{"id":121362,"date":"2019-11-06T10:00:16","date_gmt":"2019-11-06T08:00:16","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=121362"},"modified":"2019-10-31T14:03:50","modified_gmt":"2019-10-31T12:03:50","slug":"wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/","title":{"rendered":"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos"},"content":{"rendered":"<p><em>Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos deur Salom\u00e9 Delport. Hierdie artikel het oorspronklik in die Mei 2016-uitgawe van rooi rose verskyn. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/CatLane?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">CatLane<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vraag<\/h4>\n<p>Ek pas my kleinkind van drie op. As kind het ek erg waterpokkies gehad. Nou hoor ek my kans op gordelroos is eintlik goed, en dat daar \u2019n vaksien is wat kan keer. Maar ek lees ook op die Internet dat \u2019n meisietjie van haar oupa af gordelroos aangesteek het n\u00e1 hy gevaksineer is. Is dit veilig vir my kleinkind as ek gevaksineer word?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Antwoord<\/h4>\n<p>Prof. Gert van Zyl, patoloog en hoof van die Departement van Geneeskundige Virologie aan die Universiteit van Stellenbosch, vertel ons \u2019n bietjie meer oor die gordelroos-vaksien.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-van-die-gordelroos-vaksien-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alles wat jy van die gordelroos-vaksien moet weet<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121367 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/adult-child-girl-1109238.jpg\" alt=\"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is gordelroos en waterpokkies dieselfde?<\/h4>\n<p>Ja, want al verskil die simptome en gevolge, begin alles by dieselfde varicella zoster-virus.<\/p>\n<p>Al genees jy as kind van waterpokkies, bly die virus vir die res van jou lewe in jou senuweeknope agter, waarvandaan dit lateraan as gordelroos kan toeslaan.<\/p>\n<p>Waterpokkies is die basiese, eerste infeksie met varicella zoster, en gordelroos die heraktivering daarvan.<\/p>\n<p>Maar die twee siektes lyk en voel verskillend: Waar waterpokkies begin met blasies oral op die lyf wat daarna na die arms, bene en gesig versprei, kom die gordelroosblasies meestal net op een kant van die lyf voor. Jy sal tipies \u2019n uitslag aan byvoorbeeld die linkerkant van jou kop, gesig en nek h\u00ea maar n\u00earens anders nie.<\/p>\n<p>Die onaangenaamste verskil is dat gordelroos weer en weer terugkom, terwyl die meeste kinders net een keer waterpokkies kry.<\/p>\n<p>Maar die heel onaangenaamste is die pyn: waar kinders jeuk, ervaar volwassenes tydens die uitslag \u2019n besonder intense pyn wat beskryf word as \u2019n \u201conuithoudbare, aanhoudende, skerp pyn wat steek en brand&#8221;. Gelukkig verminder die pyn namate die uitslag verdwyn.<\/p>\n<p>Maar ongelukkig is daar uitsonderings.<\/p>\n<p>By sowat die helfte van bejaardes wyk die pyn nie, al is die uitslag lankal verby. Post herpetiese neuralgie, of PHN, soos hierdie pyn genoem word, kan van maande tot jare aanhou omdat die virus die senuwees waarin dit skuil, beskadig. Omdat die senuwees beskadig is, werk pynmedikasie en selfs alternatiewe terapie\u00eb nie baie goed nie.<\/p>\n<p>Daar is ook vermoedens dat baie meer mense as net bejaardes met gordelroos aan PHN ly \u2013 spesifiek mense met die tipiese pyn wat kom en gaan.<\/p>\n<div id=\"attachment_121366\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121366\" class=\"size-full wp-image-121366\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/adult-alluring-attractive-2567096-1.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"853\" \/><p id=\"caption-attachment-121366\" class=\"wp-caption-text\">Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe lyk jou kanse op gordelroos?<\/h4>\n<p>Daar is nie plaaslike statistieke beskikbaar nie maar as jy nie kleinkinders het nie, is jou kanse sowaar groter.<\/p>\n<p>Gegrond op oorsese opnames lyk dit so:<\/p>\n<p>Uit elke 100 kinders wat waterpokkies kry, sal<\/p>\n<ul>\n<li>20 gordelroos n\u00e1 50 kry<\/li>\n<li>50 gordelroos n\u00e1 85 kry<\/li>\n<li>10 van di\u00e9 onder 85 sal uiters pynlike PHN ontwikkel<\/li>\n<li>25 van di\u00e9 bo 85 sal PHN ontwikkel<\/li>\n<\/ul>\n<p>As jy vaksineer, gaan jy jou kanse op gordelroos halveer en jou kans op die ongemak van PHN met 67% sny. Al kan die vaksien nie waarborg dat jy gordelroos vryspring nie, is jy beslis baie beter beskerm, en veral teen PHN.<\/p>\n<p>Maar dit is net die gemiddelde statistiek: jou kanse op gordelroos kan groter of kleiner wees.<\/p>\n<p><strong>Kyk of jy beskerming nodiger as ander mense het:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Gebrek aan kontak met kinders*<\/strong><br \/>\nLees (onder) hoekom kontak met kleinkinders met waterpokkies goed vir jou is.<\/li>\n<li><strong>Jou ouderdom<\/strong><br \/>\nHoe ouer jy is, hoe groter is jou kans op gordelroos. Dink so daaroor: as jy sestig en baie gesond is, is die kans goed dat jy besonder oud kan raak. Daarmee saam raak jou kans op gordelroos ook groter.<\/li>\n<li><strong>Jou lewenstres<\/strong><br \/>\nSeniors ervaar dikwels dat gordelroos toeslaan wanneer hulle \u2019n stresvolle tyd beleef.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>* Keer gordelroos deur jou kleinkind<\/strong><br \/>\nElke kontak met iemand met waterpokkies prikkel jou immuunstelsel opnuut. So bly jy paraat; die virus bly onderdruk; en jy bly vry van gordelroos. Vir die meeste van ons beteken \u201ckontak met iemand met waterpokkies\u201d kontak met ons kleinkinders. Ons het dit nie meer nie.<\/p>\n<p>Waar ons grootouers maklik tien, twintig kleinkinders gehad het, het die huidige seniors dalk vier waarvan die helfte waarskynlik in die buiteland bly. Dus verloor ons die natuurlike, voortdurende opkikkering van ons immuniteit teen die latente virus, wat ons uiteindelik meer vatbaar vir gordelroos en PHN maak. Vreemd soos dit klink, is vaksinering so goed soos kleinkinders.<\/p>\n<div id=\"attachment_121368\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121368\" class=\"size-full wp-image-121368\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/beach-chair-coast-160767.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-121368\" class=\"wp-caption-text\">Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan jou vaksien jou kleinkind waterpokkies gee?<\/h4>\n<p>Die kans is klein, maar dit is moontlik. Die vaksien bestaan uit \u2019n lewende virus, en n\u00e1 inenting kan jy blasies ontwikkel. Dit is moontlik dat jou kleinkind daarvandaan die virus kan aansteek.<\/p>\n<p>Maar kinders word deesdae met presies dieselfde vaksien teen waterpokkies inge\u00ebnt. Jy kan jou kind dus as \u201ctweede-hands\u201d inge\u00ebnt beskou. Die simptome behoort veel ligter te wees as wat dit sou wees as jou kind die \u201cwilde\u201d stam van maatjies aangesteek het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is die vaksien veilig?<\/h4>\n<p>Dit is by ons onlangs eers beskikbaar maar te oordeel na die gebruik daarvan in Amerika en Brittanje &#8211; vir sowat tien jaar al voor dit hier gebruik is &#8211; is die vaksien veilig.<\/p>\n<p>Al klink inenting met \u2019n lewende virus gevaarlik, is dit \u2019n verswakte virus wat jou nie kan siek maak nie maar net jou immuunstelsel prikkel om teenliggame teen die werklike virus te maak.<\/p>\n<p>Tog kan sekere mense nie vaksineer nie, soos:<\/p>\n<ul>\n<li>Mense wat allergies is vir gelatien (jellie en jellielekkers) omdat die vaksien gelatien bevat.<\/li>\n<li>Mense wat allergies is vir die antibiotika neomisien (neomycin).<\/li>\n<li>Mense met kanker van die beenmurg en klierstelsel.<\/li>\n<li>Mense met siektes wat die immuunstelsel onderdruk soos MIV\/vigs.<\/li>\n<li>Terwyl jy verkoue, griep of enige ander siekte het. Wag tot jy gesond is.<\/li>\n<li>Terwyl jou immuunstelsel onderdruk is weens medikasie, soos wanneer jy met stero\u00efede behandel word, of chemo of stralingsterapie kry vir kanker, of permanent kortisoon gebruik.<\/li>\n<li>Terwyl jy aktiewe gordelroos het. Wag ook tot dit verby is.<\/li>\n<li>Swanger vroue.<\/li>\n<\/ul>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121369 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/expecting-fashion-person-1765353.jpg\" alt=\"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos\" width=\"640\" height=\"959\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe gevaarlik is waterpokkies regtig?<\/h4>\n<p>Ons maak waterpokkies af as \u201clig\u201d en aanvaar bloot dat ons kinders daarvan sal herstel. Maar \u2019n splinternuwe ondersoek in die jongste uitgawe van Circulation verbind hierdie infeksie aan beroerte by jong kinders. Dit is nooit \u201cnet\u201d waterpokkies nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy word met \u2019n lewende virus inge\u00ebnt. Is dit veilig vir jou? En vir jou kleinkinders? <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":121370,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[134,136,2792,23444,23664],"class_list":["post-121362","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-ouerskap","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-parenting","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy word met \u2019n lewende virus inge\u00ebnt. Is dit veilig vir jou? En vir jou kleinkinders? Loer hier oor wat jy nou moet weet oor die gordelroosvaksien\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy word met \u2019n lewende virus inge\u00ebnt. Is dit veilig vir jou? En vir jou kleinkinders? Loer hier oor wat jy nou moet weet oor die gordelroosvaksien\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-11-06T08:00:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/iStock-1054525344.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"724\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"482\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos\",\"datePublished\":\"2019-11-06T08:00:16+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/\"},\"wordCount\":1050,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/iStock-1054525344.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"parenting\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/\",\"name\":\"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/iStock-1054525344.jpg\",\"datePublished\":\"2019-11-06T08:00:16+00:00\",\"description\":\"Jy word met \u2019n lewende virus inge\u00ebnt. Is dit veilig vir jou? En vir jou kleinkinders? Loer hier oor wat jy nou moet weet oor die gordelroosvaksien\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/iStock-1054525344.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/iStock-1054525344.jpg\",\"width\":724,\"height\":482,\"caption\":\"iStock\\\/CatLane\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos | rooi rose","description":"Jy word met \u2019n lewende virus inge\u00ebnt. Is dit veilig vir jou? En vir jou kleinkinders? Loer hier oor wat jy nou moet weet oor die gordelroosvaksien","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos | rooi rose","og_description":"Jy word met \u2019n lewende virus inge\u00ebnt. Is dit veilig vir jou? En vir jou kleinkinders? Loer hier oor wat jy nou moet weet oor die gordelroosvaksien","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-11-06T08:00:16+00:00","og_image":[{"width":724,"height":482,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/iStock-1054525344.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos","datePublished":"2019-11-06T08:00:16+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/"},"wordCount":1050,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/iStock-1054525344.jpg","keywords":["ouerskap","Gesondheid","leef gesond","parenting","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/","name":"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/iStock-1054525344.jpg","datePublished":"2019-11-06T08:00:16+00:00","description":"Jy word met \u2019n lewende virus inge\u00ebnt. Is dit veilig vir jou? En vir jou kleinkinders? Loer hier oor wat jy nou moet weet oor die gordelroosvaksien","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/iStock-1054525344.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/iStock-1054525344.jpg","width":724,"height":482,"caption":"iStock\/CatLane"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-waterpokkies-en-gordelroos\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat jy moet weet oor waterpokkies en gordelroos"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121362","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121362"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121362\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/121370"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121362"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121362"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121362"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}