{"id":120986,"date":"2024-09-13T13:34:31","date_gmt":"2024-09-13T11:34:31","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=120986"},"modified":"2024-09-13T13:34:07","modified_gmt":"2024-09-13T11:34:07","slug":"maak-nuuskierige-kinders-groot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/","title":{"rendered":"Maak nuuskierige kinders groot!"},"content":{"rendered":"<p><em>Maak nuuskierige kinders groot! deur Mariette Snyman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ma, ek wil weet!<\/h4>\n<p>&#8220;Mamma, wat beteken \u2026 ? Watter een \u2026 ? Hoekom is \u2026 ?\u201d<\/p>\n<p>Vrae, die een na die ander.<\/p>\n<p>Sommige jong kinders vra tot honderd vrae binne \u2019n uur, s\u00ea die navorsing. En di\u00e9 verskynsel moet jou nie teen die mure uitdryf nie. Nee, jy moet jou verheug oor jou weetgierige spruit!<\/p>\n<p>Dit verg natuurlik selfbeheersing, veral as jy grootgeword het met die spreekwoord \u201cvan nuuskierigheid is die tronk vol en die kerk leeg\u201d.<\/p>\n<p>Ian Leslie, skrywer van Curious: the Desire to Know &amp; Why your Future Depends on it (Quercus, 2014) het \u2019n gans ander uitkyk. \u201cNuuskierige mense is geneig om slimmer, kreatiewer \u00e9n suksesvoller te wees. Ongelukkig word leergierigheid dikwels onderskat of verkeerd verstaan. Hoewel ons almal daarmee gebore word, verloor baie mense di\u00e9 vermo\u00eb. Nuuskierigheid is soos \u2019n spier wat gereeld oefening moet kry. Dit kan beskryf word as \u2019n gewoonte &#8211; een wat ouers, skole, werkplekke en individue moet koester om dit te laat gedy.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan jy t\u00e9 nuuskierig wees?<\/h4>\n<p>Dis natuurlik waar dat mense wat (veral kritiese) vrae vra deur die eeue met agterdog beje\u00ebn en selfs tereggestel is. <em>\u201cCuriosity is insubordination in its purest form,\u201d<\/em> het die romanskrywer Vladimir Nabokov dit raakgevat. Dit kan riskant wees om vrae te vra aan iemand in \u2019n gesagsposisie &#8211; of dit nou jou pa is, \u2019n onderwyser, of die verteenwoordiger van \u2019n regeringstelsel of ander maatskaplike instellings.<\/p>\n<p>Verwerping is \u2019n verdere gevaar wat weetgieriges op die lyf loop. Het j\u00fd in die klaskamer vrae gevra sonder om twee keer te dink? Die meeste van ons is bang ander spot met ons onkunde. Daarby verg \u201cgoeie maniere\u201d en politieke korrektheid dat jy nie aanstoot gee deur emosioneel gelaaide onderwerpe soos godsdiens, seksualiteit en die politiek aan te raak nie.<\/p>\n<p>Dis ironies: geleerdheid en oorspronklike denke word o\u00ebnskynlik hoog aangeslaan, maar dit bly \u2019n waagstuk om meer inligting te versoek of te laat blyk dat jy anders dink. Soos Leslie dit stel: \u201cElkeen, van Galileo tot Charles Darwin tot Steve Jobs, kan daarvan getuig dat \u2019n ondersoekende ingesteldheid jou die een of ander tyd in konflik met gesag bring.\u201d<\/p>\n<p>Hoekom sou jy dan jou kind wou aanmoedig om nuuskierig oor die werklikheid te wees?<\/p>\n<p>Eerstens verhoog weetgierigheid ons lewensgehalte. Het jy geweet ons is evolusion\u00ear bedraad om plesier uit die soektog na inligting te put? Neurowetenskaplikes het bevind weetgierige vrae stimuleer die koudaatnukleus, di\u00e9 deel van die brein wat met leer, visuele skoonheid en romantiese liefde verbind word. Die koudaatnukleus is ryk aan neurone wat dopamien vervoer,<br \/>\n\u2019n chemiese stof wat deur ons brein stroom wanneer ons kos of seks geniet.<\/p>\n<p>Kinders wat \u201cwil weet\u201d vind die lewe nie net meer bevredigend nie, maar het ook \u2019n groter kans op studie- en loopbaansukses. \u201cOpvoedingsvlak is die grootste enkele bepaler van mense se potensiaal om welvarend te wees,\u201d skryf Leslie. \u201cIn Amerika verdien gegradueerdes vandag tagtig persent meer as studente wat nie hul ho\u00ebrskoolloopbaan voltooi het nie. Akademiese prestasie is die sleutel tot tersi\u00eare onderrig.<\/p>\n<p>\u201cOns weet almal intelligensie het \u2019n invloed op akademiese sukses, maar studente se houding teenoor die leerproses is van kernbelang. Dink maar aan eienskappe soos deursettingsvermo\u00eb, selfdissipline en veerkragtigheid. Deesdae beland intellectual curiosity toemenend onder die soeklig. Navorsers meen intelligensie, pligsbesef en nuuskierigheid is die drie pilare van akademiese prestasie.<\/p>\n<p>\u201cOm die waarheid te s\u00ea is daar nou die eerste keer \u2019n wetenskaplike instrument wat intellektuele nuuskierigheid meet: die <em>\u201cneed for cognition\u201d<\/em> of NFC. NFC meet onder meer die honger na nuwe kennis, asook kognitiewe en deursettingsvermo\u00eb. Die drang om sin te maak van die werklikheid is \u2019n universele eienskap, maar sommige mense verkies kortpaadjies terwyl ander langer, ryker intellektuele roetes neem.<\/p>\n<p>Sielkundiges gebruik NFC om vas te stel hoe hoog mense in di\u00e9 verband toets. Die telling bly nie noodwendig konstant nie \u2013 ons kan enige tyd kognitief \u2018lui\u2019 raak!<\/p>\n<p>\u201cMense met \u2019n ho\u00eb NFC-telling is die beste keuse vir poste waarin hulle nie bloot prosedures moet volg of op versoeke moet reageer nie, maar indringende vrae moet vra en probleme moet oplos.<\/p>\n<p>Hulle kan die kognitiewe uitdagings in kennisryke velde soos finansies en sagteware-ontwikkeling goed hanteer. Gewoonlik maak hulle maklik kreatiewe verbintenisse tussen studievelde, en daarom is hulle ideale kandidate vir interdissiplin\u00eare spanne. Hulle is in die gelukkige posisie dat rekenaars nie sommer hul werk sal kan oorneem nie. Van geen rekenaar, hoe gesofistikeerd ook al, kan ges\u00ea word dat dit nuuskierig is nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-134239 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/leo-rivas-wtxcaDIdOCM-unsplash-500x332.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"332\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Drie soorte nuuskierigheid<\/h4>\n<p>Ons het reeds van kleins af \u2019n oog vir iets nuuts. Wanneer babas van twee maande deur bekende en onbekende patrone gekonfronteer word, verkies hulle die onbekendes. Di\u00e9 voorkeur vir \u2019n verskeidenheid prikkels staan as<strong><em> diversive curiosity<\/em> <\/strong>bekend.<\/p>\n<p>\u201cDiverse nuuskierigheid is \u2019n rustelose verlange na <em>the next thing,<\/em>\u201d s\u00ea Leslie. \u201cOns moderne w\u00eareld speel slim hierop in. Elke twiet, koerantopskrif, advertensie, blog post en app dra die belofte van \u2019n bevrediging wat ons ongeduldig bly begeer, maar selde kry.<\/p>\n<p>\u201cPopul\u00eare vermaak beweeg al vinniger om ons aandag te behou. Die gemiddelde skoot in vandag se Amerikaanse flieks is sowat twee sekondes, teenoor 27,9 sekondes in 1953.\u201d<\/p>\n<p>In wese is diverse nuuskierigheid oppervlakkig. Dit raak maklik \u2019n rigtinglose rondspring van een prikkel na die volgende maar dit is ook noodsaaklik vir leergierigheid, want dit vestig ons aandag op die onontdekte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-134242 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/senjuti-kundu-JfolIjRnveY-unsplash-398x600.jpg\" alt=\"\" width=\"398\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit kan die poort wees tot \u2019n insigryker soeke na kennis: die tweede vorm van nuuskierigheid, <strong><em>epistemic curiosity.<\/em><\/strong> Epistemiese nuuskierigheid behels die stadige, gedissiplineerde, soms frustrerende inwin van kennis. Dit verg volgehoue inspanning en is \u2019n voorwaarde vir gespesialiseerde kennis oor \u2019n onderwerp.<\/p>\n<p>Derdens kry ons <strong>empatiese nuuskierigheid,<\/strong> \u2019n intense belangstelling in ander se denke en gevoelens. Dis dieper as \u201cskindernuuskierigheid\u201d, wat eintlik diverse nuuskierigheid oor die detail van ander se lewe is.<\/p>\n<p>Deur empatiese nuuskierigheid probeer jy jou in iemand se plek stel. Diverse nuuskierigheid laat jou wonder watter werk iemand doen, terwyl empatiese nuuskierigheid jou laat vra hoekom sy daardie werk gekies het.<\/p>\n<p>Jy kan jou kind (en jouself!) dophou om te sien watter vorms van nuuskierigheid eie aan hom is. Die ideaal is dat diverse in epistemiese nuuskierigheid omskep word, sodat hy hom in spesifieke velde kan ingrawe &#8211; vir studiedoeleindes of individuele vervulling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-134240 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/alexander-dummer-gZlsrMPwz0o-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter rol speel die Internet?<\/h4>\n<p>Die Internet is \u2019n speelplek waar elke vorm van nuuskierigheid tot sy reg kan kom. Empatiese nuuskieriges kan hulle na hartelus in ander se gedagtes en innerlike belewenisse verlustig.<\/p>\n<p>Epistemiese nuuskierigheid kan deur dieptenavorsing oor byna enige onderwerp bevredig word. En die Internet is vanselfsprekend \u2019n onuitputlike bron vir diverse nuuskieriges \u2013 jy kan tot jou grysheid van webwerf na webwerf spring \u2013 maar soos enige kragtige hulp-middel moet die Internet oordeelkundig gebruik word, veral deur kinders wat \u2019n groot deel van hul dag daar deurbring.<\/p>\n<p>\u201cAs jy glo jy kan net mooi enigiets met jou slimfoon vasstel, sal jy waarskynlik minder moeite doen om di\u00e9 soort kennis na te speur wat jou krities na Google se antwoorde laat kyk,\u201d s\u00ea Leslie.<\/p>\n<p>Gebruikers moet weet dat die toeganklikheid van inligting op die Internet vervlakking kan meebring. Leslie gebruik die voorbeeld van<em> \u201cpuzzles\u201d<\/em> en <em>\u201cmysteries\u201d. <\/em><\/p>\n<p>\u2019n Raaisel is iets wat \u2019n enkele antwoord het, byvoorbeeld watter karakter in \u2019n speurroman die moord gepleeg het. \u2019n Misterie dui op \u2019n wyer kwessie, soos die definisie van skoonheid (jy kan dit mos aan woorde en die natuur ook toeskryf, nie net aan sekere vroue nie!)<\/p>\n<p>\u201cDie gevaar van die Internet is dat dit kitsantwoorde op raaisels verskaf. Dit voorkom produktiewe frustrasie \u2013 die begeerte om iets te wete te kom en aan te hou soek tot jy uiteindelik die oplossing kry, soos wanneer jy \u2019n speurroman lees. Navorsing dui daarop dat hoe meer moeite dit verg om inligting te verwerk, hoe beter leer ons. Ons ontwikkel ook ekstra vaardighede, soos om leidrade raak te sien en die belangrikheid daarvan te beoordeel. Kitsantwoorde ontneem jou van di\u00e9 verrykende aspekte van \u2019n ontdekkingstog.<\/p>\n<p>\u201cDie Internet is ook geneig om misteries tot raaisels te vervlak. Kinders kan \u201cskoonheid\u201d google en met \u2019n kort antwoord tevrede wees, terwyl dit \u2019n verwikkelde begrip is wat jou dae lank kan besig hou.<\/p>\n<p>\u201cDie Internet gee ons meer leergeleenthede as ooit tevore, maar maak dit ook moontlik om ons glad nie aan hierdie onont-ginde rykdom te steur nie,\u201d beklemtoon Leslie. Volwassenes wat dit besef, kan leergierigheid op ander maniere stimuleer (sien hieronder: Kweek nuuskierige agies.)<\/p>\n<p>Die toekoms behoort aan die nuuskieriges.<\/p>\n<p>Dalk is die eenvoudigste manier om jou kind tot verwondering aan te spoor \u2019n oor wat graag luister, en \u2019n eerlike antwoord op \u00e9lk van jou kind se vrae.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-134238 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/ben-white-4K2lIP0zc_k-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kweek nuuskierige agies<\/h4>\n<ul>\n<li>Navorsers verstaan nou beter waarom babas van sowat \u2019n jaar met die vinger na voorwerpe begin wys. As dit geen reaksie uitlok nie, hou die kind op \u201cvra\u201d. As \u2019n volwassene elke keer bloot die voorwerp vir die kind gee, wys die kind minder dikwels. As die volwassene die voorwerp \u2019n naam gee, wys die kind al meer. Gee die volwassene die verkeerde name aan bekende voorwerpe, hou die kleintjie later op wys.<\/li>\n<li>Kleuters jonger as dertig maande vra meestal \u201cwat\u201d- en \u201cwaar\u201d-vrae. Op drie vorder hulle na \u201choe\u201d en \u201choekom\u201d, wat verduidelikings eerder as net feitelike inligting verg. Tussen twee en vyf jaar vra woelwaters sowat 40 000 vrae wat verduidelikings behels. Dit stel geweldige eise aan ouers wat soms net \u2019n oomblik se stilte begeer! Aan die ander kant kan elke reaksie op \u2019n kind se vrae sy weetlus aanvuur of smoor.<\/li>\n<li>Bevorder jy kinders se nuuskierigheid slegs deur hul vrae getrou te antwoord? Nee! Navorsing onder vierjariges toon dat di\u00e9 wat meer vrae van hul ouers kry, ook meer vrae vra. Ouers wat baie vrae vra, is ook geneig om die kind se antwoorde as wegspringplekke vir \u201ckettinggeselsies\u201d te gebruik deur daarop uit te brei of daarby aan te haak.<\/li>\n<li>Kinders stel selde belang in \u2019n onderwerp waarvan hulle niks weet nie. Al het ouers min tyd, kan hulle gereeld \u2019n kwartiertjie afknyp om hul kind aan interessante onderwerpe bloot te stel. Voorbeelde van kleurryke, fassinerende boeke vir laerskoolkinders oor \u2019n magdom onderwerpe is Children\u2019s Facts (MapStudio, 2016) en My Eerste Ensiklopedie en die Hoekom Ensiklopedie (albei oorspronklik deur Dorling Kindersley en vertaal deur LAPA, 2016).<\/li>\n<li>\u2019n Lekker gesprek maak \u2019n onderwerp lewendig. Knoop doelbewus geselsies oor interessanthede aan terwyl julle TV-kyk of inkopies doen \u2013 byvoorbeeld: \u201cSien jy daardie babarenoster? Hoekom dink jy \u2026 \u201d en \u201cWat sou gebeur as hierdie wasmasjien \u2026 \u201d<\/li>\n<li>Leer jou kind om met haar eie vrae vorendag te kom. As jy haar vir \u2019n lugweginfeksie dokter toe vat, vra vooraf wat sy die dokter alles wil vra. Dalk onthou sy dat haar deodorant \u2019n allergiese reaksie veroorsaak. S\u00f3 leer sy om verder te dink \u00e9n om met selfvertroue vrae te vra.<\/li>\n<li>Anders as wat sommige mense meen, maak die Internet feitekennis van \u2019n vakgebied nie oorbodig nie. Denkvaardighede en kreatiwiteit word nie in \u2019n lugleegte aangeleer nie; dit verg \u2019n konteks. \u2019n Stewige basiskennis van velde soos wiskunde is noodsaaklik. Ons stoor slegs \u2019n paar items in ons korttermyngeheue, en dit raak meestal binne 30 sekondes verlore tensy dit aan iets in die langtermyngeheue gekoppel kan word. \u2019n Ryk langtermyngeheue help met leer, en bevorder ook probleemoplossing. Wanneer die onderliggende elemente van \u2019n probleem (soos die simbole in \u2019n som) bekend is, is daar meer breinkapasiteit beskikbaar vir die daadwerklike oplossing (om die antwoord uit te werk.)<\/li>\n<li>Feitekennis kan kreatiwiteit \u2019n hupstoot gee. \u201cJy moet \u2019n gebied se re\u00ebls deeglik ken voor jy hulle kan buig of breek,\u201d skryf Leslie. \u201cSelfs geniale mense bestudeer hul velde jare lank voor hulle \u2019n meesterstuk lewer. Mozart het sy eerste musiekstuk van blywende artistieke waarde eers in sy twaalfde jaar gekomponeer.\u201d Ondersteun dus jou kind in die aanleer van feitekennis.<\/li>\n<\/ul>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-134241 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/alexander-dummer-x4jRmkuDImo-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-hoekom-jou-kind-meer-tyd-moet-kry-om-te-speel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Dis hoekom jou kind meer tyd moet kry om te speel<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuuskierigheid, \u2019n honger na kennis, \u2019n ondersoekende gees \u2013 die Engelse woord \u2018curiosity\u2019 word moeilik vertaal. Dink jy nuuskierige kinders het \u2019n voorsprong? <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":147897,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[24736,60333,134,23444],"class_list":["post-120986","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-family","tag-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-parenting"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Maak nuuskierige kinders groot! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Maak nuuskierige kinders groot! Nuuskierigheid, \u2019n honger na kennis, \u2019n ondersoekende gees \u2013 die Engelse woord \u2018curiosity\u2019 word moeilik vertaal.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Maak nuuskierige kinders groot! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Maak nuuskierige kinders groot! Nuuskierigheid, \u2019n honger na kennis, \u2019n ondersoekende gees \u2013 die Engelse woord \u2018curiosity\u2019 word moeilik vertaal.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-09-13T11:34:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1919\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1364\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Maak nuuskierige kinders groot!\",\"datePublished\":\"2024-09-13T11:34:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/\"},\"wordCount\":1976,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg\",\"keywords\":[\"family\",\"jou lewe\",\"ouerskap\",\"parenting\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/\",\"name\":\"Maak nuuskierige kinders groot! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg\",\"datePublished\":\"2024-09-13T11:34:31+00:00\",\"description\":\"Maak nuuskierige kinders groot! Nuuskierigheid, \u2019n honger na kennis, \u2019n ondersoekende gees \u2013 die Engelse woord \u2018curiosity\u2019 word moeilik vertaal.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/09\\\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg\",\"width\":1919,\"height\":1364},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-nuuskierige-kinders-groot\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Maak nuuskierige kinders groot!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Maak nuuskierige kinders groot! | rooi rose","description":"Maak nuuskierige kinders groot! Nuuskierigheid, \u2019n honger na kennis, \u2019n ondersoekende gees \u2013 die Engelse woord \u2018curiosity\u2019 word moeilik vertaal.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Maak nuuskierige kinders groot! | rooi rose","og_description":"Maak nuuskierige kinders groot! Nuuskierigheid, \u2019n honger na kennis, \u2019n ondersoekende gees \u2013 die Engelse woord \u2018curiosity\u2019 word moeilik vertaal.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-09-13T11:34:31+00:00","og_image":[{"width":1919,"height":1364,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Maak nuuskierige kinders groot!","datePublished":"2024-09-13T11:34:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/"},"wordCount":1976,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg","keywords":["family","jou lewe","ouerskap","parenting"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/","name":"Maak nuuskierige kinders groot! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg","datePublished":"2024-09-13T11:34:31+00:00","description":"Maak nuuskierige kinders groot! Nuuskierigheid, \u2019n honger na kennis, \u2019n ondersoekende gees \u2013 die Engelse woord \u2018curiosity\u2019 word moeilik vertaal.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/pexels-mahmoud-yahyaoui-28386683.jpg","width":1919,"height":1364},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-nuuskierige-kinders-groot\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Maak nuuskierige kinders groot!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120986","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=120986"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120986\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/147897"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=120986"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=120986"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=120986"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}