{"id":118448,"date":"2019-09-23T05:37:00","date_gmt":"2019-09-23T03:37:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=118448"},"modified":"2019-09-05T13:37:29","modified_gmt":"2019-09-05T11:37:29","slug":"gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/","title":{"rendered":"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg"},"content":{"rendered":"<p><em>Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg deur Mariette Snyman. Foto&#8217;s verskaf<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hierdie artikel sluit aan by <em>\u201cGebore uit pyn\u201d,<\/em> \u2019n artikel in die Oktober 2019-uitgawe van<em> rooi rose. <\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Vertel van Kieran toe hy nog geleef het<\/h4>\n<p>Ek dink Kieran het baie wysheid gehad vir sy jare. Een ding wat hom spesiaal gemaak het, is dat hy nooit die tyd omgewens het nie. Kinders wens altyd hulle kan \u2019n bietjie ouer wees, maar hy het altyd ges\u00ea die dag het te vinnig verbygegaan en dat hy wens die tyd kon stilstaan. Hy wou elke aand in sy bed reflekteer oor of hy die dag genoeg gedoen het, en wat hy volgens hom beter kon gedoen het. Dit was maar deel van wie hy was.<\/p>\n<p>Baie kinders was tot hom aangetrokke en het graag hulle probleme met hom gedeel. Hy het baie empatie gehad. Hy het ook \u2019n obsessie met die waarheid gehad &#8211; hy het sy maatjies en nefies partykeer ge\u00efrriteer omdat hy nooit \u2019n wit leuentjie wou vertel nie. Maar hy was ook \u2019n vreeslike grapjas, \u2019n regte akteurtjie soos sy pa.<\/p>\n<div id=\"attachment_118455\" style=\"width: 346px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118455\" class=\"wp-image-118455 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-kir.jpg\" alt=\"Gebore-uit-pyn-Ira-Blanckenberg-kieran\" width=\"336\" height=\"448\" \/><p id=\"caption-attachment-118455\" class=\"wp-caption-text\">Kieran. Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg<\/p><\/div>\n<h4><\/h4>\n<h4><\/h4>\n<h4>Vertel hoe jy van die ongeluk gehoor het<\/h4>\n<p>Toe die ongeluk gebeur het, was ek van die lughawe in Johannesburg op pad na Ermelo vir \u2019n ATKV Tienertoneelbeoordeling. \u2019n Entjie anderkant Witbank het die foon gelui. Waldi het ges\u00ea Kieran het in die water geval en hy is onder by hom in die water. Ek het onmiddellik omgedraai. Ek het basies besef Kieran sou doodgaan. Hy het toe nog \u2019n paar asemteue gegee.<\/p>\n<p>Ek het Waldi op die foon gehad op pad terug lughawe toe, en moes die huurkar teruggee en \u2019n kaartjie koop om terug te vlieg. Dit was \u2019n verskriklike trip. My suster het my kom haal en ons het dadelik deurgery Hermanus toe, na Waldi en ons dogter Dhania, en Kieran se liggaam.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat was vir jou die moeilikste kort na die ongeluk?<\/h4>\n<p>Die moeilikste is seker daardie gat \u2013 die feit dat hy nie daar is nie. Eerstens moet jy jou dooie kind aanskou, en dan moet jy besef hy is <em>dead and gone,<\/em> vir altyd.<\/p>\n<div id=\"attachment_118457\" style=\"width: 298px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118457\" class=\"wp-image-118457 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-gesin.jpg\" alt=\"Gebore-uit-pyn-Ira-Blanckenberg-gesin\" width=\"288\" height=\"448\" \/><p id=\"caption-attachment-118457\" class=\"wp-caption-text\">Waldi, Dhania, Kieran en Ira. Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe het jy aanvanklik sin probeer maak van julle verlies?<\/h4>\n<p>Wat ookal in my lewe gebeur, voel ek altyd ek is totaal op my pad. Ek het dit wat gebeur, nog nooit bevraagteken nie. Met Kieran se dood het ek onmiddellik met my kop aanvaar hy is dood en dis \u2019n pad wat ek moet stap, wat ons as \u2019n gesin moet stap, en klaar.<\/p>\n<p>Ek het ook besef ek <em>moes<\/em> hiervan sin maak, ander spring ek ook van \u2019n gebou af. Die lewe verloor al sy betekenis. Die pad was vir my so swaar dat ek binnetoe begin leef het. Ek het in myself probeer krap en \u2019n beter mens probeer word. Ek het baie spiritueel geword, en ek probeer om vir mense iets te beteken. Ek is rou en oop en anders, en as my pad ander kan help, is dit maar hoe ek ook myself help.<\/p>\n<p>Dis nou amper ses jaar vandat Kieran oorlede is. Dis eintlik nog steeds gister. Ek loop hierdie pad verskriklik diep, maar dis nog steeds in die nou dat my kind dood is. Jou kind is nie iemand wat uit jou verlede kom nie, hy is steeds in jou hede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Baie ouers se grootste vrees is om een van hul kinders te verloor. Jy s\u00ea jy het altyd \u2019n vrees gehad dat Kieran van \u2019n krans sou afval<\/h4>\n<p>Dis waar. Voor sy dood was ek paniekbevange as hy naby kranse of naby die see op die rotse gaan speel het. Sy jonger sussie kon maak wat sy wou \u2013 hierdie vrees oor Kieran kon ek nie verklaar nie. Ek het hom altyd toegelaat, want ek het besef dis \u2019n vrees wat nie sin maak nie.<\/p>\n<p>N\u00e1 sy dood het ek besef jy het geen beheer oor wat gaan gebeur nie. Ek het elke keer vir my kind ges\u00ea om versigtig te wees wanneer hy gaan speel of klouter of bergklim het, en hy val wraggies by \u2019n krans af. Ek het geen vrese meer oor nie, net totale vertroue dat wat sal wees, sal wees. Ek het slegs beheer hoe ek dit wat op\u00a0 my pad kom, hanteer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Op watter manier verwerk jy emosionele pyn?<\/h4>\n<p>Ek het daardie dag in 2013 op die vliegtuig al begin skryf. Ek skryf vir myself, om boeke te verbrand, nie om dit eendag aan die nageslag oor te gee nie. Ek het elke liewe gevoel, elke liewe oomblik van die dag neergepen, en ek dink dit het my gered. Ek dink dis waar my refleksie vandaan kom. Elke ding wat ek ge-<em>face<\/em> het, het ek deurgewerk.<\/p>\n<p>Die ander ding wat ek doen as ek te seer is, is sport. Ek is verskriklik lief vir tennis. Wanneer jy net wil doodgaan en jy gaan op \u2019n baan of doen \u2019n bietjie oefening en jou hart begin klop, kan jy nie help om \u2019n bietjie beter te voel nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_118459\" style=\"width: 309px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118459\" class=\"size-full wp-image-118459\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-kniel.jpg\" alt=\"Gebore-uit-pyn-Ira-Blanckenberg-ira-kniel\" width=\"299\" height=\"448\" \/><p id=\"caption-attachment-118459\" class=\"wp-caption-text\">Ira in &#8220;Haal asem&#8221;.<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Alles wat jy jare lank neergeskryf het, het tot \u2019n toneelstuk, <em>Haal asem<\/em>, gelei.<\/h4>\n<p>Net na Kieran se agtiende verjaarsdag het dit uit die bloute na my gekom. As jou kind dood is, is daar maar min impulse om te lewe, maar ek het besef ek wou weer op die verhoog klim. Dit bring vir my vreugde.<\/p>\n<p>Daar was niks wat iemand my ni\u00e9 kon vra oor my<em> journey<\/em> met my seun se dood nie. My oopbreek was klaar. Ek het teruggegaan na daardie verskriklike dagboeke, en gaan lees van hierdie vrou se pad.<\/p>\n<p>Die toneelstuk is \u2019n universele storie; Kieran se naam word nooit genoem nie. Dit gaan universeel oor smart, en oor hoe ons \u2019n verlies verwerk. Elke woord in die stuk kom uit my dagboeke, soos ek die pad van hel gestap het \u2013 die diep innerlike pad, en ook die feitelike stap van tyd: \u2019n verjaarsdag, die dooddag, al daardie tye. So spring dit van toneel na toneel.<\/p>\n<div id=\"attachment_118460\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118460\" class=\"wp-image-118460 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-jaar.jpg\" alt=\"Gebore-uit-pyn-Ira-Blanckenberg-ira-haal-asem\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-118460\" class=\"wp-caption-text\">Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg<\/p><\/div>\n<p>Die ongelooflik belangrik dat ons pr\u00e1\u00e1t oor die dood van kinders. Mense is so bang, so asof dit \u2019n siekte is. Ek het empatie daarvoor, want ons praat nie daaroor nie. Hoe moet mense weet hoe om dit te hanteer? Seker een van die grootste dinge wat <em>Haal asem<\/em> doen, is om hierdie pad tot in sy diepste te wys. Dit gaan oor die verlies, en die <em>gift<\/em> daarin om oop te breek en om daaruit te groei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_118462\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118462\" class=\"wp-image-118462 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-rasper.jpg\" alt=\"Gebore-uit-pyn-Ira-Blanckenberg-ira-drama\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-118462\" class=\"wp-caption-text\">Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg<\/p><\/div>\n<h4><\/h4>\n<h4>Hoe sien jy die lewe nou?<\/h4>\n<p>Ek is baie bewus daarvan dat ek om die draai kan stap en dood kan wees. Iets verskrikliks kan gebeur, of iets wonderliks kan gebeur. Ek weet ons maak of ons beheer het oor die toekoms, maar ons het nie werklik nie. Dis in die nou dat jy jou toekoms skep, so ek kyk net voor my en na wat nou, hier, in my oomblik is. Ek doen alles ten volle, en dit maak sy eie toekoms.<\/p>\n<p>Verder het ek geen vrees nie. Op \u2019n manier maak dit die lewe ligter, want jy <em>panic <\/em>nie. Jy aanvaar alles wat kom, en<em> deal <\/em>daarmee so goed jy kan. Ek leef binnetoe en probeer my hart vir elke klein oomblikkie oopmaak \u2013 of dit nou die persoon in die winkel is, of die blommetjie wat langs die pad staan. Ek probeer my hart ten volle oopmaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verstaan-die-sterwensproses-dinge-wat-jy-dalk-nie-weet-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">13 dinge oor die dood wat jy dalk nie geweet het nie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die akteurspaar Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van Kaapstad se 14-jarige seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy by Hermanus van \u2019n krans afgeval het. Ira vertel hoe skryf haar help sin maak het van hierdie ontsettende verlies, en hoe dit in 2018 gelei het tot haar eenvroustuk, &#8220;Haal asem&#8221;. <\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":118453,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[147,348,629,1387,3434,4329,23443,23444,24339,60333,134,135],"class_list":["post-118448","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-bekendes","tag-inspirasie","tag-inspiration","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-dood","tag-relationships","tag-parenting","tag-local-celebs","tag-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-verhoudings"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die akteurspaar Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van Kaapstad se seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy van \u2018n krans afgeval het.Gebore uit pyn\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die akteurspaar Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van Kaapstad se seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy van \u2018n krans afgeval het.Gebore uit pyn\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-23T03:37:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-praat.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg\",\"datePublished\":\"2019-09-23T03:37:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/\"},\"wordCount\":1317,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/i-praat.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"inspirasie\",\"inspiration\",\"celebs\",\"ons mense\",\"dood\",\"relationships\",\"parenting\",\"local celebs\",\"jou lewe\",\"ouerskap\",\"Verhoudings\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/\",\"name\":\"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/i-praat.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-23T03:37:00+00:00\",\"description\":\"Die akteurspaar Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van Kaapstad se seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy van \u2018n krans afgeval het.Gebore uit pyn\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/i-praat.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/i-praat.jpg\",\"width\":640,\"height\":427,\"caption\":\"Gebore-uit-pyn-Ira-Blanckenberg-ira\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg | rooi rose","description":"Die akteurspaar Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van Kaapstad se seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy van \u2018n krans afgeval het.Gebore uit pyn","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg | rooi rose","og_description":"Die akteurspaar Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van Kaapstad se seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy van \u2018n krans afgeval het.Gebore uit pyn","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-23T03:37:00+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-praat.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg","datePublished":"2019-09-23T03:37:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/"},"wordCount":1317,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-praat.jpg","keywords":["bekendes","inspirasie","inspiration","celebs","ons mense","dood","relationships","parenting","local celebs","jou lewe","ouerskap","Verhoudings"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/","name":"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-praat.jpg","datePublished":"2019-09-23T03:37:00+00:00","description":"Die akteurspaar Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van Kaapstad se seun, Kieran, is in 2013 dood nadat hy van \u2018n krans afgeval het.Gebore uit pyn","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-praat.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/i-praat.jpg","width":640,"height":427,"caption":"Gebore-uit-pyn-Ira-Blanckenberg-ira"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gebore-uit-pyn-ira-blanckenberg\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Gebore uit pyn: Ira Blanckenberg"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118448","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=118448"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118448\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/118453"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=118448"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=118448"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=118448"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}