{"id":116514,"date":"2019-07-26T10:45:27","date_gmt":"2019-07-26T08:45:27","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=116514"},"modified":"2019-07-24T14:16:04","modified_gmt":"2019-07-24T12:16:04","slug":"vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/","title":{"rendered":"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Het jy al die vorige hoofstukke van Vlam gelees? <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om op te vang.\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep<\/h4>\n<p>Sedert Duard gehoor het hy het die hoofrol van die Bosoorlog-fliek losgeslaan, het dit ou emosies losgemaak wat hy lankal weggeb\u00eare het. Diep in die verlede wat hy so verbete vir almal wegsteek.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Bosoorlog het van 26 Augustus 1966 tot Maart 1990 gestrek. Hy weet dit. Hy ken elke feit van daardie oorlog. Hy weet wie was vriend en wie was vyand.<\/p>\n<p>\u201cHet jy enige idee hoe groot die magte was wat aan die oorlog deelgeneem het?\u201d<\/p>\n<p>Hy weet Niekie dink dis \u2019n strikvraag.<\/p>\n<p>\u201c71\u00a0000 aan die Suid-Afrikaanse kant en 122\u00a0000 aan die vyandige kant. Mens kan dit <em>google<\/em>, weet jy? 32 000 lede van SWAPO, 40 000 Kubane en 50 000 FAPLA-lede.\u201d<\/p>\n<p>Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit.<\/p>\n<p>\u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201d<\/p>\n<p>Duard geniet die vrae wat soos \u2019n tafeltennisballetjie heen en weer oor die tafel bons.<\/p>\n<p>\u201cSo ver ek weet, is daar 2\u00a0500 name op die Muur van Herinnering by die Voortrekkermonument in Pretoria, maar ek meen daar is baie name wat nog ontbreek. Daar is name van manne wat in diens van die weermag gesterf het en nie as grenshelde erken word nie omdat hulle in konflik was met die <em>high brass.<\/em> Het jy dit geweet, mej. Branders?\u201d<\/p>\n<p>Hy het nou al Niekie se aandag.<\/p>\n<p>\u201cSoos ek ges\u00ea het, my pa en sy vriende het diens gedoen in daardie oorlog.\u201d<\/p>\n<p>Duard stel ook sy eie vrae.<\/p>\n<p>\u201cEn hoe het hulle gevoel toe die aankondiging in 1990 gekom net dat die oorlog verby was?\u201d<\/p>\n<p>Niekie kyk uitdagend na die akteur.<\/p>\n<p>\u201cHulle was de bliksem in.\u201d<\/p>\n<p>Duard ken sy feite.<\/p>\n<p>\u201cEk het die Boetman-debat gelees. Ek weet.\u201d<\/p>\n<p>Niekie is verstom.<\/p>\n<p>Die glansprins het inderdaad nie net oppervlakkige kennis van die Bosoorlog nie. Hy weet ook wat tussen die lyne gebeur het.<\/p>\n<p>\u201cHoe sou jy gevoel het as jy in hulle posisie was, mnr. Wayne?\u201d<\/p>\n<p>Duard glimlag.<\/p>\n<p>\u201cEk sou ook de bliksem in gewees het.\u201d<\/p>\n<p>Hy gebruik die Afrikaanse word \u201cbliksem\u201d en dit val haar op hoe maklik dit op sy tong val.<\/p>\n<p>\u201cJy moet met \u2019n Afrikaans-Engelse aksent praat in die fliek. Gaan jy daarmee sukkel?\u201d<\/p>\n<p>Die glansprins skuif hom reg in sy stoel en val weg in vlot Afrikaans: \u201cEk het reeds geoefen. Ek glo ek sal regkom, dankie dat jy vra.\u201d<\/p>\n<p>Niekie wonder of sy of Elton die meeste verbaas is.<\/p>\n<p>Maar Duard verduidelik sy foutlose aksent.<\/p>\n<p>\u201cEk is \u2019n ernstige akteur. Ek sorg dat ek voorbereid is op my rolle. Terloops, het jy geweet dat ek Frans, Duits en Nederlands vlot kan praat? Laasgenoemde is waarskynlik hoekom ek nie met Afrikaans sukkel nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy verduideliking maak sin.<\/p>\n<p>\u201cEk verneem jy het beswaar gemaak teen die aanvanklike draaiboek en daarop aangedring dat dit herskryf word?\u201d<\/p>\n<p>Elton maak keel skoon. Hy wil Duard se aandag daarop vestig dat hy nog nie vergeet het hoeveel moeilikheid hy veroorsaak het nie. Daar is hewige gesprekke gevoer en Hollywood se top-draaiboekskrywer moes in die proses sy trots in sy sak steek en die draaiboek herskryf.<\/p>\n<p>\u201cEk is gesteld op die korrekte feite van die draaiboek van elke rol wat ek vertolk, mej. Branders. Ek lees wyd oor elke oorlog. Ek verstout myself om te s\u00ea dat ek nogal \u2018n kenner is op die gebied. Van die Romeinse tydperk tot vandag. Dis my passie. Ek het \u2019n groot boekery oor elke moontlike hoek van oorlo\u00eb. Ek glo aan balans. Ek wil weet wat elke deelnemende party se motief vir die oorlog is. Ek was nie tevrede met die eensydigheid van die eerste draaiboek nie. Ek het gevoel dit skep sensasie uit \u2019n oorlog, wat ek glo, \u2019n teer saak is vir elke soldaat wat daarin geveg het.\u201d<\/p>\n<p>Dit voel vir Niekie of sy \u2019n eggo van haar pa se woorde hoor.<\/p>\n<p>\u201cDit was vir my belangrik dat die dapperheid van die Suid-Afrikaanse soldate reg uitgebeeld word. Hulle het teen \u2019n oormag geveg. Maar ek bewonder ook die rol wat mense soos kol. Jan Breytenbach in die oorlog gespeel het. Ek verneem hy leef nog? Ek wou graag met hom wou gesels as ek Suid-Afrika toe kom. Ek sou ook graag jou pa en van sy vriende wou ontmoet. Ek wil onder die vel inkom van \u2019n soldaat wat in die oorlog geveg het. Nie net die manne wat medaljes vir dapperheid gekry het nie. Elke soldaat wat geveg het. Elke seun wat verpligte diensplig gedoen het. Gewillig of onwillig. Elkeen het \u2019n rol gespeel. Die helde en diegene wat as lafaarde uitgetree het.\u201d<\/p>\n<p>Niekie voel hoe haar woede teenoor die man kalmeer, maar sy wys dit nie openlik nie. Hy \u201cpraat\u201d die taal van haar pa en sy vriende en sy voel al meer gerus oor hoe hy \u2018n held in die fliek sal uitbeeld.<\/p>\n<p>\u201cDaar is baie stories oor die oorlog wat nog nie geskryf of vertel is nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy onderbreek haar.<\/p>\n<p>\u201cDit weet ek baie goed. Dit is so in elke oorlog. Daar is gesinne wat diep deur die bosoorlog geraak is. Nie net gesinne van die helde nie. Ook gesinne van diegene wat nie as helde uit die oorlog getree het. Die lafaards. Diep seer loop van die glorie tot onder in die diepste wortels van elke oorlog.\u201d<\/p>\n<p>Niekie merk op hoe gespanne Duard voorkom. Sy het hom nie voor die tyd as so \u2019n intense mens opgesom nie.<\/p>\n<p>Hy hou aan gesels sonder dat sy vrae stel.<\/p>\n<p>\u201cEk kan jou verseker dat ek die volle impak en verantwoordelikheid van my rol besef. Daar is geen manier dat ek \u2019n wanindruk wil skep van wat werklik daar gebeur het nie.\u201d<\/p>\n<p>Die onderhoud spoel oor die bepaalde tyd. Niekie hoef geen verdere vrae meer te stel nie. Duard se monolo\u00eb beantwoord elke vraag wat sy beplan het om te vra.<\/p>\n<p>Elton dra tee aan en kyk toe hoe die aanvanklike teenpole aan weerskante van die gesprek uiteindelik na \u2019n neutrale grond beweeg.<\/p>\n<p>\u201cJuffrou Branders, ek weet ons tyd is verby, maar daar is nog baie wat ek oor julle bosoorlog wou s\u00ea. Ek hoop ons loop mekaar nog in die volgende dae raak.\u201d<\/p>\n<p>Niekie kan nie glo dat die man vir wie sy enkele uur gelede so woedend was, haar hart week gemaak het nie.<\/p>\n<p>Hulle groet. Hy hou haar hand in beide sy hande.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n interessante onderhoud, mej. Branders. Ek hou van \u2019n uitdaging. Ek hoop ek sien jou vanaand by die premi\u00e8re. En, dra jou groen rok. Smaraggroen sal mooi pas by jou o\u00eb.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Het jy geweet? Ons het\u00a0 \u2019n voorlesing van Martie Swanepoel se gewilde vervolgverhaal, Botox, Barbies en Bietse. Elize Cawood lees dit voor en dis heeltemal gratis! Klik hier.\u00a0<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit. \u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201dDuard geniet die vrae wat soos \u2019n tafeltennisballetjie heen en weer oor die tafel bons.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":116517,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[3378,4396,23450,37319,66093,373,1258],"class_list":["post-116514","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vlam","tag-martie-swanepoel","tag-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Woorde sny diep: &quot;Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit. \u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201d\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Woorde sny diep: &quot;Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit. \u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201d\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-07-26T08:45:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1420\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep\",\"datePublished\":\"2019-07-26T08:45:27+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/\"},\"wordCount\":1140,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg\",\"keywords\":[\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"vlam\",\"Martie Swanepoel\",\"lees\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/\",\"name\":\"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg\",\"datePublished\":\"2019-07-26T08:45:27+00:00\",\"description\":\"Woorde sny diep: \\\"Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit. \u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201d\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg\",\"width\":1280,\"height\":1420,\"caption\":\"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep | rooi rose","description":"Woorde sny diep: \"Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit. \u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201d","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep | rooi rose","og_description":"Woorde sny diep: \"Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit. \u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201d","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-07-26T08:45:27+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":1420,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep","datePublished":"2019-07-26T08:45:27+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/"},"wordCount":1140,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg","keywords":["fiksie","Ontspanning","entertainment","fiction","vlam","Martie Swanepoel","lees"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/","name":"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg","datePublished":"2019-07-26T08:45:27+00:00","description":"Woorde sny diep: \"Vir \u2019n oomblik is Niekie op haar plek gesit. \u201cBaie van my pa se vriende het gesterf. Weet jy hoeveel Suid-Afrikaanse seuns het gesterf?\u201d","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/blurred-background-cup-desk-1394646-e1563970192611.jpg","width":1280,"height":1420,"caption":"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-25-woorde-sny-diep\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vlam, hoofstuk 25, Woorde sny diep"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116514","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=116514"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116514\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/116517"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=116514"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=116514"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=116514"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}