{"id":118865,"date":"2024-06-21T13:06:18","date_gmt":"2024-06-21T11:06:18","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=118865"},"modified":"2024-06-21T13:10:04","modified_gmt":"2024-06-21T11:10:04","slug":"haal-die-angel-uit-artritis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/","title":{"rendered":"Haal die angel uit artritis"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Deur <strong>Salom\u00e9 Delport\u00a0\u00a0<\/strong>Hooffoto: \u00a0<a href=\"https:\/\/unsplash.com\/@towfiqu999999\">Towfiqu barbhuiya<\/a> vir Unsplash<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Hoekom bly party gewrigte jonk en gesond?<\/h4>\n\n\n\n<p>Meestal is net een heup, of net jou knie, of jou duim aangetas. Waarom verweer net party gewrigte terwyl ander so lekker as altyd werk? Jy gebruik tog albei jou heupe? Hoekom verweer jou kaakgewrig nie selfs meer nie, aangesien jy di\u00e9 skynbaar daagliks oorgebruik?<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is nie heeltemal korrek om te s\u00ea artritis is die gevolg van verwering nie. Dit werk andersom, met verwering as die eindresultaat van artritis, verduidelik verskillende artritisstigtings.<\/p>\n\n\n\n<p>Vandag glo dokters die toestand begin tien, twaalf jaar voor enige tekens van osteoartritis, wanneer jou liggaam begin om minder kraakbeen as vantevore te maak. Kraakbeen, saam met al jou ander ewe belangrike gewrigstrukture soos die meniskus, tendons en selfs die gewrigsvloeistof, hou jou gewrigte funksioneel. As hierdie weefsels agteruitgaan, verloor die been sy beskermende omhulsel. Dan sit jy met been wat op been skuur. Dit veroorsaak inflammasie met gevolglike swelling, rooiheid en pyn. Dit lyk asof die gewrig probeer vergoed deur nuwe oppervlakke te vorm.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom vergroot die artritisgewrig tipies. Uiteindelik kan die gewrig nie meer vlot heen en weer rol nie, en so raak die gewrig stram, en jy daarmee saam styf en onbeweeglik.<\/p>\n\n\n\n<p>Kan jy jou liggaam help om kollageen vir \u00e1l jou gewrigte te bly maak? Dalk, dalk nie. Waarskynlik is daar meer as een rede vir artritis \u2013 en daarom werk enige een oplossing nie vir almal nie.<br>As jy meer as drie weke loop met pyn rondom enige van jou gewrigte, het jy waarskynlik inflammasie en moontlik ook artritis. Al hardloop jy nie sommer dokter toe nie, moet jy darem \u00e1nder oorsake van skeletpyn uitskakel voor jy besluit jy het artritis.<\/p>\n\n\n\n<p>Kyk na hierdie planne. Iets \u2013 of almal \u2013 kan vir jou help.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oefening-ouderdom\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Is jy te oud vir oefening?\u00a0<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-118867\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"426\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/action-athlete-effort-618612.jpg\" alt=\"Haal die angel uit artritis\" class=\"wp-image-118867\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Haal die angel uit artritis<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Pille vir daardie pyn<\/h4>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Selfhelp:<\/strong> Die meeste van ons kan aanvanklik regkom met \u2019n parasetamol en\/of \u2019n aspirien sonder voorskrif.\u00a0 Oppas vir kode\u00efen. As jy self kies, kies jou pynpille baie oordeelkundig. Baie bevat kode\u00efen \u2013 daardie pynstiller waarvan mense afhanklik raak. Vra jou apteker en maak dubbel seker \u2013 jy wil nie nog sit met die probleme van onttrekking en nierskade nie.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Op voorskrif:<\/strong> Jou dokter sal vir jou sterker pynmedikasie voorskryf, soos COX-inhibeerders.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Antidepressante?<\/strong> Pyn weens osteoartritis word veroorsaak deur inflammasie \u00e9n neuroskade. Daarom help \u2019n antidepressant baie dikwels ook vir artritispyn.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>En dagga? Of CBD-olie?<\/strong> Volgens Health Canada is die gebruik van dagga in enige vorm en met THC en\/of CBD vir osteoporose dood-eenvoudig nog nooit in mense ondersoek nie \u2013 en \u2019n soektog op PubMed en PlosOne bevestig dit. Tog gebruik 9% van mense in \u2019n 2018- Amerikaanse ondersoek dagga juis vir artritis, terwyl 29% dit vir chroniese pyn gebruik. Werk dit? Die algemene beskouing is dat CBD vir inflammasie kan help \u2013 en dus potensieel vir artritis wanneer jy aktiewe inflammasie het. THC is die een wat aan pynverligting gekoppel word \u2013 en aan geheueverlies en afhanklikheid by sowat 30% van mense wat dit gebruik.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-om-te-doen-oor-inflammasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die beste raad vir inflammasie<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-118873\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"426\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/addiction-antibiotic-capsules-159211.jpg\" alt=\"Haal die angel uit artritis\" class=\"wp-image-118873\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Haal die angel uit artritis<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Jy moet oefen \u2013 maar moet jy die pyn wegoefen?<\/h4>\n\n\n\n<p>Navorsing dui daarop dat as die spiere om \u2019n gewrig sterk is, bly die gewrig beter behoue. Dus is oefening juis een van die maniere om artritis te keer. En as jy artritis het, help oefening keer dat dit vererger. Dit is nooit te laat om te begin nie. Maar daar is \u2019n voorwaarde: jy moet so oefen dat jy nie skade doen nie \u2013 selfs nie as jy onder dertig is nie.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Evalueer h\u00f3\u00e9 jy oefen so:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Kies van dertig af \u2019n oefening wat nie hard op jou gewrigte is nie.<\/strong> Ho\u00eb-impaksport is veral sleg, soos draf, touspring, ho\u00eb-impakgim, rugby en sokker. Jy gaan meer \u00e9n lewenslank baat vind by lae-impakdans, fietsry, joga, pilates, watergim, tai chi en karate.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Laat jou sport jou asem lekker jaag?<\/strong> Suurstof help jou liggaam om nuwe weefsel te bou.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Hou dit jou soepel?<\/strong> Of moet jy \u2019n paar strekke inwerk? Maak \u2019n punt daarvan om elke dag al jou gewrigte in hul volle omvang te rol \u2013 op en af, links en regs, en van jou tone tot jou heupe, nek en elke vinger. Moenie oorstrek en jou ligamente verrek nie.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Voel jy hoe jou oefensessie die spiere om die gewrigte van jou heupe en knie\u00eb werk?<\/strong> Jy wil hulle versterk en in stand hou s\u00f3nder om hulle te ooreis.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Versterk dit die kernspiere van jou maag en rug?<\/strong> Dit help om jou heup-, knie-, rug en skouergewrigte in die posisie te hou en sorg vir \u2019n goeie postuur. Kollageen rondom gewrigte wat \u201cskeef\u201d teen mekaar skuur, is meer geneig om te verweer.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Is dit \u2019n t\u00e9 herhalende oefening of aktiwiteit vir die betrokke gewrig?<\/strong> Sorg dat jy niks doen wat een gewrig oorgebruik nie, soos draf, hekel of hamerwerk.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Oefen jy t\u00e9 hard?<\/strong> Voel jou spiere, skelet en gewrigte seer n\u00e1 oefening? Dan het jy te hard geoefen. Oefening is verreweg suksesvoller en waardevoller as jy geleidelik en in jou eie tempo fiks word \u2013 wat s\u00e1l gebeur as jy sowat vyf keer per week oefen.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Dink oor ho\u00eb-impakoefening, soos draf en touspring.<\/strong> Is dit reg vir jou bou, jou gewig en jou familiegeskiedenis? Kan jy werklik \u2019n uur gaan draf, of moet jy dit tot tien minute beperk? Bel\u00ea altyd in goeie skoene \u2013 en onthou om hulle te vervang sodra die impakspons uitgetrap is.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Bly jy t\u00e9 lank in een posisie?<\/strong> Bly beweeg en wissel sit en staan af.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>As jy rekenaar- of sitwerk doen,<\/strong> sluit \u2019n paar staansessies in. Bou vir jou \u2019n staanwerkplek en skakel oor na \u2019n halfuurtjie of so se staantyd.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swem-uitstekende-oefening\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Swem is uitstekende oefening<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"426\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/balance-calm-exercise-2714670.jpg\" alt=\"Haal die angel uit artritis\" class=\"wp-image-118871\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Kan jy nuwe kraakbeen maak?<\/h4>\n\n\n\n<p>Party s\u00ea ja, ander s\u00ea nee.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is duidelik dat jou liggaam nie meer goeie, sterk kraakbeen maak nie. Maar kan hy nog? Of kort hy die boustowwe? As dit oor boustowwe gaan, kan aanvullers help. Van alles op die mark lyk dit asof glukosamien die beste werk. Dalk help chondro\u00eftien ook. Probeer vir drie maande en kyk hoe jy vaar. (Wenk: chondro\u00eftien is eintlik maar net gelatien.)<\/p>\n\n\n\n<p>Aanvullers wat inflammasie te\u00ebwerk, kan moontlik ook help.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Jig! Maar dis seer<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"360\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/athletes-exercise-feet-2526878.jpg\" alt=\"Haal die angel uit artritis\" class=\"wp-image-118869\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Laat hitte en koue vir jou werk<\/h4>\n\n\n\n<p>Hitte help met bloedvloei en verlig pyn. Jy het so baie opsies: \u2019n lekker lang warm bad, \u2019n naweek by \u2019n warmwaterbron, \u2019n elektriese kombersie, \u2019n warmwatersak of \u2019n mikrogolfoondsak,<br>of langjannies en frokkies.<\/p>\n\n\n\n<p>Koue kan help om die swelling van inflammasie te verlig maar baie mense met artritis ervaar juis dat koue alles vererger. As jy n\u00e1 sport seer is, toets \u2019n yspak, \u2019n sakkie bevrore ertjies of van die nuwe jels by die apteke. Hou dit vir 20 minute op die seer gewrig en skakel dan oor na \u2019n hitte.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-gereed-vir-jou-gene-wat-jy-nou-moet-weet-oor-genetiese-toetse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Is jy gereed vir jou gene?<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"426\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/attractive-bath-bathtub-2306210.jpg\" alt=\"Haal die angel uit artritis\" class=\"wp-image-118870\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Masseer dit weg<\/h4>\n\n\n\n<p>A \u2026 seer en lekker! Hoewel massering by \u2019n fisioterapeut taamlik seer kan wees, bring dit vir die meeste mense tog n\u00e1 \u2019n sessie of drie geweldige verligting.<\/p>\n\n\n\n<p>Jy kan ook \u2019n masseertoestel rondom die gewrig probeer.<\/p>\n\n\n\n<p>Kies die sterkste een wat jy kan kry. Anders het dit te min impak. Gebruik dit vir sowat tien minute per dag \u2013 elke dag \u2013 rondom die seer gewrig om bloedsomloop te verbeter.<\/p>\n\n\n\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/denke-leefstyl-immuniteit\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Denke + Leefstyl = Immuniteit<\/a><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-118875\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"425\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/blur-body-close-up-161477.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-118875\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Haal die angel uit artritis<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Op naalde en spelde<\/h4>\n\n\n\n<p>Probeer akupunktuur. Vir party mense bring dit baie gou verligting. As jy n\u00e1 ses sessies nie beter voel nie, sal dit waarskynlik nie vir jou help nie.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image wp-image-118874 size-full\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"639\" height=\"528\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/barefoot-blur-depth-of-field-2755147-e1568192239356.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-118874\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Haal die angel uit artritis<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Keer voor veertig so<\/h4>\n\n\n\n<p>\u2019n Goeie postuur en sterk spiere kan baie bydra om osteo-artritis te voorkom. Die kuns is om betyds hiermee te begin. As die skade eers daar is, kan jy hoogstens keer dat dit vererger. Pyn kan ook daartoe lei dat jy anders probeer sit en staan, wat opsigself artritis vererger.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Laat iemand soos \u2019n joga- of pilatesinstrukteur jou help om jou postuur te evalueer \u00e9n te verbeter, maar kyk solank hierna:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Dink hoe jou sit en staan jou skelet in posisie hou.<\/li>\n\n\n\n<li>Trek jou maag in en jou skouerblaaie na mekaar om jou nek en rug in lyn te hou.<\/li>\n\n\n\n<li>Sit meer op jou bobene as om terug te sak in jou heupgewrigte in.<\/li>\n\n\n\n<li>As jy aankapknie\u00eb het, of hoepelbeen is, laat \u2019n podiater vir jou skoeninsetsels ontwerp wat die stremming op jou knie\u00eb en heupe verlig.<\/li>\n\n\n\n<li>Moenie jou gewrigte so oorwerk dat dit beskadig nie.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image size-full wp-image-118868\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"959\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/active-activity-adult-1851466.jpg\" alt=\"Haal die angel uit artritis\" class=\"wp-image-118868\"\/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Haal die angel uit artritis<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">My artritis en jou artritis<\/h4>\n\n\n\n<p>Artritis is een van daardie kombersterme: ons gebruik dit vir enige seer, rooi en geswelde gewrig. Maar daar is \u2019n paar dosyn soorte artritis.<\/p>\n\n\n\n<p>Van die algemeenste is:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Reaktiewe artritis<\/strong> Skielike artritis weens in infeksie iewers anders. Iets soos \u2019n tandabses kan \u2019n artritis-aanval in jou knie sneller. Dit genees meestal binne ses maande.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Septiese artritis<\/strong> Artritis wat begin met \u2019n infeksie in die gewrig self.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Rumato\u00efede artritis<\/strong> \u2019n Chroniese outo-immuunsiekte waar jou liggaam jou gewrigweefsel aanval.<\/li>\n\n\n\n<li><strong>Osteoartritis<\/strong> Die een wat ons bedoel as ons s\u00ea ons het artritis, \u201crumatiek\u201d of \u2019n \u201cknie\u201d. Een uit vier mense bo sestig het osteoartritis in een of meer gewrigte.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"425\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/adult-feet-female-1274061.jpg\" alt=\"Haal die angel uit artritis\" class=\"wp-image-118876\"\/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-redes-waarom-rooibos-jou-dermgesondheid-en-immuniteit-hierdie-winter-kan-verbeter\/\">5 redes waarom rooibos jou dermgesondheid en immuniteit hierdie winter kan verbeter<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy kan artritis keer \u2026 veral as jy onder veertig is. En as dit te laat is? Maak dit s\u00f3 beter <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":145798,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2792,4922,23664,23824],"class_list":["post-118865","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-artritis","tag-health","tag-healthy-lifestyle"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Haal die angel uit artritis | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy kan artritis keer \u2026 veral as jy onder veertig is. En as dit te laat is? Maak dit s\u00f3 beter. Haal die angel uit artritis - ons wys jou hoe\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Haal die angel uit artritis | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy kan artritis keer \u2026 veral as jy onder veertig is. En as dit te laat is? Maak dit s\u00f3 beter. Haal die angel uit artritis - ons wys jou hoe\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-06-21T11:06:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-06-21T11:10:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1576\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Haal die angel uit artritis\",\"datePublished\":\"2024-06-21T11:06:18+00:00\",\"dateModified\":\"2024-06-21T11:10:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/\"},\"wordCount\":1555,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"artritis\",\"health\",\"healthy lifestyle\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/\",\"name\":\"Haal die angel uit artritis | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg\",\"datePublished\":\"2024-06-21T11:06:18+00:00\",\"dateModified\":\"2024-06-21T11:10:04+00:00\",\"description\":\"Jy kan artritis keer \u2026 veral as jy onder veertig is. En as dit te laat is? Maak dit s\u00f3 beter. Haal die angel uit artritis - ons wys jou hoe\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/06\\\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1576},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/haal-die-angel-uit-artritis\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Haal die angel uit artritis\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Haal die angel uit artritis | rooi rose","description":"Jy kan artritis keer \u2026 veral as jy onder veertig is. En as dit te laat is? Maak dit s\u00f3 beter. Haal die angel uit artritis - ons wys jou hoe","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Haal die angel uit artritis | rooi rose","og_description":"Jy kan artritis keer \u2026 veral as jy onder veertig is. En as dit te laat is? Maak dit s\u00f3 beter. Haal die angel uit artritis - ons wys jou hoe","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-06-21T11:06:18+00:00","article_modified_time":"2024-06-21T11:10:04+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1576,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Haal die angel uit artritis","datePublished":"2024-06-21T11:06:18+00:00","dateModified":"2024-06-21T11:10:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/"},"wordCount":1555,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg","keywords":["Gesondheid","leef gesond","artritis","health","healthy lifestyle"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/","name":"Haal die angel uit artritis | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg","datePublished":"2024-06-21T11:06:18+00:00","dateModified":"2024-06-21T11:10:04+00:00","description":"Jy kan artritis keer \u2026 veral as jy onder veertig is. En as dit te laat is? Maak dit s\u00f3 beter. Haal die angel uit artritis - ons wys jou hoe","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/adrien-king-XzBluXxBoyQ-unsplash-e1718968178524.jpg","width":1920,"height":1576},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-angel-uit-artritis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Haal die angel uit artritis"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118865","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=118865"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118865\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/145798"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=118865"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=118865"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=118865"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}