{"id":120337,"date":"2023-10-23T12:18:17","date_gmt":"2023-10-23T10:18:17","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=120337"},"modified":"2023-10-23T12:20:29","modified_gmt":"2023-10-23T10:20:29","slug":"ons-pad-met-outisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/","title":{"rendered":"Ons pad met outisme"},"content":{"rendered":"<p><em>Ons pad met outisme versorg deur Mariette Snyman, foto Pexels<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons pad met outisme<\/h4>\n<p>Ek en my man, Jaco*, was saam op ho\u00ebrskool en ek dink ek was my hele ho\u00ebrskoolloopbaan op hom verlief, maar ons het eers in 1992 in ons matriekjaar begin uitgaan. Ses jaar later is ons getroud. Hy het in die IT-bedryf gewerk en ek het kleding studeer en klere gemaak en in die naaldwerkbedryf gewerk.\u00a0 Eers vyf jaar na ons getroud is, is ons eerste seuntjie, Daniel*, gebore. Hy het \u2019n stewige 3,90 kg geweeg en was met geboorte alreeds 53 cm lank. Hy het spierwit, blonde haartjies gehad.<\/p>\n<p>Daniel het al sy mylpale op die regte tyd bereik, behalwe dat hy bitter min geslaap het. Hy het ook geweier om sy bottel self vas te hou. Hy het twee weke voor sy eerste verjaardag begin loop en aanvanklik het ons gedink hy is maar net \u2019n slegte slaper wat tussen agt en 12 keer per nag wakker word. Hy het nooit vir langer as 45 minute op \u2019n slag geslaap nie en ek moes hom elke aand aan die slaap sus. Ek moes ook elke dag met hom gaan ry as ek wou gehad het hy moes smiddae 45 min se slaap inkry.\u00a0 Ons was radeloos en het alles onder die son probeer.<\/p>\n<p>Die pediater het verskeie soorte slaapmedisyne voorgeskryf, maar niks wou werk nie. Die langste wat Daniel op \u2019n keer geslaap het, was twee ure. En dan het ek buitendien wakker gel\u00ea en gewonder of hy oukei is, en kort-kort gaan kyk of hy nog asemhaal.<\/p>\n<p>Uit radeloosheid het ons \u2019n EEG laat doen, maar selfs die medikasie vir die slaap-EEG het hom nie be\u00efnvloed nie. Ons moes op die ou end gaan ry en hulle moes die EEG binne 45 minute doen.\u00a0 Die uitslag was dat sy brein nie afskakel nie, selfs nie terwyl hy slaap nie, en daar was niks wat hulle vir ons kon doen nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die langste wat Daniel op \u2019n keer geslaap het, was twee ure<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek onthou nog Daniel se eerste verjaardagpartytjie. Daar was baie maatjies van sy ouderdom, maar waar hulle met die speelgoed en mekaar probeer speel het, het hy tussen die plante in die tuin gaan speel en alle kontak met die maatjies vermy. Hy was van kleins af baie lief vir legkaarte en kon legkaarte v\u00ear voor sy ouderdom bou. Toe hy twee word het ons hom in \u2019n speelgroepie gesit, net sodat ek ook \u2019n bietjie rus kon kry, want ek het steeds bedags gewerk. Omdat hy my eerste kind was, het ek geen verwysingsraamwerk gehad nie en eers besef hy weet meer as kinders van sy ouderdom toe die juffrou by s\u00ea hy kan reeds tel en ken vorms en kleure &#8211; en dit op die ouderdom van twee.<\/p>\n<p>Almal het ons vertel hoe slim hy is, en dis toe dat die fliek<em> Nemo<\/em> begin wys het.\u00a0 Hy was mal oor visse en het \u2019n obsessie met visse in enige vorm gehad. Hy het ensiklopedie\u00eb met visse gehad. Hy was drie toe ons hom na Durban se akwarium gevat het, mal van opgewondheid, en hy het baie van die visse se name geken.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nooit! \u2019n Borsel?<\/h4>\n<p>Steeds het Daniel nie snags geslaap nie. Ons het fisioterapie probeer, want iemand het genoem dat sy werwels met die normale geboorte kon geskuif en dalk pyn en ongemak vir hom kon veroorsaak het. Dit het nie gehelp nie. Ek het een oggend doodmoeg en ses maande swanger met ons tweede baba vir Daniel by die kleuterskool afgelaai. Die juffrou het genoem dat ek hom dalk na \u2019n arbeidsterapeut moes neem en ek was so moedeloos dat ek dadelik \u2019n evalusie gere\u00ebl het.<\/p>\n<p>Die arbeidsterapeut se slotsom was dat Daniel geweldig tas-, gehoor- en reuksensitief is. Sy het aanbeveel dat ons hom drie keer per dag met \u2019n spesiale borsel en op \u2019n spesiale manier moes borsel. Sy het ons gewys hoe.<\/p>\n<p>Dis so half \u2019n staande grap tussen my en Jaco dat hy besef het ek was so moeg en moedeloos en dat hy net met alles moes saamstem, maar hy het gedink: hierdie vrou moet laf wees as sy dink drie jaar se slapeloosheid gaan opgelos word met \u2019n simpel borseltjie.<\/p>\n<p>Raai wat?<\/p>\n<p>N\u00e1 drie dae se borsel het Daniel die eerste keer in sy lewe \u2019n nag deurgeslaap. Ek het gedink dis \u2019n gelukskoot, maar wanneer ek hom getrou geborsel het, het hy die nag deurgeslaap. Vir die volgende sewe jaar het ek hom ten minste elke aand geborsel en dan het ons goed geslaap.<\/p>\n<p>Intussen is ons tweede seuntjie, Frans*, op 35 weke met \u2019n noodkeisersnit gebore.\u00a0 Hy was \u2019n stuitbaba, maar net \u2019n halwe dag in die broeikas. Ek het gedink ek is in die hemel, want hy het net so twee keer per nag wakker geword en na drie maande deurgeslaap.<\/p>\n<p>Daniel was steeds by dieselfde kleuterskooltjie en gelukkig daar.\u00a0 Hy het pas vyf geword, toe die juffrou s\u00ea sy dink ek moet hom na \u2019n neuropediater vat, want hy doen vreemde dinge. Hy loop byvoorbeeld in sirkels om die sandput en praat die hele tyd met homself.\u00a0 Hy meng glad nie met die ander kinders nie en maak sleg oogkontak.\u00a0 Wanneer hulle in die klas op die mat moet gaan sit, begin hy sy bene lek. Ek het \u2019n afspraak gekry vir twee maande later.<\/p>\n<p>Ek het vergeet om te noem dat ons geweldig gesukkel het om Daniel van die doeke af te kry.\u00a0 Hy was vier en \u2019n half toe hy in die dag nie meer doeke gedra het nie, en ses toe hy snags nie meer met \u2019n doek geslaap het nie.\u00a0 Ek kon hom glad nie saam met my winkel toe neem nie.\u00a0 Hy moes die hele tyd in die trollie sit, want hy het begin hardloop sodra sy voete die grond raak. Hy het nie soos ander kinders na \u2019n rukkie gestop en omgedraai om te kyk of ons nog kom nie.\u00a0 Dit was asof hy nie daardie besef gehad het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die w\u00eareld het om my inmekaargestort<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons afspaak by die spesialis het aangebreek. Outisme was nie iets wat enigsins in my verwysingsraamwerk was nie.\u00a0 Toe die spesialis daardie Saterdagoggend n\u00e1 \u2019n twee uurlange evaluasie s\u00ea: \u201cHet iemand al ooit vir julle ges\u00ea julle kind is outisties?\u201d het die w\u00eareld om my inmekaargestort! Ek onthou dat ek gedink het: \u201cEk moet net kalm bly, want hierdie ou weet nie waarvan hy praat nie.\u201d Jaco het vir my gekyk en ek kon in sy o\u00eb sien hy dink ons moes net hier uitkom. Buite in die gang het hy my styf in sy arms vasgedruk en sy eerste woorde was: \u201cOns gaan \u2019n tweede opinie soek. Hy weet nie waarvan hy praat nie.\u201d<\/p>\n<p>Terug by die huis het Jaco dadelik op die internet geklim en teen vyfuur die middag vir my ges\u00ea, \u201cDit is so, al die tekens is daar.\u201d Ons het hard gehuil en mekaar net vasgehou, want dit was so verskriklik seer! Al ons drome vir ons kind was aan flarde.<\/p>\n<p>En daar het ons pad begin\u2026\u00a0 Ons het eers probeer om dit weg te steek en gedink as ons vir niemand vertel nie, sou niemand dit agterkom nie. Ek en Jaco praat altyd van die volstruis-ding.\u00a0 Ons steek ons koppe in die sand en dink as ons ons koppe daar uithaal, gaan die probleem weg wees.<\/p>\n<p>Maar na drie maande van verskriklik baie trane het ons besef ons sou dit moes aanvaar.\u00a0 Die enigste manier hoe ons die pad met hierdie ongelooflike spesiale kind gestap sou kry, was deur die w\u00eareld in die o\u00eb te kyk en te baklei vir wat Daniel s\u0149 was. Niemand sou ons help terwyl ons koppe onder die grond was nie.<\/p>\n<p>Wanneer Daniel in Januarie 2020 verjaar, sal hy 17 jaar oud wees.\u00a0 Elke dag is \u2019n uitdaging en dit is steeds \u2019n <em>rollercoaster ride<\/em>.\u00a0 Net wanneer jy dink die water van ons dam is mooi glad, kom die volgende storm en keer ons boot weer om.\u00a0 Maar ons het ook sterker, beter mense geword hierdeur en ons geloof het geweldig gegroei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waar begin jy?<\/h4>\n<p>Aanvanklik was dit \u2019n groot frustrasie om nie te weet waar om te begin, of wat om te doen nie. Of om sommer net vir iemand te kon vertel van die groot seer en die verwarring in ons harte nie. En dan was daar die groot vraag: \u201cHoekom m\u00fd kind?\u201d<\/p>\n<p>Ons het verskriklik baie oor outisme gelees, want my grootste vrees was dat Daniel sy spraak kon verloor of ook net sou sit en wieg of sy kop teen \u2019n muur stamp, soos wat ek in daardie tyd op \u2019n program van Oprah gesien het. Sulke programme is goed, maar kan ook \u2019n wanpersepsie skep oor wat outisme regtig behels.\u00a0 Ek het byvoorbeeld nooit geweet dat daar verskillende tipes en grade van outisme is nie. Omdat Daniel spraak het en verbaal goed kan kommunikeer, val hy grootliks op die Asperger-deel van die spektrum, maar omdat hy so geweldig anti-sosiaal is, val hy op die Klassiek Outistiese gedeelte. Dis omdat hy spraak en kommunikasie gehad het dat hy na \u2019n gewone skool kon gaan.<\/p>\n<p>In daardie tyd was daar die groot bohaai in die media oor die MMR-inenting en of dit werklik outisme kon veroorsaak.\u00a0 Ek het emmers vol trane gehuil en nie geweet of ons Frans vir sy MMR moes vat nie. Ons het met die huisdokter gaan praat en hy het ges\u00ea daar is geen definitiewe bewyse dat dit wel die oorsaak van outisme is nie. Wat ons in retrospeksie besef het, is dat Daniel al voor een jaar tekens van outisme getoon het. Ons het dit net nooit geweet nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em> Ons nie geweet of ons ons jonger seun vir sy MMR moes vat nie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>N\u00e1 baie huiwering, trane en gebed \u00a0het ons Frans laat inent, want die besef dat een van daardie kindersiektes sy lewe kon eis as hy nie die inenting sou kry nie was erg genoeg om ons twee keer te laat dink. \u2019n Groot deel van ons frustrasie was dat wanneer ons vir mense iets oor outisme genoem het, hulle ons dadelik probeer raad gee het. Ons het gou geleer om te s\u00ea \u201cbaie dankie\u201d en te glimlag, want mense het geen idee hoe \u2019n geweldige uitdaging dit is nie. \u00a0Daar is so baie dinge wat jy eintlik vir die buitew\u00eareld wegsteek en waarvan hulle nooit sal weet nie. Na \u2019n soektog van ses maande het ons by SNAP (Special Needs Adaptive Program) in die Kaap uitgekom. Ons het hulle \u2019n week lank besoek en hulle het vir Daniel \u2019n program uitgewerk wat ons lewens verander het.\u00a0 Hulle doen gedragsterapie. Dit is geweldige harde werk, maar ons het ongelooflike resultate gekry. Selfs vandag nog skakel ek met hulle as ons by \u2019n spoedhobbel in die pad kom.<\/p>\n<p>Daniel is daardie Januarie na Gr R en skielik kon ek die onderwyseres (wat \u2019n engel was) help met hoe om hom te hanteer en wat sy kon doen om die lewe vir hulle altwee en vir almal om hom makliker te\u00a0 maak. Hy was op daardie stadium in \u2019n gewone hoofstroomskool.<\/p>\n<p>Sy Gr 1-juffrou was ook fantasties en hy het daardie jaar selfs \u2019n merietetoekenning gekry omdat hy so goed presteer het ten spyte van sy omstandighede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Groot skuif<\/h4>\n<p>Deel van outisme is dat kinders geweldig goed voorberei moet word op dit wat gaan kom of gebeur. Reeds in September daardie jaar het ons die nuwe skoolhoof gaan sien om te hoor waar Daniel die volgende jaar in Gr 2 sou inpas, sodat hy solank vir kort rukkies in sy nuwe klas kon gaan kuier. Ons kom toe agter dat hy nie in die nuwe skoolhoof se raamwerk vir sy skool inpas nie; hy het ges\u00ea hy sou nog moes kyk, maar gevra of ons hom nie maar wou skuif nie. Ek het vir Jaco ges\u00ea ek sou moes begin uitkyk vir ander skole. Ek het baie skole besoek en afgekom op \u2019n klein skooltjie met slegs agt kindertjies.\u00a0 Almal was akademies sterk genoeg vir \u2019n gewone skool maar het een of ander uitval gehad, soos angs of ADHD. Die skooltjie was wel baie duur.<\/p>\n<p>Gr 2 het aangebreek en aan die einde van die eerste kwartaal het die graadhoof ons kom sien en ges\u00ea Daniel sou nie die jaar slaag nie, want hy kruip amper heeltyd onder die tafel weg en druk sy ore toe.<\/p>\n<p>Die volgende kwartaal het ons die klein, duur skooltjie v\u00ear van ons huis af begin bywoon. Ek het vir Jaco ges\u00ea ek weet nie waar ons die geld daarvoor vandaan sou kry nie, maar hy het ges\u00ea die Here het ons nog nooit gelos nie en Hy sou ook nie nou nie. Hy weet Daniel het nodig om daar skool te gaan en sou vir ons sorg.<\/p>\n<p>Ek het elke oggend 45 minute skool toe gery en weer \u2019n uur terug, want ek het van die huis af begin werk. In die middag was dit weer die uur en \u2019n half skool toe en terug, maar ek was nie een dag spyt ons het Daniel van die \u201cgroot\u201d hoofstroomskool na die \u201cklein\u201d hoofstroomskool geskuif nie. Hy was baie gelukkig en het tot in Gr 7 daar skoolgegaan.\u00a0 Daar was steeds baie uitdagings, maar ek dink daardie jare was die maklikste wat ons ooit gehad het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Ons was in twee geskeur<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>En toe kom Gr 8 &#8230; Ons was in twee geskeur, want daar was nie regtig vir Daniel \u2019n ho\u00ebrskool soos die laerskool waarin hy was nie. Op die ou end het ons op \u2019n skool met sowat 120\u00a0 kinders besluit, want die klasse het net tien tot 14 kinders gehad. Dit was egter kinders wat \u0149 bietjie meer leergestremd was, en hy het swaar in- en aangepas.\u00a0 Hy was maar altyd effe vreemd en het steeds in sirkels met homself loop en praat.<\/p>\n<p>By SNAP het ons geleer dit was vir hom \u2019n manier van selfstimulasie en om te<em> cope<\/em> met alles wat om hom aangaan. Daniel het van kleins af verkies om Engels te praat en was vlot tweetalig. Al was die skool Afrikaans, het hy verkies om Engels te praat.<\/p>\n<p>Aan die einde van Gr 8 moes ons weer \u2019n moeilike besluit neem, want die skool het nie die vakke aangebied waarin hy belang gestel het nie. Ons het \u2019n fantastiese Engelse privaatskool met sowat 500 kinders van gaan sien. N\u00e1 baie bid en trane het ons besluit om hom in die Engelse skool te sit.\u00a0 Die skool het goeie Christen-waardes en hulle het uit hulle pad gegaan om Daniel te akkommodeer, maar hy het steeds met niemand gemeng nie en sosiaal geweldig swaar gekry.<\/p>\n<p>Toe die hormone ernstig begin inskop, het Daniel effe aggressief geraak as iemand net aan hom raak. Hy was ook geweldig ge\u00efrriteerd as die kinders in die klas raas en nie na die onderwyser luister nie. Hy het sommer op hulle geskree as hulle ongehoorsaam was. Alles is vir hom baie swart en wit en hy is gesteld daarop om die re\u00ebls te volg. Hy haat chaos!<\/p>\n<p>Hy het homself al meer begin onttrek en met homself gepraat. Emosioneel was hy op \u2019n baie slegte plek en omdat dit vir hom moeilik is om sy gevoelens te kommunikeer, kom dit meestal in slegte gedrag uit. Dis sy manier om te s\u00ea: \u201cEk sukkel, help my asseblief!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Hy het homself al meer begin onttrek<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Weer het ons die (hierdie keer) fantastiese skoolhoof gaan sien en raad gevra. Ons het besef Daniel is nie gelukkig nie, maar dit was nie die skool se skuld nie. Hy het ges\u00ea Daniel is welkom om te bly, maar \u2019n susterskool aanbeveel wat ook die IEB Cirruculum doen, maar met \u2018n aanlynbeen. Daniel kon dan tuisskool.<\/p>\n<p>Ek en Jaco het die aanlynskool gaan sien en Daniel het aan die begin van Gr 10 begin tuisskool. Die eerste keer was my kind weer gelukkig. Ons weet tuisskool is nie ideaal vir hom nie, maar hy moet deur die ho\u00ebrskool kom en dis wat nou die belangrikste is. Hy gaan ook volgende jaar Gr 11 daar doen en sy punte het hierdie jaar met minstens 15% verbeter. Hy werk harder as ooit, maar ten minste is dit nie vir hom \u2019n straf nie. Hy glimlag en maak grappies en die hele dinamika van ons gesin het verander.\u00a0 Ons is almal rustiger en ervaar meer vrede.<\/p>\n<p>Deur alles het ek geleer hoe geweldig belangrik dit is om \u2019n spesiale persoon te h\u00ea met wie jy hierdie dinge kan deel.\u00a0 Ek is gese\u00ebn met \u2019n ongelooflike man wat deur dik en dun by ons staan, maak nie saak wat gebeur nie.<\/p>\n<p>Ek voel party dae of ek net wil weghardloop, want ons jongste tuisskool ook. Hy het erge aandagafleibaarheid en is ook met disgrafie gediagnoseer &#8211; hy sukkel om te skryf en die boodskap vanaf sy brein kom nie by sy hand uit nie. Ek en Jaco spot baie keer dat ons darem nie dieselfde tyd onder in die donker gat van moedeloosheid sit nie. As ek onder in die gat is, help hy my gewoonlik uit. En ek doen weer dieselfde vir hom.<\/p>\n<p>As ek ander ouers wat in dieselfde boot sit kan raad gee, is dit om nie moed op te gee nie. Dis \u2019n baie, baie moeilike en harde pad en vir ons is die einde nog nie in sig nie. Ek voel baie dae gefrustreerd, hartseer en opstandig, en ek dink dis normaal. Die spesialis het ges\u00ea dis asof jy deur die prosesse van rou gaan as soiets oor jou pad kom. En die ergste is dat jy weer en weer daardeur gaan. Ek huil partykeer vir drie dae aanmekaar en besef dan ek moet nou uit die gat klim en weer aangaan. As jy sukkel om uit die gat te klim, MOET jy hulp kry.\u00a0 Anders kan jy nie jou kind help nie.\u00a0 Net soos jy nie gevra het om so \u2019n kind te h\u00ea nie, het hy ook nie gevra om so te wees nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em> Moenie moed verloor nie!\u00a0<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Moenie ophou probeer om jou kind te help nie.\u00a0 Daniel is amper 17 en 1,80m lank, maar met almal op ons pad se hulp het hy ontpop in \u2019n liefdevolle jong man met die mooiste maniere.\u00a0 Moenie moed verloor nie!\u00a0 Hou aan baklei, al voel jy nie nou so nie Dis ongelooflik <em>rewarding <\/em>as hy mylpale bereik wat jy nooit gedink het hy sou nie!<\/p>\n<p>Terwyl ek hier sit en tik, kan ek nie glo ons het al so v\u00ear gekom nie. Ek wil so graag vir elkeen wat hier lees \u2019n bietjie hoop gee en s\u00ea dat ek meer tyd op my knie\u00eb deurbring as op enige ander plek. D\u00edt is wat ons deur alles staande gehou het.<\/p>\n<p>*skuilname<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/33-gesonde-kosse-sonder-suiker-vir-jou-en-jou-kinders\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">33 gesonde kosse s\u00f3nder suiker vir jou en jou kinders<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ilze*, ma van \u2019n seun met outisme en Aspergersindroom (deesdae bekend as hoogsfunksionele outisme), praat eerlik oor haar ervaring van \u2019n baie moeilike pad. <\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":140283,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[134,135,23443,23444,60333],"class_list":["post-120337","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-verhoudings","tag-relationships","tag-parenting","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ons pad met outisme | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons pad met outisem: Ilze*, ma van \u2019n seun met outisme en Aspergersindroom, praat eerlik oor haar ervaring van \u2019n baie moeilike pad.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ons pad met outisme | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons pad met outisem: Ilze*, ma van \u2019n seun met outisme en Aspergersindroom, praat eerlik oor haar ervaring van \u2019n baie moeilike pad.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-10-23T10:18:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-10-23T10:20:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"16 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Ons pad met outisme\",\"datePublished\":\"2023-10-23T10:18:17+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-23T10:20:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/\"},\"wordCount\":3171,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Verhoudings\",\"relationships\",\"parenting\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/\",\"name\":\"Ons pad met outisme | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-10-23T10:18:17+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-23T10:20:29+00:00\",\"description\":\"Ons pad met outisem: Ilze*, ma van \u2019n seun met outisme en Aspergersindroom, praat eerlik oor haar ervaring van \u2019n baie moeilike pad.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-pad-met-outisme\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ons pad met outisme\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ons pad met outisme | rooi rose","description":"Ons pad met outisem: Ilze*, ma van \u2019n seun met outisme en Aspergersindroom, praat eerlik oor haar ervaring van \u2019n baie moeilike pad.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ons pad met outisme | rooi rose","og_description":"Ons pad met outisem: Ilze*, ma van \u2019n seun met outisme en Aspergersindroom, praat eerlik oor haar ervaring van \u2019n baie moeilike pad.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-10-23T10:18:17+00:00","article_modified_time":"2023-10-23T10:20:29+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"16 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Ons pad met outisme","datePublished":"2023-10-23T10:18:17+00:00","dateModified":"2023-10-23T10:20:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/"},"wordCount":3171,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg","keywords":["ouerskap","Verhoudings","relationships","parenting","jou lewe"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/","name":"Ons pad met outisme | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg","datePublished":"2023-10-23T10:18:17+00:00","dateModified":"2023-10-23T10:20:29+00:00","description":"Ons pad met outisem: Ilze*, ma van \u2019n seun met outisme en Aspergersindroom, praat eerlik oor haar ervaring van \u2019n baie moeilike pad.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/alireza-attari-SBIak0pKUIE-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ons pad met outisme"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120337","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=120337"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/120337\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/140283"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=120337"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=120337"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=120337"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}