{"id":119249,"date":"2019-09-19T06:00:25","date_gmt":"2019-09-19T04:00:25","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=119249"},"modified":"2019-09-19T09:48:46","modified_gmt":"2019-09-19T07:48:46","slug":"zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/","title":{"rendered":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind"},"content":{"rendered":"<p><em>Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind\u00a0 deur Zo\u00eb Salzwedel. Foto&#8217;s: <a href=\"https:\/\/fathom.co.za\/home\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Fathom Media<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Zenobia Kloppers<\/strong> is \u2019n Namibies-gebore aktrise, sangeres, skrywer en besigheidseienaar. Sy het toneelspel aan die Universiteit van Kaapstad studeer en klassieke sang aan die Universiteit van<br \/>\nStellenbosch.<\/p>\n<p>Zenobia het in verskeie rolle in teater, radio, televisie en film deur die jare verskyn onder die ervare regie van onder meer Sandra Prinsloo, Janice Honeyman, Juanita Swanepoel, Brett Michael Innes en Maynard Kraak. Sy is benoem vir Naledi- en Fi\u00ebsta-toekennings en het deel gevorm van die rolverdeling in die bekroonde produksies \u201cK\u00f4 lat ons sing\u201d, die \u201cRiel van Hip Hop\u201d en Kramer en Peterson se \u201cGhoema\u201d (\u201cSpice Drum Beat\u201d). Sy het kritieke lof ontvang vir haar interpretasie van die titelrolle in die toneelproduksies van \u201cKlarabelle gaan Kaaptoe\u201d, \u201cFiela se Kind\u201d, \u201cSarah\u201d (die verhaal van Saartjie Baartman), asook in radio-dramas soos \u201cDie Swerfjare van Poppie Nongena\u201d.<\/p>\n<p>In die film Fiela se Kind vertolk sy die hoofrol van Fiela Koemoetie. Ons het \u2019n bietjie met haar gesels om te hoor oor haar ervaring in di\u00e9 rol.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. In watter mate was die werk op die verhoog verskillend van filmwerk? En watter een (na jou mening) is moeiliker?<\/h4>\n<p>Die verhoog vereis \u2019n ander tipe energie as film. Mens \u201cgooi\u201d as\u2019t ware jou energie uit in die teater sodat die mense in die verste of hoogste hoeke bereik kan word. In film is die kamera \u2019n \u201cgehoor van een\u201d en \u2019n meer intieme energie word dus vereis. Die kamera kom na jou toe en derhalwe kan mens meer intiem en subtiel speel, veral by die nabyskote. Albei dissiplines het hul uitdagings en hul vreugdes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Hoe het jy voorberei vir jou rol as Fiela Komoetie?<\/h4>\n<p>Ek en die regisseur, <strong>Brett Michael Innes<\/strong>, het geweldig baie gesels oor die karakter van Fiela en watter aspekte van haar hy graag wou uitlig in die nuwe film. Ek het die rol van Fiela vir die verhoogproduksie gespeel in 2007 en weer in 2018 toe ek vir twee weke vir <strong>Shaleen Surtie\u2013Richards<\/strong> ingestaan het. Die karakter het dus reeds in my lyf gesit. Vir die verhoog het ek haar gekarakteriseer en gespeel soos ons almal haar drie dekades lank reeds ken: groot emosies; uitspattig en parmantig \u2013 en haar aksent was vanuit die Noord-Kaap se streke.<\/p>\n<p>Maar om vir die nuutste filmaanpassing van Fiela se Kind voor te berei, het ek van voor af die roman gelees en die karakter opnuut leer ken. Ek het baie gestap om fiks te bly vir al die stappery wat Fiela in die nuwe film moes doen. Ek en die ander akteurs het ook almal gewerk met twee begaafde stemafrigters vir outentieke aksente van hoe die mense waarskynlik destyds in die Langekloof- en Knysnabos-streke sou geklink het.<\/p>\n<p>Brett het gevra dat ek \u2019n aalwyn in die hande kry en interaktief daarmee saamleef, as Fiela. My aalwyn se naam was Kwaaitjie, want sy steek! Sy staan nou nog op my balkon. Ek het ook gaan oplees oor volstruisboerdery en hoe om aalwyn te tap.<\/p>\n<p>Lees ook ons <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/fiela-se-nina-oor-onvoorwaardelike-liefde-en-jou-se-se\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">onderhoud met Melissa Willering, Nina in Fiela se Kind<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Wat was vir jou die moeilikste deel daarvan om aan di\u00e9 spesiale karakter lewe te gee?<\/h4>\n<p>Die veroudering van haar in haar liggaam en haar gees was nogal uitputtend maar ook geweldig interessant en bevredigend om te speel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Vertel vir ons van die vereistes van jou karakter? En vertel ons oor die <em>stunts<\/em> wat jy self gedoen het!<\/h4>\n<p>Hierdie karakter het geweldig baie fokus vereis. Ek was vir drie weke aaneen elke dag op stel. Dit beteken 5 uur in die oggend opstaan en eers 7 uur of 8 uur die aand by die gastehuis aankom.<\/p>\n<p>Ek het my knie tydens die Fiela-repetisies beseer, maar gelukkig het ek \u2019n fantastiese fisioterapeut gehad wat my gehelp het en seker gemaak het ek kry die regte gord, ensovoorts. Soos alles met hierdie film, het die besering gehelp om \u2019n stappie te ontwikkel vir Fiela as ouer vrou.<\/p>\n<p>Die<em> stunt<\/em> het soort van per ongeluk gebeur. Daar was \u2019n bekwame jong vrou wat ingekom het om my <em>stunt<\/em> te kom doen. Sy was aangetrek soos ek en als. Maar ek was so in die toneel met Fiela dat ek elke keer sommer self die val-werk gedoen het. Ek het eers na die tyd besef ek het toe eintlik (vir die eerste keer nogal!) my eie<em> stunt<\/em> gedoen!<\/p>\n<h4><\/h4>\n<div id=\"attachment_119252\" style=\"width: 704px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-119252\" class=\"wp-image-119252 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/DSC06020.jpg\" alt=\"\" width=\"694\" height=\"1234\" \/><p id=\"caption-attachment-119252\" class=\"wp-caption-text\">Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind\u00a0 Zenobia Kloppers as Fiela Koemoetie in Fiela se Kind<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Wat<strong> was vir jou die opwindendste deel van verfilming, en hoekom?<\/strong><\/h4>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Dit was eintlik vir my alles opwindend. Dit was my eerste hoofrol in \u2019n film en ek het elke dag ten volle probeer leef en ervaar.<\/p>\n<p>As ek een dag moes kies wat uitgestaan het, dan is dit waarskynlik die eerste dag op stel toe ek vir die eerste keer die <em>crew<\/em> en van die rolverdeling ontmoet het. Ek was so opgewonde dat ek \u201cselfies\u201d met almal geneem het. Dit was fantasties!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Wat was vir jou die moeilikste deel van verfilming, en hoekom?<\/h4>\n<p>Omrede ek dit so geniet het om in hierdie film te speel, het ek nie juis enige dele as \u201cmoeilik\u201d ervaar nie. Eerder as \u201cuitdagend\u201d, \u201ckompleks\u201d of \u201cintens\u201d. Ek het immers een van ons land se mees begaafde regisseurs gehad om leiding te gee.<\/p>\n<p>As ek egter \u2019n uitdagende toneel moes uitlig, sou dit seker die toneel tussen Fiela en Elias wees. Dit was fisies en emosioneel uitdagend. Mens kan egter net so \u2019n toneel doen wanneer jy die ander akteur heeltemal vertrou, en <strong>Drikus Volschenk<\/strong> (Elias) is \u2019n droom om mee te werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. Wat het dit vir jou beteken op di\u00e9 ikoniese rol te vertolk? En het die feit dat dit juis ikonies is, baie druk op jou geplaas?<\/h4>\n<p>Die belangrikste ding was vir my om reg te laat geskied aan die karakter wat <strong>Dalene Matthee<\/strong> geskep het. Ek het ook my regisseur vertrou om leiding te gee volgens sy visie vir die film. Wanneer jy besig is om die storie te \u201cleef\u201d tydens verfilming, is daar nie ruimte om te dink aan die ikoniese aard daarvan nie. Die enigste druk wat ek dus gevoel het, was die druk wat ek op myself geplaas het om die karakter met soveel eerlikheid en integriteit as moontlik te speel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8. Watter boodskap wil j\u00fd graag h\u00ea moet kykers huis toe neem uit Fiela se Kind?<\/h4>\n<p>Identiteit en waar jy voel jy hoort, is baie meer kompleks as bloot uiterlike faktore soos velkleur of fisiese voorkoms.<\/p>\n<p>Liefde (veral moederliefde) sien nie kleur nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9. Wat het Fiela vir jou \u201cgeleer\u201d?<\/h4>\n<p>Haar deursettingsvermo\u00eb was vir my indrukwekkend.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10. Wat is jou droom vir di\u00e9 film? Wat wil jy graag daarmee bereik?<\/h4>\n<p>Ek hoop dat die storie mense opnuut sal aangryp. Ek hoop dit sal sinvolle gesprekke of debat ontketen. Vir jongmense hoop ek dit gee \u2019n waardering vir stories uit ons verlede, want dis belangrik om te onthou waarvandaan ons kom sodat ons nie die foute van ons verlede herhaal nie. Op die minste hoop ek mense geniet en waardeer hierdie tydlose verhaal wat so mooi vertel word deur <strong>Brett Michael Innes<\/strong> en die ongelooflike kinematografie van <strong>Tom Marais.<\/strong> Ek hoop mense word meegevoer na die w\u00eareld van <em>Fiela se kind<\/em> in die 1800\u2019s, wat so liefdevol geskep is deur, onder andere, <strong>Chantal Carter<\/strong> (produksie-ontwerp) en <strong>Doret van Jaarsveld<\/strong> (kunsdepartement) en die hele span.\u00a0Ek hoop die film inspireer mense om met hulle oumas en oupas te gaan gesels en hulle eie families se stories neer te skryf en te vertel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>11. As jy weer die keuse gegee is, sou jy weer instem om Fiela te speel?<\/h4>\n<p>Ek weet van geen aktrise wat so \u2019n ikoniese rol van die hand sou wys nie. Dis was vir my \u2019n eer en \u2019n voorreg om die kans gegun te word om Fiela op die verhoog sowel as vir die silwerdoek te kon speel. Ek sou dit weer doen, sonder twyfel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>12. En laastens, wat sou jy graag vir Dalene Matthee wou s\u00ea (juis oorFiela se Kind) as sy vandag nog geleef het?<\/h4>\n<p>Dankie dat sy die moeite gedoen het om destyds met mense te gaan gesels en hierdie wonderlike stories die lig te laat sien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Fiela se Kind draai nou in fliekteaters. Loer hier na die lokprent:<\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"615\" height=\"350\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/2bxElP-755g\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die aktrise Zenobia Kloppers vertolk die rol van Fiela Koemoetie in die filmweergawe van Fiela se Kind. Ons het met haar gesels oor haar ervarings op stel, wat Fiela haar geleer het, en oor die waagtoertjies wat sy self aangepak het.  <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":119251,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,2693,3434,4396,23450,147,998],"class_list":["post-119249","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-local","tag-ons-mense","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-bekendes","tag-vermaak"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind. Sy vertel wat Fiela haar geleer het, en oor die waagtoertjies wat sy self aangepak het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind. Sy vertel wat Fiela haar geleer het, en oor die waagtoertjies wat sy self aangepak het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-19T04:00:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-09-19T07:48:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/DSC05091.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"810\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"456\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind\",\"datePublished\":\"2019-09-19T04:00:25+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-19T07:48:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/\"},\"wordCount\":1421,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/DSC05091.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"local\",\"ons mense\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"bekendes\",\"Vermaak\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/\",\"name\":\"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/DSC05091.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-19T04:00:25+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-19T07:48:46+00:00\",\"description\":\"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind. Sy vertel wat Fiela haar geleer het, en oor die waagtoertjies wat sy self aangepak het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/DSC05091.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/DSC05091.jpg\",\"width\":810,\"height\":456},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind | rooi rose","description":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind. Sy vertel wat Fiela haar geleer het, en oor die waagtoertjies wat sy self aangepak het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind | rooi rose","og_description":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind. Sy vertel wat Fiela haar geleer het, en oor die waagtoertjies wat sy self aangepak het.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-19T04:00:25+00:00","article_modified_time":"2019-09-19T07:48:46+00:00","og_image":[{"width":810,"height":456,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/DSC05091.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind","datePublished":"2019-09-19T04:00:25+00:00","dateModified":"2019-09-19T07:48:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/"},"wordCount":1421,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/DSC05091.jpg","keywords":["celebs","local","ons mense","Ontspanning","entertainment","bekendes","Vermaak"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/","name":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/DSC05091.jpg","datePublished":"2019-09-19T04:00:25+00:00","dateModified":"2019-09-19T07:48:46+00:00","description":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind. Sy vertel wat Fiela haar geleer het, en oor die waagtoertjies wat sy self aangepak het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/DSC05091.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/DSC05091.jpg","width":810,"height":456},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/zenobia-kloppers-gesels-oor-fiela-se-kind\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Zenobia Kloppers gesels oor Fiela se Kind"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119249","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=119249"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/119249\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/119251"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=119249"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=119249"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=119249"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}