte plek en siedaar! Ek kon die held wees wat die meisie red!\u201d<\/p>\n<p>Iets aan sy storie maak nie vir Niekie sin nie. Sy kan sweer hy is \u2018n gladde liegbek, maar sy is moeg. Sy wil by die kantoor kom en haar pa sien. Dan wil sy haar verklaring voor Loxton afl\u00ea, \u2018n paar glase wyn drink en ure in \u2018n borrelbad gaan l\u00ea.<\/p>\n<p>\u2018n Warboel emosies wag by die kantoor op haar.<\/p>\n<p>Duard neem haar by die sydeur in, direk na Henk se kantoor. Sy is te moeg om vrae te vra. Sy is te bly om haar pa te sien. Sy gee nie eens om dat almal haar tranedal sien nie. Sy huil dat die snot en trane spat. Om haar pa se veilige arms om haar te voel, is al wat saak maak.<\/p>\n<p>Henk en Pieta staan ongemaklik eenkant en wag om elkeen ook \u2018n broederlike drukkie in te kry.<\/p>\n<p>Soos altyd, weet Henk wat sy op daardie oomblik nodig het.<\/p>\n<p>\u201cEk gooi vir jou \u2018n tweevinger-whisky op ys voor Loxton kom. Dit kan dalk \u2018n uitputtende verklaring wees. Maar dis beter dat jy dit afhandel.\u201d<\/p>\n<p>Die whisky brand haar keel, maar maak haar maag warm. Die kalmerende gevoel spoel gou oor haar.<\/p>\n<p>\u201cHoe gaan dit met die drama by die selle?\u201d<\/p>\n<p>Henk is dankbaar sy vriendin is veilig.<\/p>\n<p>\u201cDis nog nie die einde van die drama nie, maar ons is dankbaar jy is nou veilig. Wag, hier kom Loxton-hulle nou.\u201d<\/p>\n<p>Niekie en Loxton en \u2018n vrouekonstabel bring \u2018n uur alleen in een van die fotograwe se kantoor deur. Danksy haar ervaring as joernalis, het haar suwwe brein reeds al die inligting in die chronologiese volgorde geberg.<\/p>\n<p>\u201cAs julle nou klaar is met my meisiekind, wil ek haar na haar woonstel neem. Ek dink sy het nou rus nodig. Ek neem aan sy het more \u2026 en bedoel vandag, af, Pieta?\u201d<\/p>\n<p>Pieta lag en gee Niekie \u2018n drukkie.<\/p>\n<p>\u201cEk wil jou nie naby die kantoor sien vir die volgende twee dae nie. Gee ons asseblief \u2018n <em>break,<\/em> Vlam!\u201d<\/p>\n<p>Die atmosfeer in Henk se kantoor is skielik lig en lekker. Al die spanning van die afgelope ure word met \u2019n loopdop afgesluk.<\/p>\n<p>\u201cNou maar dan is dit tyd vir \u2018n Hollywood-mannetjie om ook in die bed te kom. Die aand se avontuur was amper te veel vir my sensitiewe gestel. Ek sal more vir \u2018n masseersessie en <em>facial<\/em> moet gaan om die stres te verwerk. En dan sal ek Anna moet bel om my verder te help ontlaai.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAnna?\u201d vra Henk.<\/p>\n<p>\u201cVra maar vir Niekie, ek het haar alles van Anna vertel.\u201d<\/p>\n<p>Niekie wens die man wil nie so verwaand wees nie. Sy is nog besig om die laaste brokkie te verwerk, as Duard haar voor almal nadertrek en \u2018n klapsoen op die mond gee.<\/p>\n<p>\u201cDankie vir \u2018n opwindende aand, Vlam,\u201d s\u00ea hy weer in foutlose Afrikaans.<\/p>\n<p>Of Anna het hom goed geleer, of hy lieg dat dit bars, dink sy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoor hier!<\/h4>\n<p>As jy van Vlam hoofstuk 41: Anna gehou het, is ons seker jy gaan mal wees oor ons twee voorlesings: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Botox, Barbies en Bietse<\/a> en <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/dans-met-die-rooi-rok\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Dans met die Rooi Rok<\/a>. Dis gratis!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Duard sorg dat Niekie nie sy makkers sien nie. Wat haar betref, is dit Loxton en sy manne wat die reddingsoperasie uitgevoer het. Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom?<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":121775,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[373,998,1258,3378,4396,23450,37319],"class_list":["post-121773","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-martie-swanepoel","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vlam hoofstuk 41: Anna | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom? Lees Vlam hoofstuk 41\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vlam hoofstuk 41: Anna | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom? Lees Vlam hoofstuk 41\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-11-15T10:15:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"426\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vlam hoofstuk 41: Anna\",\"datePublished\":\"2019-11-15T10:15:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/\"},\"wordCount\":1121,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg\",\"keywords\":[\"Martie Swanepoel\",\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/\",\"name\":\"Vlam hoofstuk 41: Anna | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg\",\"datePublished\":\"2019-11-15T10:15:58+00:00\",\"description\":\"Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom? Lees Vlam hoofstuk 41\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/11\\\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg\",\"width\":640,\"height\":426,\"caption\":\"Vlam hoofstuk 41: Anna\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-41-anna\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vlam hoofstuk 41: Anna\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vlam hoofstuk 41: Anna | rooi rose","description":"Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom? Lees Vlam hoofstuk 41","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vlam hoofstuk 41: Anna | rooi rose","og_description":"Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom? Lees Vlam hoofstuk 41","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-11-15T10:15:58+00:00","og_image":[{"width":640,"height":426,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vlam hoofstuk 41: Anna","datePublished":"2019-11-15T10:15:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/"},"wordCount":1121,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg","keywords":["Martie Swanepoel","Vermaak","lees","fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/","name":"Vlam hoofstuk 41: Anna | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg","datePublished":"2019-11-15T10:15:58+00:00","description":"Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom? Lees Vlam hoofstuk 41","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/vehicles-passing-on-road-at-night-3099961.jpg","width":640,"height":426,"caption":"Vlam hoofstuk 41: Anna"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-41-anna\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vlam hoofstuk 41: Anna"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121773","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121773"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121773\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/121775"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121773"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121773"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121773"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}