{"id":116141,"date":"2023-06-21T09:25:34","date_gmt":"2023-06-21T07:25:34","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=116141"},"modified":"2023-06-21T09:25:06","modified_gmt":"2023-06-21T07:25:06","slug":"alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/","title":{"rendered":"Alles wat jy moet weet oor avokadopere"},"content":{"rendered":"<p><em>Alles wat jy moet weet oor avokadopere deur Salom\u00e9 Delport. <a href=\"https:\/\/www.pexels.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Foto&#8217;s: pexels<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoeveel avokado\u2019s kan jy regtig eet?<\/h4>\n<p>Avokado\u2019s is een van daardie hipervoedsame gesondheidskosse wat werklik lekker is. Boonop is dit ongelooflik veelsydig: jy kan dit inpak werk toe sonder om dit te verkoel; van kleintjies tot bejaardes, en hartlyers tot diabete kan avokado\u2019s eet; dit is \u2019n heerlike geriefskos wat jy net so kan eet; aan die ander kant omtower dit van toebroodjies tot roomys in elegante ontwerperskos; dit maak selfs \u2019n wonderlike kosgeskenkie vir iemand wat siek is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/avo-toebroodjies-die-nuwe-toebroodjie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die nuwe toebroodjie &#8211; avokadopere!<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-116181 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/avocado-delicious-diet-1321942.jpg\" alt=\"\" width=\"510\" height=\"680\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Maar kan jy soveel daarvan eet as wat jy wil?<\/strong><\/p>\n<p>Ongelukkig nie. Dit bevat taamlik baie kilojoules: amper duisend in \u2019n middelslag-avokado van 200 gram \u2013 so groot soos \u2019n driekwartkoppie, om dit makliker te visualiseer. Dit is \u2019n agtste van jou dag se kilojoules.<\/p>\n<p>Daarby bevat avokado\u2019s al twee (en baie van elkeen) bronne van kilojoules waaroor die groot dieetdebat gaan, naamlik koolhidrate en vette. Een avokado van 200 g bevat sowat 30 g vette \u2013 amper soveel soos jou vettoelaag per dag op die laevetdieet. Gelukkig is dit die beste moontlike vette, wat \u2019n avokado die ideale item as jou vetkeuse maak.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoenderslaai-met-avokadohoemoes-en-krakerige-antieke-grane\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoenderslaai met avokadohoemoes en antieke grane<\/a><\/p>\n<p>Vir banters is die 17 g koolhidrate daarin \u2019n groot hap uit jou koolhidraattoelaag vir die dag. Maar banters eet graag avokado\u2019s, juis omdat die vette daarin jou versadig laat voel sodat jy minder eet.<\/p>\n<p>Gelukkig tel voedingswaarde baie meer as kilojoules, vette en koolhidrate. Daarom s\u00ea albei groepe \u2019n derde tot \u2019n halwe avokado per dag is \u2019n verstandige porsie, met oorgenoeg voedingstowwe in ruil vir kilojoules.<\/p>\n<div id=\"attachment_116176\" style=\"width: 687px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-116176\" class=\"wp-image-116176\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/avocado-bowl-hands-1580470.jpg\" alt=\"\" width=\"677\" height=\"451\" \/><p id=\"caption-attachment-116176\" class=\"wp-caption-text\">Alles wat jy moet weet oor avokadopere<\/p><\/div>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Almal praat hieroor &#8211; is dit tyd jy ook die vasdieet probeer?\u00a0<\/a><\/p>\n<h4>Word avokado\u2019s wat jy groen koop ooit regtig lekker ryp?<\/h4>\n<p>Soms kom jy op \u2019n winskopie af, \u00e1s jy kans sien vir \u2019n dosyn grasgroen avokado\u2019s. Is dit jou geld werd?<\/p>\n<p>Jy kry groen en t\u00e9 groen avokado\u2019s, s\u00ea Julia Tew van Westfalia. \u201cGroen avokado\u2019s word tuis heerlik ryp. T\u00e9 groen avokado\u2019s ongelukkig nie.\u201d<\/p>\n<p>Avokado\u2019s word om twee redes groen gepluk: dit kan nie aan die boom ryp word nie. Hulle word eers sag n\u00e1 hulle gepluk is. Tweedens kan jy die rypword van groen avokado\u2019s vertraag deur hulle te verkoel.<\/p>\n<p>Lees ook: E<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eiers-gevul-met-beet-en-avokado\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">iers gevul met beet en avokado<\/a><\/p>\n<p>Boere benut hierdie eienskappe om die tydperk van die boom na jou bord te verleng. Hulle pluk dus die avokado\u2019s groen en hou dit koel tot dit by jou as verbruiker uitkom, waar dit in jou vrugtebak, wat tipies by kamertemperatuur staan, rustig ryp word. So kry jy die perfekte avokado al woon jy duisende kilometers ver van die naaste boord.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n wetenskap om \u2019n avokado te pluk sodat hy later lekker ryp word. T\u00e9 vroeg het die olies nog nie genoeg ontwikkel nie en word jou avokado nie romerig ryp nie. Hoe langer die avokado aan die boom hang, hoe meer olie vorm en hoe romeriger smaak hy. In die regte klimaat kan avokado\u2019s tot tw\u00e9\u00e9 jaar aan die boom hang voor hulle werklik ryp is. Boere gebruik spesifieke toetse om plukrypheid te bepaal \u2013 gewoonlik teen rondom 20 maande. As jy by betroubare handelaars groen avokado\u2019s sien, kan jy hulle maar koop. Hulle is gepluk om ryp te kan word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/33-gesonde-kosse-sonder-suiker-vir-jou-en-jou-kinders\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kosse sonder suiker vir jou en jou kind<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-116173 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/aguacates-avocado-avocados-1261994.jpg\" alt=\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere\" width=\"680\" height=\"450\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Maak avokado\u2019s tuis ryp soos dit jou pas<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Winkelavokado\u2019s is n\u00e1 3-7 dae by kamertemperatuur ryp, maar as jy jou avokado\u2019s in die yskas by 4 &#8211; 7 \u00b0C hou,<\/strong> word dit nie verder ryp nie. As jy \u2019n sakkie groen avokado\u2019s koop, sit drie in jou vrugtebak om te begin ryp word, en die res in jou yskas. Elke keer wanneer jy een uit jou vrugtebak gebruik, sit een uit die yskas by. So kry jy gou \u2019n \u201cketting\u201d van ryp avokado\u2019s aan die gang.<\/li>\n<li>Maak jou avokado\u2019s <strong>vinniger ryp<\/strong> deur \u2019n groen avokado saam met \u2019n piesang of \u2019n appel in \u2019n papier- of lapsakkie te sit. Di\u00e9 twee vrugte skei natuurlik etileen af, \u2019n gas wat avokado\u2019s (en ander vrugte) stimuleer om ryp te word.<\/li>\n<li><strong>Te veel ryp avokado\u2019s?<\/strong> Bak daarmee. Of verpulp die vlees saam met \u2019n lepel asyn of suurlemoensap en b\u00eare in \u2019n lugdigte glasbottel wat klein genoeg is dat die avokado dit opvul. Dit hou \u2019n paar dae in die yskas.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/salm-en-avokado-slaai\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Salm-en-avokadoslaai<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-116182 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/avocado-delicious-food-1759055.jpg\" alt=\"\" width=\"629\" height=\"419\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan jy \u2019n avokado met bruin of grys kolle eet?<\/h4>\n<p>Ons het dit al almal oorgekom: wanneer jy die vrug oopsny, is die pulp bruin of grys. Lees jou avokado se vreemde kleure so, volgens Westfalia.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Die skil het klein bruin kolle;<\/strong> die pulp is normaal \u2019n Bietjie koue skade. Die avokado is heerlik.<\/li>\n<li><strong>Bruin kolle op die skil \u00e9n tot in die pulp<\/strong> Swambesmetting. Gebruik jou goeie oordeel en kyk hoeveel van die avokado is nog geskik. As net \u2019n klein kol van die avokado aangetas is, kan jy sowat 1cm daar rondom uitsny, en die res van die avokado geniet. Gooi weg as dit deurtrek is van bruin kolle.<\/li>\n<li><strong>Die pulp is bruin<\/strong> Avokado\u2019s verbruin om verskillende redes: n\u00e1 jy dit oopgesny het, oksideer die olies en verbruin die pulp \u2019n bietjie. Dieselfde gebeur wanneer hulle oorryp word. Net soos \u2019n oorryp piesang heerlike piesangbrood maak, maak effens oorryp avokado\u2019s heerlike gebak en gladdejantjies. Maar hokaai met erg oorryp avokado\u2019s. Hulle smaak nie lekker nie \u2013 ook nie in gebak nie.<\/li>\n<li><strong>Bruin \u201cdraadjies\u201d in die pulp<\/strong> Die avokado is nie heeltyd reg gestoor nie, of kom van jong bome af. Dit is geskik vir eet.<\/li>\n<li><strong>\u2019n Grys kleur<\/strong> Jou avokado is te lank en\/of by te lae temperature gestoor. Gooi maar weg, want hy smaak nie lekker nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-dieet-die-porsie-geheim-en-hoe-jy-dit-kan-meet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die een dieetgeheim wat vir almal werk<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-116179 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/avocado-close-up-colors-849683.jpg\" alt=\"\" width=\"383\" height=\"511\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Werk avokado-olie regtig as bakolie?<\/h4>\n<p>Die avokado se kroonjuweel is sy olie-inhoud \u2013 baie daarvan, en van die beste eet-olies wat jy kan kry. \u2019n Middelslag-avokado lewer sowat 2 eetlepels olie.<\/p>\n<p>Ons ken koue gebruik van avokado-olie, soos oor slaai en vir pesto. Maar dit is ook \u2019n uitstekende warm olie. \u2019n Taamlik onbekende feit is dat avokado-olie die olie met die hoogste rookpunt is \u2013 van 250 \u00b0C tot 270 \u00b0C. Dit is belangrik om olies nie verby hul rookpunt te verhit nie, aangesien dit by ho\u00ebr temperature begin oksideer en hul voedingswaarde verloor. (Die rookpunt vir botter, kanola, olyf- en sonneblomolie is sowat 170 \u00b0C, wanneer dit blou rook begin vorm en begin \u201cverbrand\u201d.)<\/p>\n<p>Daarom kan jy met avokado-olie roerbraai, soteer, oondbak, verbruin en vleis braai. Daar is net een kooktegniek waarvoor avokado-olie nie geskik is nie: diepbraai. Sonneblomolie is beter vir aartappelskyfies, oliebolle en koeksisters.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjokoladekolwyntjies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Sjokoladekolwyntjies<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_116174\" style=\"width: 537px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-116174\" class=\"wp-image-116174\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/appetizer-avocado-bread-566566.jpg\" alt=\"\" width=\"527\" height=\"351\" \/><p id=\"caption-attachment-116174\" class=\"wp-caption-text\">Alles wat jy moet weet oor avokadopere<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat van koek?<\/strong><\/p>\n<p>Avokado\u2019s en avokado-olie werk uitstekend in koek, koekies, broodjies, skons, kolwyntjies, sjokoladebruintjies en selfs roomys, s\u00ea Westfalia.<\/p>\n<p>As die resep een koppie botter gebruik, vervang jy dit deur \u2019n driekwartkoppie avokado-olie. Anders kan jy \u2019n vars avokado verpulp en dit koppie vir koppie pleks van botter in die resep gebruik.<\/p>\n<p><strong>Wenk<\/strong> Avokadopulp kan jou koek liggroen kleur. As dit jou pla, verbloem dit deur \u2019n bietjie kakao by te meng.<\/p>\n<p><strong>Nog \u2019n wenk<\/strong> By kamertemperatuur is avokado-olie loperig. Daarom werk dit nie in resepte wat daarop staatmaak dat die smeer by kamertemperatuur solied moet wees nie (soos botter in versiersuiker en botter wat moet help lug vasvang, soos in rolkoekbeslag).<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sjokolade-ontbytbakkie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Sjokolade-ontbytbakkie<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-116178 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/avocado-close-up-colors-557659.jpg\" alt=\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere\" width=\"581\" height=\"387\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die voordele van avokado&#8217;s<\/h4>\n<p><strong>Hoeveel omega-3\u2019s is daar regtig in\u00a0 avokado\u2019s?<\/strong><\/p>\n<p>Die waarheid? Eintlik min.<\/p>\n<p><strong>Maar hier is vyf ander voordele van avokado\u2019s<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Avokado\u2019s beskerm jou hart<\/strong><br \/>\n\u2019n Halwe avokado spog met sowat 20 g mono-onversadigde vette, en veral ole\u00efese vetsuur, dieselfde een wat in olyfolie help om jou nadelige LDL-cholesterolvlak te verlaag. Die biobeskikbaarheid daarvan is besonder goed, met ander woorde dit is in \u2019n vorm waarin dit maklik opgeneem word.<br \/>\nLees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/11-maklike-happies-vir-laer-cholesterol\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">11 maklike happies vir jou cholesterol<\/a><\/li>\n<li><strong>Avokado\u2019s is goed vir diabete<\/strong><br \/>\nDit lyk asof avokado\u2019s en avokado-olie besonder voordelig is vir diabete, onder meer omdat dit die lewer, wat insulienvlakke beheer, help om beter te funksioneer. Dit lyk ook asof avokado\u2019s kan help keer dat jy diabetes ontwikkel deur insuliensensitiwiteit te verhoog.<br \/>\nLees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skakel-oor-na-n-laekoolhidraatleefstyl\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Skakel oor na die laekoolhidraat-dieet<\/a><\/li>\n<li><strong>Avokado\u2019s is uitstekend as jy swanger is<\/strong><br \/>\n\u2019n Halwe avokado gee jou 20% van jou dag se folaat, wat help dat die senuweestelsel van jou baba reg ontwikkel en geboorteafwykings soos spina bifida help keer.<\/li>\n<li><strong>Avokado\u2019s help vir daaglikse gereeldheid<\/strong><br \/>\nDie vrug met die meeste vesel, en met oplosbare en onoplosbare vesel. Dit is net logies dat dit vir hierdie soort maagpyn moet help, en minstens een ondersoek het vasgestel dat mense wat gereeld avokado\u2019s eet, ook meer gereeld is as nie-eters.<\/li>\n<li><strong>Avokado\u2019s is uitstekend vir veganiste, vegetari\u00ebrs<\/strong><br \/>\nBehalwe al die ander voedingstowwe bevat dit selfs 2 g prote\u00efen.<br \/>\nLees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pollopesketariers-fleksitariers-entomofage-wie-eet-wat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat is die verskil tussen vegetari\u00ebrs en veganiste?<\/a><\/li>\n<\/ul>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-116177 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/avocado-bright-color-997389.jpg\" alt=\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere\" width=\"782\" height=\"521\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Groot nuus!<\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Avokado-skoonheidsprodukte is die volgende groot tendens<\/strong><br \/>\nNavorsers van velprodukte is gaande oor avokadovette. Waar ander olies bloot op die vel bly l\u00ea en \u2019n deklagie vorm (met die voordeel dat dit so velvog binnehou) gaan avokado-olie se vetsure verder. Dit dring die buitelaag van die vel binne, wat dit moontlik maak om velvoeding in die vel \u00edn te trek.<br \/>\nLees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/voed-jou-vel-met-groente-en-superkosse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Voed jou vel met superkosse!<\/a><\/li>\n<li><strong>Avokado-olie help met wondgenesing<\/strong><br \/>\nKlein ondersoeke uit Brasili\u00eb wys dat operasiewonde wat met avokado-olie behandel is n\u00e1 vyf dae opmerklik beter heel as onbehandelde snywonde.<\/li>\n<\/ul>\n<div id=\"attachment_116183\" style=\"width: 814px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-116183\" class=\"wp-image-116183\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/avocados-chili-peppers-diet-1660027.jpg\" alt=\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere\" width=\"804\" height=\"710\" \/><p id=\"caption-attachment-116183\" class=\"wp-caption-text\">Alles wat jy moet weet oor avokadopere<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Avokado\u2019s is superkos. Maar hoeveel is genoeg? En kan jy dit t\u00e9 groen koop? Ons het alles oor avokadopere gaan uitvind sodat ons die mites van die feite kan skei.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":138103,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2950,667],"tags":[136,269,620,23664,23823],"class_list":["post-116141","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-avokado","tag-dieet","tag-health","tag-diet"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Alles wat jy moet weet oor avokadopere | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons het alles oor avokadopere gaan uitvind sodat ons die mites van die feite kan skei. Hier is alles wat jy moet weet oor avokadopere\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons het alles oor avokadopere gaan uitvind sodat ons die mites van die feite kan skei. Hier is alles wat jy moet weet oor avokadopere\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-06-21T07:25:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"959\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere\",\"datePublished\":\"2023-06-21T07:25:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/\"},\"wordCount\":1652,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"Avokado\",\"dieet\",\"health\",\"diet\"],\"articleSection\":[\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/\",\"name\":\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg\",\"datePublished\":\"2023-06-21T07:25:34+00:00\",\"description\":\"Ons het alles oor avokadopere gaan uitvind sodat ons die mites van die feite kan skei. Hier is alles wat jy moet weet oor avokadopere\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg\",\"width\":1280,\"height\":959},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Alles wat jy moet weet oor avokadopere\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Alles wat jy moet weet oor avokadopere | rooi rose","description":"Ons het alles oor avokadopere gaan uitvind sodat ons die mites van die feite kan skei. Hier is alles wat jy moet weet oor avokadopere","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Alles wat jy moet weet oor avokadopere | rooi rose","og_description":"Ons het alles oor avokadopere gaan uitvind sodat ons die mites van die feite kan skei. Hier is alles wat jy moet weet oor avokadopere","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-06-21T07:25:34+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":959,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Alles wat jy moet weet oor avokadopere","datePublished":"2023-06-21T07:25:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/"},"wordCount":1652,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg","keywords":["Gesondheid","Avokado","dieet","health","diet"],"articleSection":["Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/","name":"Alles wat jy moet weet oor avokadopere | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg","datePublished":"2023-06-21T07:25:34+00:00","description":"Ons het alles oor avokadopere gaan uitvind sodat ons die mites van die feite kan skei. Hier is alles wat jy moet weet oor avokadopere","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-thought-catalog-2228553.jpg","width":1280,"height":959},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alles-wat-jy-moet-weet-oor-avokadopere\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Alles wat jy moet weet oor avokadopere"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116141","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=116141"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/116141\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/138103"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=116141"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=116141"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=116141"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}