{"id":117117,"date":"2025-07-14T10:25:57","date_gmt":"2025-07-14T08:25:57","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=117117"},"modified":"2025-07-16T10:27:14","modified_gmt":"2025-07-16T08:27:14","slug":"konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/","title":{"rendered":"Konflik in die werkplek? Hier is raad"},"content":{"rendered":"<p><em>Konflik in die werkplek &#8211; hier is raad deur Anne Marais<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oorlog by die werk<\/h4>\n<p>Opplankantore kan vir baie \u2019n turksvy met ekstra dorings wees.<\/p>\n<p>Sylvia de Kock, \u2019n tegniese assistent in welvaartskepping, het \u2019n storie waarmee die meeste van ons ons kan vereenselwig.<\/p>\n<p>\u201cEk werk al twintig jaar in die korporatiewe omgewing. Dit is uiters moeilik om op jou werk te konsentreer as daar gedurig \u2019n gedruis om jou is. My werk vereis intense konsentrasie en ek maak moeilik vrede met \u2019n aanhoudende luiddrugtigheid om my. Dis nie \u2019n maklike saak om op te los nie \u2013 jy moet diplomaties optree en nie jou kollegas in die gesig vat nie. My grootste irritasie is \u2019n oopplankantoor met te veel mense. Niemand kan na behore konsentreer nie.\u201d<\/p>\n<p>Wrywing in al sy vorms is \u2019n algemene verskynsel in die werkplek. \u2019n Voorligtingsielkundige Tini Visser, s\u00ea \u2019n ongesonde werksomgewing is dikwels die oorsaak. \u201cMense voel soms dat hulle nie raakgesien word nie, of dat hul werk nie genoegsaam beloon word nie. Die salarisse is dalk nie in pas met hul werkslading nie, of hulle is vir bevordering oor die hoof gesien.<\/p>\n<p>\u201cDit kan daartoe lei dat hulle baie van hul frustrasie op hul kollegas projekteer en in die proses selfs groot botsings kan h\u00ea oor nietighede wat in \u2019n gesonde werksomgewing maklik opgelos sou kon word.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kweek-so-respek-raad-hoe-om\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kweek s\u00f3 respek<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-117125 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/chairs-contemporary-daylight-1170412.jpg\" alt=\"Konflik in die werkplek\" width=\"640\" height=\"425\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dit kan ook wees dat mense emosionele bagasie met hulle saamdra, of weens \u2019n gebrek aan selfinsig \u2019n sekere houding teenoor hul kollegas aanneem &#8211; hulle kan onbewustelik op die verdediging wees, of selfs aggressief optree.<\/p>\n<p>\u201cJaloesie en onderlinge wedywering kan ook spanning veroorsaak. Mense met persoonlikheidsteurnisse veroorsaak ook baie probleme. Hulle het dikwels min insig in die re\u00ebls wat met sosiale interaksie gepaardgaan en kan as onbeskof of opdringerig beleef word. Hulle het dikwels ook nie die vaardighede of takt om probleme op \u2019n gesonde manier aan te roer, of op \u2019n gesonde manier te verwoord nie en kort voor lank sit jy met \u2019n konfliksituasie.\u201d<\/p>\n<p>Wrywing in die werkplek is nie noodwendig \u2019n slegte ding nie, s\u00ea bedryfsielkundige Jannet Davel, maar dit kan toksies raak wanneer dit onder die mat ingevee word.<\/p>\n<p>\u201cMense het verskillende verwagtings van hul werk en beklee boonop verskillende vlakke van senioriteit in die organisasie.Wrywing is onafwendbaar maar dit kan ten goede gebruik word en selfs daartoe lei dat die nodige veranderinge gedoen word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lewe-jy-saam-met-n-beheervraat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lewe jy saam met \u2019n beheervraat?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Wrywing in die werkplek is nie noodwendig \u2019n slegte ding nie maar dit kan toksies raak wanneer dit onder die mat ingevee word<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cWrywing kan uit verskeie oorde kom en uitkring tot op \u2019n span- en organisatoriese vlak. Ongesonde mededinging, professionele jaloesie, uiteenlopende doelwitte, \u2019n tekort aan hulpbronne, ondoeltreffende kommunikasie, verskillende werkswyses en selfs die ervaring van ongelykheid in die organisatoriese struktuur, is maar net \u2019n paar oorsake.<\/p>\n<p>Tini s\u00ea die grootste probleem is dat dit gevaarlik kan word wanneer dit mense se funksionering by die werk en die produktiwiteit van die maatskappy be\u00efnvloed: \u201cChroniese wrywing by die werk kan die werkomgewing toksies maak. Dit kan as fisieke simptome soos chroniese hoofpyn en moegheid onder die werknemers na vore kom en tot ho\u00eb vlakke van afwesigheid en \u2019n ho\u00eb personeelomset lei.\u201d<\/p>\n<p>Jannet meen wrywing in die werkplek is onvermydelik, maar daar is \u2019n paar gevaartekens: \u201cFaktore soos vae doelwitte, ongesonde vlakke van mededinging en ondoeltreffende en gebrekkige kommunikasie is problematies.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-werk-10-dinge-wat-alle-goeie-bestuurders-moet-weet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">10 dinge wat elke goeie bestuurder weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_117123\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-117123\" class=\"wp-image-117123 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/brainstorming-caucasian-colleagues-1268471.jpg\" alt=\"Konflik in die werkplek\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-117123\" class=\"wp-caption-text\">Konflik in die werkplek<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hoe moet dit hanteer word? Tini s\u00ea indien bepaalde werknemers konstant wrywing veroorsaak, kan die maatskappy dit oorweeg om so iemand vir terapie te stuur sodat hy selfinsig kry en konflikhanteringsvaardighede kan ontwikkel.<\/p>\n<p>\u201cDit sluit beter probleemoplossingsvaardighede, opbouende hantering van kritiek en beter sosiale vaardighede in. Mediasie is ook \u2019n opsie, mits albei partye bereid is om saam te werk en ook kompromie\u00eb aan te gaan. \u2019n Mediator moet onpartydig wees en na albei partye luister.\u201d<\/p>\n<p>Jannet s\u00ea die beginpunt om konflik te hanteer is om bewus te word van wat die probleem regtig is.<\/p>\n<p>\u201cDit help nie bestuurders hanteer die simptome maar die wortel van die kwaad bly agter nie. Goeie kommunikasie is die beginpunt\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dis belangrik om \u2019n kultuur van deursigtigheid te skep waar die bestuur eerlik met die werknemers is. Sy s\u00ea dit wek vertroue wat openlike en eerlike kommunikasie bevorder.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hou-bekommernis-oor-jou-werk-jou-wakker\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hou bekommernis oor werk jou wakker?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-117122 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/blond-hair-chairs-coffee-2041627.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is jou regte in die werkplek?<\/h4>\n<p>Bedryfsielkundige Jannet Davel s\u00ea indien \u2019n werknemer geboelie word, het die meeste groot organisasies \u2019n interne klagteprosedure wat gevolg behoort te word. Dit los nie altyd die probleem op nie en dit kan gebeur dat \u2019n werknemer hom na die Kommissie vir Versoening, Mediasie en Arbitrasie (CCMA) moet wend.<\/p>\n<p>Wat seksuele teistering betref, gee baie organisasies meer aandag hieraan en sommige het al gedragskodes ontwikkel wat spesifiek oor seksuele teistering handel. Werkgewers behoort die sake baie ernstig op te neem, want die werk-gewer kan vanuit die deliktereg aanspreeklik gehou word.<\/p>\n<p>Volgens die CCMA beskerm arbeidswetgewing ook werknemers se regte in gevalle van diskriminasie op grond van ras, geslag, etnisiteit, kleur, seksuele ori\u00ebntasie en dies meer.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/introvert-hiers-netwerkraad\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Introvert &#8211; hier is netwerkraad<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_117124\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-117124\" class=\"size-full wp-image-117124\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/08\/brainstorming-collaborate-collaboration-1204649.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"437\" \/><p id=\"caption-attachment-117124\" class=\"wp-caption-text\">Konflik in die werkplek<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moeilike mense in die werkplek<\/h4>\n<p><strong>Tini:<\/strong> Die beste raad is om bewus te wees van die werknemer se \u201cbagasie\u201d. Indien hy\/sy baie negatief reageer, kan jy terugstaan en besluit \u2013 is dit my bagasie of is dit sy bagasie? Indien jy moeilike kollegas het, leer ken hul \u201csnellers\u201d en probeer dit vermy.<\/p>\n<p>Verder is dit baie belangrik dat jy goed na jouself omsien, want konstante spanning by die werk kan tot uitbranding lei. Slaap genoeg en eet gesond.<\/p>\n<p>Kry \u2019n veilige plek om van spanning ontslae te raak. Gaan spreek \u2019n sielkundige as jy bekommerd is dat jy dalk tot die wrywing bydra en leer vaardighede aan om kritiek te hanteer of kompromie\u00eb aan te gaan wanneer jy nie altyd saamstem nie. Indien jy deur \u2019n krisis gaan, en die werkplek is ontvanklik daarvoor, kan jy kollegas laat weet dat jy deur \u2019n moeilike tyd gaan. Dit kan hulle insig gee as jou frustrasietoleransie dalk laag is en dan kan hulle dit in ag neem voor die situasie konflik ontlok.<\/p>\n<p>Indien \u2019n situasie ondraaglik raak, kan jy by die bestuur om \u2019n mediasieproses aansoek doen. Uiteindelik moet jy jou afvra of jou moeilike werksomstandighede op lang termyn volhoubaar is.<\/p>\n<p>Indien jy alle intervensies in plek gestel het en dit nie \u2019n verskil maak nie, is om \u2019n ander werk te soek al oplossing.<\/p>\n<p><strong>Jannet:<\/strong> Wees bewus van persoonlikheidsverskille, verskille in werkswyses en verskille in doelwitte. Besef dit en gebruik dit tot jou voordeel. Uiteindelik l\u00ea die antwoord binne jouself en jou eie emosionele intelligensie en volwassenheid.<\/p>\n<p>Behou objektiwiteit en vermy dit om emosioneel te reageer.<\/p>\n<p>Leer om te luister en vrae te vra met die doel om te verstaan en nie te oorreageer nie.<\/p>\n<p>Onthou ook dat konfrontasie soms onvermydelik is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/7-maniere-om-werklik-te-ontspan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">7 maniere om werklik te ontspan<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-155922 size-medium aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/resume-genius-jKvmjImY9bE-unsplash-1-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Botsende persoonlikhede<\/h4>\n<p><strong>Tini:<\/strong> Persoonlikhede verskil baie. Sommige mense is introverte en ander is ekstroverte. Ekstroverte hou van praat en sosialiseer. Hulle kry energie deur tyd saam met mense deur te bring. Introverte aan die ander kant is geneig om eers projekte af te handel en dan die resultate te deel. Hulle kry ook eerder energie deur alleen te wees.<\/p>\n<p>In \u2019n oopplankantoor, wat deesdae meestal die norm is, kan dit vir introverte moeilik wees om op hul werk te konsentreer. Hul energie word ook getap omdat hulle heeltyd saam met ander mense moet wees.<\/p>\n<p>Dit is slegs een voorbeeld van verskillende persoonlikhede en die wrywing wat dit kan veroorsaak.<\/p>\n<p>Die bestuur van \u2019n organisasie kan proaktief wees en as deel van personeelontwikkeling \u2019n basiese persoonlikheidstoets met al hul werknemers doen. Dit gee vir die mense beter insig in die redes waarom sekere situasies hulle irriteer of spesifieke mense hul nekhare kan laat rys.<\/p>\n<p><strong>Jannet:<\/strong> Persoonlikheidsbotsings lei daartoe dat mense verskil vanwe\u00eb fundamentele verskille in hul persoonlikhede \u2013 d.w.s. hul voorkeur of manier om \u2019n saak te benader. Wanneer die bestuur nie aandag daaraan gee nie, kan dit tot angs en depressie lei wat weer \u2019n uitwerking op professionele verhoudings, spanwerk en produktiwiteit het.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/familie-kom-eerste-vir-izel-du-plessis\/\">Familie kom eerste vir Iz\u00e9l du Plessis<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-vind-ek-vrede\/\">Hoe vind ek vrede?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Menseverhoudings is oor die algemeen moeilik, maar in die werkplek waar dit dikwels moeilik is om met kollegas saam te werk, is die probleem twee keer so groot. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":155920,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,651,680,662],"tags":[5825,23443,29127,36968,47008,47155,51058,60333,135,1585],"class_list":["post-117117","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-verhoudings","category-sukses-en-geld","category-jou-lewe","tag-sukses-en-geld","tag-relationships","tag-money","tag-office","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-finance","tag-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-werk"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Konflik in die werkplek? Hier is raad | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Menseverhoudings is oor die algemeen moeilik, maar in die werkplek is die probleem twee keer so groot. Hier is raad vir konflik in die werkplek.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Konflik in die werkplek? Hier is raad | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Menseverhoudings is oor die algemeen moeilik, maar in die werkplek is die probleem twee keer so groot. Hier is raad vir konflik in die werkplek.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-14T08:25:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-16T08:27:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7640830.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Konflik in die werkplek? Hier is raad\",\"datePublished\":\"2025-07-14T08:25:57+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-16T08:27:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/\"},\"wordCount\":1432,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7640830.jpg\",\"keywords\":[\"sukses en geld\",\"relationships\",\"money\",\"office\",\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"finance\",\"jou lewe\",\"Verhoudings\",\"werk\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Verhoudings\",\"Sukses en geld\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/\",\"name\":\"Konflik in die werkplek? Hier is raad | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7640830.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-14T08:25:57+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-16T08:27:14+00:00\",\"description\":\"Menseverhoudings is oor die algemeen moeilik, maar in die werkplek is die probleem twee keer so groot. Hier is raad vir konflik in die werkplek.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7640830.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7640830.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Konflik in die werkplek? Hier is raad\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Konflik in die werkplek? Hier is raad | rooi rose","description":"Menseverhoudings is oor die algemeen moeilik, maar in die werkplek is die probleem twee keer so groot. Hier is raad vir konflik in die werkplek.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Konflik in die werkplek? Hier is raad | rooi rose","og_description":"Menseverhoudings is oor die algemeen moeilik, maar in die werkplek is die probleem twee keer so groot. Hier is raad vir konflik in die werkplek.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-14T08:25:57+00:00","article_modified_time":"2025-07-16T08:27:14+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7640830.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Konflik in die werkplek? Hier is raad","datePublished":"2025-07-14T08:25:57+00:00","dateModified":"2025-07-16T08:27:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/"},"wordCount":1432,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7640830.jpg","keywords":["sukses en geld","relationships","money","office","personal growth","persoonlike groei","finance","jou lewe","Verhoudings","werk"],"articleSection":["Persoonlike groei","Verhoudings","Sukses en geld","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/","name":"Konflik in die werkplek? Hier is raad | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7640830.jpg","datePublished":"2025-07-14T08:25:57+00:00","dateModified":"2025-07-16T08:27:14+00:00","description":"Menseverhoudings is oor die algemeen moeilik, maar in die werkplek is die probleem twee keer so groot. Hier is raad vir konflik in die werkplek.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7640830.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7640830.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/konflik-in-die-werkplek-hier-is-raad\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Konflik in die werkplek? Hier is raad"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117117","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=117117"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117117\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":155923,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/117117\/revisions\/155923"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/155920"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=117117"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=117117"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=117117"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}