{"id":119535,"date":"2019-09-27T10:45:06","date_gmt":"2019-09-27T08:45:06","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=119535"},"modified":"2019-09-26T12:52:21","modified_gmt":"2019-09-26T10:52:21","slug":"vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/","title":{"rendered":"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps deur Martie Swanepoel. Foto: <a href=\"https:\/\/www.pexels.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">pexels<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps<\/h4>\n<p>Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop.<\/p>\n<p>Hy skrik nie.<\/p>\n<p>Hy het die besoeker eintlik verwag.<\/p>\n<p>\u201cKom in.\u201d<\/p>\n<p>Dan skink hy twee glase klippies en coke.<\/p>\n<p>\u201cJy ken dit seker? Dit het my deur die<em> army<\/em> gekry. Klippies en coke.\u201d<\/p>\n<p>Die jonger man rol die glas tussen sy lang vingers.<\/p>\n<p>\u201cMy pa het dit mos ook gedrink. Te veel daarvan.\u201d<\/p>\n<p>Die man praat Afrikaans vlot. Aksentloos.<\/p>\n<p>Niek maak of hy niks agterkom nie. Hy is nie verras oor die skielike bekentenis nie.<\/p>\n<p>\u201cEk weet, ou seun.\u201d<\/p>\n<p>Hy vou sy arm om die jonger man se skouers.<\/p>\n<p>\u201cEk het gehoor dinge het later skeefgeloop.\u201d<\/p>\n<p>Die jong man lyk kwesbaar.<\/p>\n<p>\u201cNiemand mag hiervan weet nie. Ek vertrou jou al is jou dogter \u2019n joernalis. Ter wille van die<em> esprit de corps<\/em> wat eens tusen jou en my pa was. Broederskap, dit het my pa my darem vertel. Niemand weet van hom nie. Ek leef heeltemal anoniem, weet jy? Losgesny van alles. Toe ek die eerste keer van die fliek hoor, wou ek niks daarvan weet nie. Maar toe dink ek dit is tyd om vrede te maak.\u201d<\/p>\n<p>Niek steek \u2019n sigaret op.<\/p>\n<p>Hy hou die pakkie Chesterfield na die jong man.<\/p>\n<p>\u201cJou pa het dit ook gerook.\u201d<\/p>\n<p>Die jong man knik sy kop.<\/p>\n<p>Hulle rook die sigarette woordeloos.<\/p>\n<p>\u201cWat onthou jy alles?\u201d vra Niek.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou die klippies en coke. Meer bottels Klipdrift as wat ek wil onthou. Oral. In die huis, in die garage, weggesteek in die tuin. My pa het sy geheue daarmee probeer verdrink.\u201d<\/p>\n<p>Niek gee hom kans om te praat.<\/p>\n<p>\u201cHy het my en my ma geslaan, die grensheld. Hy was genadeloos. \u2019n Monster met \u2019n medalje. Ek het hom gehaat. Ek was nie hartseer toe hy homself geskiet het nie.\u201d<\/p>\n<p>Die jong man huil.<\/p>\n<p>\u201cWas jy jammer toe hy dood is, oom Niek? Na als?\u201d<\/p>\n<p>Oom Niek \u2026 Dis die eerste keer wat die jong man hom so noem.<\/p>\n<p>Niek gaan haal sy foto-albums.<\/p>\n<p>\u201cKan ek?\u201d<\/p>\n<p>Die jong man lyk skielik verbouereerd.<\/p>\n<p>\u201cEk het nooit foto\u2019s van my pa as jong soldaat gesien nie. Hy het als verbrand. Asof hy \u2026\u201d<\/p>\n<p>Niek maak oop by die eerste foto\u2019s van hom en Ewie.<\/p>\n<p>\u201cJou pa was \u2019n goeie ou op sy dag. Ons\u00a0 wou saam die terroriste platvee.\u201d<\/p>\n<p>Hy wys foto\u2019s van twee laggende jong soldate. Van twee verliefde paartjies. Daar is foto\u2019s van harde dae tydens opleiding. En dan net enkele foto\u2019s van hom en Ewie voor daardie dag.<\/p>\n<p>\u201cWat dink oom het daardie dag in my pa se kop verkeerd gegaan?\u201d<\/p>\n<p>Niek steek nog \u2019n Chesterfield op.<\/p>\n<p>\u201cDie grens het baie ouens se koppe geskud. Die angs, die adrenalien, maar meestal die angs. Kol. Giepie het altyd ges\u00ea daar is nie \u2019n ate\u00efs op die grens nie. As hulle op jou skiet, bid jy kliphard. Daardie dag. Jou pa was bang. Hy het \u2019n<em> buddy<\/em> se breins van sy klere afgevee. Dis nie maklik nie. Hy het ge<em>crack<\/em> en gehardloop en daarna kon hy nooit weer omdraai nie. Ek het daardie dag saam met jou pa gelieg om sy gat te red. En toe groei die leuen groter as wat ons gedink het. Ek het die afgelope weke baie daaroor gedink. Ek het \u2019n aandeel gehad in daardie leuen. En toe kan ek nie die gevolge van die leuen aanvaar nie.\u201d<\/p>\n<p>Die jong man staar na die laaste foto van sy pa in die album. Hy sien iets in die man se o\u00eb wat hy nooit in sy pa se o\u00eb gesien het nie. \u2019n Lag. Hoop.<\/p>\n<p>\u201cJy en Alano \u2026 gister? Hy weet ook?\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns sal weer praat, ek en hy. Hy sal verstaan. Dis beter as ons hierdie ding los in die verlede. Ons praat hom deur tot ons almal beter voel. Dan los ons dit. Ons praat nie weer daaroor nie.\u201d<\/p>\n<p>Die jong man blaai terug na die foto\u2019s van die twee verliefde paartjies op Potchefstroom.<\/p>\n<p>\u201cMy ma het nooit vrede gemaak nie. Ons is Frankryk toe. Na haar mense. My pa het \u2019n vreemdeling vir haar geword na die medalje, het sy altyd ges\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Niek onthou die beeldskone Franse meisie.<\/p>\n<p>\u201cDis jammer dat ouens nie berading gekry het na die grens nie. Eers aan die einde van die Bosoorlog was daar sielkundiges om die ouens by te staan. Voor dit was daar geen berading nie. Jou pa was ook maar net \u2019n slagoffer van daardie stelsel. Mens het maar met jou buddies gepraat oor wat gebeur het. Maar nadat die ding met jou pa gebeur het, dink ek, was daar nie baie ouens waarmee hy sy geheim kon deel nie. Ek was die enigste ou wat werklik geweet het wat daardie dag gebeur het toe ons Alano uit die bos gesleep het. En na die <em>debriefing<\/em> het ek en Ewie nooit weer gepraat nie. Ons was diep <em>buddies<\/em>, maar ons broederskap is daardie dag gebreek. Jy moet probeer vrede maak met die ding, ou seun. Ek het laasnag finaal besluit dit is tyd dat ek oor die ding kom. Ek het \u2019n aandeel gehad in dit wat van jou pa geword het en ek is jammer daaroor.\u201d<\/p>\n<p>Die twee mans drink nog \u2019n klippies in stilte.<\/p>\n<p>Elkeen besig met sy eie kop.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan na jou pa se graf ry. Ek gaan vrede maak. Ek is al \u2019n ou man. Dis nou tyd om die ding verby te kry. Hierdie fliek van jou. Dit gaan die regte storie vertel oor die Bosoorlog, maar die storie van ek en jou pa en Alano gaan tussen ons bly. Ons gaan dit onder die stof van Owamboland gaan begrawe. En dan los ons dit daar.\u201d<\/p>\n<p>Die jong man kyk op.<\/p>\n<p>Niek sien sy pa in sy o\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan saam as oom na my pa se graf gaan. Ek dink ek het dit al besluit voor ek Suid-Afrika toe gekom het. Ek gaan vrede maak. Dankie, oom.\u201d<\/p>\n<p>Niek druk die jong man teen hom vas.<\/p>\n<p>\u201cOns maak ons los van hierdie ding.\u201d<\/p>\n<p>Die ou man en die jong man skud hande.<\/p>\n<p><em>\u201cEsprit de corps,<\/em>\u201d s\u00ea Niek.<\/p>\n<p><em>\u201cEsprit de corps,\u201d<\/em> herhaal die jong man in \u2019n perfekte Franse aksent.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy van hierdie vervolgverhaal hou, gaan jy dol wees oor ons voorlesing, Botox, Barbies en Bietse. <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier!<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. \u201cKom in.\u201d<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":119537,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[373,998,1258,3378,4119,4396,23450,37319,66093],"class_list":["post-119535","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-martie-swanepoel","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-vervolgverhaal","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vlam"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. \u201cKom in.\u201d Lees Vlam Esprit de Corps\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. \u201cKom in.\u201d Lees Vlam Esprit de Corps\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-27T08:45:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps\",\"datePublished\":\"2019-09-27T08:45:06+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/\"},\"wordCount\":1088,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg\",\"keywords\":[\"Martie Swanepoel\",\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"vervolgverhaal\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"vlam\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/\",\"name\":\"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-27T08:45:06+00:00\",\"description\":\"Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. \u201cKom in.\u201d Lees Vlam Esprit de Corps\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg\",\"width\":640,\"height\":425,\"caption\":\"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps | rooi rose","description":"Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. \u201cKom in.\u201d Lees Vlam Esprit de Corps","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps | rooi rose","og_description":"Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. \u201cKom in.\u201d Lees Vlam Esprit de Corps","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-27T08:45:06+00:00","og_image":[{"width":640,"height":425,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps","datePublished":"2019-09-27T08:45:06+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/"},"wordCount":1088,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg","keywords":["Martie Swanepoel","Vermaak","lees","fiksie","vervolgverhaal","Ontspanning","entertainment","fiction","vlam"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/","name":"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg","datePublished":"2019-09-27T08:45:06+00:00","description":"Dis al laatnag as iemand aan Niek Branders se voordeur klop. Hy skrik nie. Hy het die besoeker eintlik verwag. \u201cKom in.\u201d Lees Vlam Esprit de Corps","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/alcoholic-beverages-brandy-drink-51365.jpg","width":640,"height":425,"caption":"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-34-esprit-de-corps\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vlam hoofstuk 34: Esprit de Corps"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119535","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=119535"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119535\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/119537"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=119535"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=119535"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=119535"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}