{"id":117305,"date":"2019-08-16T10:45:05","date_gmt":"2019-08-16T08:45:05","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=117305"},"modified":"2019-08-08T12:35:28","modified_gmt":"2019-08-08T10:35:28","slug":"stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/","title":{"rendered":"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28"},"content":{"rendered":"<p><em>Stilte voor die storm, Hoofstuk 28 deur Martie Swanepoel.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Stilte voor die storm<\/h4>\n<p>Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen.<\/p>\n<p>Toe die kamerdiens haar koerante kom aflewer, wou sy eers nie daarna kyk nie. Sy weet sy het moles gemaak en daarom is haar foon afgeskakel.<\/p>\n<p>Sy sien nie nou kans om deur Piet en Claudia uitgetrap te word nie. Haar \u201cparool\u201d by Mediahuis is seker na hierdie spektakel verbreek?<\/p>\n<p>Sy wil ook die hotel se ontbytkamer vermy. Sy wil niemand sien nie!<\/p>\n<p>Kamerdiens is al uitweg.<\/p>\n<p>Met \u2018n bietjie kos in haar bewerige maag trek sy die pakkie koerante nader.<\/p>\n<p>Die eerste een se voorblad s\u00ea: \u201cGalante hero!\u201d Die oomblik toe Duard haar regop gehelp het, is perfek vasgevang.<\/p>\n<p>Die tweede koerant se voorbladstorie lui: \u201cSter briesend oor rok.\u201d Melissa het glo haar ontwerper <em>gefire <\/em>oor hy \u2018n soortgelyke rok vir \u2018n <em>no name<\/em> joernalis gemaak het.<\/p>\n<p>Helmut Kors het sy verbintenis met Niekie se rok heftig ontken. Hy het die materiaal vir die ster se rok glo eksklusief van Indi\u00eb laat kom en die verskaffer het hom verseker geen sentimeter van die lap sal ooit aan enigiemand anders verkoop word nie.<\/p>\n<p>Nou is die vraagstuk vir die koerant: Waar kry Niekie Branders die rok?<\/p>\n<p>Die derde koerant se voorblad het twee foto\u2019s van Niekie op. Een in die swart pakkie by die perspartytjie en een in die groen rok. Hulle beskou Niekie Branders as \u2018n opkomende mode-ikoon en prys haar dat sy die arrogante aktrise in die skadu gestel het. Hulle vra hul lesers om te stem wie die mooiste in die groen lyk, die rooikop joernalis of die aktrise met die raafswart hare.<\/p>\n<p>Niekie weet dis nou tyd om haar foon weer aan te skakel. Soos te wagte, is daar tien boodskappe van Claudia.<\/p>\n<p>Niekie bel Kaapstad met bewende hande.<\/p>\n<p>\u201cWat de joos het gebeur?\u201d<\/p>\n<p>Claudia klink weer histeries.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Ander joernalis het my gepootjie!\u201d<\/p>\n<p>Claudia klink nou meer simpatiek.<\/p>\n<p>\u201cWaar laat dit ons vir die onderhoud met Melissa Garbers later vanoggend? Ek het nog niks van haar sekretaris gehoor nie. Ek neem aan dit beteken die onderhoud gaan voort?\u201d<\/p>\n<p>Niekie se pajamabroek bewe.<\/p>\n<p>\u201cEk wil nie meer met haar praat nie. Sy gaan my haat!\u201d<\/p>\n<p>Claudia keer vir al wat sy werd is vir haar voorbladstorie.<\/p>\n<p>\u201cMoenie laf wees nie, Nicola, jy gaan die onderhoud doen. Daar is baie op die spel vir Mediahuis. Ek sal later vanoggend by die direksie hoor hoe ons die drama met die rok moet hanteer.\u201d<\/p>\n<p>Niekie wil nie verder deur die koerante blaai nie. Sy besluit om nie Claudia se voorskrifte vir \u2018n uitrusting vir die onderhoud te dra nie. Sy dra haar gewone mondering van <em>cargo pants<\/em> en \u2018n T-hemp. Sy wil geen verdere aandag op haarself vestig nie.<\/p>\n<p>Van al die moeilike onderhoude van haar loopbaan, is sy vir hierdie een die minste lus.<\/p>\n<p>Sy wens sy het \u2018n kalmeerpilletjie om haar bewende ingewande te laat bedaar.<\/p>\n<p>Melissa Garbers se persspan is professioneel en maak geen melding van die fiasko van die vorige aand nie. Hulle laat Niekie in \u2018n elegante sitkamer wag en bedien Franse mineraalwater.<\/p>\n<p>Op die stiptelike tyd word sy ingeroep. Melissa staan op uit haar stoel en reik \u2018n koel sagte handjie na die joernalis.<\/p>\n<p>Met die sit-slag vang die hoek van Niekie se oog die hopie koerante op die koffietafel. Sy sluk byna die hele botteltjie duur Franse water weg van senuwees.<\/p>\n<p>Niekie wou die ster met effe moedswillige vrae peper. Sy wou bewys dat die ster geen snars weet van die rol wat \u2018n oorlogkorrespondent in \u2018n oorlogsituasie speel nie. Maar sy kies die kalmer vrae oor die ster se agtergrond en haar rolle.<\/p>\n<p>As dogter van die beroemde Hollywood-vervaardiger, Victor Garbers, was die pad vir die goue meisie na die silwerdoek geplavei. Sy het \u2018n bevoorregte lewe gehad en was in privaatskole in Switserland en Frankryk. Dis juis in Frankryk waar sy besluit het sy wil in haar pa se voetspore in die roemryke w\u00eareld van rolprente volg.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2018n ambisieuse man daar ontmoet. Ek kon dadelik sien hy het die voorkoms en ambisie vir die silwerdoek. Ek het dit met my pa bespreek en toe stel my pa voor dat ek en my vriend saam kom vir oudisies vir \u2018n nuwe fliek.\u201d<\/p>\n<p>Niekie se volgende vraag is logies.<\/p>\n<p>\u201cEn, het jou vriend dit toe gemaak in Hollywood? Wat is sy naam?\u201d<\/p>\n<p>Met ervare vaardigheid ontwyk Melissa die vraag. Sy gesels oor haar ambisies, rolle en die draaiboek waaraan sy nou skryf.<\/p>\n<p>\u201cJou nuwe rol teenoor Duard Wayne in <em>Border War Patrol.<\/em> Is dit lekker om weer in \u2018n romantiese rol teenoor hom te speel?\u201d<\/p>\n<p>Die ster weet waarop Niekie se vrae afstuur.<\/p>\n<p>\u201cEk en mnr. Wayne het \u2018n wonderlike jarelange vriendkap en ons beskou romantiese rolle as deel van net nog \u2018n opdrag.\u201d<\/p>\n<p>Niekie stel \u2018n paar vrae om vas te stel of die ster gereed is om in die ongenaakbare Angola aan die rolprent te gaan werk.<\/p>\n<p>\u201cMoet my nie onderskat nie, mej. Branders.\u201d<\/p>\n<p>Niekie voel die aktrise se pikswart o\u00eb aggressief op haar gerig. Sy moet die onderhoud na kalmer water stuur en sluit af met \u2018n paar vrae oor die rolprent. Die aktrise rep niks ongewoon. Dis duidelik dat haar persmense haar voorges\u00ea het watter kommentaar om oor Suid-Afrika te lewer.<\/p>\n<p>\u201cEk sien daarna uit om julle land te besoek. Ek hoor julle is warm, hartlike mense. Die rol is vir my \u2018n nuwe uitdaging.\u201d<\/p>\n<p>Niekie voel onbevredig oor die onderhoud. Daar was geen vleis aan nie. Dis net \u2018n gewone onderhoud met die gewone ditjies en datjies. Wat op aarde gaan sy oor die vrou skryf? Claudia verwag \u2018n aardskuddende stuk!<\/p>\n<p>Net toe Niekie gereed maak om die onderhoud te verlaat, roep Melissa haar terug. Sy stuur haar sekretaris by die deur uit, en Niekie weet hier kom nou moeilikheid.<\/p>\n<p>\u201cWaar het jy daardie rok gekry?\u201d<\/p>\n<p>Melissa se vraag kom soos \u2018n geweersarsie.<\/p>\n<p>\u201cEk het geen kommentaar te lewer nie.\u201d<\/p>\n<p>Die aktrise se o\u00eb spoeg vuur.<\/p>\n<p>\u201cAs jy gisteraand deel was van \u2018n komplot om \u2018n gek van my te maak, het jy daarin geslaag. Is dit \u2018n publisiteitsfoefie? Soek jy net iets sappig om vir jou tydskrif te skryf?\u201d<\/p>\n<p>Wat is dit met die sterre en al hul beskuldigings van komplotte en planne teen hulle?<\/p>\n<p>\u201cEk hoor jy is \u2018n vriendin van Marco Momple? Het hy jou aangehits om \u2018n soortgelyke rok as myne te dra? Daardie man sal enigiets doen vir \u2018n storie. Is julle saam in die ding?\u201d<\/p>\n<p>Niekie voel hulpeloos oor al die beskuldigings. Hierdie glansw\u00eareld is inderdaad gevaarliker as \u2018n oorlogsone!<\/p>\n<p>Sy grawe diep in haar reserwes om haarself te verdedig.<\/p>\n<p>\u201cMej. Garbers, kyk na my klere. Dit is soos ek gewoonlik aantrek. Ek is \u2018n misdaad- en oorlogkorrespondent. Dis die werk wat ek elke dag doen. Ek werk by \u2018n koerant en doen net toevallig die storie vir die vrouetydskrif. Daar is nie plek vir blink rokke in my lewe nie. Mnr Wayne het aangedring op \u2018n onderhoud met \u2018n oorlogkorrespondent van Suid-Afrika en hierdie pakket voor jou is wat julle kry. Gisteraand se rok was \u2018n geskenk. Ek is nie van plan om dit ooit weer te dra nie. Waar ek dit gekry\u00a0 het, is my saak, maar ek self het geen bybedoelinge gehad met die dra van die rok nie. Ek is net hier om my werk te doen. Ek het geen romantiese verbinding met Marco meer nie en doen geen moeite om kontak met hom te hou nie.\u201d<\/p>\n<p>Niekie voel skoon uitasem. Sy is nou sat van die situasie.<\/p>\n<p>\u201cO, het jy dan nou jou visier bietjie ho\u00ebr gestel? Dalk het jy jou oog op \u2018n posisie as \u2018n <em>Hollywood Wife<\/em>?\u201d<\/p>\n<p>Niekie kap terug.<\/p>\n<p>\u201cEk dog daar is geen romanse tussen jou en Duard nie? Nou klink dit my jy is jaloers?\u201d<\/p>\n<p>Die lang lenige vrou staan dreigend nader.<\/p>\n<p>\u201cDit is die einde van die gesprek tussen ons, Mej. Branders. As ek jou raad kan gee, bly voortaan uit my pad! En, jy mors jou tyd met Duard. Moenie s\u00ea jy is nie gewaarsku nie! \u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy geweet?<\/strong><\/p>\n<p>Ons het \u2019n GRATIS voorlesing waarna jy enige tyd kan luister van \u2019n ander vervolgverhaal uit die pen van Martie Swanepoel. \u2019n Nuwe episode van Botox, Barbies en Bietse word elke Donderdag om 09h00 vrygestel. Voorgelees deur Elize Cawood. Dis groot pret &#8211; begin sommer nou luister.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/embed.iono.fm\/chan\/4259\" width=\"100%\" height=\"450\" frameborder=\"0\"><a href=\"https:\/\/iono.fm\/c\/4259\">Content hosted by iono.fm<\/a><\/iframe><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen. Toe die kamerdiens haar koerante kom aflewer, wou sy eers nie daarna kyk nie. Sy weet sy het moles gemaak en daarom is haar foon afgeskakel.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":117307,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[1258,3378,4396,23450,37319,66093,373,998],"class_list":["post-117305","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-lees","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vlam","tag-martie-swanepoel","tag-vermaak"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&quot;Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen...&quot; Stilte voor die storm\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&quot;Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen...&quot; Stilte voor die storm\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-08-16T08:45:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28\",\"datePublished\":\"2019-08-16T08:45:05+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/\"},\"wordCount\":1444,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg\",\"keywords\":[\"lees\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"vlam\",\"Martie Swanepoel\",\"Vermaak\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/\",\"name\":\"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg\",\"datePublished\":\"2019-08-16T08:45:05+00:00\",\"description\":\"\\\"Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen...\\\" Stilte voor die storm\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg\",\"width\":1280,\"height\":853,\"caption\":\"Stilte voor die storm\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28 | rooi rose","description":"\"Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen...\" Stilte voor die storm","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28 | rooi rose","og_description":"\"Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen...\" Stilte voor die storm","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-08-16T08:45:05+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28","datePublished":"2019-08-16T08:45:05+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/"},"wordCount":1444,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg","keywords":["lees","fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction","vlam","Martie Swanepoel","Vermaak"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/","name":"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg","datePublished":"2019-08-16T08:45:05+00:00","description":"\"Niekie wil eerder op die eerste vlug na Suid-Afrika terugvlug as om die onderhoud met Melissa Garbers te gaan doen...\" Stilte voor die storm","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/autumn-breakfast-beverage-bread-1928151.jpg","width":1280,"height":853,"caption":"Stilte voor die storm"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stilte-voor-die-storm-vlam-hoofstuk-28\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Stilte voor die storm: Vlam, Hoofstuk 28"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117305","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=117305"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117305\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/117307"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=117305"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=117305"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=117305"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}