{"id":117278,"date":"2019-08-09T11:00:37","date_gmt":"2019-08-09T09:00:37","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=117278"},"modified":"2019-08-08T12:23:46","modified_gmt":"2019-08-08T10:23:46","slug":"groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/","title":{"rendered":"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam, hoofstuk 27: Groen jaloesie deur Martie Swanepoel<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">klik hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Groen jaloesie<\/h4>\n<p>Niekie weet hoe dit voel om in oorloggeteisterde gebiede rond te hardloop en koe\u00ebls en klippe te ontwyk. Sy kan harde nuus en misdaad doen, en op deadlines skryf dat die stoom staan. Maar om op en af langs die rooi tapyt met ho\u00eb hakke rond te draf, is uitputtender as wat sy verwag het!<\/p>\n<p>Genadiglik herken sy die sterre die een na die ander en kry sy kommentaar by die belangrikstes.<\/p>\n<p>Een ding wat sy nie verwag het by so \u2018n uitgelese persgehoor nie, is die gestampery. Sy is gewoond daaraan om by groot nuusgebeure deur ander koerantjoernaliste en fotograwe uit die pad geloop te word, maar di\u00e9 soort hardhandigheid het sy nie in die glansw\u00eareld verwag nie.<\/p>\n<p>Veral die mode-verslaggewer van die New York Tribune is enetjie wat voor in die koor is met die stampery.<\/p>\n<p>Die res van die modepolisie langs die tapyt van roem het natuurlik ook gou uitgesnuffel dat Niekie \u2018n groentjie is en daar is geen simpatie of hulp van hulle kant te bespeur nie.<\/p>\n<p>\u201cWaar is die badkamer?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVind vir jouself uit \u2026\u201d<\/p>\n<p>\u201cWaar is die perskamer?\u201d<\/p>\n<p>Ignoreer \u2026<\/p>\n<p>Gawe klompie, hoor.<\/p>\n<p>Vir Niekie lyk hulle almal soos klone. Claudia was reg, almal in subtiele swart of grys of kleure wat nie die aandag van die sterre aftrek nie.<\/p>\n<p>En hier is sy in haar smaraggroen skepping!<\/p>\n<p>Ja, en Marco was ook reg, dit laat die koppe draai. Veral omdat die sagte materiaal speels wegval oor haar boopse en haar sagte wit d\u00e9collet\u00e9 verleidelik vertoon. Die rug is so laag, besef sy nou, dat sy kort-kort moet voel of haar <em>panty<\/em>\u00a0nie agter uitsteek nie.<\/p>\n<p>Met die aantrekslag het sy vir \u2018n oomblik gewens sy was \u2018n G-string tipe meisie, Dit sou minder lyne op sysagte materiaal gewys het. Vir nog \u2018n moedelose oomblik wou sy selfs sonder \u2018n<em> panty<\/em> na die funksie gaan!<\/p>\n<p>Maar haar konserwatiewe inbors het haar gekeer.<\/p>\n<p>Daarvan word sy weer bewus toe \u2018n smalende verslaggewer van die Los Angeles Times in haar oor kom fluister. \u201cDis beter om jou <em>panty<\/em> te gaan uittrek want dit maak onvleiende voue op jou boude. Ek probeer jou net help. Gaan kyk in die badkamer. Jy sal sien wat ek bedoel.\u201d<\/p>\n<p>Niekie het haar onthuts na die naaste badkamer gehaas, en inderdaad, van agter kon mens duidelik \u2018n stuk van haar kuise Woolies <em>panty<\/em> bokant haar boude sien uitsteek! Die lyne van die broekie het gewys sy hou van \u2018n voller broekie. Dit het nie in die hotel se spie\u00ebl so erg gelyk nie, maar die ongenaakbare kollig wys elke lyn!<\/p>\n<p>Wat nou gemaak? Claudia?<\/p>\n<p>Sy bel, want Claudia is mos op <em>standby<\/em>. Maar sy hou nie van Claudia se raad nie. \u201cWatse rok het jy aan? Die swart rok behoort nie die lyne so direk af te ets nie.\u201d<\/p>\n<p>Niekie het geweet dit is tyd om haar dwaling te bely. Sy vertel als van Duard, die re\u00ebn \u2026 en die res.<\/p>\n<p>\u201cEk het die groen rok aan wat hy vir my gestuur het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis \u2018n lekker <em>angle<\/em> Niekie! Jy sal \u2018n goeie storie kan skryf oor jou ervaring met die ster!\u201d<\/p>\n<p>Niekie weet sy gaan ni\u00e9 oor die avontuur met die glansprins skryf nie, ook ni\u00e9 oor hoekom sy die groen rok aangetrek het nie. Maar sy swyg eers tydens die gesprek met Claudia. Sy is nou in die nood.<\/p>\n<p>\u201cTrek jou broekie uit! Dis al genade!\u201d<\/p>\n<p>Claudia is effe ge\u00efrriteerd.<\/p>\n<p>\u201cWat maak ek met my <em>panty<\/em>? My handsak is te klein!\u201d<\/p>\n<p>Claudia se sug trek van die Kaap tot in Cannes.<\/p>\n<p>\u201cNicola, smyt die ding in die badkamer se asblik! Ek is seker dis nie die enigste broekie wat vanaand in daardie asblikke gaan beland nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cClaudia!\u201d<\/p>\n<p>Maar Claudia jaag haar aan om te gaan werk.<\/p>\n<p>Met \u2018n wrewel in haar hart gooi Niekie een van haar gunsteling<em>panties<\/em> weg.<\/p>\n<p>\u201cAaa, dis beter,\u201d kom dit van die katvriendelike joernalis in haar subtiele swart aandrok.<\/p>\n<p>\u201cE \u2026, onthou om vir die volgende premiere meer gepas aan te trek. Ons persmense trek nie graag aandag nie. Het jy nie hulp gehad voor jy gekom het nie? Waar kom jy nou weer vandaan?\u201d<\/p>\n<p>Niekie is nie lus vir die vrou se snedige gesprekkie nie, en slaan dadelik oor na Afrikaans.<\/p>\n<p>\u201cJong, ek verstaan eintlik nie \u2018n woord wat jy s\u00ea nie,\u201d glimlag sy liefies vir die kamma Samaritaan.<\/p>\n<p>Die vrou kyk haar aan asof sy Latyns praat.<\/p>\n<p>\u201cWatter taal praat jy?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAfrikaans, Suid-Afrika! <em>Excuse me,<\/em>\u201d en toe stap sy liefs weg want die rooi vlamme van woede trek weer op teen haar nek.<\/p>\n<p>Op \u2018n rits twiet sy oor die skeppings van die sterre. Sy dink sy kwyt haar nogal goed van haar taak. Maar in haar agterkop wonder sy wanneer Duard Wayne en sy metgesel hulle opewagting gaan maak?<\/p>\n<p>Sy verdra die stampe en stote van die ander joernaliste, maar die <em>girl<\/em>tjie van die New York Tribune raak al meer moedswillig. Niekie kners op haar tande.<\/p>\n<p>Nog \u2018n ster, nog \u2018n stamp, nog \u2018n ster, nog \u2018n stamp.<\/p>\n<p>Niekie het genoeg gehad. Die vrou is openlik aggressief!<\/p>\n<p>Aan die gedruis van stemme en toenemende gekliek van kameras kan sy hoor \u2018n groot ster het by die <em>prime spot<\/em> van die rooi tapyt opgedaag. Sy het gou geleer dat net sekere lede van die pers binne die eerste tien meter van die kantlyn mag <em>operate<\/em>. Hoe verder agtertoe op die tapyt, hoe meer junior is jy in hul perskringe.<\/p>\n<p>Niekie het haar nie laat afskrik nie en tussen die New York en Los Angeles joernaliste ingewriemel.<\/p>\n<p>En, dis hoekom die Tribune-meisie haar so rondstamp, sy weet dit.<\/p>\n<p>\u201cMeneer Wayne! Meneer Wayne! Die kant asseblief! Mejuffrou Garbers! Die kant asseblief!\u201d<\/p>\n<p>Van oral weerskante van die tapyt probeer joernaliste die glanspaar se aandag trek.<\/p>\n<p>\u201cGaan julle \u2018n aankondiging maak oor julle verhouding?\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs dit nou amptelik?\u201d<\/p>\n<p>Die vrae oor die geheimsinnigheid van die twee se verhouding vlieg heen en weer.<\/p>\n<p>Niekie is ver agter en kan nie die sterre behoorlik sien nie. Sy beur vorentoe.<\/p>\n<p>Sy vra ook vir kommentaar: \u201cMeneer Wayne, die kant asseblief \u2026 Sy kry dit reg om tot heel voor te druk. \u201cMeneer Wayne?\u201d Hulle maak oogkontak. Hy knipoog vir haar!<\/p>\n<p>En dit is net toe die vrou van die Tribune haar van agter pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek. Midde in die lug voel sy al die o\u00eb op haar. Sy hoor vroue lag. Dan kom sy met \u2018n harde plof voor Duard Wayne se voete te lande!<\/p>\n<p>Sy wil eers haar o\u00eb toemaak en maak of sy bewusteloos is. Die verleentheid is te groot. Die kameras kleik. Claudia gaan \u2018n oorval kry! Dis al waaraan Niekie kan dink.<\/p>\n<p>Sy besef sy sal die werklikheid in die o\u00eb met kyk. Sy kan nie vir ewig op die rooi tapyt uitgestrek l\u00ea in \u2018n sysagte groen rok sonder \u2018n <em>panty<\/em> nie.<\/p>\n<p>Sy maak haar o\u00eb oop. Duard reik galant \u2018n hand na haar. Sy neem dit dankbaar. Die kameras kliek nou verwoed.<\/p>\n<p>Dan sien sy uiteindelik vir Melissa Garbers!<\/p>\n<p>En sy is lus en hardloop weg &#8230;<\/p>\n<p>Melissa het presies dieselfde kleur smaraggroen rok aan!<\/p>\n<p>\u2018n Ander snit, maar beslis dieselfde uitsonderlike kleur &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Het jy geweet?<\/p>\n<p>Ons het \u2019n GRATIS voorlesing waarna jy enige tyd kan luister van \u2019n ander vervolgverhaal uit die pen van Martie Swanepoel. \u2019n Nuwe episode van Botox, Barbies en Bietse word elke Donderdag om 09h00 vrygestel. Voorgelees deur Elize Cawood. Dis groot pret &#8211; begin sommer nou luister.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/embed.iono.fm\/chan\/4259\" width=\"100%\" height=\"450\" frameborder=\"0\"><a href=\"https:\/\/iono.fm\/c\/4259\">Content hosted by iono.fm<\/a><\/iframe><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;En dit is net toe die vrou van die Tribune haar van agter pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek. Midde in die lug voel sy al die o\u00eb op haar. Sy hoor vroue lag. Dan kom sy met \u2018n harde plof voor Duard Wayne se voete te lande!&#8221;<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":117303,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[373,998,1258,3378,4396,23450,37319,66093],"class_list":["post-117278","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-martie-swanepoel","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vlam"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&quot;En dit is net toe die vrou van die Tribune haar pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek...&quot; Groen jaloesie\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&quot;En dit is net toe die vrou van die Tribune haar pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek...&quot; Groen jaloesie\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-08-09T09:00:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"960\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27\",\"datePublished\":\"2019-08-09T09:00:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/\"},\"wordCount\":1287,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg\",\"keywords\":[\"Martie Swanepoel\",\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"vlam\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/\",\"name\":\"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg\",\"datePublished\":\"2019-08-09T09:00:37+00:00\",\"description\":\"\\\"En dit is net toe die vrou van die Tribune haar pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek...\\\" Groen jaloesie\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg\",\"width\":640,\"height\":960,\"caption\":\"Groen jaloesie\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27 | rooi rose","description":"\"En dit is net toe die vrou van die Tribune haar pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek...\" Groen jaloesie","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27 | rooi rose","og_description":"\"En dit is net toe die vrou van die Tribune haar pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek...\" Groen jaloesie","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-08-09T09:00:37+00:00","og_image":[{"width":640,"height":960,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27","datePublished":"2019-08-09T09:00:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/"},"wordCount":1287,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg","keywords":["Martie Swanepoel","Vermaak","lees","fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction","vlam"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/","name":"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg","datePublished":"2019-08-09T09:00:37+00:00","description":"\"En dit is net toe die vrou van die Tribune haar pootjie. Niekie voel hoe sy en haar groen rok soos \u2018n torpedo oor die rooi tapyt trek...\" Groen jaloesie","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/bloom-blooming-blossom-554866.jpg","width":640,"height":960,"caption":"Groen jaloesie"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groen-jaloesie-vlam-hoofstuk-27\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Groen jaloesie: Vlam, hoofstuk 27"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117278","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=117278"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117278\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/117303"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=117278"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=117278"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=117278"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}