{"id":117256,"date":"2019-08-28T14:34:30","date_gmt":"2019-08-28T12:34:30","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=117256"},"modified":"2019-09-03T11:11:58","modified_gmt":"2019-09-03T09:11:58","slug":"inkontinensie-urien-blaas-raad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/","title":{"rendered":"Inkontinensie &#8211; weg met verleentheid!"},"content":{"rendered":"<p>deur Salom\u00e9 Delport<\/p>\n<p>Urien wat lek raak \u2019n al meer algemene probleem, en selfs vroue van net dertig sukkel met ligte inkontinensie.<\/p>\n<p>Waarom? En watter nuwe oplossings is daar vir hierdie blaasprobleem? vra ons dr. Natalia Novikova, estetiese ginekoloog by Kaapstad Mediclinic.<\/p>\n<p>&#8220;Ongetwyfeld laserbehandeling en elektriese stimulasie of elektroterapie, met \u2019n toestel soos die <a href=\"https:\/\/www.drnovikova.co.za\/btl-emsella-chair\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Emsella-stoe<\/a>l. Jy is welkom om dit te kom toets.&#8221;<\/p>\n<p>Ek laat my nooit \u2019n tweede keer vir enige iets nooi nie, en maak \u2019n afspraak. Dit klink nie ingrypend nie, en mens weet nooit of jy dit vorentoe nodig kan kry nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-118048 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/3.jpg\" alt=\"\" width=\"633\" height=\"356\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ek het die Emsella-stoel vir die aardigheid gaan toets<\/h4>\n<p>Toe ek instap is ek bietjie spyt dat ek myself so maklik in iets so persoonlik kon laat inpraat. Hoe sal dit voel? Dalk seerder as wat hulle s\u00ea? En sal die Emsella-stoel \u2019n situasie van diepe verleentheid afgee?<\/p>\n<p>Gelukkig nie. Dit is \u2019n stap-in-stap-uit soort terapie. Jy hoef nie te verklee nie en geen spesiale elektrodes word op jou geplak nie. Jy gaan sit bloot op die Emsella-stoel \u2013 dit is al.<\/p>\n<p>Dit is gemaklik genoeg dat jy heerlik kan sit en lees terwyl jy \u201coefen\u201d. Maar moenie dink niks gebeur nie. Ek was daarna behoorlik tam, asof ek deeglik oefening gekry het. Dr. Novikova vertel dat party mense die volgende dag van pynlike spiere kla weens opgeboude melksuur, net soos jy kla van stywe, seer spiere as jy lank laas geoefen het.<\/p>\n<p>Die Emsella-stoel lyk soos \u2019n ronde staalstoel met \u2019n segment reg in die middel wat met behulp van \u2019n elektriese stroom die ekwivalent van ligte skokkies direk op die vaginale opening lewer.\u00a0Dit veroorsaak dat die spiere van die bekken saamtrek \u2013 net soos wat jy met kegeloefeninge sou doen. Al verskil is dat \u2019n behandeling van dertig minute jou 11 000 spiersametrekkings gee. Dit is onmoontlik om op jou eie soveel kegels in selfs \u2019n hele dag uit te voer. Die masjien word geprogrammeer om al intenser prikke te lewer, tot by \u2019n bepaalde maksimum. Hoewel jy veral by die ho\u00ebr frekwensies deeglik bewus van die prikke raak, is dit glad nie pynlik nie. Dit is veel erger om tandarts toe te gaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Help die Emsella-stoel regtig vir inkontinensie?<\/h4>\n<p>Ek kan ongelukkig nie s\u00ea nie aangesien ek net een keer gegaan het. Mense wat werklik vir inkontinensieterapie met elektrostimulasie met toestelle soos die Emsella-stoel gaan, doen ses sessies, twee keer per week versprei oor drie weke.<\/p>\n<p>Maar dr. Novikova self s\u00ea dat elektriese stimulasie vir ligte en matige inkontinensie bedoel is, eerder as vir vroue met gevstigde, ernstige inkontinensie.<\/p>\n<p>Wat wys die navorsing? \u2019n<a href=\"https:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pmc\/articles\/PMC6463833\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Cochrane-oorsigartikel<\/a> wys wel dat tot drie keer meer mense n\u00e1 elektrostimulering van hul inkontinensie genees is. Maar die aantal behandelings is belangrik: in een van die ondersoeke het mense eers n\u00e1 twaalf maande van behandeling verbeter. Van die ondersoeke wys dat kegeloefeninge &#8211; mits jy dit korrek en daagliks doen &#8211; net so doeltreffend as die elektriese stimulasie is.<\/p>\n<p>Elektriese stimulering vir inkontinensie is in hierdie stadium taamlik duur maar darem goedkoper as \u2019n operasie. Chirurgie behoort in elk geval die laaste opsie te wees, as al die ander soorte terapie nie die probleem opgelos het nie.<\/p>\n<p>Maar dit is goed om te weet dat kegeloefeninge werklik doeltreffend kan wees, mits jy dit reg doen en onthou om dit gereeld te doen. En dit is gratis en verniet.<\/p>\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-kegeloefeninge-reg-te-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Hoe om jou kegeloefeninge reg te doen<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-118046 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/1-1.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maar waarom het ons\u00a0 deesdae \u2019n probleem met inkontinensie?<\/h4>\n<p>Die basiese oorsaak is dat ons spiere minder ferm is, verduidelik\u00a0 dr. Novikova.<\/p>\n<p>&#8220;Die blaas hang soos \u2019n ballon in die pelvisvloer. Dit word in posisie gehou net deur \u2019n stel spiere \u2013 die spiere wat jy saamtrek wanneer jy jou kegeloefeninge doen. Daar is geen been daaronder waarop die blaas kan rus nie. As daardie spiere hul tonus verloor, sak die blaas effens (of baie) uit. Dit is dan dat \u2019n bietjie urien uitlek, veral as jy effens druk op jou bekken plaas, soos as jy lag of nies.&#8221;<\/p>\n<p>Ons hoofsaaklik sittende, onaktiewe leefstyl doen min vir ons spiere oraloor. Daarom is ons spiertonus doer onder waarskynlik net so pap of ferm as ons arm- en maagspiere.<\/p>\n<p>En \u00e1s ons oefen, doen ons dit dikwels verkeerd. Ho\u00eb-impak- a\u00ebrobiese oefening is vir seker goed vir jou hart maar die rondspring sit ook baie ekstra druk op die spiere van die pelvisvloer. As jy effens oorgewig is en die spiertonus hier is swak, kan impakoefening die pelvisspiere laat verslap, met inkontinensie tot gevolg juis omdat jy oefen.<\/p>\n<p>Die vier hoofredes vir inkontinensie hou direk verband met alles wat die spiere van die bekkenvloer be\u00efnvloed, s\u00ea sy:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Jou ouderdom:<\/strong>\u00a0Hoe ouer jy is hoe groter is die kans dat jou pelvisspiere verslap het, net soos die spiere van jou gesig verslap en tot plooie lei.<\/li>\n<li><strong>Die aantal swangerskappe waardeur jy is: <\/strong>\u00a0Elke swangerskap sit ongelooflike druk op die beenlose pelvisvloer. Baie mense dink \u2019n normale bevalling veroorsaak inkontinensie, en dat \u2019n keisersnit \u00a0jou teen inkontinensie later in jou lewe gaan beskerm. Dit is onwaar, verduidelik dr. Novikova. Kontinensie word direk aan die aantal volterm swangerskappe gekoppel, ongeag of jy normaal gekraam het, \u2019n keisersnit of \u2019n induksie gehad het. Die gewig van elke baba vir nege maande lank op die pelvisvloer veroorsaak geweldige druk op die pelvisvloer. Daarby skei jou liggaam veral in die laaste weke voor geboorte twee hormone, progesteroon en relaksien, af wat jou spiere effens laat verslap sodat die geboorte makliker kan plaasvind. Elke swangerskap dra dus ook by om jou pelvisspiere effens te laat verslap.<\/li>\n<li><strong>Gewig rondom jou middel:<\/strong> Hoe swaarder jou romp hoe meer druk op die pelvisvloer.<\/li>\n<li><strong>Doen jy impaksport, of is jy \u2019n superatleet?<\/strong> Tussen 30% en 40% van superatlete en professionele dansers ervaar inkontinensie van hul middeljare af. Hul kans hierop is drie keer ho\u00ebr as by gewone vroue.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/blaasinfeksie-vermy-hierdie-8-irritasies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">8 irritasies om te vermy vir blaasinfeksie<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-118049 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/pregnant-woman-1910302_1920.jpg\" alt=\"\" width=\"672\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Raad vir inkontinensie<\/h4>\n<p>Al bly die gebruiklike raad om inkontinensie te help voorkom dieselfde as altyd, is hierdie dinge steeds die doeltreffendste raad teen inkontinensie:<\/p>\n<ul>\n<li>Doen jou <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-kegeloefeninge-reg-te-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"><strong>kegeloefeninge<\/strong><\/a> elke dag. (<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-kegeloefeninge-reg-te-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Loer hier om te sien hoe om dit reg te doen<\/a>)<\/li>\n<li>Hou jou<strong> gewig<\/strong> dop.<\/li>\n<li>Piepie op die<strong> regte manier<\/strong> sodat jy jou blaas volkome ledig.<\/li>\n<li><strong>Bly fiks.<\/strong> Lae-impakoefening soos stap, fietsry, swem, joga en pilates is goed vir jou spiertonus oraloor. Oppas vir ooroefening en veral as dit \u2019n ho\u00eb-impaksportsoort is, soos a\u00ebrobiese gim, hardloop en netbal, en selfs touspring.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swaar-menstruasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet oor swaar menstruasie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat van \u2019n blaasoperasie, soos die \u201csling\u201d-tegniek?<\/h4>\n<p>Dr. Novikova beveel aan dat jy dit as laaste uitweg oorweeg. Probeer eers alles voor jy vir chirurgie gaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>En is daar\u00a0 medikasie vir inkontinensie?<\/h4>\n<p>Sy s\u00ea daar is nie regtig medikasie wat vir inkontinensie as sodanig help nie. Tog kan estrogeen help om die weefsel soepel te hou, terwyl dokters soms sekere medikasies voorskryf om sekere vorms van inkontinensie te probeer beheer. Sekere medikasies veroorsaak dat jou liggaam meer urien vorm. As jy sukkel met inkontinensie laat jou dokter en\/of apteker veral jou chroniese medikasie evalueer.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-tekens\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">6 tekens van swangerskap<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moenie skaam kry oor daardie bietjie urien wat lek nie. Elektrostimulasie is \u2019n nuwe raad vir inkontinensie, en kan binne drie weke &#8216;n blaas wat lek doeltreffend behandel. Doeke is darem nie jou voorland nie!<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":118047,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[2792,23664,23684,136,193],"class_list":["post-117256","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-health","tag-fitness","tag-gesondheid","tag-fiksheid"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Inkontinensie - weg met verleentheid! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Moenie skaam kry oor daardie bietjie urien wat lek nie. Ons het raad vir inkontinensie gevind wat dalk baie goed kan werk!\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Inkontinensie - weg met verleentheid! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Moenie skaam kry oor daardie bietjie urien wat lek nie. Ons het raad vir inkontinensie gevind wat dalk baie goed kan werk!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-08-28T12:34:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-09-03T09:11:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/2-e1566914488773.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"614\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Inkontinensie &#8211; weg met verleentheid!\",\"datePublished\":\"2019-08-28T12:34:30+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-03T09:11:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/\"},\"wordCount\":1198,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/2-e1566914488773.png\",\"keywords\":[\"leef gesond\",\"health\",\"fitness\",\"Gesondheid\",\"fiksheid\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/\",\"name\":\"Inkontinensie - weg met verleentheid! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/2-e1566914488773.png\",\"datePublished\":\"2019-08-28T12:34:30+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-03T09:11:58+00:00\",\"description\":\"Moenie skaam kry oor daardie bietjie urien wat lek nie. Ons het raad vir inkontinensie gevind wat dalk baie goed kan werk!\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/2-e1566914488773.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/08\\\/2-e1566914488773.png\",\"width\":614,\"height\":640},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/inkontinensie-urien-blaas-raad\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Inkontinensie &#8211; weg met verleentheid!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Inkontinensie - weg met verleentheid! | rooi rose","description":"Moenie skaam kry oor daardie bietjie urien wat lek nie. Ons het raad vir inkontinensie gevind wat dalk baie goed kan werk!","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Inkontinensie - weg met verleentheid! | rooi rose","og_description":"Moenie skaam kry oor daardie bietjie urien wat lek nie. Ons het raad vir inkontinensie gevind wat dalk baie goed kan werk!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-08-28T12:34:30+00:00","article_modified_time":"2019-09-03T09:11:58+00:00","og_image":[{"width":614,"height":640,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/2-e1566914488773.png","type":"image\/png"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Inkontinensie &#8211; weg met verleentheid!","datePublished":"2019-08-28T12:34:30+00:00","dateModified":"2019-09-03T09:11:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/"},"wordCount":1198,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/2-e1566914488773.png","keywords":["leef gesond","health","fitness","Gesondheid","fiksheid"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/","name":"Inkontinensie - weg met verleentheid! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/2-e1566914488773.png","datePublished":"2019-08-28T12:34:30+00:00","dateModified":"2019-09-03T09:11:58+00:00","description":"Moenie skaam kry oor daardie bietjie urien wat lek nie. Ons het raad vir inkontinensie gevind wat dalk baie goed kan werk!","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/2-e1566914488773.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/2-e1566914488773.png","width":614,"height":640},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/inkontinensie-urien-blaas-raad\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Inkontinensie &#8211; weg met verleentheid!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117256","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=117256"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117256\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/118047"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=117256"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=117256"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=117256"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}