{"id":121255,"date":"2025-07-04T14:50:39","date_gmt":"2025-07-04T12:50:39","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=121255"},"modified":"2025-07-04T15:00:33","modified_gmt":"2025-07-04T13:00:33","slug":"belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/","title":{"rendered":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet"},"content":{"rendered":"<p><em>Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat skort as die dokter s\u00ea jy het &#8230;<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>\u2019n Trombose <\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Jy het in effek \u2019n bloedklont, oftewel gestolde bloed wat \u2019n aar verstop.\u00a0 Dit verstop nie noodwendig die aar heeltemal nie.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>\u2019n Embolisme <\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Jy het \u2019n \u201creisende\u201d bloedklont. As dit loskom en deur die liggaam beweeg, kan dit iewers anders \u2019n verstopping of embolisme veroorsaak. Wanneer dit byvoorbeeld in jou longe vashaak, word dit \u2019n longembolisme genoem. As dit in jou brein vashaak, noem ons gewone mense dit \u2019n beroerte, terwyl die dokter dit \u2019n iskemiese beroerte noem. Die bloedklont keer bloedvloei na die selle in die betrokke breindeel, en omdat hulle nie suurstof kry nie, sterf hulle af, wat ons as breinskade sien.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Hemoragiese beroerte <\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Die beroerte word deur bloeding in die brein veroorsaak, en nie deur \u2019n bloedklont nie. Een uit elke vyf beroertes is aan breinbloeding te wyte.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Diepaartrombose <\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Jy het \u2019n bloedklont in \u2019n diep aar.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>\u2019n Aneurisme <\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>\u2019n Deel van die wand van \u2019n aar of slagaar het verswak sodat dit soos \u2019n ballon verrek. Plaak (van cholesterol) en bloedklonte neig om by hierdie swak plekke te vorm. So \u2019n bloedklont kan loskom en \u2019n beroerte veroorsaak. Die aarwand op \u2019n aneurisme is verswak en kan skeur, met oombliklike lewensgevaar.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>TIA Miniberoertes of verbygaande beroertes (transcient ischemic attacks). <\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Dieselfde as \u2019n beroerte maar dit duur net \u2019n paar minute. Jy het net vir \u2019n paar minute \u2019n verlamming.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Atriale fibrillasie <\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Jou hart klop onre\u00eblmatig en pomp nie jou bloed egalig en konsekwent deur jou liggaam nie. Bloed wat so in die hart \u201cstilstaan\u201d, maak klein klontjies, wat dan met die volgende pompslag uitgepomp word en deur jou liggaam versprei, waar dit veral in die brein blokkasies veroorsaak. Dit kan tot beroerte of TIA\u2019s lei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dit is waar: die Pil kan jou beroerte gee. Maar \u2026<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees op jou pakkie. Beroerte is een van die hoofrisiko\u2019s. Die Pil verdriedubbel jou kans op \u2019n beroerte. Is jy op die nuwe, ligter pille? Hulle word met effe meer risiko vir bloedklonte verbind.<\/p>\n<p>Maar behou perspektief, s\u00ea dr. Lee Shulman, Amerikaanse ginekoloog. Die Pil verlaag jou risiko op sterfte weens swangerskap met 40%. Die risiko\u2019s aan swangerskap is dus meer as die risiko\u2019s aan die Pil.<\/p>\n<p>Jy het nog voordele van die Pil: dit verklein jou kanse op ovari\u00eble en kolorektale kanker, help vir aknee, verlig PMS en keer osteoporose.<\/p>\n<p>In die algemeen is die Pil veilig maar deesdae is die fokus veel eerder op ons elkeen se persoonlike risiko\u2019s. Gaan estrogeen jou of jou buurvrou \u2019n bloedklont gee?<\/p>\n<p>Kyk eerder na jou risiko-faktore as die Pil se gevare. Wat tel? Dinge soos hoe lank jy op die Pil wil wees of reeds is; het jou ouers \u2019n beroerte gehad; doen jy \u2019n sittende werk en is jy baie onaktief; is jy oorgewig; rook jy; en is jou bloeddruk verhoog.<\/p>\n<p>Een van die omstrede sake gaan oor of jy langer as tien jaar op die Pil of hormoonvervanging moet wees. Navorsing wys dat n\u00e1 18 maande verminder jou risiko na dieselfde vlak as vir mense wat nie op die Pil is nie.<\/p>\n<p>Maar wat gebeur n\u00e1 tien jaar? Die tendens is om die Pil te hou vir wanneer jy in die deel van jou lewe is dat jy regtig jou risiko op swangerskap moet uitskakel.<\/p>\n<p>Nog \u2019n tendens is om te hou by hormoonvoorbehoeding soos die Mirena wat in die baarmoeder geplaas word en dus net daar werk. Dit boots jou liggaam die beste na en beteken dat daar nie \u201clos\u201d hormone in jou liggaam sirkuleer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>T\u00e9 harde oefening kan beroerte gee<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>So gereeld soos klokslag lees ons dat iemand wat fluks aan sy fiksheid werk, letterlik dood neergeslaan het. Dit is nie maar net toeval nie, s\u00ea dr. Jason Smith van die London Royal Hospital.<\/p>\n<p>Wat gebeur as jy oefen? Jou liggaam, verduidelik hy in \u2019n PubMed-oorsigartikel, skei ekstra van die faktore af wat jou bloed verdun en van di\u00e9 wat jou bloed laat stol. Hulle balanseer uit, jou bloed bly goed vloei en jy is veilig.<\/p>\n<p>Dit werk anders as jy uitermate hard oefen. Dan, wys die beskikbare ondersoeke, bly die vlakke van bloedstollings-faktore langer hoog terwyl die vlakke van die bloedverdunningsfaktore gouer sak.<\/p>\n<p>Die gevolg? Die kans dat jou bloed stol, stoot op. As \u2019n bloedklont vorm en in die bloed begin sirkuleer, kan dit tot \u2019n lewensgevaarlike embolisme lei.<\/p>\n<p>Maar moenie skrik en ophou oefen nie. Oefening is van die beste maniere om beroerte te keer omdat dit jou stollings- en verdunningsfaktore beter laat werk. Die beroerterisiko raak net mense wat vatbaar is \u00e9n uitermate hard oefen. Ons wat drie, vier uur per week oefen, is veilig.<\/p>\n<p>Dr. Danie Kotz\u00e9, Kaapse hematoloog, s\u00ea dit is meer waarskynlik dat mense wat n\u00e1 harde oefening sterf \u2019n ander onderliggende probleem gehad het, soos \u2019n onre\u00eblmatige hartklop of \u2019n reeds bestaande aneurisme.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Iets om te onthou <\/strong><\/p>\n<p>Vir iemand wat onfiks is, is skielike harde oefening net so \u2019n groot stres op die lyf as vir \u2019n topatleet wat drie, vier uur per dag oefen. Dus gebeur dieselfde met sy bloedstollingsfaktore, met \u2019n kans op \u2019n bloedklont. Daarom is dit gevaarlik om te probeer byhou by die fiksstes. Bou jou fiksheid geleidelik op en in jou eie tempo. Moenie jou deur die groep laat druk om harder te oefen nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy is met rede n\u00e1 beroerte depressief<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Een van ons natuurlike reaksies op \u2019n traumatiese gebeurtenis is depressie, maar as dit by beroerte kom, lyk dit of die beroerte die biochemie van die brein verander en so depressie sneller. Sowat die helfte van die mense met beroerte raak depressief.<\/p>\n<p><strong>Baie is huilerig<\/strong> \u2013 en verle\u00eb omdat hulle onbeheerbaar enige plek, enige tyd, in trane uitbars.<\/p>\n<p><strong>Ge\u00efrriteerdheid, woedebuie en selfs \u2019n persoonlikheidsverandering is net so algemeen<\/strong>. Baie mense verloor hul normale goeie oordeel en inhibisies en s\u00ea en doen onvanpaste dinge.<\/p>\n<p>Jy sal waarskynlik vir minstens \u2019n tyd <strong>sukkel om dinge te onthou<\/strong>, jouself te versorg en nuwe dinge te leer.<\/p>\n<p>Dit is alles normaal. Dit kan regkom, hoewel nie altyd nie. Al wat jy kan doen, is om dit so goed jy kan te bestuur. Praat met jou dokter en kry behandeling \u2013 medikasie of berading.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Seks na beroerte<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Eers die goeie nuus: seks kan nie nog \u2019n beroerte aanbring nie.<\/p>\n<p>Maar ongelukkig kan jou medikasie jou libido verminder. Aan die ander kant beteken die onvermo\u00eb om te beweeg nie noodwendig dat jy nie plesier kan ervaar of gee nie.<\/p>\n<p>Moenie dat die gebrek aan seks n\u00e1 beroerte jou verhouding knou nie. Gesels met jou dokter.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-155653 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-anastasia-shuraeva-8795387-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe om agter te kom dat jy besig is om \u2019n beroerte te kry<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Tinus Brink, Kaapse neuroloog, s\u00ea die sleutelleidraad is \u201cskielik\u201d, want die simptome van \u2019n beroerte slaan uit die bloute toe. Die belangrikste drie tekens is:<\/p>\n<ul>\n<li>Jy praat skielik met \u2019n sleeptong, onduidelik of onsamehangend.<\/li>\n<li>Jy het skielik \u2019n verlamming, \u2019n swakheid of \u2019n dooie gevoel, soos dat jou hand nie kan vat nie, een ooglid hang, jou mondhoek skeeftrek, of jou voet sleep.<\/li>\n<li>Die swakheid, verlamming of gebrek aan gevoel, tas net een ledemaat, of net een kant van jou gesig of lyf aan.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Met beroerte tel elke sekonde sodat jy onmiddellik op bloed-verdunners kan kom. Moenie wag vir \u2019n ambulans nie. Jaag dadelik na jou naaste nood-eenheid. Vra iemand om jou te neem, as dit jy is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Verminder jou beroerte-risiko<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>10 Praktiese wenke wat jou kans op beroerte kan verminder<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li><strong>Kry jou bloeddruk laer<\/strong><br \/>\nAs dit nie onder 130\/80 is nie, gebruik medikasie.<\/li>\n<li><strong>Sny sout<\/strong><br \/>\nMinder sout in jou kos en minder souterige kosse.<\/li>\n<li><strong>Stap<\/strong><br \/>\nKry matige oefening \u2013 minstens dertig minute per dag en so hard dat jy matig uitasem raak.<\/li>\n<li><strong>Sny die koolhidrate<\/strong><br \/>\nSuiker, soetgoed, brood, koek, lekkers en gebak van alle soorte en minder styselgroentes soos aartappels, rys en mielies. Dit sal jou trigliseriedvlak help afbring.<\/li>\n<li><strong>Sny die vetjies af<\/strong><br \/>\nDit bly \u2019n debat of die vetrandjie aan vleis, botter, eiers en room regtig nadelig is. Speel veilig en beperk dit liewer tot daar groter duidelikheid is.<\/li>\n<li><strong>Skud die ekstra kilogramme af<\/strong><br \/>\nHoe meer oorgewig jy is, hoe harder moet jou hart werk om bloed regdeur jou liggaam te stoot. Waar bloed stilstaan, stol dit en vorm \u2019n klont.<\/li>\n<li><strong>Hou op rook<\/strong><br \/>\nNikotien verswak jou are en verhoog die kans dat bloed stol.<\/li>\n<li><strong>Drink min<\/strong><br \/>\nAlkohol kan help om bloed te verdun maar oormatige alkohol is beslis skadelik vir jou hart.<\/li>\n<li><strong>Keer of beheer diabetes<\/strong><br \/>\nDit verhoog ook jou kans op \u2019n beroerte.<br \/>\nAl die vorige planne help keer ook dat jy diabetes ontwikkel. As jy reeds diabetes het, hou jou bloedsuiker dop dat jy dit onder beheer hou. En gebruik medikasie as jy nie met dieet alleen jou bloedsuiker reg hou nie.<\/li>\n<li><strong>Snuif jy?<\/strong><br \/>\nKoka\u00efen, hero\u00efen, tik en metamfetamien (meth) word aan beroerte gekoppel.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoekom vroue meer van beroertes as mans moet weet<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Doodeenvoudig omdat jou kans op \u2019n beroerte groter as jou man s\u2019n is.<\/p>\n<p>Veral in Suid-Afrika. Volgens dr. Vash Mungal-Singh sterf daar elke jaar vier duisend meer vroue as mans weens beroerte. Hoekom?<\/p>\n<ul>\n<li>omdat twee uit elke drie van ons oorgewig is \u2013 een van die hoofrisiko\u2019s vir beroertes<\/li>\n<li>omdat dit gewoonlik daarop dui dat jy te veel vette en koolhidrate eet<\/li>\n<li>omdat ons oor die algemeen minder aktiewe werk as mans doen en n\u00e1 skool minder aan sport deelneem<\/li>\n<li>omdat veral vroue \u2019n suikertand het en dus dikwels ho\u00eb trigliseriedvlakke het<\/li>\n<li>omdat een uit elke drie van ons ho\u00eb bloeddruk het en dit nie monitor nie<\/li>\n<li>omdat ons meer geneig is tot migraine en hoofpyn, en dit as \u2019n vroe\u00eb teken van \u2019n groter beroerte-risiko ignoreer<\/li>\n<li>omdat meer van ons atriale fibrillasie ontwikkel<\/li>\n<li>omdat ons meer dikwels as mans onder emosionele stres is en meer dikwels aan depressie ly<\/li>\n<li>omdat ons swanger raak, waartydens baie vroue ho\u00eb bloeddruk kry<\/li>\n<li>omdat ons die Pil en hormoonvervangingsterapie gebruik<\/li>\n<li>omdat ons rook om ons gewig te beheer. Rook maak vroue meer vatbaar vir \u2019n beroerte as mans<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong> <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-elke-vrou-oor-hartsiekte-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is jy so bang vir \u2019n beroerte dat jy liewer niks daarvan wil weet nie? Komaan, lees en kyk hoeveel jy kan doen om die siekte wat dodeliker \u00e9n meer algemeen as hartsiektes is van jou lyf af te hou. Jy k\u00e1n in beheer wees<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":155651,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[620,2792,23664,23684,23823,136,193],"class_list":["post-121255","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-dieet","tag-leef-gesond","tag-health","tag-fitness","tag-diet","tag-gesondheid","tag-fiksheid"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet - van die pil, oefening en seks is daar baie mites oor beroertes. Ons wys jou wat jy moet weet\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet - van die pil, oefening en seks is daar baie mites oor beroertes. Ons wys jou wat jy moet weet\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-04T12:50:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-04T13:00:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-6923498.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet\",\"datePublished\":\"2025-07-04T12:50:39+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-04T13:00:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":1717,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-6923498.jpg\",\"keywords\":[\"dieet\",\"leef gesond\",\"health\",\"fitness\",\"diet\",\"Gesondheid\",\"fiksheid\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/\",\"name\":\"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-6923498.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-04T12:50:39+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-04T13:00:33+00:00\",\"description\":\"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet - van die pil, oefening en seks is daar baie mites oor beroertes. Ons wys jou wat jy moet weet\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-6923498.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-6923498.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet | rooi rose","description":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet - van die pil, oefening en seks is daar baie mites oor beroertes. Ons wys jou wat jy moet weet","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet | rooi rose","og_description":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet - van die pil, oefening en seks is daar baie mites oor beroertes. Ons wys jou wat jy moet weet","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-04T12:50:39+00:00","article_modified_time":"2025-07-04T13:00:33+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-6923498.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet","datePublished":"2025-07-04T12:50:39+00:00","dateModified":"2025-07-04T13:00:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/"},"wordCount":1717,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-6923498.jpg","keywords":["dieet","leef gesond","health","fitness","diet","Gesondheid","fiksheid"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/","name":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-6923498.jpg","datePublished":"2025-07-04T12:50:39+00:00","dateModified":"2025-07-04T13:00:33+00:00","description":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet - van die pil, oefening en seks is daar baie mites oor beroertes. Ons wys jou wat jy moet weet","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-6923498.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-6923498.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/belangrike-dinge-wat-jy-oor-beroertes-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121255","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121255"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121255\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":155655,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121255\/revisions\/155655"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/155651"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121255"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121255"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121255"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}