{"id":119426,"date":"2019-09-26T11:51:03","date_gmt":"2019-09-26T09:51:03","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=119426"},"modified":"2019-09-26T11:51:03","modified_gmt":"2019-09-26T09:51:03","slug":"margaret-in-venesie-dag-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/","title":{"rendered":"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2"},"content":{"rendered":"<p><em>Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 deur Margaret Gardiner.<\/em><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-119430 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M3-e1569399499352.jpg\" alt=\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\" width=\"240\" height=\"320\" \/><\/p>\n<p>Suid-Afrika is een van die mooiste plekke op aarde \u2013 die verskille in die omgewing en die mikro-klimate sorg vir eindelose stimulasie en ontdekking.<\/p>\n<p>Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Die asemrowende kanale wat mens gebruik om tussen stukke land te navigeer is moeilik om te beskryf. Maar die middel-van-die-somer hitte, met die oorvloed toeriste, is \u2019n realiteit wat mens ook moet navigeer. Tog wil jy om elke hoek en draai jou kamera gryp en afneem wat jy sien. Jy hoef nie \u2019n goeie fotograaf te wees nie \u2013 jy hoef net die knoppie te druk en die toneel voor jou vier homself.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-seer-te-kry-margaret-maak-n-draai-in-venesie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Margaret maak \u2019n draai in Venesi\u00eb<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_119431\" style=\"width: 330px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-119431\" class=\"wp-image-119431 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M4.jpg\" alt=\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\" width=\"320\" height=\"240\" \/><p id=\"caption-attachment-119431\" class=\"wp-caption-text\">Margaret in Venesi\u00eb Dag 2<\/p><\/div>\n<p>Ek het die middag af, en wil die tyd gebruik om die San Marcusplein, die Rialto-brug, die San Marcobasilika en die Doge-paleis te besoek.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gesels-met-adam-driver-in-venesie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Margaret gesels met Adam Driver in Venesi\u00eb<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-119432 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M5-e1569399534903.jpg\" alt=\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\" width=\"240\" height=\"320\" \/><\/p>\n<p>Teen laatmiddag was die hitte, die skares en kleure so \u2019n bietjie oorweldigend, en ek het teruggesak in die watertaxi wat my na die Lido moes terugneem. Die Lido is een van Venesi\u00eb se bekendste bakens, en skep die illusie dat dit op die horison dryf.<\/p>\n<p>Die dag staan aand se kant toe, en ek kry skielik lus om in die see te gaan swem. Ek trek my swemklere aan onder my klere, en haal \u2019n bus strand toe. Die lig is betowerend. Die son is besig om te sak, en die hitte is loom. Ek stap na die branders, maar maak uiteindelik nie eers my voete nat nie, want dit wemel van die jellievisse en ek sukkel al reeds met yslike muskietbyte. Al wil ek hoe graag afkoel, sal ek liewer nie. Ek gaan sit op die strand en staar net na die branders.<\/p>\n<p>Ek dink aan hierdie blog en neem \u2019n foto van myself \u2013 turend oor die see &#8211; in my swemklere. Ek het belowe om meer foto\u2019s te plaas van \u2019n ouer vrou wat die lewe geniet, en selfs al voel ek so gedisori\u00ebnteerd en al weet ek nie op daardie oomblik presies hoe ek lyk nie, neem ek \u2019n paar foto\u2019s.<\/p>\n<p>Anders as wat die geval is met sosiale media <em>\u201cinfluencers\u201d<\/em>, is my foto\u2019s op die ingewing van die oomblik, selfs al is ek in dit, en dit het selde die glans van \u2019n professionele foto. Daar is te veel druk.<\/p>\n<p>Druk om perfek te wees en \u2019n illusie te skep. Ek leef my lewe, en vang oomblikke vas. Soms lyk ek goed, soms lyk ek sleg. Ek probeer nie te veel van laasgenoemde foto\u2019s post nie. Ek is ook maar menslik. Dalk te menslik. Die volgende dag besef ek dat ek my swembroek onderstebo aangetrek het, op die strand daarmee gestap het en ja, selfs \u2019n foto van myself daarin geneem het vir hierdie blog, heeltemal onbewus van die situasie. Hoe het ek my foutjie ontdek? Want die etiket \u2013 wat op die materiaal gedruk is \u2013 is duidelik sigbaar op die foto\u2019s.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-vorentoe-of-agtertoe-te-kyk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Om vorentoe of agtertoe te kyk<\/a><\/p>\n<p>Toe die aand aanbreek, kan ek of gaan slaap of iets uniek beleef. Ek is genooi na \u2019n onthaal ter viering van die regisseur Pedro Almodovar se Golden Lion for Lifetime Achievement by die Scuola Grande di Santa Maria della Misericordia Cannaregio. Ek probeer om dit twee keer vinnig te s\u00ea, maar my asem raak elke keer op!<\/p>\n<p>So, ek spring onder \u2019n stort in, wend \u2019n bietjie grimering aan en trek \u2019n gemaklike swart rok aan met lang splete, perfek vir groot tre\u00eb gee, voordat ek vir \u2019n watertaxi gaan wag om na Pedro Almodovar se groot aand \u2013 gedeeltelik geborg deur Prada &#8211; te gaan.<\/p>\n<p>Om daar uit te kom, is 90% van die pret. \u2019n Vaartbelynde houtboot, presies soos wat \u2019n mens in flieks sien, laai ons op. Probeer \u2019n bietjie om van die hawe af in \u2019n dobberende boot te klim met hemelho\u00eb hakke!<\/p>\n<p>Wanneer jy eers op die boot is, moet jy boonop gebukkend loop, want die dak is omtrent heuphoogte. Ek strompel na die agterkant van die boot waar \u2019n dakpaneel oopgeskuif is sodat \u2019n mens die naghemel kan sien, en kry \u2019n duidelike prentjie van Venesi\u00eb soos wat ons naderkom. Nadat ons eers die uitgestrekte stuk water oorgesteek het, vaar die boot stadiger om die riviermondings te navigeer wat na die stad se waterstrate lei. Die waterstrate is die ene aktiwiteite en glans. Ligte reflekteer in die water, en die gewone word buitengewoon. Die ou geboue skitter in die nag se ligte, en mense stop en staar wanneer ons onder die een na die ander brug deurvaar. Party br\u00fbe is so laag dat jy vinnig moet buk om te keer dat jy onthoof word.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-119522\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M1-e1569490701853.jpg\" alt=\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\" width=\"395\" height=\"297\" \/><\/p>\n<p>Die gebou met die onuitspreekbare naam is helder verlig in rooi, en die dok wemel van die bote. Paparazzi verdring mekaar, en mense druk teen die fluweeltoue waaragter net uitgesoektes toegelaat word.<\/p>\n<div id=\"attachment_119523\" style=\"width: 416px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-119523\" class=\"wp-image-119523\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M2-e1569490721363.jpg\" alt=\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\" width=\"406\" height=\"304\" \/><p id=\"caption-attachment-119523\" class=\"wp-caption-text\">Margaret in Venesi\u00eb Dag 2<\/p><\/div>\n<p>Binne is dit imposant \u2013 daarvoor sorg die ongelooflike grootte van die struktuur, die geboogde plafonne en baksteenmure. \u00a0Daar\u2019s \u2019n disko op die grondvloer, en die spasie rondom die sitplekke op die boonste vloer is versier met skilderye van die akteurs wat in Almodovar se films gespeel het asook tonele uit sy flieks.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-119433 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M6-e1569399554123.jpg\" alt=\"\" width=\"281\" height=\"375\" \/><\/p>\n<p>Wanneer Almodovar aankom, beur die skare vorentoe om hom geluk te wens. Ek en hy begin gesels oor sy nuwe film, <em>Pain and Glory<\/em>, waarin Antonio Banderas die rol vertolk van \u2019n rolprentmaker, deurtrek met pyn, wat eksperimenteer met dwelms. Nie as ontvlugting nie, maar as \u2019n manier om te kan funksioneer. Daar is \u2019n soen tussen Antonio se karakter en die man wat hy liefhet, wat net so passievol is soos enige meer tipiese flieksoen. Almodovar knik instemmend. \u201cAlmal s\u00ea dit. Ek wou h\u00ea die soen moet die verlange en die liefde uitbeeld.\u201d Ek steel gou \u2019n foto \u2013 verskoon die greinerigheid, maar die lig was sleg en daar was baie mense wat met hom wou praat. Ek wou nie verder tyd mors deur te soek vir die flits op my kamera nie.<\/p>\n<p>Dit was byna middernag, en ek het net \u2019n paar ure slaap gehad. Ek het \u2019n paar vriende oorreed om saam met my \u2019n boot terug te haal na die Lido. Ek het my skoene uitgetrek en \u2019n vriend het die foto geneem. Let op na die muskietbyt op die been en die grimering, wat al beter dae gesien het.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-119524 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M7-e1569490905985.jpg\" alt=\"\" width=\"389\" height=\"519\" \/><\/p>\n<p>Die betowering van die stad het my nuwe energie gegee, en in \u2019n kits was ons by die Excelsior Hotel se dok waar die paparazzi altyd die sterre inwag wat arriveer vir premi\u00e8res &#8230;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-119525 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/app\/uploads\/2019\/09\/M8-e1569490928174.jpg\" alt=\"\" width=\"475\" height=\"356\" \/><\/p>\n<p><strong>Volg gerus <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspanning\/blogs\/margaret-gardiner\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Margaret se blog vir rooi rose<\/a> waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/margaret_gardiner\/?hl=en\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Instagram<\/a>, <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MargaretGardinerOfficial\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">facebook<\/a>, <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MargaretGGG?ref_src=twsrc%5Egoogle%7Ctwcamp%5Eserp%7Ctwgr%5Eauthor\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">twitter<\/a> en haar\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UC1yd1WWOOKRGapaP71wxZjA\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">YouTube-kanaal<\/a> waar sy met bekendes gesels &#8211; dis als gratis om haar te volg.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Die asemrowende kanale wat mens gebruik om tussen stukke land te navigeer is moeilik om te beskryf. Maar die middel-van-die-somer hitte, met die oorvloed toeriste, is \u2019n realiteit wat mens ook moet navigeer. Tog wil jy om elke hoek en draai jou kamera gryp en afneem wat jy sien. Jy hoef nie \u2019n goeie fotograaf te wees nie \u2013 jy hoef net die knoppie te druk en die toneel voor jou vier homself.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":119525,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,52505,3476],"tags":[60524,35,147,158,628,998,1387,3434,4396,23450,24339],"class_list":["post-119426","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-margaret-gardiner","category-ontspanning","tag-margaret-se-wereld","tag-blogs","tag-bekendes","tag-reis","tag-travel","tag-vermaak","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Lees nou oor Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 en vind uit wat sy alles doen!\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Lees nou oor Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 en vind uit wat sy alles doen!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-26T09:51:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/M8-e1569490928174.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\",\"datePublished\":\"2019-09-26T09:51:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/\"},\"wordCount\":1174,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/M8-e1569490928174.jpg\",\"keywords\":[\"margaret se wereld\",\"blogs\",\"bekendes\",\"reis\",\"travel\",\"Vermaak\",\"celebs\",\"ons mense\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Margaret se W\u00eareld\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/\",\"name\":\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/M8-e1569490928174.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-26T09:51:03+00:00\",\"description\":\"Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Lees nou oor Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 en vind uit wat sy alles doen!\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/M8-e1569490928174.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/M8-e1569490928174.jpg\",\"width\":900,\"height\":675,\"caption\":\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-in-venesie-dag-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 | rooi rose","description":"Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Lees nou oor Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 en vind uit wat sy alles doen!","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 | rooi rose","og_description":"Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Lees nou oor Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 en vind uit wat sy alles doen!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-26T09:51:03+00:00","og_image":[{"width":900,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/M8-e1569490928174.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2","datePublished":"2019-09-26T09:51:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/"},"wordCount":1174,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/M8-e1569490928174.jpg","keywords":["margaret se wereld","blogs","bekendes","reis","travel","Vermaak","celebs","ons mense","Ontspanning","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Blogs","Margaret se W\u00eareld","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/","name":"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/M8-e1569490928174.jpg","datePublished":"2019-09-26T09:51:03+00:00","description":"Venesi\u00eb is \u2019n ander soort mooi \u2013 baie spesifiek en uniek. Lees nou oor Margaret in Venesi\u00eb Dag 2 en vind uit wat sy alles doen!","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/M8-e1569490928174.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/M8-e1569490928174.jpg","width":900,"height":675,"caption":"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-in-venesie-dag-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Margaret in Venesi\u00eb Dag 2"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119426","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=119426"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119426\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/119525"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=119426"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=119426"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=119426"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}