{"id":118320,"date":"2019-09-03T10:51:03","date_gmt":"2019-09-03T08:51:03","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=118320"},"modified":"2019-09-03T12:06:53","modified_gmt":"2019-09-03T10:06:53","slug":"eier-cholesterol-kanker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/","title":{"rendered":"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie"},"content":{"rendered":"<p><em>3 Eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>FUDs oor eiers is volop as jy op die internet verdwaal. Jy weet jy moenie sommer enige een se woord aanvaar nie, maar berigte van negatiewe nuus laat mens altyd twyfel en kort voor lank bly jy liewer weg van eiers. Net in geval. As jy vermoed FUDs sit agter \u00e9nige van jou gesondheidskeuses hoe skei jy die feite van die fiksie?<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<h4>Wag, wat is \u2019n eier FUD?<\/h4>\n<p><a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Fear,_uncertainty,_and_doubt\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wikipedia<\/a> definieer FUD so:<em> Fear, uncertainty, and doubt. (This) is a disinformation strategy used in sales, marketing, public relations, politics, cults and propaganda. FUD is generally a strategy to influence perception by disseminating negative and dubious or false information and appeal to fear.<\/em><\/p>\n<p>FUD-gedrewe stellings vorm inderdaad die basis van die hope vals nuus waarmee ons op \u2019n daaglikse basis gebombardeer word. Dis weens ons eie vrese, twyfel en onsekerhede dat ons soos poppe vir allerlei vreesaanjaende gesondheidsuitsprake val \u2013 en ewe hard val vir enige iets wat beloof om ons gesond te maak.<\/p>\n<p>As dit by jou gesondheid kom behoort <strong>bewys-gebaseerde <\/strong>(<em>evidence-based<\/em>) riglyne die heel swaarste te weeg. As jy al gewonder het oor die voedsaamheid versus FUD-gebaseerde gevare van eiers kyk eers na wat die bewyse eintlik s\u00ea.<\/p>\n<div id=\"attachment_118339\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118339\" class=\"size-full wp-image-118339\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/bowl-ceramic-close-up-2563441.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"480\" \/><p id=\"caption-attachment-118339\" class=\"wp-caption-text\">3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val<\/p><\/div>\n<p>Hier is 3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>FUD-gedrewe stelling #1: Eiers (spesifiek die geel) is propvol vet<\/h4>\n<p>Eet elke dag \u2019n eier, en jy word so rond soos \u2019n vetgevoerde Moeder Hen.<\/p>\n<p>Watter vals feite bevestig jou vrees oor die vette in eiers?<\/p>\n<p>Jy voel aan jou eie lyf hoe vol vet \u2019n eier \u2013 spesifiek die geel \u2013 is. Na een eier is jy immers totaal versadig. Boonop hoor ons kort-kort ons moet dierevette uitsny. Eiers bevat dierevette. As jy nie \u2019n banter is nie gebruik jy laevet melk en sny die vetjies van jou vleis af \u2013 en vermy die eiers.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die regte inligting<\/strong><br \/>\nDie waarheid is dat eiers eintlik min vette bevat, volgens alle voedingstabelle. So vergelyk \u2019n eier met kaas en vleis ten opsigte van hul vetinhoud:<\/p>\n<ul>\n<li>een eier\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0\u00a0 5-6g vette<\/li>\n<li>botter\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 5g vette per teelepel<\/li>\n<li>kaas\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 10-12g vette per eetlepel (genoeg vir \u2019n toebroodjie.)<\/li>\n<li>vleis\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 10-20 g vette per porsie, as dit nie in olie gebraai is nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dus, is daar eintlik min vette in \u2019n eier. Daarby bevat dit dubbeld soveel van die goeie onversadigde vette as versadigde vette. Dit bevat ook byna geen transvette nie. Oor die vette in \u2019n eier hoef jy jou glad nie te bekommer nie \u2013 veral nie as jy dit posjeer of kook of gaarmaak met min en gesonde olies nie.<\/p>\n<p>Boonop is \u2019n eier \u2019n kilojoule-winskopie soos min ander kosse. Vir net 240 kJs kry jy beduidende hoeveelhede van jou daaglikse behoefte aan vitamien A, B12, B5, B2, D, E en K, asook selenium, zeaxantien, lute\u00efen, fosfor en selfs \u2019n bietjie kalsium en sink.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-eiergeel-gesond\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Is eiergeel gesond? Ons het gaan uitvind<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_118341\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118341\" class=\"size-full wp-image-118341\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/colors-eggs-glass-954014.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-118341\" class=\"wp-caption-text\">3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>FUD-gedrewe stelling #2: Eiers en hoenderborsies veroorsaak borskanker<\/h4>\n<p>Watter skeefgetrekte inligting laat jou twyfel oor eiers se veiligheid ten opsigte van kanker?<\/p>\n<p>Dit is mos waar dat jong hoenders groeihormone in hul voer ontvang sodat hulle vinniger kan groei. Dit klink dus logies dat hoendervleis propvol hormone moet wees. Daarom, as jy baie hoendervleis en eiers eet, vergroot jou kans op kanker. Borskanker is die algemeenste kanker onder vroue, en so kom jy by hoenders en borskanker uit. Jy vrees in elk geval alle kankers, en vermy enige iets wat kanker kan veroorsaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die regte inligting<\/strong><\/p>\n<p>Daar is nie \u2019n verband tussen eiers en\/of hoenderborsies en kanker nie, s\u00ea prof Walter Willet van die Harvard Mediese Skool.<\/p>\n<p>Hy baseer sy uitspraak op die w\u00eareldbekende Nurses Health Study, waaraan 44 231 vroue deelgeneem het. Van hulle het 1 132 borskanker ontwikkel. Maar eiers was nie die gemeenskaplike faktor nie. Ontleding van hul eetpatrone wys dat borskanker veral ontwikkel het by di\u00e9 wat as tieners die meeste rooivleis ge\u00ebet het. As net een porsie rooivleis vervang is deur hoendervleis, vis of \u2019n prote\u00efengroente het hul risiko op borskanker voor die menopouse met 24% verminder.<\/p>\n<p>Beteken dit jy moet rooivleis van nou af uitsny? Glad nie.\u00a0Almal het vitamien B12 nodig, waarvan rooivleis \u2019n baie ryk bron is. Die boodskap is dus dat jy rooivleis nie moet vermy nie maar net verminder. Vervang partykeer jou rooivleis deur hoendervleis en eiers.<\/p>\n<p>\u2019n Maklike riglyn:<\/p>\n<ul>\n<li>Beperk rooivleis tot twee, drie keer per week<\/li>\n<li>Onthou vet vis soos makriel of salm een keer per week, en<\/li>\n<li>Geniet hoendervleis en eiers die res van die week.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-goed-brein-baba-hart-omega\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Eiers: Jy vra, ons antwoord<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-118342 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/eggs-eggshells-fresh-2642201.jpg\" alt=\"3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>FUD-gedrewe stelling #3: Eiers is sleg vir jou hart<\/h4>\n<p>Watter skeefgetrekte feite laat jou aan eiers se voordele vir jou hart laat twyfel?<\/p>\n<p>Ho\u00eb cholesterol, natuurlik. Dit word aan hartsiektes gekoppel, en eiers is hoog in cholesterol. Om die waarheid te s\u00ea bevat dit volgens die meeste voedingstabelle van 140mg per klein eier tot \u2019n yslike 240mg cholesterol in die heel grotes.<\/p>\n<p>Jy vrees hartsiekte en\/of beroerte. Di\u00e9 twee is immers die hoofoorsaak van sterftes in die Weste en in ons land. Boonop is jou ma op 94 aan haar hart oorlede. Daarom beperk jy jouself en almal in die huis tot drie per week.<\/p>\n<p>Daarby is daar vanjaar twee groot ondersoeke oor eiers en hartgesondheid gepubliseer, waarvan die Amerikaanse een eiers aan hartsiektes koppel.<\/p>\n<p>Is jou eier-FUD gegrond? Moet jy maar liewer voortaan fokus op omelet van eierwitte? Dit hang af &#8230;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eiers-en-hartlyers\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Eiers en hartlyers<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-118340 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/bowl-close-up-eggs-1266004.jpg\" alt=\"3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val\" width=\"640\" height=\"440\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die regte inligting<\/strong><\/p>\n<p>Die <a href=\"https:\/\/www.sciencemediacentre.org\/expert-reaction-to-study-looking-at-eggs-cholesterol-and-heart-disease\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Science Media Center<\/a>, \u2019n Britse regeringsorganisasie wat vals en foutiewe interpretasies van navorsing op die internet met deeglike, wetenskaplik verantwoordbare perspektiewe teenwerk, wys op tekortkominge in die <a href=\"https:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pubmed\/30874756\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">JAMA-ondersoek:<\/a><\/p>\n<p>Die ondersoek het nie gekyk na h\u00f3\u00e9 die eier ge\u00ebet is nie. Een eier geposjeer op tamatiesmoor is iets heeltemal anders as twee eiers saam met \u2019n yslike hoop diepgebraaide aartappelskyfies, \u2019n tjoppie, spek en worsies op \u2019n wit broodrolletjie.<\/p>\n<p>Die nuwe, meer realistiese tendens in dieetnavorsing is om nie net na een komponent (soos HDL- of LDL-cholesterol) van \u2019n kositem (soos eiers) te kyk nie. Alles wat jy eet moet &#8216;gelees&#8217; word as integrale deel van jou leefstyl, wat insluit w\u00e1t jy eet en h\u00f3\u00e9 jy dit gaarmaak, asook ander aspekte soos hoe aktief jy is, jou gene en jou familiegeskiedenis. Die interaksie van alles s\u00e1\u00e1m bepaal die effek daarvan, of jou hartgesondheid in hierdie geval.<\/p>\n<p>Die Science Media Center wys daarop dat die Amerikaanse ondersoekers self s\u00ea dat hulle nie kon onderskei tussen mense wat eiers op \u2019n gesonde manier eet en di\u00e9 wat eiers as deel van die ongesonde hamburgerkultuur eet nie.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n belangrike oorweging voor ons besluit eiers veroorsaak hartsiektes,\u00a0s\u00ea die Science Media Center, is dat \u00e1l die ander groot ondersoeke van die afgelope twintig jaar wys dat eiers nie aan hartsterftes en selfs hartsiektes gekoppel kan word nie. Hierdie ondersoeke se bevinding is steeds geldig.<\/p>\n<p>Ironies genoeg is die resultate van die <a href=\"https:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pubmed\/29680985\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Chinese Guangzhou ondersoek<\/a> toevallig ook in Maart vanjaar gepubliseer &#8211; en juis eiers se gesondheidsvoordele vir jou hart bevestig. Hierdie ondersoek onder 28 000 mans het die hartgesondheid van mense wat minder as een eier per week eet vergelyk met mense wat meer as sewe per week eet. Buiten dat hulle glad nie eiers aan enige soort hartsiekte kon koppel nie het hulle ook effens m\u00ednder beroertes opgemerk onder mans wat eiers ge\u00ebet het.<\/p>\n<p>In die lig hiervan moet die Amerikaanse ondersoek saam met al die vorige ondersoeke se bevindings eerder gelees word as dat eiers gesonde kos is, afhangende van hoe jy dit gaarmaak en wat jy daarmee saam eet. Onthou, selfs manna uit die hemel kan in ongesonde kos verander.<\/p>\n<p>Daar is wel ander sterk bewese oorsake vir hartsiektes.\u00a0Die groot Framingham-ondersoek wat al van 1948 loop wys ook dat eiers niks met hartgesondheid te doen het nie. Die hoofbevindings van die Framingham-ondersoek wys op \u00e1nder oorsake van hartsiektes, spesifiek<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Rook<\/strong> verhoog jou risiko op hartsiektes &#8211; jy kan nie rook of vape en dan eiers die skuld gee nie.<\/li>\n<li><strong>Ho\u00eb cholesterol<\/strong> verhoog jou risiko op hartsiektes &#8211; maar skynbaar het dit meer te doen met hoe jou liggaam cholesterol hanteer as met hoeveel cholesterol jy deur jou kos inkry.<\/li>\n<li><strong>HDL-cholesterol<\/strong> verlaag jou risiko op hartsiektes &#8211; eiers is \u2019n goeie bron van HDL-cholesterol.<\/li>\n<li><strong>Ho\u00eb bloeddruk<\/strong> verhoog jou risiko op hartsiektes &#8211; dit het niks met eiers te doen nie.<\/li>\n<li><strong>Oorgewig<\/strong> verhoog jou risiko op hartsiektes &#8211; eiers is versadigend en help jou minder peusel, wat help dat jy jou gewig makliker beheer.<\/li>\n<li><strong>Oefening<\/strong> verminder jou risiko op hartsiektes &#8211; onfiksheid is nie aan eiers te wyte nie; eiers gee jou stamina sodat jy langer kan oefen.<\/li>\n<li>Vroue het na die <strong>menopouse<\/strong> \u2019n ho\u00ebr jou risiko op hartsiektes &#8211; hoe ouer jy is hoe groter raak jou risiko op hartkwale.<\/li>\n<li><strong>Goeie sosiale ankers<\/strong> (soos \u2019n gelukkige verhouding) beskerm jou matig teen hartsiektes.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die Suid-Afrikaanse Heart and Stroke Foundation se aanbeveling oor eiers vat alles oor eiers mooi saam:<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Hulle\u00a0s\u00ea eiers is goed is vir jou.<\/li>\n<li>Daarom stel hulle geen beperkings op die aantal eiers wat jy per week eet nie.<\/li>\n<li>Maar hou matigheid in gedagte. Vyf of sewe eiers per week is piekfyn; twaalf per dag nie.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-118343 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/blur-cholesterol-close-up-6420.jpg\" alt=\"Hier is 3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val:\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Het enige van hierdie bewerings oor eiers jou al laat vasval in vrees en onsekerheid en jou laat twyfel oor wat om te eet? Ons het al self hiervoor geval \u2026 maar gelukkig ook die waarheid daaragter wysgeword.<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":118330,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2950,667],"tags":[2792,23664,23823,136,620],"class_list":["post-118320","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dieet","category-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health","tag-diet","tag-gesondheid","tag-dieet"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Het enige van hierdie bewerings oor eiers jou al laat vasval in vrees en onsekerheid en jou laat twyfel oor wat om te eet? Hier is 3 eier-mites en die feite\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Het enige van hierdie bewerings oor eiers jou al laat vasval in vrees en onsekerheid en jou laat twyfel oor wat om te eet? Hier is 3 eier-mites en die feite\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-03T08:51:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-09-03T10:06:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/close-up-color-egg-364306.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"426\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie\",\"datePublished\":\"2019-09-03T08:51:03+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-03T10:06:53+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/\"},\"wordCount\":1582,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/close-up-color-egg-364306.jpg\",\"keywords\":[\"leef gesond\",\"health\",\"diet\",\"Gesondheid\",\"dieet\"],\"articleSection\":[\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/\",\"name\":\"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/close-up-color-egg-364306.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-03T08:51:03+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-03T10:06:53+00:00\",\"description\":\"Het enige van hierdie bewerings oor eiers jou al laat vasval in vrees en onsekerheid en jou laat twyfel oor wat om te eet? Hier is 3 eier-mites en die feite\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/close-up-color-egg-364306.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/close-up-color-egg-364306.jpg\",\"width\":640,\"height\":426,\"caption\":\"3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eier-cholesterol-kanker\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie | rooi rose","description":"Het enige van hierdie bewerings oor eiers jou al laat vasval in vrees en onsekerheid en jou laat twyfel oor wat om te eet? Hier is 3 eier-mites en die feite","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie | rooi rose","og_description":"Het enige van hierdie bewerings oor eiers jou al laat vasval in vrees en onsekerheid en jou laat twyfel oor wat om te eet? Hier is 3 eier-mites en die feite","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-03T08:51:03+00:00","article_modified_time":"2019-09-03T10:06:53+00:00","og_image":[{"width":640,"height":426,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/close-up-color-egg-364306.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie","datePublished":"2019-09-03T08:51:03+00:00","dateModified":"2019-09-03T10:06:53+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/"},"wordCount":1582,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/close-up-color-egg-364306.jpg","keywords":["leef gesond","health","diet","Gesondheid","dieet"],"articleSection":["Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/","name":"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/close-up-color-egg-364306.jpg","datePublished":"2019-09-03T08:51:03+00:00","dateModified":"2019-09-03T10:06:53+00:00","description":"Het enige van hierdie bewerings oor eiers jou al laat vasval in vrees en onsekerheid en jou laat twyfel oor wat om te eet? Hier is 3 eier-mites en die feite","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/close-up-color-egg-364306.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/close-up-color-egg-364306.jpg","width":640,"height":426,"caption":"3 eier-mites waarvoor jy te slim is om te val"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eier-cholesterol-kanker\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"3 eier-FUDs waaronder jy nie moet ly nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118320","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=118320"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118320\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/118330"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=118320"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=118320"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=118320"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}