{"id":121030,"date":"2025-06-18T15:12:02","date_gmt":"2025-06-18T13:12:02","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=121030"},"modified":"2026-08-25T10:52:10","modified_gmt":"2026-08-25T08:52:10","slug":"raad-vir-ongesonde-vriendskappe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/","title":{"rendered":"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Anys Rossouw<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Vriende vir ewig?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vriendskap is die tuin vir die siel waar ervarings van geluk, betekenis, intimiteit, kreatiwiteit en persoonlike groei en ontwikkeling kan blom. Vrolike saamwees-tye met \u2019n dierbare vriendin laat die lag gemaklik uit jou borrel en sit die huppel terug in jou stap.<\/p>\n<p>Dit voel sommer of alles wat negatief is, vervaag: jou finansi\u00eble of familieprobleme, die geweld in die land, die swak rand, jou moeilike baas, jou moederlike pligte en jou onmoontlike kinders. Jou w\u00eareld lyk vol hoop. Ligter, mooier.<\/p>\n<p>Maar kuier saam met \u2019n ander vriendin en sy mergel jou uit. Wanneer sy ry, voel jy dankbaar, verlig \u00e9n uitgeput.<\/p>\n<p>Daar l\u00ea dikwels net te veel frustrasies, spanning en emosionele swaarkry onder die fasade van vriendskap. Wat hou jou in so \u2019n vriendskap?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-154374 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-ekaterina-bolovtsova-4051134-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om \u2019n vriendskap te laat gaan, is vir baie mense makliker ges\u00ea as gedaan, want ons voel dikwels so verantwoordelik vir ander en dink die fout l\u00ea by ons wanneer \u2019n verhouding nie werk nie. Dit laat mense agteroor buig en hulle bel\u00ea n\u00f3g meer tyd, energie, aandag en selfs geld in \u2019n verhouding, net om maar weer met onvergenoegdheid, skuldgevoelens en selftwyfel te sit.<\/p>\n<p>Anja* s\u00ea haar vriendskap met Sanet voel soos pligpleging. \u201cEk het nie meer lus vir ons weeklikse koffie-afspraak nie. Ek is voortdurend in my pasoppens. Praat ek oor my kinders, dink ek hulle is beter as hare. Vertel ek van \u2019n lekker kuier saam met iemand anders, gee ek meer vir hulle om en sluit ek haar uit. Sy lees in onskuldige opmerkings \u2019n angel, of ervaar dit as verwerping. Ek is deesdae so oorversigtig dat ek nie spontaan enigiets met haar kan deel nie. Dis vir my niks anders as \u2019n spanning nie, want dis net te ingewikkeld.<\/p>\n<p>\u201cSy besef nie dat sy met di\u00e9 optrede juis van die vrees dat ek haar sal uitsluit, \u2019n werklikheid maak nie. Dit voel of ek net altyd daar vir haar en haar krisisse moet wees &#8211; vir myne is daar nie \u2019n sagte oor nie. Ek is die een wat die moeite moet doen, tyd maak en omgee. Ek begin wonder hoekom ek hiermee moet voortgaan? Dit laat my skuldig voel, want ek weet dit sal haar breek as ek nie meer haar vriendin wil wees nie.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-kwaai-kalante-raad-vir-ouers-met-aggressiewe-kinders\/\">Die kwaai kalante: Raad vir ouers met aggressiewe kinders<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-154373 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-rdne-7490773-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Pieter* s\u00ea sy jare lange vriend Werner maak hom lam met sy aansprake, persoonlike kwessies, jaloesie en negatiwiteit.<\/p>\n<p>\u201cHy en sy vrou probeer ons opeis en van ander mense afsonder. Ons m\u00f3\u00e9t elke week n\u00e9t saam met hulle braai. Waag ons dit om ander mense ook na ons naweekplek by die dam te nooi, is die gort gaar. Die atmosfeer is voelbaar en dis die een verwyt na die ander.<\/p>\n<p>\u201cHy probeer boonop om my by sy rusies met ander mense te betrek en ek moet kies: dis \u00f3f hy \u00f3f hulle, en hy ignoreer my summier wanneer ek nie kant wil kies nie. Dis amper soos seuntjies wat bende-bende speel. Wanneer ek die kwessie wil opklaar, haal hy ou voorvalle op. Na my mening het ek iets onbenulligs ges\u00ea of gedoen maar hy beskou dit as dislojaal. Alles is vir hom \u2019n kompetisie en \u2019n ewige vergelyking &#8211; as ek \u2019n nuwe TV of motor koop, moet hy \u2019n beter een kry. Maar wat my nou regtig onder kry, is sy negatiwiteit en gekerm oor alles wat verkeerd is: die land, die rand, korrupsie, die paaie, sy mediese fonds &#8230; alles goed waarna ek keer op keer moet luister. Dit versmoor my en tap my energie en behoefte aan die vriendskap.\u201d<\/p>\n<p>Dis nodig om soms krities na jou vriendskappe te kyk. Wat kry jy daaruit en wat steel dit? Dis amper soos \u2019n balansstaat van krediete en debiete. Op lang termyn moet daar \u2019n soort balans wees.<\/p>\n<p>Herbesin ernstig oor jou vriendskap wanneer dit gekenmerk word deur wantroue, voortdurende gevegte, misverstande, leuens of kwetsende opmerkings wat jou menings en menswees verkleineer.<\/p>\n<p>Net so wanneer dit jou beperk, misbruik, met jou waardes bots en jou nie toelaat om te doen of te wees wie jy is nie, jou minderwaardig of skuldig laat voel, jou dreineer en eenvoudig net meer eis as wat dit gee.<\/p>\n<p>Herbesin as dit wat eens sinvol, goed en reg was, skeef en pynlik geraak het, want dan is dit toksies en ongesond.<\/p>\n<p>Hou dit wel in gedagte dat vriendskappe, net soos alle verhoudings, blomtye het maar ook sy dro\u00eb en swaar tye. Dit skep vreugde maar maak ook seer wanneer konflik en misverstande opduik. In alle vriendskappe is daar tye wanneer die een vanwe\u00eb omstandighede meer kan gee en op \u2019n ander keer weer die ander, maar wanneer dit \u2019n eenrigtingpatroon raak en een van die twee nie soos \u2019n vriend optree nie, \u00eds sy nie \u2019n ware vriend nie.<\/p>\n<p>Die aard van jou vriendskappe en jou vertroue of wantroue in mense, word dikwels deur jou kleintyd se verhoudingsverlede gevorm.<\/p>\n<p>Ekstroverte en introverte verskil ook in terme van hoeveel tyd en intensiteit hulle in vriendskappe nodig het en bel\u00ea. Ekstroverte het meer behoefte aan interaksie en sal makliker en vroe\u00ebr persoonlike dinge met \u2019n vriend deel.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-wenke-wat-jou-kan-help-om-nou-te-leef\/\">Ja, jy kan &#8216;n gelukkiger lewe lei. Hier&#8217;s hoe<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vriendskap bly \u2019n keuse en nie \u2019n lewenslange plig nie. Volwassenes het dikwels skuldgevoelens oor vriendskappe wat tot niet gaan. \u2019n Vriendskap vervul \u2019n bepaalde behoefte en rol in \u2019n bepaalde fase van jou lewe. Wanneer mense, hul behoeftes en hul omstandighede verander, soos wat meestal met werksverandering die geval is, of die koms van \u2019n baba, egskeiding, die dood van \u2019n lewensmaat of aftrede, het dit \u2019n uitwerking op talle van hul vriendskappe. Nie alle vriendskappe het die diepte en aanpasbaarheid om deur sulke veranderinge staande te bly nie.<\/p>\n<p>Elke nuwe lewensfase en plek bring jou gelukkig in kontak met nuwe mense wat potensieel nuwe vriende is \u2013 mense ontmoet dikwels eers n\u00e1 aftrede van die wonderlikste mense in hul lewe. Om ou, \u201cuitgediende\u201d vriendskappe te laat gaan, skep ruimte en tyd vir nuwe vriende in jou lewe \u2013 nie dat jy nie kosbare vriende vir \u2019n leeftyd het nie, maar nie alle vriendskappe duur \u2019n leeftyd nie.<\/p>\n<p>\u2019n Vriendskap wat by jou negatiewe gedagtes en negatiewe gevoelens skep, steel jou positiewe energie, inhibeer jou en is ongesond. Baie vriendskappe droog natuurlik op wanneer mense se behoeftes en lewe verander. Dis pynliker vir die een wat nog graag met die vriendskap wil voortgaan as vir die een wat nie meer belang stel, of daarvoor kans sien nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-154372 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-gary-barnes-6231589-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe hanteer jy \u2019n ongesonde, onvergenoegde vriendskap?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Skryf neer waarmee jy in die vriendskap ongemaklik en gemaklik is, asook wat dit gee en wat dit vra sodat jy perspektief kan kry.<\/li>\n<li>Bepaal wat jy reeds gedoen het om die probleme te verander. Het dit gewerk? Is daar iets anders wat jy nog kan doen? Wees eerlik met haar en kyk of julle dinge kan uitwerk. Haar kant van die storie en ervaring kan heelwat van jou persepsies verskil. Jy het moontlik ook iets wat jy moet leer.<\/li>\n<li>\u2019n Vriendskap wat nie werk nie, moet be\u00ebindig word.<\/li>\n<li>Maak eers seker van jou motiewe voor jy iemand daarmee konfronteer. Dit mag nie \u2019n uitlaatklep vir jou woede of onverwerkte emosies wees nie, of om iemand te straf of te verneder nie. Dit moet dinge vir jou beter maak en die kwessie vir albei partye sinvol afsluit sodat albei weet waar hulle staan.<\/li>\n<li>Volg \u2019n kalm en eerlike benadering sodat sy verstaan waarom jy ervaar dat jul verhouding nie meer vir jou goed is nie: \u201cEk voel dis nie meer vir my opbouend nie. Ons behoeftes is nie meer dieself-de nie. Ek dink ons moet die vriendskap be\u00ebindig.\u201d<\/li>\n<li>Moenie toelaat dat jy emosioneel gemanipuleer word nie. Hy belowe dalk dat hy sal verander maar dis beloftes wat selde lank hou.<\/li>\n<li>Moenie skuldig voel oor ander dinge en verhoudings wat nie in haar lewe werk nie. Hierdie lewensles kan haar help om die kwessies ook op te los.<\/li>\n<li>As dit nodig is, blok sy nommer op sosiale media.<\/li>\n<li>Hanteer jou gevoelens van verlies.<\/li>\n<li>Bel\u00ea in vriendskappe wat werk.<\/li>\n<li>Dis vir baie mense regtig moeilik om \u2019n vriendskap te laat gaan. Dikwels oorskadu \u2019n mens se emosies en vrees jou gesonde oordeel. Mense is bang om ander seer te maak. Hulle vrees die verlies aan samesyn en die moontlikheid dat die ander een hulle gaan swartsmeer en persoonlike goed sal uitblaker. Die emosies kan soortgelyk wees aan di\u00e9 wat jy ervaar wanneer jy iemand aan die dood afstaan: hartseer, verlange, woede, skuldgevoelens en twyfelvrae: \u201cMoes ek dalk iets anders gedoen het?\u201d<\/li>\n<li>Om \u2019n vriendskap te laat gaan, beteken nie dat jy eensklaps ophou omgee of dit nie mis nie; ook nie dat dit nie waardevol was en wel vir jou op \u2019n gegewe tyd baie beteken het nie. Dit beteken eerder dat jy jouself eerste stel en doen wat nou vir jou goed en gesond is. Uit elke vriendskap leer \u2019n mens lewenslesse wat vir toekomstige verhoudings baie kan beteken.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontklotter-jou-lewe-waar-om-te-begin\/\">Ontklotter jou lewe: Waar om te begin<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wees \u2019n goeie vriendin<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Respekteer, waardeer en geniet jou vriendin vir wie en wat sy is. Ag haar wil en menswees net so belangrik soos jou eie. Di\u00e9 ingesteldheid bring die beste in jou en jou vriende na vore.<\/li>\n<li>Kommunikeer jou behoeftes duidelik en eerlik, asook wat vir jou aanvaarbaar of onaanvaarbaar is. S\u00ea as dit jou pla as sy jou kinders kritiseer.<\/li>\n<li>Beskou konflik as \u2019n groeigeleentheid.<\/li>\n<li>Vra verskoning vir jou foute, wanneer jy oorgereageer het of iets verkeerd ge\u00efnterpreteer het. Vergewe, dit maak heel.<\/li>\n<li>Vertrou jou vriend met jou eie, eerlike weerloosheid. So gee jy iets wat werklik saak maak en vind jy jouself en jou vriend. Wanneer sy jou sonder jou maskers en verdedigingsmeganismes aanvaar, is dit vir haar ook makliker om vir jou ook om te gee. Daar is \u2019n Engelse spreekwoord wat s\u00ea: \u201cSharing is caring\u201d.<\/li>\n<li>Vra klein en groot gunsies, soos \u201cLaai asseblief my kinders op.\u201d Dit gee haar die geleentheid om vir jou iets te beteken en die vrymoedigheid om op haar beurt vir jou iets te vra.<\/li>\n<li>Gee liefde en aanvaarding.<\/li>\n<li>Wees in kontak met jouself, jou verlede, behoeftes en emosies. Ou, onverwerkte wonde maak ook die mense wat jy liefhet, seer. Selfkennis voorkom dat jy oorreageer of bedreig voel.<\/li>\n<li>\u2019n Vriendskap moet jou meer maak en nie minder nie. Dit doen niemand goed om in \u2019n toksiese vriendskap te bly nie. Dit weerhou boonop albei van die geleentheid om ander sinvolle vriendskappe te sluit wat vir elkeen kan gee wat sy nodig het. Niemand sal ooit uit hul foute leer en aanpassings maak wanneer hulle nie die gevolge van hul optrede hoef te dra nie.<\/li>\n<li>Wanneer jy goed is vir jouself, het jy ook die energie en vreugde om dit te deel. Die Amerikaanse digter R.W. Emerson het ges\u00ea die enigste manier om \u2019n goeie vriend te h\u00ea, is om ook een te wees.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-154377 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/pexels-elevate-1267696-500x357.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"357\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe goed is jou vriendskap vir jou?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As talle van die volgende eienskappe nie op jul vriendskap van toepassing is nie, moet jy dit heroorweeg.<\/p>\n<ul>\n<li>Daar is \u2019n lekkerte, geluk en sin in julle saamwees.<\/li>\n<li>Jy weet hy gee werklik om, want jy ervaar sy belangstelling, liefde en aanvaarding en wonder nie waar jy met hom staan nie.<\/li>\n<li>Sy bring die beste in jou na vore en laat jou spesiaal en gewaardeer voel.<\/li>\n<li>Sonder om woorde te weeg kan julle albei s\u00ea wat julle dink en voel. Julle kan onbevange julself wees, met tekortkominge, goeie punte, prestasies en al.<\/li>\n<li>Wanneer dit swaar gaan, is hy daar vir jou maar hy put ook vreugde daaruit wanneer dit met jou goed gaan.<\/li>\n<li>Haar lojaliteit is bo verdenking. Jy weet jy kan haar met enigiets vertrou en selfs al loop dinge tussen julle skeef, sal jou donkerste geheime steeds veilig wees.<\/li>\n<li>Die vriendskap is vir albei \u2019n prioriteit waarin julle tyd, energie en aandag bel\u00ea.<\/li>\n<li>Jou familie, kollegas en vriende geniet ook sy of haar geselskap en wil graag tyd saam met julle deurbring.<\/li>\n<li>Sy bied jou ruimte om ander mense en dinge in jou lewe te h\u00ea en is nie oorafhanklik van jou nie.<\/li>\n<li>Sy stel nie eise nie en laat jou nie misbruik of skuldig voel nie.<\/li>\n<li>Daar is ruimte vir albei se verskille, standpunte, waardes en behoeftes.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/14-redes-hoekom-jy-sleg-slaap-en-wat-jy-daaraan-kan-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen<\/a><\/p>\n<div class=\"mceTemp\"><\/div>\n<p>Anys Rossouw is \u2019n opvoedkundige sielkundige,<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verkoue-griep-of-iets-erger-so-weet-jy\/\">Verkoue, griep of iets erger? S\u00f3 weet jy<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Mens hoef nie alle vriendskappe in stand te hou of reg te maak nie. Sommige mense kan ons maar net laat gaan &#8211; vir ons eie beswil, geluk en vrede<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":154375,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[23443,60333,81785,135,2599],"class_list":["post-121030","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-relationships","tag-jou-lewe","tag-friendship","tag-verhoudings","tag-vriendskap"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u2019n Mens hoef nie alle vriendskappe in stand te hou of reg te maak nie. Hier is raad vir ongesonde vriendskappe - klik hier om meer te lees\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Mens hoef nie alle vriendskappe in stand te hou of reg te maak nie. Hier is raad vir ongesonde vriendskappe - klik hier om meer te lees\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-06-18T13:12:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-25T08:52:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe\",\"datePublished\":\"2025-06-18T13:12:02+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-25T08:52:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/\"},\"wordCount\":2121,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"relationships\",\"jou lewe\",\"friendship\",\"Verhoudings\",\"vriendskap\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/\",\"name\":\"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-06-18T13:12:02+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-25T08:52:10+00:00\",\"description\":\"\u2019n Mens hoef nie alle vriendskappe in stand te hou of reg te maak nie. Hier is raad vir ongesonde vriendskappe - klik hier om meer te lees\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/06\\\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe | rooi rose","description":"\u2019n Mens hoef nie alle vriendskappe in stand te hou of reg te maak nie. Hier is raad vir ongesonde vriendskappe - klik hier om meer te lees","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe | rooi rose","og_description":"\u2019n Mens hoef nie alle vriendskappe in stand te hou of reg te maak nie. Hier is raad vir ongesonde vriendskappe - klik hier om meer te lees","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-06-18T13:12:02+00:00","article_modified_time":"2026-08-25T08:52:10+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe","datePublished":"2025-06-18T13:12:02+00:00","dateModified":"2026-08-25T08:52:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/"},"wordCount":2121,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg","keywords":["relationships","jou lewe","friendship","Verhoudings","vriendskap"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/","name":"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg","datePublished":"2025-06-18T13:12:02+00:00","dateModified":"2026-08-25T08:52:10+00:00","description":"\u2019n Mens hoef nie alle vriendskappe in stand te hou of reg te maak nie. Hier is raad vir ongesonde vriendskappe - klik hier om meer te lees","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/marea-wellness-zN7QfbC7nsE-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hoe goed is jou vriendskap vir jou? Raad vir ongesonde vriendskappe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121030","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=121030"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121030\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":154384,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/121030\/revisions\/154384"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/154375"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=121030"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=121030"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=121030"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}