{"id":119298,"date":"2019-09-20T10:45:31","date_gmt":"2019-09-20T08:45:31","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=119298"},"modified":"2019-09-20T12:39:32","modified_gmt":"2019-09-20T10:39:32","slug":"vlam-hoofstuk-33-nagmerries","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/","title":{"rendered":"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam Hoofstuk 33:\u00a0Nagmerries deur Martie Swanepoel<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries<\/h4>\n<p>Na \u2019n paar stewige slukke wyn by die <em>after paartie<\/em>, is Niekie oor die verleentheid van die stukkende beeldjie.<\/p>\n<p>Sy ontspan.<\/p>\n<p>Tot \u2019n bekende stem agter haar praat.<\/p>\n<p>\u201cDrama volg jou ook net waar jy gaan.\u201d<\/p>\n<p>Duard neem haar aan die arm en gaan staan tussen haar en Pieta.<\/p>\n<p>Sy doen haar bes om nie te wys dat die man haar ontsenu nie.<\/p>\n<p>\u201cPieta, dis nou Duard Wayne.\u201d<\/p>\n<p>Piet skud hoflik blad. Hy is nie \u2019n man wat deur iemand se sterstatus gevlei sal wees nie.<\/p>\n<p>\u201cEn Duard, dit is my pa, kol. Niek Branders.\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n breukdeel van \u2019n sekonde is daar skok op haar pa se gesig.<\/p>\n<p>Of verbeel sy haar?<\/p>\n<p>Duard gaan staan reg voor Niek.<\/p>\n<p>Na die handdruk hou hy Niek se hand lank vas.<\/p>\n<p>\u201cWat \u2019n voorreg, kol. Branders. Ek het al so baie van u gehoor.\u201d<\/p>\n<p>Niekie besef dat sy haar pa nog nooit in detail met Duard bespreek het nie.<\/p>\n<p>Sou hy opgelees het oor haar pa?<\/p>\n<p>Sy het haar pa nog selde ontsenu gesien, maar sy kan sien die Hollywood-ster se teenwoordigheid <em>rattle<\/em> hom.<\/p>\n<p>Hoekom? Sy wonder. Haar pa hou dan nie eens van die akteur se flieks nie?<\/p>\n<p>Dit is asof Duard en haar pa vir haar en Pieta met die res van die gesprek uitsluit. Hulle praat net oorlog. En, haar pa nooi die man na sy huis! Duard wil sy <em>army buddies<\/em> ontmoet en na die<em> army<\/em> memorabilia kyk!<\/p>\n<p>Dit moet als deel wees van hoe hy homself vir sy rol voorberei, troos Niekie haarself vir haar ongemak oor die man se oordrewe belangstelling in haar pa.<\/p>\n<p>Daardie nag slaap Niek Branders byna niks nie.<\/p>\n<p>Die fliek van die Amerikaners het van die eerste oomblik aan sy siel gekrap. Maar sy ontmoeting met Duard Wayne het \u2019n diep seer oopgekrap en hy weet sy vriende gaan dieselfde voel as hulle die akteur ontmoet.<\/p>\n<p>Hy weet hulle gaan dit ook ervaar \u2026 die ou bekende.<\/p>\n<p>Daardie o\u00eb.<\/p>\n<p>Vir Niek gaan die gekrap in sy siel nie meer oor die vrees dat die Amerikaners hulle bosoorlog kaap met \u2019n fliek nie. Dit gaan oor die oopkrap van \u2019n ou storie waaroor deur die jare net gefluister is.<\/p>\n<p>In die newels tussen slaap en brandewyn-en-coke kom te veel ou herinneringe na die oppervlak.<\/p>\n<p>Dinge wat hy gehoop het hy lankal onder \u2019n paar lae aanvaarding kon wegsteek.<\/p>\n<p>In een van sy drome kom staan Ewie voor hom. Sy beste <em>army<\/em> pel, Everard Wynand du Preez \u2026<\/p>\n<p>Die laaste boesemvriend wat hy ooit gehad het.<\/p>\n<p>Daarna het hy nooit weer \u2018n ou so na aan sy siel toegelaat nie.<\/p>\n<p>Dan is Duard Wayne skielik deel van sy droom. Hy voel weer die skok as hy die man sien. Die Amerikaner wat die rol van \u2018n bosoorlog-held kom speel, \u2019n held \u2026<\/p>\n<p>Dan is hy in sy droom weer op die grens. Die reuk van kordiet hang in die lug. Hy ruik diesel, hy voel vrees en adrenalien. Kleingeweervuur, mortiere, 90 millimeter kanonne, die gesuis van RPG7-vuurpylvuur deur die lug.<\/p>\n<p>Hy is weer by die oorgrensoperasie wat sy lewe verander het. Operasie Jupiter.<\/p>\n<p>Hy ruik die bekende reuke van Ovamboland. Verlangs dreun kolonel Giepie se stem \u201c\u2026 aanvalsroete, verdedigingslinies, masjiengeweerstellings \u2026 sandmodel \u2026 \u201c<\/p>\n<p>Die mirages, die artellierie. \u00a0SWAPO in hul loopgrawe. Die Bravo- stoppergroep wat in twee posisies wag vir SWAPO. Hy sien die flits van die terroris se RPG7. Vuur en rook uit Ewie se ratel.<\/p>\n<p>In sy droom soek hy Ewie tussen die bosse.<\/p>\n<p>Hy sien \u2019n stewel onder \u2019n bos uitsteek. Is dit \u2019n SWAPO-stewel of Ewie se stewel? Hy kan nie onthou nie.<\/p>\n<p>\u201cMoenie skiet nie,\u201d gil Ewie. Of is dit die terroris?<\/p>\n<p>In sy droom sleep hy Ewie en die terroris terug na die basis.<\/p>\n<p>Dan hoor hy kol. Giepie se stem.<\/p>\n<p>\u201cJy was dapper, Du Preez. Hier is vir jou \u2019n medalje.\u201d<\/p>\n<p>Dan hoor hy hoe kol. Giepie en die manne vir hom lag.<\/p>\n<p>Hy sit in die stof langs die terroris en sy <em>buddies<\/em> lag vir hom.<\/p>\n<p>Ewie se blikmedalje verblind hom.<\/p>\n<p>Niek Branders skrik wakker.<\/p>\n<p>Hy voel moeg. Dis asof hy ure deur die bosse na Ewie gesoek het.<\/p>\n<p>Hy skink nog \u2019n klippies. Dan staan hy op en sleep sy ou <em>army-<\/em>trommel nader.<\/p>\n<div id=\"attachment_119300\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-119300\" class=\"size-full wp-image-119300\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg\" alt=\"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries\" width=\"640\" height=\"423\" \/><p id=\"caption-attachment-119300\" class=\"wp-caption-text\">Vlam Hoofstuk 33:\u00a0Nagmerries<\/p><\/div>\n<p>As hy deur die albums blaai, hoor hy stemme van ver uit die verlede.<\/p>\n<p>\u201cIn watter rigting is die luitenant?\u201d Hy hoor mans lag.<\/p>\n<p>Hy kyk na foto\u2019s van Ewie as dapper troep.<\/p>\n<p>Niek sit met sy kop tussen se hande.<\/p>\n<p>Dit was die bosoorlog. Dit het Ewie ge<em>crack.<\/em><\/p>\n<p>Maar \u2019n stem vra hom iets wat hy nie wil onthou nie.<\/p>\n<p>\u201cHoekom het Ewie stilgebly? Hoekom het hy toegelaat dat jy die \u2018<em>rap<\/em>\u2019 vat vir die mislukte operasie? \u2026 Hoekom?\u201d<\/p>\n<p>Niek onthou die verraad. Die ontnugtering.<\/p>\n<p>Dit was nie die angs, die bloed en die breins wat hom wat Niek is ge<em>crack<\/em> het nie. Dit was Ewie. Sy <em>buddy<\/em>. Ewie se stilte. Ewie se medalje.<\/p>\n<p>Dit het \u2019n bloedspoor in sy muwwe geheue gelaat.<\/p>\n<p>Hy weet hy sou weer dieselfde gekies het. Hy sou weer sy <em>buddy<\/em> se gat gered het.<\/p>\n<p>Vroeg die volgende oggend bel Elton vir Niek. Duard wil hom dringend sien.<\/p>\n<p>\u201cDaar is iemand wat jy dalk graag sal wil ontmoet. \u2019n Ou wat in dieselfde tyd as jy in Ovamboland was. Hy was aan SWAPO se kant en het Nichols bygestaan met die draaiboek. Hy het spesiaal gevra om jou te ontmoet.\u201d<\/p>\n<p>Al die herinneringe dreig om te veel te word vir Niek. Hy wens party van die dinge kon maar net in die verlede bly. Maar hy besef ook hier voor hom staan nou \u2019n kans om genesing te kry van party goed wat vir jare soos \u2019n kanker aan hom vreet.<\/p>\n<p>Hy was sy gesig met koue water. In die spie\u00ebl sien hy homself as jong luitenant. Agter hom sien hy Ewie se laggende gesig. \u2026 of sien hy iemand anders?<\/p>\n<p>Hy weet al van gisteraand af \u2026 Daar is nie by hom twyfel nie.<\/p>\n<p>Ewie en Anel. Hulle het nooit weer saam gekuier nie. Hy het net die stories gehoor.<\/p>\n<p>Die alkohol en gesinsgeweld.<\/p>\n<p>Die kind.<\/p>\n<p>Laatoggend hou \u2019n voertuig voor sy deur stil. Drie mans klim uit. Elton, Wayne en nog \u2019n man. \u2019n Ouer man.<\/p>\n<p>Hulle skud hand.<\/p>\n<p>Hy en die ouer man kyk mekaar diep in die o\u00eb.<\/p>\n<p>Niek is skielik terug in die bos. Hy hoor swaar asemhaling. Hy sien die stewel uitsteek. Dis \u2019n SWAPO-stewel.<\/p>\n<p><em>\u201cDon\u2019t shoot,<\/em>\u201d se die man in sy herinneringe.<\/p>\n<p>Die ouer man se handdruk is warm.<\/p>\n<p>\u201cKol. Niek Branders,\u201d se hy. \u201cEk het gehoop hierdie dag gaan aanbreek. Ek wag al jare om jou weer te ontmoet.\u201d<\/p>\n<p>Dan stel die man homself voor \u2026<\/p>\n<p>Maar Niek weet reeds wie dit is.<\/p>\n<p>Dis Alano Gumba, die SWAPO streeksbevelvoerder, wat hy destyds gevange geneem het.<\/p>\n<p>Niek neem die mans na sy sitkamer. Hulle gesels oor al die Bosoorlog-memorabilia.<\/p>\n<p>Hy en Alano gesels nie oor wat daardie dag gebeur het nie. Hulle bly vir eers stil.<\/p>\n<p>Net voor hulle vertrek, onderbreek Alano die stilte.<\/p>\n<p>Hy Roep Niek eenkant.<\/p>\n<p>\u201cEk is bly dat jou <em>army-<\/em>loopbaan vir jou goed uitgedraai het, Niek. Ek het deur die jare dikwels aan jou gedink. Ek weet presies wat daardie dag gebeur het. Julle het nie gedink ek verstaan nie, jy en Du Preez, maar ek het geweet wat aangaan. Ons gaan dinge regstel. Ek en jy en Duard.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Het jy Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries geniet? Dan gaan jy baie van ons voorlesing van Botox, Barbies en Bietse hou! <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid. Sy stel haar pa aan Duard Wayne voor en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie \u2019n oog toemaak nie. Herinneringe van sy verlede spook by hom &#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":119300,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[998,1258,3378,4396,23450,37319],"class_list":["post-119298","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie \u2019n oog toemaak nie. Vlam Hoofstuk 33.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie \u2019n oog toemaak nie. Vlam Hoofstuk 33.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-20T08:45:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-09-20T10:39:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"423\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries\",\"datePublished\":\"2019-09-20T08:45:31+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-20T10:39:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/\"},\"wordCount\":1288,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg\",\"keywords\":[\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/\",\"name\":\"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-20T08:45:31+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-20T10:39:32+00:00\",\"description\":\"Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie \u2019n oog toemaak nie. Vlam Hoofstuk 33.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg\",\"width\":640,\"height\":423,\"caption\":\"Vlam Hoofstuk 33:\u00a0Nagmerries\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries | rooi rose","description":"Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie \u2019n oog toemaak nie. Vlam Hoofstuk 33.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries | rooi rose","og_description":"Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie \u2019n oog toemaak nie. Vlam Hoofstuk 33.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-20T08:45:31+00:00","article_modified_time":"2019-09-20T10:39:32+00:00","og_image":[{"width":640,"height":423,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries","datePublished":"2019-09-20T08:45:31+00:00","dateModified":"2019-09-20T10:39:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/"},"wordCount":1288,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg","keywords":["Vermaak","lees","fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/","name":"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg","datePublished":"2019-09-20T08:45:31+00:00","dateModified":"2019-09-20T10:39:32+00:00","description":"Na die toekenningseremonie is Niekie in die verleentheid en daardie nag kan Kol. Niek Branders nie \u2019n oog toemaak nie. Vlam Hoofstuk 33.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/agfa-antiquarian-camera-46794.jpg","width":640,"height":423,"caption":"Vlam Hoofstuk 33:\u00a0Nagmerries"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-33-nagmerries\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vlam Hoofstuk 33: Nagmerries"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119298","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=119298"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119298\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/119300"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=119298"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=119298"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=119298"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}