{"id":118285,"date":"2019-09-02T13:59:46","date_gmt":"2019-09-02T11:59:46","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=118285"},"modified":"2019-09-02T15:57:14","modified_gmt":"2019-09-02T13:57:14","slug":"tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/","title":{"rendered":"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan"},"content":{"rendered":"<p><em>Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan. Hooffoto: pexels<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Tinarie van Wyk Loots oor die Kumano Kodo, \u2019n liefdesmeditasie en Tokio<\/h4>\n<p><em>Ons het met Tinarie van Wyk Loots oor haar ervarings in Japan gesels vir ons Augustus 2019-uitgawe. Hier is \u2019n uittreksel uit Suzanne Kotz\u00e9 se onderhoud met Tinarie oor haar belewenis. <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/agter-die-skerms-met-tinarie-van-wyk-loots\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Loer hier om agter die skerms by ons voorbladfotosessie met Tinarie te kuier<\/a>.\u00a0<\/em><\/p>\n<div id=\"attachment_118295\" style=\"width: 611px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118295\" class=\"size-full wp-image-118295\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/JULTina12RR-2-e1567423377166.jpg\" alt=\"vertel oor hul reise in Japan\" width=\"601\" height=\"900\" \/><p id=\"caption-attachment-118295\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Kristina Stojiljkovic<\/p><\/div>\n<p>N\u00e1 \u2019n uitdagende jaar in 2018 waarin Tinarie baie hard gewerk het, en haar verlowing aan die akteur Erik Holm ook verbreek is, het sy vir die eerste keer in \u2019n dekade behoorlik gaan vakansie hou.<\/p>\n<p>Japan was een van die stopplekke.<\/p>\n<p>\u201cEk het nog altyd iets van \u2019n obsessie met Japan en sy kultuur gehad,\u201d vertel sy. \u201cKan jy glo in die middel van Tokio is daar hierdie woud wat sowat honderd jaar oud is, en as jy daar binne is, is dit tjoepstil. Jy sou nooit kon dink jy is in \u2019n besige stad nie,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens is ook geneig om aan Japan as super-modern te dink, maar veral in die landelike gebiede is mense nog baie tradisioneel.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy daar was, het sy die bekende Kumano Kodo-pelgrimstog stoksielalleen aangedurf.<\/p>\n<p>\u201cSommige dae het baie ure verbygegaan sonder dat ek \u2019n enkele mens op die roete gesien het. Daar gebeur iets met jou wanneer jy stap, eers dink jy baie, want jy bring baie tyd alleen deur, en later dink jy aan niks. Dit is so stil dat jy blare hoor val en net bewus word van die natuur. Daar is \u2019n hele paar bedevaartsplekke op die roetes, en aangesien dit deel van die staptog is, het ek \u2019n liefdesmeditasie, wat \u2019n vriendin vir my gestuur het, by elkeen vir myself herhaal.\u201d<\/p>\n<p>Die liefdesmeditasie fokus daarop dat jy jouself eers moet liefh\u00ea en kan versorg voor jy vir ander kan sorg. Daarom begin elke mantra met \u201cek\u201d. Wanneer jy selfliefde bemeester, kan jy die \u201cek\u201d deur \u201chy\/sy\u201d vervang en aan iemand dink wat jy liefhet, daarna iemand neutraal, en heel laaste iemand wat jou dalk laat ly het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018Ek glo aan wabi-sabi, die Japanse filosofie dat as iets gebreek is, jy dit met goud regmaak sodat jy kan sien waar die stukkende plekke was. Omdat jy dit herskep het, maak jou foute jou mooi\u2019 &#8211; Tinarie van Wyk Loots<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die liefdesmeditasie<\/strong><\/p>\n<p>Toe sy in Japan was, het Tinarie die bekende Kumano Kodo-pelgrimstog stoksielalleen aangedurf.<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2019n hele paar bedevaartsplekke op die roetes, en ek het hierdie liefdesmeditasie, wat \u2019n vriendin vir my gestuur het, by elkeen vir myself herhaal.\u201d<\/p>\n<p>&#8220;Dit fokus daarop dat jy jouself eers moet liefh\u00ea en kan versorg voor jy vir ander kan sorg.\u201d<\/p>\n<ul>\n<li>Mag ek vredig, gelukkig en lig na liggaam en siel wees.<\/li>\n<li>Mag ek veilig wees en nie beserings opdoen nie.<\/li>\n<li>Mag ek vry wees van woede, kwellings, vrees en angstigheid.<\/li>\n<li>Mag ek met begrip en liefde na myself kyk.<\/li>\n<li>Mag ek die bronne van vreugde en geluk in myself herken.<\/li>\n<li>Mag ek leer om die bronne van angs, soeke en waan in myself te herken.<\/li>\n<li>Mag ek weet hoe om di\u00e9 wat my gelukkig maak te herken en daagliks te voed.<\/li>\n<li>Mag ek vars, bestendig en vry leef.<\/li>\n<li>Mag ek vry wees van verkleefdheid en afkerigheid, sonder om onge\u00ebrg te wees.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-deel-haar-skoonheidsgeheime\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Tinarie verklap haar skoonheidsgeheime<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_118294\" style=\"width: 610px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118294\" class=\"size-full wp-image-118294\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/JULTina01RR-2-e1567423417601.jpg\" alt=\"vertel oor hul reise in Japan\" width=\"600\" height=\"769\" \/><p id=\"caption-attachment-118294\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Kristina Stojiljkovic<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Johann en Hennie Symington vertel oor reise in Japan<\/h4>\n<p><em>Ds. Johann Symington, wat onder meer twintig jaar \u2019n rubriekskrywer vir \u2018rooi rose\u2019 was, werk die afgelope vyf jaar in \u2019n gemeente in Tokio. Jacqueline Leuvennink het op besoek aan Japan by hom en sy vrou, Hennie, gaan inloer.\u00a0<\/em><\/p>\n<p><em>Hierdie is \u2019n uittreksel van \u2019n artikel wat oorspronklik in die Augustus 2018-uitgawe van rooi rose verskyn het. <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-is-tuis-in-tokio-johann-symington-oor-japan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om die volledige artikel te lees.\u00a0<\/a><\/em><\/p>\n<div id=\"attachment_118296\" style=\"width: 541px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118296\" class=\"size-full wp-image-118296\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/sym1-1.jpg\" alt=\"vertel oor hul reise in Japan\" width=\"531\" height=\"709\" \/><p id=\"caption-attachment-118296\" class=\"wp-caption-text\">Die Symingtons vertel oor hul reise in Japan. Foto: Verskaf<\/p><\/div>\n<p>Die taxi swenk later af in \u2019n klein straatjie waar \u2019n handeswaaiende Hennie ons tegemoet loop. Dis vir \u2019n Westerling haas onmoontlik om hier \u2019n straatnaam of adres gelees te kry. Ons is verlig om te weet ons is op die regte plek.<\/p>\n<p>Johann kom op sy sokkies na ons toe aangeloop. Een van die eerste gebruike wat \u2019n mens hier onder die knie moet kry, is dat jy jou skoene by die ingang van die huis parkeer. En die Symingtons kon nog altyd die toets slaag van aanpas en inpas waar die lewe dit van hulle verg.<\/p>\n<p>\u201cNie dat ons nie soms kleigetrap het nie!\u201d vertel Johann.<\/p>\n<p>\u201cDie Japanse kultuur het baie dinge wat vir ons vreemd is. Jy snuit byvoorbeeld nie jou neus in die openbaar nie, en jy hou by baie spesifieke kuier- of besoektye. \u2019n Gemeentelid wat \u2019n kenner van die Japanse kultuur is, kon ons darem help. Die taalkwessie kan ook selfs \u2019n eenvoudige ding soos \u2019n besoek aan \u2019n supermark \u2019n redelike uitdaging maak. Jy kom by die huis met jogurt pleks van die melk wat jy eintlik wou gekoop het. En dan moet jy by geleentheid kruisbeen of op die knie\u00eb by \u2019n lae tafeltjie sit. Een so \u2019n ete van sowat vier uur het my byna dood gehad!\u201d<\/p>\n<p>Hy lag. \u201cTwee dae n\u00e1 ons aankoms hier sleep Hennie my mos dokter toe omdat ek \u2019n pyn op die bors het. En daar raak die vrouedoktertjie erg verle\u00eb toe sy my ondersoek. Sy ken duidelik nie \u2019n man met \u2019n maag nie, word bloedrooi in die gesig by aanskoue van die vreemde verskynsel, en lag toe maar so effens verbouereerd agter haar handjie \u2026 \u201d<\/p>\n<p>Ons begin praat oor die huise in hul woonbuurt wat almal betreklik nuut lyk. \u201cBenewens die skade wat die atoombomme oor Hirosjima en Nagasaki aangerig het, is groot dele van Tokio ook aan die einde van die Tweede W\u00eareldoorlog verwoes,\u201d vertel Johann. \u201cVan ons kerk het net \u2019n koperkollektebord oorgebly. Dit en al die natuurrampe, soos vulkaniese uitbarstings, aardbewings en tifone wat deel van hul werklikheid is, verklaar deels waarom die Japannese ondanks welvaart so hardwerkend is en spaarsamig leef. Met \u2019n steeds ouerwordende bevolking raak die las op die jongmense om hul bejaardes te versorg ook al groter.\u201d<\/p>\n<p>Die Symingtons het betreklik gou op dreef gekom. Japan met sy homogene bevolking is \u2019n ou beskawing waar waardes soos hoflikheid, eerlikheid en respek vir mekaar hoog aangeslaan word. \u201cDis verfynde, hardwerkende mense. En ja, ons sluit nie ons deure nie.\u201d<\/p>\n<p>Daar was ook nuwe, sonderlinge verbintenisse om te sluit. Een van die gemeentelede, die 75-jarige Janet Takeyama, is \u2019n Amerikaner wie se oorlede man, Yasuo, \u2019n oorlewende van Hirosjima was. Sy suster het op haar beurt Tokio se bombardering oorleef en is later met \u2019n Amerikaner getroud wat weer Japan se aanval op Pearl Harbour oorleef het. Dit was deurslaggewende gebeure in die geskiedenis van die w\u00eareld wat die lewe van individue ingrypend geraak het. En aspekte wat vir Johann, immer geboei deur mense en hul verhale, sy taak interessant bly maak.<\/p>\n<div id=\"attachment_118297\" style=\"width: 608px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118297\" class=\"wp-image-118297 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/sym2-1.jpg\" alt=\"Die Symingtons in Tokio\" width=\"598\" height=\"551\" \/><p id=\"caption-attachment-118297\" class=\"wp-caption-text\">Die Symingtons vertel oor hul reise in Japan. Foto: Verskaf. Die kerk is die gebou met die geel muur.<\/p><\/div>\n<p>Om op hul ouderdom so \u2019n groot sprong oor die aardbol heen te maak is iets waarvoor baie mense nie sal kans sien nie. Maar die saadjie is jare gelede al by Johann gesaai toe hy in 1998 drie maande vir International Ministries by \u2019n gemeente in China gaan aflos het. Vanwe\u00eb die nomadiese bestaan van soveel mense wat vandag oor die aardbol beweeg, is daar reeds sowat tien-<br \/>\nduisend soortgelyke internasionale gemeentes w\u00eareldwyd.<\/p>\n<p>\u201cAs dit net van my afgehang het, sou ek dalk \u2019n meer eksotiese bestemming soos \u2019n luilekker-eiland uitgesoek het. Tokio het trouens nie vir my baie interessant geklink nie. Dis hierdie yslike metropool &#8211; die groter Tokio-Yokohama-gebied met sy byna veertig miljoen inwoners is een van die mees dig bewoonde gebiede op ons planeet. Ek het net besluit om aansoek te doen omdat ek met my naderende aftrede besef het ek is nog nie gereed om die werk te laat vaar waarvoor ek so lief is nie.\u201d<\/p>\n<p>Die Tokyo Union Church is sedert sy ontstaan in 1872 net deur Amerikaanse predikante bedien. Maar n\u00e1 Japan se ekonomiese bloeitydperk vanaf die jare sestig tot tagtig het die ekonomie (steeds naas die VSA en China die grootste ter w\u00eareld) begin stagneer. Dit is tans \u2019n minder aantreklike bestemming vir internasionale maatskappye. Die verwoestende aardbewing en tsoenami in 2011 in die Sendai-gebied (sowat 350 km noord van Tokio), en die verhoogde radio-aktiwiteit weens die ontploffing van \u2019n kernkragstasie het ook daartoe bygedra. Die gemeente het gesukkel om \u2019n geskikte kandidaat te kry.<\/p>\n<p>Johann het sy voelers uitgesteek. Tot sy en Hennie se verbasing is hy \u2019n kontrak vir vier jaar aangebied, en dis sedertdien met nog twee jaar verleng. Met ons besoek sit die kerk gepak, mense van minstens 35 nasionaliteite in die gehoor.<\/p>\n<p>\u201cPastor Johann\u201d het vir hom met sy taak- en veral mensgerigtheid weer \u2019n pad na harte gebaan. Die gemeente is onder sy leiding onder meer aktief betrokke by die heropbou van kerke in die aardbewinggebied.<\/p>\n<p>Oor wat hul toekoms en \u2019n volgende fase gaan inhou, hang daar nog \u2019n klompie vrae. Dit gaan weer eens swaar wees om mense in wie se wel en wee jy bel\u00ea het, agter te laat. Maar in Suid-Afrika<br \/>\nwag hul kinders. En nou ook kleinkinders. En \u2019n lewenstaak wat nooit heeltemal afgehandel is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vir die volledige storie oor die Symingtons in Japan, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-is-tuis-in-tokio-johann-symington-oor-japan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Erns Grundling oor Elders, Japan, sy moet-sien-lysie en sy pelgrimstogte deur die land<\/h4>\n<p><em>Zo\u00eb Salzwedel het onlangs met die bekroonde joernalis en aanbieder van die <a href=\"https:\/\/kyknet.dstv.com\/program\/elders-japan\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">kykNET<\/a>-reeks, Elders, gesels oor hul reise in Japan.<\/em> <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/erns-kuier-elders-maar-die-keer-in-japan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om die volledige artikel te lees.\u00a0<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_118299\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118299\" class=\"size-full wp-image-118299\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/Erns-op-Mount-Fuji-2-e1567423696278.jpg\" alt=\"vertel oor hul reise in Japan\" width=\"900\" height=\"676\" \/><p id=\"caption-attachment-118299\" class=\"wp-caption-text\">Erns op die berg Foedji. Foto: Verskaf<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat het jou op Japan laat besluit?<\/strong><b><br \/>\n<\/b><\/p>\n<p>Ek het in 2017 \u2019n eerste Elders-reeks aangepak op die Camino-pelgrimstog in Spanje. Ek het egter geweet wat om te verwag toe ons daardie reeks geskiet het, want ek was al tevore op die Camino. Toe ek begin kyk na bestemmings vir \u2019n tweede reeks, wou ek graag iewers heen reis waar ek nog nooit was nie en waar ek heeltemal uit my gemaksone gaan wees. Ek het ook gedink \u2019n reeks in Japan sal tot Suid-Afrikaanse gehore spreek, veral met die Rugbyw\u00eareldbeker om die draai en die Olimpiese Spele in Tokio in 2020 wat voorl\u00ea.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>Hoe het jy die land ervaar? Wat maak Japan uniek?<\/strong><\/p>\n<p>Dit was eenvoudig oorweldigend, maar nie op \u2019n negatiewe manier nie. Japan se kultuur is baie eiesoortig, omdat dit \u2019n eilandnasie is wat tydens die Edo-periode (1603-1868) vir meer as 200 jaar basies ge\u00efsoleer was en bitter min kontak met die buitew\u00eareld gehad het. In terme van w\u00eareldgeskiedenis het hierdie redelik onlangs gebeur. Die Japannese self is wel besonder vriendelik, hoflik en behulpsaam. Dit het my opgeval hoe stil dit op die treine was \u2013 niemand praat hard op \u2019n foon nie, niemand eet of drink in die openbaar nie, en die strate is skoon en netjies. Veral Tokio, \u2019n metropolitaanse gebied met meer as 15 miljoen inwoners, is besonder ordelik, al is daar altyd baie mense op straat. Iets wat ek dikwels gehoor het in Japan is die frase \u201calles werk\u201d, en dit voel regtig so.<\/p>\n<div id=\"attachment_118300\" style=\"width: 910px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118300\" class=\"wp-image-118300 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/Nachi-waterval-op-Kumano-Kodo-pelgrimstog-2-e1567423726722.jpg\" alt=\"Erns Grundling in Japan\" width=\"900\" height=\"675\" \/><p id=\"caption-attachment-118300\" class=\"wp-caption-text\">Die Nachi waterval op die Kumano Kodo pelgrimstog. Foto: Verskaf<\/p><\/div>\n<p><strong>Vertel vir ons van die twee pelgrimstogte wat jy aangepak het.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Daar is verkeie pelgrimstogte in Japan. Ek het op die Kumano Kodo besluit, aangesien dit die Camino in Spanje se susterpelgrimstog is. As jy albei voltooi, kry jy \u2019n <em>Dual Pilgrim<\/em>-sertifikaat. Die Kumano Kodo was baie uitdagend, want dit is in die berge van die Wakayama-prefektuur. Ek het die steiltes en terrein onderskat \u2013 dit is \u2019n moeiliker staptog as die Camino, maar die natuurskoon en uitsigte was werklik besonders.<\/p>\n<p>Ek het ook die Nakasendo-pelgrimstog gestap, \u2019n ou handelsroete tussen Kyoto en Tokio. Wat die terrein betref? Wel, dit was heelwat makliker as die Kumano Kodo met pragtig gerestoureerde dorpies soos Magome, Tsumago en Narai. Die woudtonele op die Nakasendo, met die herfs in volle swang, was wonderlik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stel vir ons \u2019n lys op van die top 10 plekke in Japan wat mense beslis moet besoek as hulle Japan wil gaan verken.<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Tokyo Skytree (hoogste toring op aarde)<\/li>\n<li>Shibuya Crossing in Tokio (staan by die besigste voetoorgang op aarde)<\/li>\n<li>Osaka Castle (lieflike park en kasteel)<\/li>\n<li>Dotonbori Street (Osaka se straatkos-hoofkwartier)<\/li>\n<li>Nara Deer Park (voer bokkies in \u2019n park \u2013 heerlike uitstappie vir kinders)<\/li>\n<li>Hiroshima (besoek die Vredespark en museum)<\/li>\n<li>Miyajima-eiland (vaar met \u2019n veerboot na die eiland en kyk na die drywende torii-hek)<\/li>\n<li>Kyoto (kyk of jy \u2019n geisha op straat sien in die buurt Gion)<\/li>\n<li>Kumano Kodo (gaan stap die Camino se susterpelgrimstog)<\/li>\n<li>Toyota City (wonderlike natuurskoon en aktiwiteite in die omgewing)<\/li>\n<\/ol>\n<div id=\"attachment_118298\" style=\"width: 685px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-118298\" class=\"size-full wp-image-118298\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/Erns-op-die-Kumano-Kodo-pelgrimstog-in-die-Wakayama-prefektuur-2-e1567423747674.jpg\" alt=\"vertel oor hul reise in Japan\" width=\"675\" height=\"900\" \/><p id=\"caption-attachment-118298\" class=\"wp-caption-text\">Erns op die Kumano Kodo pelgrimstog in die Wakayama-prefektuur. Foto: Verskaf<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net so kort voor die rugbyw\u00eareldbeker in Japan afskop, het ons deur ons argiewe geblaai en drie bekendes se stories oor Japan gevind! As jy Japan toe gaan, of net in jou leunstoel saamreis, is hierdie beslis \u2019n moet-lees! <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":118303,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[628,998,1387,3434,4396,23450,24339,147,158],"class_list":["post-118285","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-travel","tag-vermaak","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-bekendes","tag-reis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Net so kort voor die rugbyw\u00eareldbeker in Japan afskop, het ons deur ons argiewe geblaai en drie bekendes vertel ons oor hul reise in Japan\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Net so kort voor die rugbyw\u00eareldbeker in Japan afskop, het ons deur ons argiewe geblaai en drie bekendes vertel ons oor hul reise in Japan\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-09-02T11:59:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-09-02T13:57:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/environment-fuji-japan-2187622.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"426\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan\",\"datePublished\":\"2019-09-02T11:59:46+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-02T13:57:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/\"},\"wordCount\":2216,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/environment-fuji-japan-2187622.jpg\",\"keywords\":[\"travel\",\"Vermaak\",\"celebs\",\"ons mense\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"bekendes\",\"reis\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/\",\"name\":\"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/environment-fuji-japan-2187622.jpg\",\"datePublished\":\"2019-09-02T11:59:46+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-02T13:57:14+00:00\",\"description\":\"Net so kort voor die rugbyw\u00eareldbeker in Japan afskop, het ons deur ons argiewe geblaai en drie bekendes vertel ons oor hul reise in Japan\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/environment-fuji-japan-2187622.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/09\\\/environment-fuji-japan-2187622.jpg\",\"width\":640,\"height\":426,\"caption\":\"Foto: pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan | rooi rose","description":"Net so kort voor die rugbyw\u00eareldbeker in Japan afskop, het ons deur ons argiewe geblaai en drie bekendes vertel ons oor hul reise in Japan","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan | rooi rose","og_description":"Net so kort voor die rugbyw\u00eareldbeker in Japan afskop, het ons deur ons argiewe geblaai en drie bekendes vertel ons oor hul reise in Japan","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-09-02T11:59:46+00:00","article_modified_time":"2019-09-02T13:57:14+00:00","og_image":[{"width":640,"height":426,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/environment-fuji-japan-2187622.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan","datePublished":"2019-09-02T11:59:46+00:00","dateModified":"2019-09-02T13:57:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/"},"wordCount":2216,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/environment-fuji-japan-2187622.jpg","keywords":["travel","Vermaak","celebs","ons mense","Ontspanning","entertainment","local celebs","bekendes","reis"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/","name":"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/environment-fuji-japan-2187622.jpg","datePublished":"2019-09-02T11:59:46+00:00","dateModified":"2019-09-02T13:57:14+00:00","description":"Net so kort voor die rugbyw\u00eareldbeker in Japan afskop, het ons deur ons argiewe geblaai en drie bekendes vertel ons oor hul reise in Japan","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/environment-fuji-japan-2187622.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/environment-fuji-japan-2187622.jpg","width":640,"height":426,"caption":"Foto: pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tinarie-van-wyk-loots-johan-symington-en-erns-grundling-vertel-oor-hul-reise-in-japan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Tinarie van Wyk Loots, Johann Symington en Erns Grundling vertel oor hul reise in Japan"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118285","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=118285"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/118285\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/118303"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=118285"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=118285"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=118285"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}