{"id":119277,"date":"2019-09-25T11:44:46","date_gmt":"2019-09-25T09:44:46","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=119277"},"modified":"2019-09-23T15:46:21","modified_gmt":"2019-09-23T13:46:21","slug":"papsmeer-en-die-hpv-vaksien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/","title":{"rendered":"Papsmeer en die HPV-vaksien"},"content":{"rendered":"<p><em>Papsmeer en die HPV-vaksien deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto:\u00a0noipornpan\/istock images\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat jy moet weet oor papsmeer en die HPV-vaksien<\/h4>\n<p>Met al die publisiteit wat die vaksien teen die menslike papilloomvirus, of MPV, (beter bekend in Engels as HPV (<em>human papilloma virus<\/em>)) kry, is baie van ons onder die indruk dat \u2019n papsmeer nou nie meer so nodig is nie. Of sommer heeltemal onnodig is as jy \u2019n histerektomie gehad het.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n ernstige fout, s\u00ea dr. Ina de Beer van die Intercare Woodhill Mediese Sentrum in Pretoria. Dit gaan lewens kos vorentoe. Dit kan j\u00f3\u00fa lewe wees.<\/p>\n<p>As jy bo dertig is, is die kans in elk geval bitter skraal dat jy ooit die vaksien ontvang het. As jy bo veertig is, is jy beslis nooit gevaksineer nie, aangesien die vaksien nie beskikbaar was toe jy 12, 14 jaar oud was nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-ouers-moet-weet-van-die-hpv-vaksien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat elke ouer van die HPV-vaksien moet weet<\/a><\/p>\n<p>Wat dr. De Beer veral bekommer, is dat ons d\u00ednk ons is volkome veilig, en daarom glo ons ons hoef ons nie verder oor kankers van die vrouedele te bekommer nie.<\/p>\n<p>In werklikheid beskerm die vaksien ons teen net 70% van die HPV-variante wat aan servikskanker gekoppel word. Die orige 30% van HPV-variante, waarvan baie \u00f3\u00f3k aan servikale kanker gekoppel word, is nie in die vaksien ingesluit nie. Toegegee, hulle is skaarser. Maar die risiko is werklik en beduidend.<\/p>\n<p>Daarby word HPV aan ander kankers gekoppel waarvan min van ons bewus is, soos vaginale kanker en vulvakanker. Gelukkig is hierdie twee vrouekankers skaars. Ongelukkig is diagnose met enige van die twee taamlik slegte nuus.<\/p>\n<p>Een uit elke vier vroue by wie vulvakanker gediagnoseer word, sterf terwyl die een-uit-elke-drie sterftesyfer vir vaginale kanker selfs ho\u00ebr is. Om dit in perspektief te stel: uit \u2019n groep van honderd vroue met borskanker is 90 vroue vyf jaar later nog springlewendig en gesond, teenoor net 33 vroue by wie vulvakanker gediagnoseer is en \u2019n skamele 25 by wie vaginale kanker gediagnoseer is.<\/p>\n<p>Dr. De Beer, soos haar kollegas sonder uitsondering, meen jy behoort jouself te beveilig deur gereeld vir \u2019n ginekologiese ondersoek en \u2019n papsmeer te gaan, al is jy gevaksineer.<\/p>\n<p>Maak dit dan nog sin om jou kind met die HPV-vaksien te laat inent?<\/p>\n<p>Beslis, s\u00ea dr. De Beer. Die gedeeltelike beskerming is die moeite werd. Jy kan net nie daarop alleen staatmaak nie. Dit moet deur jou lewe met \u2019n papsmeer aangevul word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tussen-ons-episode-12-die-menslike-papilloomvirus-of-mpv-met-dr-elna-mcintosh\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat elke vrou moet weet oor (en verwag van!) MPV en papsmeer<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die re\u00ebls vir \u2019n papsmeer<\/h4>\n<p>Die oplossing is so maklik as om gereeld vir \u2019n volledige ginekologiese ondersoek te gaan. Jou dokter sal dan ook \u2019n papsmeer neem. Maar dit kos geld, en ons het almal baie ander gaatjies wat ook geld vra. Die vraag is met hoe min kan jy wegkom en steeds veilig speel?<\/p>\n<p>Die staat dink drie in jou leeftyd is genoeg. Daarom kan jy by jou naaste kliniek drie keer \u2019n gratis papsmeer kry \u2013 een voor dertig, een rondom veertig en een tydens jou menopouse. Jy kan natuurlik by die munisipale klinieke vir soveel ginekologiese ondersoeke gaan as wat jy wil. Jaarliks of minstens elke twee jaar is genoeg.<\/p>\n<p>Dr. De Beer s\u00ea dit is \u2019n illusie dat drie papsmere in \u2019n leeftyd genoeg is. Maar dit is al wat die staat kan bekostig. Dit is beter as niks, maar dit is regtig nie voldoende nie.<\/p>\n<p>Die riglyne van die mediese fondse soos Discovery is dat jy elke twee jaar vir \u2019n papsmeer behoort te gaan. Hulle beloon jou inderdaad met Vitality-punte daarvoor.<\/p>\n<p><strong>Hier is die huidige aanbevelings:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Gaan elke tweede jaar vir \u2019n ginekologiese ondersoek en papsmeer.<\/li>\n<li>Solank die papsmeer negatief is, kan jy elke twee jaar bly gaan.<\/li>\n<li>As jou papsmeer positief is, selfs al is dit vals positief, moet jy n\u00e1 ses maande weer gaan.<\/li>\n<li>Gaan dan al om die ses maande tot jy twee opeenvolgende skoon papsmeer-uitslae gekry het.<\/li>\n<li>As jou papsmeer drie keer opeenvolgend wys iets skort, moet jy gaan vir \u2019n deeglike kolposkopiese ondersoek van die vagina en serviks, vir \u2019n akkurate diagnose.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat as jy \u2019n histerektomie gehad het?<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan steeds vulva- en vaginale kanker kry. Daarom moet jy elke vyf jaar vir \u2019n ginekologiese ondersoek gaan. Jy het nie meer \u2019n serviks nie maar vaginale kanker kan steeds inwendig ontwikkel. Daarom word \u2019n koepelsmeer pleks van \u2019n papsmeer geneem. Vir \u2019n papsmeer word weefsel van net die serviks geneem; vir \u2019n koepelsmeer word weefsel uit die vaginale ruimte geneem.<\/p>\n<p>Vir goeie raad en interessante gesprekke oor seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/tussen-ons\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">loer hier.<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Leer jou dogter dat sy elke tweede jaar \u2019n papsmeer moet doen, al het sy die HPV-vaksien gekry<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vinnige feite oor MPV<\/h4>\n<p><strong>Velvratjies en genitale vratjies is verwant<\/strong><\/p>\n<p>Die papilloomvirusse agter soolvratte en ander doodgewone velvratjies is van dieselfde familie as die menslike papilloomvirus wat genitale vratjies veroorsaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Onverwagse oplossing vir velvratjies<\/strong><\/p>\n<p>Baie volwassenes en kinders sukkel met vratjies wat nie wil weggaan nie. Probeer die HPV-vaksien. Die kans is goed dat jou vratjie veroorsaak word deur een van die lyne wat in die vaksien ingesluit word. Oorweeg dit gerus as jou kind rondom tien, vyftien is. Dan is hy\/sy sommer ook beter beskerm teen die genitale vratte en servikskanker wat deur die papilloomvirus veroorsaak kan word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe velvratjies en moesies verskil<\/strong><\/p>\n<p>Vratjies lyk kenmerkend soos \u2019n blomkoolfloret, met tientalle klein \u201cvingertjies\u201d. Soolvratte lyk glad maar in werklikheid is die \u201cvingertjies\u201d maar net glad afgeskuur omdat jy heeldag op jou voete is en loop.<\/p>\n<p>Moesies kan glad of grof wees maar hul onderskeidende kenmerk is dat hulle in kleur verskil van die vel rondom hulle.<\/p>\n<p>Moesies kan kankeragtig raak. Velvratjies raak nooit kankeragtig nie. Maar vratte aan die genitale dele \u2013 inwendig en uitwendig \u2013 word aan vrouekankers soos vulva-, servikale en vaginale kanker gekoppel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Beste ouderdom vir die HPV-vaksien<\/strong><\/p>\n<p>Tussen tien en vyftien vir die eerste dosis, met twee op-volgtoedienings oor die volgende 18 maande om die immuunrespons te versterk. Alles moet voltooi wees voor die eerste seksuele kontak.<br \/>\nDie staat betaal daarvoor by sommige skole, terwyl ouers by meer welvarende skole daarvoor moet opdok.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>HPV vir seuns ook<\/strong><\/p>\n<p>Die papilloomvirus veroorsaak by mans beswaarlik simptome of ongemak, met geen risiko op genitale kanker nie. Net sommige hou genitale vratte oor. M\u00e1\u00e1r hulle kan die vrou in hul lewe aansteek \u2013 en s\u00fd kan \u2019n vrouekanker ontwikkel. Daarom is dit goed om jou seun ook te laat vaksineer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>HPV-simptome lyk en voel so<\/strong><\/p>\n<p>Dit is juis die probleem: infeksie met die virus veroorsaak geen simptome soos pyn, koors of ander tekens nie. Sommige mense \u2013 verreweg die minderheid \u2013 ontwikkel lank en selfs dekades later uitwendige vratjies of inwendige letsels, wat later tot kanker kan lei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>HPV is vir altyd<\/strong><\/p>\n<p>Die virus bly vir altyd in jou selle voortleef.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe jy HPV aansteek<\/strong><\/p>\n<p>HPV word oorgedra tussen mans en vroue deur kontak met die geslagsdele \u2013 meestal vaginaal en anaal maar ook deur orale seks. Aangesien infeksie nie simptome veroorsaak nie sal jy nie eens weet wanneer jy dit van \u2019n seksmaat af aansteek of oordra nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Rokers moet hierdie weet<\/strong><\/p>\n<p>Dit lyk asof rook jou meer vatbaar maak vir vrouekankers \u2013 en vir kanker oor die algemeen. As jy rook en seksueel aktief is, is dit selfs belangriker dat jy gereeld vir \u2019n papsmeer gaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Het jy gedink die HPV-vaksien beskerm jou ten volle teen servikskanker? Ongelukkig toe ni\u00e9 &#8230; Dis wat jy moet weet. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":119421,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[135,136,2792,23443,23664],"class_list":["post-119277","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-verhoudings","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-relationships","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Papsmeer en die HPV-vaksien | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Het jy gedink die HPV-vaksien beskerm jou ten volle teen servikskanker? Ongelukkig toe ni\u00e9 ... Dis wat jy moet weet. Papsmeer en die HPV-vaksien\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Papsmeer en die HPV-vaksien | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Het jy gedink die HPV-vaksien beskerm jou ten volle teen servikskanker? Ongelukkig toe ni\u00e9 ... Dis wat jy moet weet. Papsmeer en die HPV-vaksien\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-25T09:44:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/MARPapsmeer01RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Papsmeer en die HPV-vaksien\",\"datePublished\":\"2019-09-25T09:44:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/\"},\"wordCount\":1233,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/MARPapsmeer01RR.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"relationships\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/\",\"name\":\"Papsmeer en die HPV-vaksien | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/MARPapsmeer01RR.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-25T09:44:46+00:00\",\"description\":\"Het jy gedink die HPV-vaksien beskerm jou ten volle teen servikskanker? Ongelukkig toe ni\u00e9 ... Dis wat jy moet weet. Papsmeer en die HPV-vaksien\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/MARPapsmeer01RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/MARPapsmeer01RR.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Foto: iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Papsmeer en die HPV-vaksien\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Papsmeer en die HPV-vaksien | rooi rose","description":"Het jy gedink die HPV-vaksien beskerm jou ten volle teen servikskanker? Ongelukkig toe ni\u00e9 ... Dis wat jy moet weet. Papsmeer en die HPV-vaksien","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Papsmeer en die HPV-vaksien | rooi rose","og_description":"Het jy gedink die HPV-vaksien beskerm jou ten volle teen servikskanker? Ongelukkig toe ni\u00e9 ... Dis wat jy moet weet. Papsmeer en die HPV-vaksien","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-25T09:44:46+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/MARPapsmeer01RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Papsmeer en die HPV-vaksien","datePublished":"2019-09-25T09:44:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/"},"wordCount":1233,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/MARPapsmeer01RR.jpg","keywords":["Verhoudings","Gesondheid","leef gesond","relationships","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/","name":"Papsmeer en die HPV-vaksien | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/MARPapsmeer01RR.jpg","datePublished":"2019-09-25T09:44:46+00:00","description":"Het jy gedink die HPV-vaksien beskerm jou ten volle teen servikskanker? Ongelukkig toe ni\u00e9 ... Dis wat jy moet weet. Papsmeer en die HPV-vaksien","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/MARPapsmeer01RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/MARPapsmeer01RR.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Foto: iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/papsmeer-en-die-hpv-vaksien\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Papsmeer en die HPV-vaksien"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119277","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=119277"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119277\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/119421"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=119277"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=119277"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=119277"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}