{"id":119567,"date":"2024-05-24T13:52:28","date_gmt":"2024-05-24T11:52:28","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=119567"},"modified":"2024-05-24T13:58:12","modified_gmt":"2024-05-24T11:58:12","slug":"dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/","title":{"rendered":"Dis moontlik om jou huwelik te red"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Dis moontlik om jou huwelik te red deur <strong>Anet Schoeman<\/strong>. Foto: Everton Vila vir Unsplash<\/em><\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">&nbsp;<\/h4>\n\n\n\n<p>Dis altyd die moeite werd om \u2019n huwelik te probeer red, s\u00ea Kobus van der Merwe van Imago-verhoudingsterapie in Pretoria.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar \u2019n bos blomme, of \u2019n oppervlakkige gesprek is bloot \u2019n pleister op \u2019n dieper seer. Hy s\u00ea mense wat die krisis suksesvol aanpak, skep groei in die verhouding en kan agterna 300 &#8211; 400 persent gelukkiger in die verhouding wees en \u2019n sterk gevoel van intimiteit ervaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-s1-e16-skep-meer-intimiteit-in-jou-verhouding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Skep so meer intimiteit in jou verhouding<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie groot probleem is dat mense nie die vaardighede het om die krisis op te los nie. Selfs mense wat met verslawings, of dreigemente van selfmoord en egskeidings worstel, kan dit te bowe kom wanneer hulle gaan sit en met die regte leiding met mekaar in gesprek tree.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hy meen dat mense wat nie binne ses weke die krisis met openlike gesprekke afgeweer het nie, liefs \u2019n berader moet gaan spreek.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image size-medium wp-image-133541\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"334\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/priscilla-du-preez-ELnxUDFs6ec-unsplash-1-500x334.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-133541\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: Priscilla Du Preez vir Unsplash<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Ons verwag vandag meer van \u2019n verhouding as vorige geslagte, s\u00ea Gail Wrogeman, \u2019n gesinsterapeut van Johannesburg. Destyds was die doel van \u2019n huwelik meestal status, kinders en sekuriteit.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cRolle het verander en nou vra mense buiten liefde ook vriendskap en pret en dat hulle saam in die verhouding groei. Hulle bevraagteken die verbintenis wanneer dit nie vervulling bring nie. Baie kinders kom uit enkelouer-huishoudings waar hulle nie twee rolmodelle het vir die skep van \u2019n gelukkige verhouding nie. Dis later vir hulle soms verwarrend om te weet wat hul rol in \u2019n volwasse verhouding is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Huwelike was eeue gelede dikwels blote \u201csaketransaksies\u201d waardeur naburige plase saamgevoeg is, of waar een familie se rykdom die ander uit \u2019n verknorsing gehelp het. Om ter wille van die liefde te trou was toe eintlik ondenkbaar. Daar was ander strukture wat beheer oor mense se geluk gehad het, soos die kerk of die landheer.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou is ons in beheer van ons geluk en keuse van lewensmaats, maar ons het nie noodwendig die kennis om die huwelik te laat slaag nie. In die vorige bedeling was verliefdheid&nbsp; iets wat in \u2019n skelm verhouding gebeur het en dit was nie nodig om so \u2019n verhouding in sy volheid te vestig en aan die gang te hou nie. Deesdae beskou ons liefde as die wegspringblokke vir \u2019n huwelik en kies ons heel ander lewensmaats.<\/p>\n\n\n\n<p>Kobus verduidelik dat verliefdheid nie bewustelik gekies word nie. \u201cDis jou onbewuste wat jou knie\u00eb skielik lam maak wanneer jy verlief raak. Jy het met \u2019n heel ander dinamiek te make wanneer jy met die onbewuste werk. Die onbewuste stel nie daarin belang om iemand te kies wat jou gelukkig gaan maak nie. Volgens die Imago-benadering is dit eerder iemand wat jou gaan help om die volle uitdrukking van jouself moontlik te maak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vir-ewig-en-altyd\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet voordat jy trou<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">\u2019n Gejaagde lewe<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Die praktiese aspekte van die lewe plaas heelwat spanning op paartjies: kinders moet by skole, buitemuurse bedrywighede en maters afgelaai word; daar is kosmaak, skoonmaak en huishou \u2026 As albei werk, moet hierdie take verdeel word, anders bou wrokkigheid op.<\/p>\n\n\n\n<p>Twee geslagte gelede het paartjies mekaar nodig gehad om op \u2019n praktiese en finansi\u00eble vlak te oorleef, s\u00ea Gail. \u201cDit het hulle bymekaar gehou. Eietydse generasies het veel meer geleenthede om \u2019n vervulde huwelik te h\u00ea, maar ook veel meer geleenthede om mekaar te verlaat. Die vraag is nie \u00f3f julle uitmekaar gaan groei nie, dis eerder w\u00e1nneer dit gaan gebeur. Dis belangrik om dinge saam te doen en ervarings te deel. Daar is \u2019n fyn balans tussen alles alleen doen en die huwelik interessant hou, en die deel van dinge sodat julle iets gemeen het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verhoudings-swaai-uit-vir-die-slaggate\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Swaai uit vir hierdie verhoudingslaggate<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image size-medium wp-image-133540\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"334\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/jose-martin-ramirez-carrasco-45sjAjSjArQ-unsplash-1-500x334.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-133540\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: Jos\u00e9 Mart\u00edn Ram\u00edrez Carrasco vir Unsplash<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Verhoudings verg werk<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Soms kan \u2019n goeie, openlike gesprek die lug suiwer en dit moontlik maak om jou behoeftes aan jou maat te verduidelik. Wanneer dit nie werk nie, moet julle die hulp van \u2019n fasiliteerder inroep, soos \u2019n berader wat die gesprek lei om \u2019n vrugbare uitkoms te verseker. Gail s\u00ea paartjies verkeer soms onder die wanindruk dat \u2019n huwelik \u2019n sprokie moet wees waarin almal altyd gelukkig is.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVerhoudings is iets waaraan jy konstant moet werk om seker te maak dat dit gesond bly, maar ook kan aanpas by die veranderende behoeftes van \u2019n vennootskap tussen twee mense.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDis belangrik om voor die tyd seker te maak dat julle dieselfde verwagtings van die verhouding het. Soms stel ons te ho\u00eb eise aan \u2019n verhouding en verwag dat \u2019n geliefde op alle vlakke in ons behoeftes moet voorsien, terwyl vriende en familie hierdie rolle ewe goed kan vervul.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Word weer hartsmaats<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Verskillende benaderings vir terapie<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Huweliksberaders onderskei hoofsaaklik tussen twee benaderings tot verhoudingsterapie. In die individuele benadering word \u2019n verhouding gesien as die toevallige botsing tussen twee individue en jy jou eers op \u2019n geestelike vlak gesond moet maak voor jy \u2019n verhouding kan red.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tweede benadering is die Jung-gegronde benadering wat glo dat dit \u2019n bedoelde botsing vol betekenis is wanneer twee mense bymekaar uitkom. Imago-verhoudingsterapie hang die laaste benadering aan en glo dat jy gesond word juis omdat jy binne \u2019n verhouding is.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valentynstroos-3-maniere-om-jou-ou-geliefde-in-n-nuwe-lig-te-sien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">3 maniere om jou &#8220;ou&#8221; geliefde in \u2019n nuwe lig te sien<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Hoe kies jy \u2019n huweliksberader?<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Hoewel daar heelwat boeke op die rak is om mense met probleme in hul verhouding te help, s\u00ea Kobus dat verhoudings soos klavierspeel en sport is. \u201cJy kan stapels boeke oor die onderwerp lees, maar jy gaan nooit klavier of tennis kan speel as jy dit nie werklik gaan oefen en toepas nie. Die beste manier om verhoudings te heel, is om werkwinkels by te woon en met albei partye in die verhouding te werk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Moenie tou opgooi wanneer jy nie dadelik die regte berader opspoor nie, s\u00ea Gail. \u201cHou aan soek tot jy een kry by wie julle aanklank vind.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy waarsku dat die verantwoordelikheid vir berading nie net op die vrou se skouers moet rus nie. \u2019n Verhoudingsterapeut vertel dat paartjies haar soveel keer kom spreek maar dat die een vierhonderd persent in die berading inkoop en die ander een te\u00ebsinnig deelneem. Terapeute is in sulke omstandighede selde suksesvol.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> 5 dinge wat niemand jou vertel voordat jy trou nie<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image wp-image-133539 size-medium\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"500\" height=\"334\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/09\/tiendat-nguyen-WY5kuE0R4-k-unsplash-1-500x334.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-133539\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: TienDat Nguyen vir Unsplash<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Mans soek ook vervulling<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMaar moenie die hedendaagse begeerte na persoonlike groei onderskat nie,\u201d s\u00ea Gail. \u201cIn baie gevalle is mans net so gretig om \u2019n meer vervullende verhouding te h\u00ea. Dis belangrik om \u2019n oplossing te kry wat vir die behoeftes van die mans sowel as di\u00e9 van die vroue voorsiening maak, want dit kan verskil. \u2019n Tweede kans kan die geleentheid wees vir die vestiging van \u2019n dieper en vervulde verhouding en \u2019n veel gelukkiger huwelik.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Kobus s\u00ea wanneer jy by \u2019n berader uitstap en jy is kwater en magteloser as voor die sessie, is jy by die verkeerde berader.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSystap beraders wat jou met religieuse verwagtinge skuldig laat voel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sou-jy-weer-met-haar-trou\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Sou jy weer met haar trou?\u00a0<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Maar hy\/sy het my verneuk<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Gail ontwikkel \u2019n affair nooit in isolasie nie. Dinge begin gewoonlik skeefloop wanneer mense nie ten volle in hul eie verhouding aanwesig is nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVroue is geneig om in hulself te keer en mans soek vertroosting buite die huwelik. Dit kan wees dat die vrou nie emosioneel beskikbaar vir haar man is nie omdat sy al haar emosies in die kinders of familie bel\u00ea. Op di\u00e9 wyse word die kinders die vrou se \u2018affair\u2019.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: Vir goeie raad oor gelukkige verhoudings en seksuele gesondheid, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/tussen-ons\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">loer hier<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Die onsigbare egskeiding<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Kobus noem dit \u2019n onsigbare egskeiding wanneer paartjies op \u2019n emosionele en intieme vlak tou opgooi om die verhouding te probeer red. Die huwelik word bloot funksioneel en sonder enige emosionele vervulling.<\/p>\n\n\n\n<p>Hy beskryf die verloop van \u2019n verhouding as \u2019n proses.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMense raak verlief en wanneer hulle die verhouding met \u2019n troue of kinders bevestig, verander die dinamiek van verliefdheid in \u2019n magstryd. Dis wanneer die endorfienwolkie van verliefdheid, waaronder ons glo dat ons dieselfde dink en doen, verdwyn. Nou kom jou brein skielik agter dat jy steeds \u2019n unieke persoon is en eers daarna begin die groei namate die paartjies moet skaaf om mekaar se uniekheid te akkommodeer. Hierdie magstryd is pynlik wanneer jy nie die vaardighede het om daarby aan te pas nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWanneer daar nie groei is nie, skakel die magstryd oor in \u2019n oorlewingsfase waarin mense ter wille van oorlewing op \u2019n emosionele vlak uit die verhouding tree. Dit maak hulle weerloos ten opsigte van skelm verhoudings en verslawings wat hulle gebruik om die pyn in die verhouding te verlig.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lewe-jy-saam-met-n-beheervraat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lewe jy saam met \u2019n beheervraat?<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Wat kan jy doen?<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Maak so gou moontlik werk daarvan. Neem \u2019n besluit dat julle \u2019n oplossing gaan soek wat julle in staat sal stel om weer op die huwelik en mekaar te fokus.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit help ook nie jy vergewe en vergeet die hele kwessie n\u00e1 \u2019n misstap wanneer jy nie die oorsaak van die probleem behoorlik ondersoek het nie. Dit kan die ideale geleentheid wees om mekaar se behoeftes werklik te leer ken en te groei, of jy kan met ontkenning alles onder die mat vee en op dieselfde wankelrige fondament voortbou. Tot die volgende krisis \u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Praat daaroor en kry professionele hulp as dit moet. Sien dit eerder as \u2019n noodkreet om die huwelik te laat werk as \u2019n doodskreet om dit te be\u00ebindig.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens die Imago-benadering is dit juis die verskille tussen mense wat groei bewerkstellig en \u2019n verhouding tot sy volheid sal laat gedy. Kobus s\u00ea dat die 15%-20% harde werk wat \u2019n verhouding vereis, jou ryklik gaan beloon met \u2019n huwelik wat soveel meer is. Maar dis belangrik dat pare in dialoog leef en leer om mekaar se werklikheid te besoek: plaas jou in die ander een se skoene sodat jy nie altyd die prentjie net van jou kant af sien nie. \u201cAs meer mense die kuns van werklik luister en praat bemeester, sal veel minder mense terapie nodig h\u00ea,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p>Terapeute waarsku ook dat die redes vir die onmin in die verhouding jou na die volgende verhouding gaan agtervolg as jy nie die oorsaak ondersoek en werk daarvan maak nie. Dis alleen d\u00e1n wanneer jy \u2019n volwasse verhouding sal kan ervaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-beter-oor-seks-te-praat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Hoe om beter oor seks te praat<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">En toe gebeur dit met jou &#8230;<\/h4>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns is nou die eerste keer eerlik met mekaar,\u201d s\u00ea Linda* n\u00e1 sy en haar man \u2019n jaar lank uitmekaar was voor hulle weer met berading hul huwelik van 35 jaar kon red. \u2019n Onbenullige argument was die laaste strooi, en jare se onuitgespreekte wrokkighede het na die oppervlak geborrel.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk het eers \u2019n berader gaan spreek om uit te werk wat ek uit die verhouding wil h\u00ea, en daarna het ons saam sessies gehad. Ons volwasse seun het ook van die sessies bygewoon omdat hy woedeuitbarstings oor van die kwessies in die huwelik gekry het. Ek en my man is albei baie nugter en vir die eerste keer pr\u00e1\u00e1t ons werklik met mekaar en vee nie net die probleme onder die mat in nie. Ons het iemand nodig gehad om ons deur die proses te lei en te help om mekaar weer te vertrou en ou wonde te heel. Ons seun het ook baat daarby gevind en sy huwelik en persoonlike verhoudings is op \u2019n nuwe pad.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Melanie* vertel dat haar man haar n\u00e1 \u2019n huwelik van tien jaar vertel het dat hy reeds die afgelope sewe jaar \u2019n verhouding met \u2019n kollega het en haar wil verlaat. Sy was histeries en diep seergemaak, maar het ook besef dat sy haarself nooit op alle vlakke in die verhouding beskikbaar gestel het nie. \u201cEk wou altyd die geborgenheid van \u2019n huwelik h\u00ea, maar toe die kinders kom, was dit vir my die vervulling. Ek het al my tyd en emosies op hulle uitgestort en my man het tweede in my hart gekom. Van buite het ons na \u2019n lieflike gesin gelyk, maar dit was leeg. Toe ek skielik besef dat ek hom kan verloor, het ek alles in die stryd gewerp om die huwelik te red. Ons het \u2019n berader gaan spreek en ek het stadig maar seker geleer om op \u2019n emosionele vlak openlik met my man te wees en hom op alle vlakke in my hart toe te laat. Dis twintig jaar later en ons is steeds gelukkig bymekaar &#8211; in \u2019n veel beter huwelik as wat ons voor die krisis was.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef?<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is dit die pynlike rugsteek van \u2019n affair, of die eensaamheid en isolasie van \u2019n emosielose verhouding? Hoe ook al, onmin in die huwelik kan jou lewe galbitter maak. Tog s\u00ea terapeute \u2019n krisis is \u2019n noodkreet wat jou huwelik sterker en gelukkiger kan maak indien jy die regte spitwerk insit.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":145173,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,651,662],"tags":[47155,60333,65462,135,2867],"class_list":["post-119567","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe","tag-huweliksprobleme","tag-verhoudings","tag-huwelike"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dis moontlik om jou huwelik te red | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Terapeute s\u00ea \u2019n krisis is \u2019n noodkreet wat jou huwelik sterker en gelukkiger kan maak indien jy die regte spitwerk insit. Dis moontlik om jou huwelik te red\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dis moontlik om jou huwelik te red | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Terapeute s\u00ea \u2019n krisis is \u2019n noodkreet wat jou huwelik sterker en gelukkiger kan maak indien jy die regte spitwerk insit. Dis moontlik om jou huwelik te red\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-05-24T11:52:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-05-24T11:58:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1151\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Dis moontlik om jou huwelik te red\",\"datePublished\":\"2024-05-24T11:52:28+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-24T11:58:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/\"},\"wordCount\":2113,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg\",\"keywords\":[\"persoonlike groei\",\"jou lewe\",\"huweliksprobleme\",\"Verhoudings\",\"huwelike\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/\",\"name\":\"Dis moontlik om jou huwelik te red | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg\",\"datePublished\":\"2024-05-24T11:52:28+00:00\",\"dateModified\":\"2024-05-24T11:58:12+00:00\",\"description\":\"Terapeute s\u00ea \u2019n krisis is \u2019n noodkreet wat jou huwelik sterker en gelukkiger kan maak indien jy die regte spitwerk insit. Dis moontlik om jou huwelik te red\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/05\\\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg\",\"width\":1567,\"height\":1151},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dis moontlik om jou huwelik te red\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dis moontlik om jou huwelik te red | rooi rose","description":"Terapeute s\u00ea \u2019n krisis is \u2019n noodkreet wat jou huwelik sterker en gelukkiger kan maak indien jy die regte spitwerk insit. Dis moontlik om jou huwelik te red","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dis moontlik om jou huwelik te red | rooi rose","og_description":"Terapeute s\u00ea \u2019n krisis is \u2019n noodkreet wat jou huwelik sterker en gelukkiger kan maak indien jy die regte spitwerk insit. Dis moontlik om jou huwelik te red","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-05-24T11:52:28+00:00","article_modified_time":"2024-05-24T11:58:12+00:00","og_image":[{"width":1567,"height":1151,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Dis moontlik om jou huwelik te red","datePublished":"2024-05-24T11:52:28+00:00","dateModified":"2024-05-24T11:58:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/"},"wordCount":2113,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg","keywords":["persoonlike groei","jou lewe","huweliksprobleme","Verhoudings","huwelike"],"articleSection":["Persoonlike groei","Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/","name":"Dis moontlik om jou huwelik te red | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg","datePublished":"2024-05-24T11:52:28+00:00","dateModified":"2024-05-24T11:58:12+00:00","description":"Terapeute s\u00ea \u2019n krisis is \u2019n noodkreet wat jou huwelik sterker en gelukkiger kan maak indien jy die regte spitwerk insit. Dis moontlik om jou huwelik te red","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/pexels-marcus-aurelius-6787784-e1716551729986.jpg","width":1567,"height":1151},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dis moontlik om jou huwelik te red"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=119567"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119567\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/145173"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=119567"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=119567"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=119567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}