{"id":119782,"date":"2019-10-28T13:27:45","date_gmt":"2019-10-28T11:27:45","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=119782"},"modified":"2019-10-28T13:29:44","modified_gmt":"2019-10-28T11:29:44","slug":"masels-vaksien-gevaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/","title":{"rendered":"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?"},"content":{"rendered":"<p><em>Heroorweeg jy die vaksien teen masels? deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Heroorweeg jy die vaksien teen masels?<\/h4>\n<p>Na Andrew Wakefield se navorsing oor die maselsvaksien in 1998 verskyn het, het die debat nog net nooit weer bedaar nie. Hierdie beroemde\/berugte antivakser, afhangende van jou eie standpunt oor die maselsvaksien, is steeds \u2019n entoesiastiese en oortuigende aktivis wat saam met sterre soos Amy Biehl, Playboy Playmate Jenny McCarthy wie se seun outisties is en<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-partytjies-is-harde-werk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Jim Carrey<\/a> w\u00eareldwyd teen vaksinering werk.<\/p>\n<p>As ouers verwar dit ons. En jy het s\u00f3 baie tyd om jouself nog verder deurmekaar te google, want jou kleintjie word eers op 9 maande en dan weer op 18 maande daarteen ge\u00efmmuniseer.<\/p>\n<p>Feit is dat masels in ons land \u2019n baie groot en werklike risiko is. Daar is kort-kort uitbrake. Die jongste uitbraak was in 2017, met drie uitbrake in die Westelike Provinsie, Kwazulu-Natal en Gauteng waarin meer as 6 000 kinders masels opgedoen het.<\/p>\n<p>Daarby kan volwassenes \u00f3\u00f3k masels kry. As jy dit nie as kind gehad het nie en nie daarteen gevaksineer is nie, kan jy dit aansteek van kinders, en weer op jou beurt ander mense aansteek. Dit raak veral mense in die onderwys en verpleegdienste &#8211; en enige ander werk waar jy heeldag met kinders werk.<\/p>\n<p>As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie moet jy ten minste deeglik dink oor die keuse om jou baba te vaksineer of nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vaksinering-moet-jy-of-moet-jy-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vaksinering &#8211; moet jy of moet jy nie?<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121094 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/botox-close-up-injection-415816.jpg\" alt=\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die antivaksers se standpunte oor masels<\/h4>\n<p>Elke antivakser het sy\/haar eie standpunte maar dit sluit gewoonlik by die volgende aan:<\/p>\n<ul>\n<li>Die maselvaksien is gevaarliker as die siekte self;<\/li>\n<li>Veral die trivalente (drie-in-een) vaksien, die MMR wat kinders teen masels, duitse masels en pampoentjies beskerm, is gevaarlik.<\/li>\n<li>Die tiomersaal wat as preserveermiddels gebruik word veroorsaak outisme.<\/li>\n<li>Die maselvaksien is \u2019n geldmaakstorie wat net die groot farmaseute en dokters baat.<\/li>\n<li>Ons leef gesond genoeg om hierdie heeltemal normale kindersiekte te kan hanteer.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Interessant:<\/strong> Die meeste antivaksers betoog nie teen ander vaksiene nie \u2013 nie teen die griepinspuiting of teen polio of Duitse masels of pampoentjies, of selfs teen <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">HPV<\/a> nie. Nee, hulle fokus net op masels.<\/p>\n<p>Dit is verstandig om van hierdie standpunte &#8211; veral oor die veiligheid van die vaksien en tiomersaal &#8211; kennis te neem. Wat moet jy weet?<\/p>\n<p>Luister ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-12-die-menslike-papilloomvirus-of-mpv-met-dr-elna-mcintosh\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet oor MPV<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121092 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/baby-child-close-up-47090.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. Masels is van die aansteeklikste siektes op aarde<\/h4>\n<p>Die virus versprei in die lug. Jy kan dit dus inasem as iemand met masels naby jou hoes of nies.<\/p>\n<p>En nog erger: die virus oorleef tot twee uur lank in \u2019n vertrek waar iemand met masels was.<\/p>\n<p>Volgens\u00a0<a href=\"http:\/\/vk.ovg.ox.ac.uk\/measles\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Oxford Universiteit<\/a> het vantevore, voor die maselvaksiene ontwikkel is, 90 uit elke 100 kinders wat met die maselvirus in aanraking gekom het, masels opgedoen. Sewe van hulle het tipies ernstige komplikasies ontwikkel en\/of gesterf.<\/p>\n<p>Dus is die kans dat jou kind natuurlik bestand teen masels gaan wees<strong> baie klein<\/strong> &#8211; maak nie saak hoe gesond julle leef en hoe goed gevoed jou kind is nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_121082\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121082\" class=\"size-full wp-image-121082\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/accident-band-aid-bandages-42230.jpg\" alt=\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\" width=\"640\" height=\"518\" \/><p id=\"caption-attachment-121082\" class=\"wp-caption-text\">Heroorweeg jy die vaksien teen masels?<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Masels is werklik \u2019n gevaarlike siekte<\/h4>\n<p>Ons het al vergeet dat kinders werklik sterf van masels.\u00a0 Voor 1960 het rondom 2.6 miljoen kinders \u00e9lke jaar aan masels gesterf. Die algemeenste oorsaak van maselsterftes was masels van die brein (ensefalitis) en longontsteking, waaraan drie uit elke duisend kinders met masels gesterf het.<\/p>\n<p>Sterftes was egter nie al skade nie. Masels veroorsaak by een uit elke duisend kinders wat oorleef breinskade en\/of blindheid.<\/p>\n<p>As jy hoor dat die vaksien ook gevaarlik is, vergelyk die risiko\u2019s: volgens ons <a href=\"http:\/\/www.nicd.ac.za\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Measles-Vaccine-FAQ-_20170210.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">NICD<\/a> ontwikkel net een uit elke 2 miljoen kinders wat gevaksineer word ensefalitis. Vergelyk hierdie twee met die 200 uit twee miljoen kinders wat sterf weens masels, soos voor vaksinerings gedoen is. Of vergelyk dit met die 72 mense wat in 2018 in Europa dood is weens masels, waar vaksinering ook aan die afneem is.<\/p>\n<p>Onthou ten minste die helfte van die mense vaksineer steeds. Dus steek relatief min mense die virus aan. As die tempo van vaksinering verder daal is die realistiese verwagting dat die sterftesyfer drasties en selfs eksponensieel sal toeneem.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121093 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/bed-child-cute-101523.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Daar is geen medikasie teen masels nie<\/h4>\n<p>As jou kleintjie eers siek is, is hy op sy eie. Daar is geen antibiotika of ander medikasie daarteen nie.<\/p>\n<p><strong>Interessant: <\/strong>Die beste manier om kinders met masels te ondersteun is om hulle ho\u00eb dosisse vitamien A te gee vir die eerste twee dae na diagnose, s\u00ea ons <a href=\"http:\/\/www.nicd.ac.za\/assets\/files\/MeaslesFAQ1.pdf.\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">NICD<\/a>. Dit lyk asof dit help dat die kinders nie so erg siek word nie. Dit help veral om hul sig te beskerm.<\/p>\n<div id=\"attachment_121091\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121091\" class=\"size-full wp-image-121091\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/baby-boys-brothers-50692.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-121091\" class=\"wp-caption-text\">Heroorweeg jy die vaksien teen masels?<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Masels verswak jou kind se immuunstelsel vir drie jaar lank<\/h4>\n<p>Die maselvirus beskadig \u2019n sekere tipe van jou kind se witbloedselle. Hierdie witbloedselle is die \u2018geheue\u2019 van jou immuniteit. As jy met byvoorbeeld die kiem vir pampoentjies in kontak kom, \u2018onthou\u2019 jou witbloedselle die kiem, en maak gou genoeg teenliggaampies daarteen, sodat jy nie weer pampoentjies kry nie.<\/p>\n<p>Die beginsel agter vaksiene is juis dat jou liggaam in kontak gebring word met dooie of verswakte siektekieme soos die pampoentjievirus en die maselvirus. Jou witbloedselle maak teenliggame daarteen, en as jy later met die werklik gevaarlike maselvirus in aanraking kom \u2018weet\u2019 hy hoe om vinnig teenliggame te maak. So beveg jou liggaam die virus met gemak en raak jy nie siek nie.<\/p>\n<p>Die een groot probleem met masels is dat dit jou witbloedselle aantas. Dit belemmer dus jou liggaam se immuniteitsgeheue. Die virus wis selfs die geheue wat jy opgebou het uit \u2013 dink aan waterpokkies, witseerkeel, polio en al die ander kindersiektes, wat makliker weer kan toeslaan. Daar word gereken dat voor die maselsvaksien was masels indirek die oorsaak van ten minste die helfte van kindersterftes weens aansteeklike siektes w\u00eareldwyd.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pmc\/articles\/PMC4823017\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Navorsing<\/a> wys dat mense na masels vir rondom drie jaar geweldig vatbaar is vir allerlei ander kwale. As jou kind nie gevaksineer is nie, en wel masels kry, is hy dus vir rondom drie jaar daarna baie weerloos teen ander kindersiektes en selfs teen gewone kwale soos verkoue, griep en longinfeksies soos brongitis.<\/p>\n<p><strong>Interessant:<\/strong> Navorsing is steeds op soek na beter vaksiene. As jy bang is vir inspuitings kan jy solank sug van verligting, want een die die nuutste projekte is om \u2019n vaksienpoeier te maak wat jy bloot inasem. Seer inspuitings kan oor \u2019n dekade of wat iets van die verlede wees.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121084 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/adorable-baby-beautiful-1364756.jpg\" alt=\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\" width=\"640\" height=\"943\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Ons kan nie op tropimmuniteit staat maak nie<\/h4>\n<p>Navorsing wys dat as 95% van kinders in \u2019n gemeenskap ge\u00efmmuniseer is, is die kans op \u2019n uitbraak van masels in daardie gemeenskap so klein dat dit vir alle praktiese doeleindes nie gebeur nie.<\/p>\n<p>Maar Suid-Afrikaners kan nie hierop staat maak nie, om twee redes: afgele\u00eb areas sonder klinieke; en klinieke sonder vaksien. Ons haal dus nie daardie magiese 95% vaksineringskoers nie. Daarom is daar \u2019n kernbron (of bronne) van die maselvirus in ons land.<\/p>\n<p>Die jongste syfers van die NICD vir ons land is 6 256 gevalle van masels in 2017.<\/p>\n<p><strong>Interessant:<\/strong> In groot dele van die ontwikkelde w\u00eareld is masels aan die begin van ons eeu as \u2019n uitgewiste siekte beskou. Na die toemende antivakser-veldtogte het lande soos Brittanje, Ierland en die VSA hul maselvry-status verloor. Masels neem duidelik toe in ooreenstemming met die afname in vaksinering. In die jaar 2000 was daar geen enkele gevalle van masels onder gebore Amerikaners nie; teen die winterseisoen van 2017\/2018 is net in New York City alleen 654 gevalle aangeteken. Terselfdertyd het \u2019n staatsondersoek aangetoon dat vaksinering in party van New York se woonareas so laag as 50% gedaal het.<\/p>\n<p>Ook in Europa, waar masels as uitgeroei of amper uitgeroei beskou is, was daar 82 500 gevalle in 2018, met 72 sterftes, volgens die <a href=\"http:\/\/(http:\/vk.ovg.ox.ac.uk\/measles)\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Oxford Universiteit<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-121088 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/baby-beautiful-blurred-background-1756448.jpg\" alt=\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\" width=\"640\" height=\"959\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Antivaksinering is \u2019n identiteitsimbool, meer as enige iets anders<\/h4>\n<p>Dit is een ding om nie toegang tot die maselvaksien te h\u00ea nie, en \u2019n geheel ander saak om aktief daarteen te kies.<\/p>\n<p>Wie kies daarteen? Dit lyk asof dit die voorkeur van die vrydenkende ouers is wat hulself as hoogs ingelig beskou \u2013 al lees hulle nooit wetenskappublikasies daaroor nie. Die keuse teen die vaksien vir masels is vir baie \u2019n statussimbool eerder as \u2019n wetenskap-gebaseerde keuse.<\/p>\n<p>Die grootste groep twyfelende ouers is egter bloot onseker, omdat ons verskillende boodskappe hoor en eintlik net die beste vir ons kinders wil h\u00ea.<\/p>\n<p>As jy onseker is of jy jou dokter of die antivaksers moet glo doen jou eie navorsing, en raadpleeg eersterangse bronne soos Pubmed, <a href=\"https:\/\/www.canada.ca\/en\/public-health\/services\/publications\/healthy-living\/canadian-immunization-guide-part-4-active-vaccines\/page-12-measles-vaccine.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Health Canada<\/a> \u00a0en ons eie <a href=\"http:\/\/www.nicd.ac.za\/assets\/files\/MeaslesFAQ1.pdf.\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">NICD<\/a>.<\/p>\n<p><strong>Interessant:<\/strong>\u00a0 Niemand kon nog ooit Andrew Wakefield se navorsing wat \u2018bewys\u2019 dat die vaksien teen masels <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-pad-met-outisme\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">outisme<\/a> veroorsaak, herhaal nie. Verder het hy maar net twaalf kinders in sy ondersoek ingesluit. Daarteenoor kon meer as \u2019n dosyn ondersoeke oor die verband tussen die MMR-vaksien en tiomersaal met negatiewe uitkomste soos outisme onder miljoene kinders oor twintig jaar g\u00e9\u00e9n assosiasies opspoor nie. Die jongste ondersoek is in April 2019 <a href=\"https:\/\/annals.org\/aim\/fullarticle\/2727726\/measles-mumps-rubella-vaccination-autism-nationwide-cohort-study\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">gepubliseer,<\/a> gebaseer op 657 461 Deense kinders.<\/p>\n<div id=\"attachment_121089\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-121089\" class=\"size-full wp-image-121089\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/10\/baby-beautiful-carefree-1261909.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-121089\" class=\"wp-caption-text\">Heroorweeg jy die vaksien teen masels?<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om te vaksineer teen masels of nie? As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie, dink eerlik en oopkop oor hierdie ses aspekte van die masels.<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":121085,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[134,136,2792,23444,23664,60333],"class_list":["post-119782","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-ouerskap","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-parenting","tag-health","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Heroorweeg jy die vaksien teen masels? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie, dink eerlik en oopkop oor hierdie ses aspekte van die masels. Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie, dink eerlik en oopkop oor hierdie ses aspekte van die masels. Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-10-28T11:27:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-10-28T11:29:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"639\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"733\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\",\"datePublished\":\"2019-10-28T11:27:45+00:00\",\"dateModified\":\"2019-10-28T11:29:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/\"},\"wordCount\":1523,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"parenting\",\"health\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/\",\"name\":\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg\",\"datePublished\":\"2019-10-28T11:27:45+00:00\",\"dateModified\":\"2019-10-28T11:29:44+00:00\",\"description\":\"As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie, dink eerlik en oopkop oor hierdie ses aspekte van die masels. Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/10\\\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg\",\"width\":639,\"height\":733,\"caption\":\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/masels-vaksien-gevaar\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Heroorweeg jy die vaksien teen masels? | rooi rose","description":"As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie, dink eerlik en oopkop oor hierdie ses aspekte van die masels. Heroorweeg jy die vaksien teen masels?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Heroorweeg jy die vaksien teen masels? | rooi rose","og_description":"As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie, dink eerlik en oopkop oor hierdie ses aspekte van die masels. Heroorweeg jy die vaksien teen masels?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-10-28T11:27:45+00:00","article_modified_time":"2019-10-28T11:29:44+00:00","og_image":[{"width":639,"height":733,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?","datePublished":"2019-10-28T11:27:45+00:00","dateModified":"2019-10-28T11:29:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/"},"wordCount":1523,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg","keywords":["ouerskap","Gesondheid","leef gesond","parenting","health","jou lewe"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/","name":"Heroorweeg jy die vaksien teen masels? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg","datePublished":"2019-10-28T11:27:45+00:00","dateModified":"2019-10-28T11:29:44+00:00","description":"As jy nie sommer net saam met die trop wil gaan nie, dink eerlik en oopkop oor hierdie ses aspekte van die masels. Heroorweeg jy die vaksien teen masels?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/adorable-baby-blur-459976-e1572262145351.jpg","width":639,"height":733,"caption":"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/masels-vaksien-gevaar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Heroorweeg jy die vaksien teen masels?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119782","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=119782"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119782\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/121085"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=119782"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=119782"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=119782"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}