{"id":120963,"date":"2023-01-23T11:30:42","date_gmt":"2023-01-23T09:30:42","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=120963"},"modified":"2023-01-24T10:08:09","modified_gmt":"2023-01-24T08:08:09","slug":"is-vrees-jou-vriend-of-vyand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/","title":{"rendered":"Is vrees jou vriend of vyand?"},"content":{"rendered":"<p><em>Is vrees jou vriend of vyand? deur Anet Schoeman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vrees: Vriend of vyand?<\/h4>\n<p>Vrees is \u2019n noodsaaklike oorlewingsmeganisme wat ons voorsate uit die kloue van wilde diere gehou het. Nuwe uitdagings wat vrees inboesem, leer jou deursettingsvermo\u00eb en dapperheid &#8211; albei eienskappe wat ons nodig het om voluit te leef.<\/p>\n<p>Tog kan vrees soms soos \u2019n wegholveldbrand voortstu en jou rasionele denke heeltemal uitwis. Dalk is dit iets soos \u2019n onskuldige re\u00ebnspinnekop wat jou die stuipe gee, of daardie oomblik wanneer jou mond so droog soos die Kalahari word as jy \u2019n paar woorde voor mense moet s\u00ea. Die onrealistiese vrese vat kortpad verby jou gesonde verstand en jy voel nie in beheer van die situasie nie.<\/p>\n<p>Dit gebeur ook dat \u2019n realistiese vrees handuit ruk. Dis aanvaarbaar om senuweeagtig te voel wanneer \u2019n vliegtuig deur onweerswolke bokspring, maar as jy nie jou kind se troue op \u2019n ander vasteland kan bywoon nie omdat jy bang is vir vlieg, perk dit jou lewe in.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oorkom-jou-vliegvrees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Oorkom jou vliegvrees<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vrees kan jou aanspoor<\/h4>\n<p>\u201cGebruik vrees as aanmoediging om \u2019n probleem op te los eerder as \u2019n verskoning om die probleem te vermy,\u201d s\u00ea dr. Lori Eddy van die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG).<\/p>\n<p>Vrees is ontwerp om ons teen gevaar te beskerm en in noodsituasies vinniger, sterker en skerper te maak. Dink aan die adrenalienbelaaide veg-of-vlug-reaksie: bloed word na jou hart gestuur wat vinniger klop om meer suurstof by die brein en spiere te kry vir optimale besluitneming en krag. Jou pupille vergroot sodat jy jou aanvaller of ontsnaproete beter kan sien, en jou metabolisme versnel om vet af te breek vir glukose om jou \u2019n energieskop te gee.<\/p>\n<p>Danksy die reaksies kan jy in noodsituasies vir \u2019n wilde dier weghardloop, oor heinings spring, of \u2019n besonder swaar voorwerp optel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135274 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/12\/vladislav-muslakov-CwIU33KGToc-unsplash-500x379.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"379\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat van sport?<\/h4>\n<p>Clinton Gahwiler, \u2019n sportsielkundige by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sportwetenskap, s\u00ea vrees kan \u2019n atleet se prestasie benadeel. \u201cDis belangrik dat atlete ook hul gedagtes oefen om op die wedrendag die beste te wees. As jy visualiseer en oefen om positief oor \u2019n kompetisie te voel, sal jou brein ook gedurende die wedren \u2018fiks\u2019 wees. In sport is dit meestal die vrees vir mislukking eerder as \u2019n werklike vrees vir beserings wat atlete kniehalter.<\/p>\n<p>\u201cProbeer eerder op die proses as die uitkoms konsentreer. \u2019n Swemmer moet byvoor-beeld nie op sy posisie of tyd fokus nie, maar eerder op sy taktiek en die ervaring in die water.\u201d<\/p>\n<p>Dit help ook as jy die vrees \u201cwegpraat\u201d.<\/p>\n<p>S\u00ea vir jouself die skoenlappers in jou maag is vanwe\u00eb opwinding eerder as senuweeagtigheid sodat jy jou gedagtes in \u2019n ander, positiewe rigting stuur. Die liggaam se reaksie kan dieselfde wees, maar jou brein interpreteer dit positief.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vrees kan jou siek maak<\/h4>\n<p>Jou liggaam is nie ontwerp om voortdurend in \u2019n veg-of-vlug-toestand te wees nie, en dit kan op die lange duur gesondheidsprobleme veroorsaak.<\/p>\n<p>Die streshormoon kortisol onderdruk \u2019n mens se immuunstelsel en verswak ook die senuweepaaie in die brein wat dit moeilik maak om nuwe geheue oor jou vrees te skep \u2013 dit spring telkens terug na die herinnering waar die vrees ontstaan het.<\/p>\n<p>In \u2019n vreessituasie onderdruk die liggaam ook roetine-onderhoud waar kankerselle vernietig word en infeksies afgeweer word.<\/p>\n<p>Dr. Lissa Rankin skryf in haar boek The Fear Cure dat sowat 80% van die pasi\u00ebnte wat haar by die Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming spreek, se simptome deur spanning veroorsaak word.<\/p>\n<p>As jy daarby angstig is, is jy meer bewus van hoe jy voel en simptome kan erger word omdat jy heeltyd daarop fokus. As jou immuunstelsel pal onderdruk word, word jy makliker siek.<\/p>\n<p>Spysverteringskanaalprobleme soos maagpyn, hartkloppings en kortasemheid kan simptome van vrees wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>En as vrees buite beheer raak?<\/h4>\n<p>Iemand met \u2019n oorweldigende vrees vir honde is net so bang vir \u2019n skoothondjie soos ander mense dalk vir \u2019n aanstormende leeu is. Die hondjiegevaar is nie werklik nie, maar die vreesreaksie is dieselfde.<\/p>\n<p>\u201cSoms is hierdie vrees gesetel in \u2019n vorige ervaring wat telkens \u2019n oordrewe vreesreaksie sneller,\u201d s\u00ea dr. Eddy.<\/p>\n<p>\u201cVrees veroorsaak tonnelvisie sodat jy die bedreiging oorskat. Dit kan die begin van \u2019n bose kringloop wees waar jy situasies probeer vermy wat jou angstig maak, wat ongelukkig die vrees op die lange duur net groter maak. Mense wat angstig is oor vlieg, maak dit veel erger deur alternatiewe vir vlieg te soek. Die beste is om maniere te kry om die vreessiklus te breek en jou te desensiteer.\u201d<\/p>\n<p>Vrees systap jou kognitiewe brein en jy kan jouself nie oortuig dat dit ongegrond is nie. Vals vrees kan jou siek maak as jy nie weet hoe om dit op \u2019n gesonde manier te hanteer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat kan jy doen?<\/h4>\n<p>Konsentreer daarop om stadig en diep asem te haal.<\/p>\n<p>Ontleed die gevaar en besluit of dit werklik \u2019n bedreiging is.<\/p>\n<p>Kry \u2019n plan van aksie.<\/p>\n<p>Iets wat jy self of met \u2019n terapeut kan doen, is sistematiese desensitering. As jy bang is vir spinnekoppe, kan jy \u2019n vreesvlak identifiseer wat van een tot tien strek. Een vereis dat jy na \u2019n foto van \u2019n baie klein spinnekop kyk en tien dat jy \u2019n tarantula op jou hand hou.<\/p>\n<p>As jy van vlak een na vlak tien probeer spring, gaan dit nooit werk nie. Die meeste mense kon wel hul vrees oorkom toe hulle dit geleidelik gedoen het. Jy sal dalk steeds nie gemaklik wees met die tarantula op jou hand nie, maar jy sal dit wel kan doen.<\/p>\n<p>Di\u00e9 metode, oftewel kognitiewe gedragsterapie, het goeie uitkomste. In sekere omstandighede sal medikasie bykomend nodig wees. Dr. Eddy s\u00ea kognitiewe gedragsterapie is net so doeltreffend soos medikasie en die kans is ook skraler dat jy lateraan gaan terugval.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wanneer het jy hulp nodig?<\/h4>\n<p>Wanneer jou vreesaanvalle gereelder voorkom, baie intens is, die duurte toeneem, dit jou daaglikse lewe versteur en dit \u2019n vrees is wat jy nie direk aan \u2019n ding kan koppel nie, moet jy liefs kundige hulp soek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vrees bou stadig op<\/h4>\n<p>\u2019n Angsaanval is soos \u2019n drukkoker wat stadig maar seker druk opbou totdat hy uitskiet en stoom afblaas. Mense raak gewoond daaraan om in konstante vrees en spanning te leef en die angs laai stadig op totdat een klein dingetjie \u2013 wat dalk nie eens verband hou met die situasie nie &#8211; jou oor die grens druk.<\/p>\n<p>Jy verbind dan die situasie met die angsaanval en kan verkeerdelik glo dat dit die aanval gesneller het. Dit kan wees dat jy toevallig op \u2019n vliegtuig is as dit gebeur en daarna aanvaar dat vlieg die angsaanval veroorsaak het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die verskil tussen vrees en angs<\/h4>\n<p>Vrees en angs verskil, s\u00ea dr. Eddy.<\/p>\n<p>\u201cVrees het \u2019n eksterne komponent waar jy vir \u2019n tasbare ding soos \u2019n hond bang is. Angs is \u2019n vae, swewende gevoel wat jy nie kan identifiseer nie, maar \u2019n eksterne sneller het. Dis moeiliker om jou angs alleen te beheer en dit sal goed wees om \u2019n terapeut te spreek.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vrees is \u201caansteeklik\u201d<\/h4>\n<p>Vrees is \u201caansteeklik\u201d en gedragspatrone kan van ouers na kinders oorgedra word. Dit kom selfs by diere voor. As \u2019n hond byvoorbeeld bang is vir donderweer, kan die ander honde ook hierdie vrees aanleer. So kry jy families waar \u2019n vrees van die een geslag na die ander oorgedra word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135637 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/nathan-bingle-K9MaGDSbOTg-unsplash-1-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maak gebalanseerde kinders groot<\/h4>\n<p>Kinders het gesonde vrees nodig om hulle teen werklike gevaar te beskerm, maar ouers kan maklik hul eie oordrewe vrese oordra. \u201cErken aan jou kind dat jy \u2019n vrees het en moenie dit probeer wegsteek of vermy nie. Praat met hom daaroor en s\u00ea hoe jy dit probeer beheer. Dis veral belangrik om jou vrese in die o\u00eb te kyk as jy wil seker maak jou kinders word daarsonder groot.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vrees by kinders<\/h4>\n<p>Jong kinders internaliseer hul vrese en dit kry uiting in maagpyn. Hulle sukkel gewoonlik met skeidingsangs, die donker, monsters, mislukking en verwerping.<\/p>\n<p>Moenie kinders se vrese afmaak as onsin nie. Gesels met hulle daaroor en s\u00ea jy verstaan dat hulle bang kan voel. Verduidelik hoekom die vrees nie gegrond is nie en verseker hulle van die teendeel.<\/p>\n<p>\u201cMaar ouers moet daarteen waak om kinders se pad altyd gelyk te wil maak,\u201d s\u00ea Lesley-Anne Pedlar, \u2019n sielkundige van Greenside, Johannesburg. \u201cStudente kom spreek my as hulle letterlik in duie stort wanneer hulle op hul eie moet regkom omdat hulle nooit vrese en probleme te bowe moes kom toe hulle by die huis was nie. Ouers doen hul kinders geen guns deur hulle nie vir die lewe voor te berei nie. Kinders leer wanneer hulle uitdagings oorwin en mislukkings moet verwerk. Dit brei hulle vir die lewe en maak hulle sterk.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135633 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/annie-spratt-iEL92mg-wrg-unsplash-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waar kry jy hulp?<\/h4>\n<p>Vra jou huisdokter oor sielkundiges in jou omgewing, of jy kan by die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG) aanklop. Besoek die webwerf by<a href=\"http:\/\/www.sadag.org\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> sadag.org<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Bekendste vrese<\/h4>\n<p>Dr. Eddy s\u00ea die algemeenste vrese is di\u00e9 vir vlieg en engtes.<\/p>\n<p>\u201cEngtevrees behels nie net die grootte van die ruimte waarin mense hul bevind nie, maar ook dat jy in die plek vasgevang is. Dis soos iemand wat daagliks agt verdiepings se trappe op- en afklim omdat hy nie die hyser wil gebruik nie.<\/p>\n<p>Mense kan ook \u2019n vrees vir die beperkte ruimtes van openbare toilette h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie vrees vir vlieg kan \u2019n komplekse kombinasie van verskeie vrese wees,\u201d verduidelik Dy Moonsammy, \u2019n sielkundige. \u201cEerstens is daar die vrees dat jy kan sterf. Dan moet jy maar beheer oorgee en jou vertroue in \u2019n mensgemaakte ding plaas, al voel dit nie logies dat \u2019n swaar vliegtuig in die lug kan bly nie. Boonop is jy in \u2019n beknopte ruimte vol kieme waaruit jy nie kan ontsnap nie.<\/p>\n<p>\u201cHoewel die ruimte in \u2019n taxi kleiner as in \u2019n vliegtuig is, voel mense hulle kan stop en uitklim, maar in \u2019n vliegtuig is jy vasgevang.<\/p>\n<p>\u201cKajuitpersoneel word spesifiek opgelei om bedag te wees op simptome vir vliegvrees. Mense gryp na alkohol om hul senuwees te kalmeer en later sit hulle met \u2019n aggressiewe passasier wat beheer verloor.\u201d<\/p>\n<p>Boonop is die hele proses wat \u2019n vlug voorafgaan spanningsvol. Die pakkery, jou werk wat moet klaar wees, die verkeer op pad lughawe toe, die gesukkel met parkering, dan moet jy by die regte plek aanmeld en deur sekuriteit gaan. Alles potensi\u00eble snellers vir paniek.<\/p>\n<p>\u201cProbeer jou reis goed beplan sodat jy kalm kan voel. Visualiseer dinge voor die tyd en gebruik logika om jou te oortuig dat vliegongelukke nie algemeen voorkom nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrees beskerm ons teen gevaar en kan jou aanspoor om jou beste te lewer. Maar soms ruk dit handuit en verlam jou. Hier is maniere om jou vrese te hanteer <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":135635,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[47008,47155,60333],"class_list":["post-120963","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Is vrees jou vriend of vyand? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Is vrees jou vriend of vyand? Vrees beskerm ons teen gevaar en kan jou aanspoor om jou beste te lewer. Hier is maniere om jou vrese te hanteer.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Is vrees jou vriend of vyand? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is vrees jou vriend of vyand? Vrees beskerm ons teen gevaar en kan jou aanspoor om jou beste te lewer. Hier is maniere om jou vrese te hanteer.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-01-23T09:30:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-01-24T08:08:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Is vrees jou vriend of vyand?\",\"datePublished\":\"2023-01-23T09:30:42+00:00\",\"dateModified\":\"2023-01-24T08:08:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/\"},\"wordCount\":1774,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg\",\"keywords\":[\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/\",\"name\":\"Is vrees jou vriend of vyand? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg\",\"datePublished\":\"2023-01-23T09:30:42+00:00\",\"dateModified\":\"2023-01-24T08:08:09+00:00\",\"description\":\"Is vrees jou vriend of vyand? Vrees beskerm ons teen gevaar en kan jou aanspoor om jou beste te lewer. Hier is maniere om jou vrese te hanteer.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Is vrees jou vriend of vyand?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Is vrees jou vriend of vyand? | rooi rose","description":"Is vrees jou vriend of vyand? Vrees beskerm ons teen gevaar en kan jou aanspoor om jou beste te lewer. Hier is maniere om jou vrese te hanteer.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Is vrees jou vriend of vyand? | rooi rose","og_description":"Is vrees jou vriend of vyand? Vrees beskerm ons teen gevaar en kan jou aanspoor om jou beste te lewer. Hier is maniere om jou vrese te hanteer.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-01-23T09:30:42+00:00","article_modified_time":"2023-01-24T08:08:09+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Is vrees jou vriend of vyand?","datePublished":"2023-01-23T09:30:42+00:00","dateModified":"2023-01-24T08:08:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/"},"wordCount":1774,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg","keywords":["personal growth","persoonlike groei","jou lewe"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/","name":"Is vrees jou vriend of vyand? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg","datePublished":"2023-01-23T09:30:42+00:00","dateModified":"2023-01-24T08:08:09+00:00","description":"Is vrees jou vriend of vyand? Vrees beskerm ons teen gevaar en kan jou aanspoor om jou beste te lewer. Hier is maniere om jou vrese te hanteer.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-ZuQnhpFjvHI-unsplash-1.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-vrees-jou-vriend-of-vyand\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Is vrees jou vriend of vyand?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120963","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=120963"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120963\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/135635"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=120963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=120963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=120963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}