{"id":120997,"date":"2025-01-08T13:50:08","date_gmt":"2025-01-08T11:50:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=120997"},"modified":"2025-01-08T13:51:33","modified_gmt":"2025-01-08T11:51:33","slug":"raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/","title":{"rendered":"Raak ontslae van jou emosionele bagasie"},"content":{"rendered":"<p><em>Raak ontslae van jou emosionele bagasie deur Mariette Snyman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Skud dit af!<\/h4>\n<p>Stel jou voor hoe gaaf dit sou wees as ons elke dag onbelemmerd kon aanpak &#8211; sonder \u2019n enkele verwyt oor wat ek die vorige week versuim het, kommer oor iemand vir wie ek dalk meer behoort te beteken, of \u2019n nare herinnering aan \u2019n onreg wat ek vroe\u00ebr aangedoen is.<\/p>\n<p>Let maar op na die kwelvrae wat ongenooid by jou opkom: \u201cMoes ek nie maar \u2026 ?\u201d; \u201cWat as ek nie hulp aanbied nie \u2026 ?\u201d; \u201cHoekom het dit tog gebeur?\u201d<\/p>\n<p>Di\u00e9 gedagtes wys jy gee om. Die meeste van ons wil graag goed wees vir ons nabymense, vir die gemeenskap en vir onsself \u2013 gewoonlik in daardie volgorde! Maar as jy mooi daaroor dink, hou die bydrae wat jy lewer direk met jou eie geestesgesondheid verband. As jou hart lig is en jou kop skoon, kan jy \u2019n situasie raak opsom en sinvol optree. Worstel jy met emosionele pyn, is dit moeiliker.<\/p>\n<p>Die gulde re\u00ebl is dus: as jy wil help, help eers jouself!<\/p>\n<p>Om vry te wees van emosionele bagasie is \u2019n grootse ideaal. Gelukkig maak die kleinste vraggie waarvan jy ontslae raak, al \u2019n verskil. Di\u00e9 artikel fokus op blaam in twee baadjies: selfverwyt, en om ander vir jou ongelukkigheid verantwoordelik te hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dis hulle skuld<\/h4>\n<p>Dis \u2019n feit dat goeie \u00e9n slegte dinge met goeie mense gebeur. Maar wanneer iemand aan die kortste ent trek en nie in staat is om dit te verwerk nie, kan dit hul gemoed vergiftig.<\/p>\n<p>\u201cHoe weet jy jy sleep \u2019n emosionele las saam? Wanneer jy jouself gereeld daaroor hoor praat, al het dit lank terug gebeur.\u201d S\u00f3 s\u00ea Ilze Alberts, Johannesburgse sielkundige wat in gesinsgedragstrategie en die verwerwing en bestuur van rykdom spesialiseer.<\/p>\n<p>\u201cGevoelens, persepsies en uitdagings wat ons uit die verlede saamdra, kan \u2019n groot invloed op die hede uitoefen. Jy is byvoorbeeld \u2019n paar jaar gelede afgedank, maar jy skryf jou finansi\u00eble probleme steeds daaraan toe. Of jy vertel vir almal hoe jou man jou twintig jaar terug verlaat het en dat jy nou alleen is.<\/p>\n<p>\u201cSodra jy besef jy praat in \u2019n wrokkige of bitter toon oor die verlede, moet jy die moontlikheid oorweeg dat jy in victim mode is. Hoewel dit nie lekker is om dit te erken nie, hou \u2019n slagoffer-situasie \u00e1ltyd een of ander voordeel in. Dalk voel ander vir jou jammer, of stel hulle minder eise aan jou.<\/p>\n<p>\u201cIn die tyd van die Romeine kon \u2019n moordenaar blykbaar gestraf word deur die lyk van die vermoorde op sy rug vas te bind. Mettertyd het hierdie afgryslike vrag sy dood veroorsaak.<\/p>\n<p>\u201cOm te voorkom dat jy ook \u2019n nare las saamdra, moet jy besef jy kan die lewe nie beheer nie. Jy kies nie dat \u2019n liefdesteleurstelling of \u2019n miskraam jou tref nie. Jy kies wel hoe jy daarop gaan reageer. En jou siening van die werklikheid gee die deurslag.<\/p>\n<p>\u201cJou ervaring verklap deur watter soort lense jy kyk. Voel jy lank hopeloos, hulpeloos, en sonder eiewaarde, het jy moontlik in die pyn van die verlede vasgeval.<\/p>\n<p>\u201cDie menslike gedragspesialis dr. John Demartini s\u00ea ons kies elke dag om blomme of onkruid in ons gedagtew\u00eareld te plant. Onkruid groei sonder dat dit natgegooi of versorg word. Wanneer ons dit verwyder, groei dit eenvoudig weer. Maar as ons dit uittrek en blomme op dieselfde plek plant, word die onkruid minder.<\/p>\n<p>\u201cDis nie ingewikkeld om slagofferdenke deur besielende gedagtes te vervang nie maar dis harde werk. En jy kan dit net doen as jy w\u00edl aanbeweeg.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/slaan-slegte-gewoontes-hok\/\">10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135622 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/anastasia-nelen-Y7AwRJmfC0I-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cBaie mense weet nie hoe om \u2018onkruid\u2019 deur \u2018blomme\u2019 te vervang nie. Een manier is om \u2019n paar indringende vrae skreiend eerlik te beantwoord, soos:<\/p>\n<ul>\n<li>Watter voordeel het daardie aardskuddende krisis vir my ingehou?<\/li>\n<li>Wat het ek daaruit geleer?<\/li>\n<li>Hoe het dit my gehelp om die mens te word wat ek vandag is?<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDie Griekse filosoof Aristoteles het ges\u00ea<em> \u2018every stressing has an equal and opposite blessing\u2019.<\/em> Die antwoorde op jou vrae sal hierdie balans na vore bring. Van die ooglopendste voordele van emosionele pyn is dat jy veerkragtig en onafhankliker raak en dieper insig in die lewe kry.\u201d<\/p>\n<p>Kan jy self \u201conkruid\u201d in \u201cblomme\u201d omskep, of kort jy begeleiding?<\/p>\n<p>\u201cDie meeste mense het hulp nodig om die ander kant van \u2019n saak in te sien. Lees \u2019n selfhelpboek, praat met \u2019n wyse vriend, luister na praatjies op die Internet, of woon \u2019n werkwinkel by. Ek beveel The Breakthrough Experience met dr. John Demartini van harte aan.<\/p>\n<p>\u201cProfessionele hulp is wyd beskikbaar. Selfs mense in afgele\u00eb gebiede kan aanlynsessies aanvra, en mediese fondse betaal \u2019n gedeelte van professionele tariewe. Die belangrikste is dat jy met die terapeut oor die weg kom.<\/p>\n<p>\u201cGaan so gou moontlik oor tot aksie,\u201d s\u00ea Ilze. \u201cHelp jouself deur hulp te soek!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Jy lewer jy die waardevolste bydrae wanneer jou eie beker vol is <\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dis my skuld<\/h4>\n<p>Selfverwyt is \u2019n subtiele vorm van emosionele bagasie. Baie vroue het grootgeword met die oortuiging dat dit belangriker is om te vra: \u201cIs my mense gelukkig?\u201d as: \u201cIs \u00e9k gelukkig?\u201d<\/p>\n<p>Dit klink na \u2019n edel ingesteldheid om ander eerste te stel, maar weer eens lewer jy die waardevolste bydrae wanneer jou eie beker vol is. Op die lang duur lei opoffering tot wrokkigheid, wat verhoudings, jou gemoedstoestand en jou immuunstelsel benadeel.<\/p>\n<p>Dis \u2019n kuns om \u2019n gesonde balans tussen jou eie en ander se behoeftes te handhaaf. En die eise kom in soveel gedaantes &#8211; van kinders, \u2019n lewensmaat, ouers, familie, vriende, werkers, troeteldiere tot die skool, kerk, liefdadigheidsorganisasies \u00e9n jou werk.<\/p>\n<p>In haar boek Natural Superwoman praat Rosamond Richard-son van die guilt trap: \u201cDie fantasie van die volmaakte vrou sterf nie sommer nie. Is jy \u2019n voorslag by die werk en \u2019n betrokke ma, maar voel jy skuldig omdat jy kwalik uitblink in kook en huishou?<\/p>\n<p>\u201cSkuldgevoelens rig jou besluite en beheer so jou lewe. Omdat jy nie in beheer is nie, ervaar jy onsekerheid. Jy wil jouself gedurig regverdig en probeer vir jou gewaande tekortkominge vergoed. Verander die omstandighede wat jou skuldig laat voel, of verander jou denke!\u201d<\/p>\n<p>Vra jou bv. af hoe jou \u201ctekortkominge\u201d ander bevoordeel, soos om jou man in die geheimenisse van die kombuis in te lyf.<\/p>\n<p>Het j\u00fd spesifieke riglyne wanneer eise aan jou deur kom klop?<\/p>\n<p>Hoe besluit jy wie jy gaan help en watter vorm jou hulp gaan aanneem? Of s\u00ea jy outomaties ja omdat dit is wat \u2019n \u201cgoeie vrou\u201d doen?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135620 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/anastasia-nelen-Gtp-KFEx5z4-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kry hulp &#8211; 8 dinge wat jy nou kan doen om ontslae te raak vir jou emosionele bagasie<\/h4>\n<p>Wanneer jy met \u2019n ingewikkelde situasie te make het, kan die volgende dalk help:<\/p>\n<ol>\n<li>Stel vas op wie se gebied die situasie val.<\/li>\n<li>Vra jou af: Wat is die feite indien ek die situasie nie emo-sioneel inkleur nie? Byvoorbeeld: \u201cmy broer het sy werk verloor\u201d instede van \u201cmy broer het sy werk verloor en nou voel ek verantwoordelik vir hom en sy gesin\u201d.<\/li>\n<li>Hoe het jy tot die probleemsituasie, soos \u2019n vriend se geldnood, bygedra? Was jy enigsins betrokke? Moet jou steun groter wees as jou aandeel aan die probleem?<\/li>\n<li>Wees bewus van die tyd wat die probleem in jou gedagtew\u00eareld opneem. Soms kan jy praktiese hulp verleen sonder om daglank daaroor te tob.<\/li>\n<li>Watter vorms van hulp (behalwe joune) is beskikbaar indien iemand \u2019n kwessie soos \u2019n regsprobleem moet oplos? Dink aan hulporganisasies, steungroepe, webwerwe, professionele hulp &#8230;<\/li>\n<li>Waar l\u00ea die probleem op jou prioriteitslys? Gaan jy tyd, geld of energie bestee om \u2019n kennis te help wanneer jou kinders aandag vereis?<\/li>\n<li>Hoe sou dit jou op \u2019n praktiese en emosionele vlak bevoordeel indien jy minder betrokke was? Sou jy dalk by \u2019n betekenis-voller projek of aktiwiteit kon uitkom?<\/li>\n<li>Kyk van twee kante na die probleemsituasie en vra jou eerlik af: wat is die voordele \u00e9n nadele vir diegene wat dit ervaar? As jy die positiewe sowel as die negatiewe kan sien, verander dit jou persepsie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Om te weet hoeveel verantwoordelikheid ons vir ander moet aanvaar, bly \u2019n moeilike kwessie. Ons wil ander se welsyn op die hart dra, maar daar is \u2019n fyn lyn tussen omgee wat iemand bemagtig en omgee wat hulle (en onsself) skade doen. Het ons maar Salomo se wysheid gehad!<\/p>\n<p>Gelukkig kan ons ons emosionele bagasie met bewustheid hanteer deur verwyt en selfverwyt minder vatplek te gee. En wanneer alles te ernstig raak, moet ons dalk maar \u2019n slaggie lag!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135623 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/anastasia-nelen-z6rKLNNYEw8-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Dis \u2019n kuns om \u2019n gesonde balans tussen jou eie en ander se behoeftes te handhaaf<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Tien vrae wat jy jouself moet vra<\/h4>\n<p>Die volgende tien duiwelsadvokaat-vrae is bedoel om insigte aan te wakker wat jou kan help om versoeke realistieser te benader.<\/p>\n<p>Dit geld nie noodwendig die aansprake van kinders nie &#8211; hulle is dikwels \u2019n spesiale geval.<\/p>\n<p>Daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie \u2013 hopelik slegs meer helderheid oor die omvang van jou verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Glo jy dat jy slegs \u2019n goeie mens is as jy alles vir almal is? Gaan drink jy byvoorbeeld koffie saam met \u2019n vriendin terwyl jy na alleentyd smag?<\/li>\n<li>Moet jy \u00e1lles wat skeefloop, regstel &#8211; of dit nou \u2019n lewensmaat is wat die pad byster raak of \u2019n bejaarde ouer wat sukkel om die lewe te hanteer?<\/li>\n<li>Vra jy mense wat jy wil help hoe hulle die situasie ervaar en watter oplossing hulle in gedagte het, of maak jy aannames oor hoe hulle voel en oor wat behoort te gebeur? As iemand byvoorbeeld studeer en nie deurkom nie, re\u00ebl jy sonder meer ekstra onderrig?<\/li>\n<li>Beskou jy diegene met die krisis onbewustelik as iemand met minder gesonde verstand, kreatiwiteit, ondernemingsgees of vaardighede as jy?<\/li>\n<li>Wat sou gebeur indien jy hulle toelaat om die probleem self op te los? Het hulle innerlike bronne of ander hulpmiddels, en kan die krisis daartoe lei dat hulle hul eie krag ontdek?<\/li>\n<li>Probeer jy \u2019n verhouding tussen ander partye fasiliteer? Verduidelik jy byvoorbeeld gedurig aan die kleinkinders hoekom oupa onaanvaarbaar optree sodat oupa nooit hul ware reaksie ervaar nie?<\/li>\n<li>Probeer jy iemand teen haarself beskerm, byvoorbeeld teen \u2019n oormatige kooplus? Wat sal gebeur as sy die gevolge van haar optrede ten volle ervaar?<\/li>\n<li>Is dit vir jou moeilik om die uitkoms van \u2019n knelkwessie aan ander oor te laat omdat \u2019n sekere uitkoms by jou waardestelsel pas? Sal jy jou byvoorbeeld skaam as \u2019n familielid se huweliksprobleme tot \u2019n egskeiding lei?<\/li>\n<li>Hoeveel beheer het jy oor die saak waarvoor jy verantwoordelikheid neem? Beheer en verantwoordelikheid loop hand aan hand. As jy jou ma se leefstylsiekte wil bestuur, is die vraag: het jy beheer oor haar dieet, oefenprogram, neem van medikasie, en veral haar uitkyk?<\/li>\n<li>Is die verhouding met diegene wat jy wil help \u2019n eenrigtingstraat? Is jy die een wat altyd ingryp, of is daar wedersydse steun?<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-2025-jou-beste-jaar\/\">Maak vanjaar jou beste jaar<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy ligvoets vorentoe beweeg. Dra j\u00fd dalk \u2019n onnodige las? <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":150091,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,651,662],"tags":[135,23443,47008,47155,60333],"class_list":["post-120997","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-relationships","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Raak ontslae van jou emosionele bagasie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy ligvoets vorentoe beweeg. Raak ontslae van jou emosionele bagasie\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Raak ontslae van jou emosionele bagasie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy ligvoets vorentoe beweeg. Raak ontslae van jou emosionele bagasie\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-01-08T11:50:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-01-08T11:51:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Raak ontslae van jou emosionele bagasie\",\"datePublished\":\"2025-01-08T11:50:08+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-08T11:51:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/\"},\"wordCount\":1836,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"relationships\",\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/\",\"name\":\"Raak ontslae van jou emosionele bagasie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg\",\"datePublished\":\"2025-01-08T11:50:08+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-08T11:51:33+00:00\",\"description\":\"Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy ligvoets vorentoe beweeg. Raak ontslae van jou emosionele bagasie\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/01\\\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Raak ontslae van jou emosionele bagasie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Raak ontslae van jou emosionele bagasie | rooi rose","description":"Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy ligvoets vorentoe beweeg. Raak ontslae van jou emosionele bagasie","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Raak ontslae van jou emosionele bagasie | rooi rose","og_description":"Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy ligvoets vorentoe beweeg. Raak ontslae van jou emosionele bagasie","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-01-08T11:50:08+00:00","article_modified_time":"2025-01-08T11:51:33+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Raak ontslae van jou emosionele bagasie","datePublished":"2025-01-08T11:50:08+00:00","dateModified":"2025-01-08T11:51:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/"},"wordCount":1836,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg","keywords":["Verhoudings","relationships","personal growth","persoonlike groei","jou lewe"],"articleSection":["Persoonlike groei","Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/","name":"Raak ontslae van jou emosionele bagasie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg","datePublished":"2025-01-08T11:50:08+00:00","dateModified":"2025-01-08T11:51:33+00:00","description":"Emosionele bagasie rus swaar op jou skouers. Dit kleur jou gemoed en keer dat jy ligvoets vorentoe beweeg. Raak ontslae van jou emosionele bagasie","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/pexels-vlada-karpovich-7368191.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Raak ontslae van jou emosionele bagasie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120997","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=120997"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120997\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/150091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=120997"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=120997"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=120997"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}