{"id":115776,"date":"2019-07-12T10:40:20","date_gmt":"2019-07-12T08:40:20","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=115776"},"modified":"2019-07-12T10:47:09","modified_gmt":"2019-07-12T08:47:09","slug":"vlam-hoofstuk-23-die-tantrum","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/","title":{"rendered":"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217;"},"content":{"rendered":"<p><em>\u00a0Vlam, Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217; deur Martie Swanepoel.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Klik hier om die vorige hoofstukke van Vlam te lees<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217;<\/h4>\n<p>Elton Nichols het uitgesien na hierdie dag. Hy los gewoonlik die los werkies met onderhoude vir junior promosiemense, maar hy wou graag self vir Niekie Branders aan Duard voorstel.<\/p>\n<p>Dis asof sy kaalgeskeerde kop ekstra blink vanoggend. Hy kan nie wag om die moeilike mnr. Wayne \u2019n bietjie te ontsenu nie! Hy het nog nie vergeet hoeveel moeilikheid Duard hom gegee het oor die draaiboek van <em>Border War Patrol<\/em> nie &#8230;<\/p>\n<p>Die ster is besig met \u2019n foonoproep as hulle instap. Sy rug gedraai na Niekie en die trippelend-opgewonde Elton.<\/p>\n<p>Die aksieheld bee\u00efndig sy oproep en gooi vir hom \u2019n glas water in. Hy gee geen erkenning aan hulle teenwoordigheid nie.<\/p>\n<p>Elton maak keel skoon.<\/p>\n<p>\u201cMnr. Wayne, Niekie Branders is hier vir die onderhoud.\u201d<\/p>\n<p>Die moedswillige rolprentheld sluk die glas water met een teug af en verwerdig hom nie eens om om te draai nie.<\/p>\n<p>\u201cLaat mnr. Branders net \u2019n oomblik wag. Ek het \u2019n nog \u2019n oproep om te maak.\u201d<\/p>\n<p>Elton vryf sy kop en die verergtheid slaan rooi uit in Niekie se nek. Vermeteld! Sy haat dit as <em>celebs<\/em> \u2019n afspraak maak vir \u2019n onderhoud en dan heeltyd op die foon besig is. Dis <em>plain<\/em> ongeskik.<\/p>\n<p>Duard staan steeds met sy rug na hulle gekeer terwyl hy praat. Aan sy stemtoon kan Niekie aflei dis \u2019n paaiende oproep na \u2019n vrou en nie \u2019n sake-oproep nie.<\/p>\n<p>\u201cIs als nog oukei? Sien ek jou vanaand by die premi\u00e8re?\u201d<\/p>\n<p>Verbrande vent! Niekie wonder of hy vir di\u00e9 vrou ook \u2019n rok laat aflewer het. Hy het seker gedink hy be\u00efndruk die vaal ou meisietjie wat hy met sy onbeskofte motorfiets natgespat het met die smaraggroen rok! Slymbol!<\/p>\n<p>Niekie en Elton probeer beide hul irritasie wegsteek \u2026 in die naam van professionaliteit. Hulle staan kamma beleefd rond terwyl die ster die vrou oor die foon paai.<\/p>\n<p>Skynbaar meen Elton hulle mag nie sit voor <em>Meneer<\/em> nie gereed is vir hulle nie.<\/p>\n<p>Niekie se nek word al hoe rooier. Die gloed styg later na haar wange en haar o\u00eb skiet blitse.<\/p>\n<p>Hy praat seker met daai Melissa Garbers. Niekie moet di\u00e9 skoonheid die volgende dag ontmoet vir \u2019n onderhoud en sy is gereed om di\u00e9 pops se kennis van milit\u00eare joernalistiek te beproef!<\/p>\n<p>Duard bee\u00efndig die oproep en maak sowaar n\u00f3g een! Di\u00e9 keer na \u2019n haarstilis.<\/p>\n<p>Maggies, kon hy nie maar gewag het tot na die onderhoud om \u2019n afspraak vir die stilering van sy beroemde haredos te maak nie? Dit lyk vir Niekie nie juis of daar \u2019n haartjie uit plek is nie. Kan hy nie maar sy eie hare kam vir die primi\u00e8re nie? Meneer tof seker elke oggend \u2019n uur of wat voor die spie\u00ebl. Smeer seker net La Mer op daardie wangetjies.<\/p>\n<p>So staan Niekie bitterbek en dink.<\/p>\n<p>Alle aanvalle op haar hormone is in hierdie stadium afgeweer. Nie een sel in haar lyf dink meer die man voor haar is aantreklik nie. Sy verpes vermetelheid. Sy gaan hom lekker peper met vrae as hy hom uiteindelik nederig genoeg ag om die onderhoud, wat al maande gelede gere\u00ebl is, te begin.<\/p>\n<p>Nadat sy en Elton nog vyf minute moet aanhoor hoe hy en sy haarstilis oor onbenullighede praat, begin Niekie die binnekante van haar wange kou om te keer dat sy haar humeur verloor. Sy weet die onderhoud is vir Mediahuis belangrik en sy is steeds soort van op parool na haar oortreding. Sy sal Meneer Ego maar sy arrogansie moet verskoon en op haar tanne kners. Maar na nog vyf minute bou \u2019n vreeslike wrewel in haar op. Vandag is die dag wat sy hierdie man op sy arrogante plek sit! Genade! Hy het immers die ooreenkoms oor die onderhoud geteken! Nogal laat weet hy het net \u2018n uur tyd vir haar. Nou mors hy kosbare tyd! Besef hy sy het tien uur gevlieg om hom te woord te staan? Nou moet sy staan en wag nadat sy stiptelik op tyd was vir die afspraat. Vrek ongepoets, onprofessioneel, onge-<em>whatever<\/em> nog.<\/p>\n<p>Na \u2019n lang foongesprek verwerdig die Hollywood glansprins hom uiteindelik om sy lang lenige lyf om te draai in hulle koers. Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik, maar op die oomblik op Niekie vermors is. Haar blik vang tog die netjiese sespak wat deur die wit syhemp sigbaar is. Die seebries deur die venster waai die aroma van duur naskeermiddel na haar, maar selfs al was dit \u2019n stormwind, sou dit nie haar woede kon afkoel nie. Vir wat gebruik hy naskeermiddel as hy nie behoorlik skeer nie? Sy kyk geirriteerd na die man se pretensieuse halfmas-baardjie. Gmpf! Hy dink waarskynlik dit laat hom aantrekliker lyk. Dit het dekades gelede vir Don Johnson gewerk, en dit werk beslis vir George Clooney, en vir Johnny Depp. Maar hierdie ou poginkie van hom sal voortaan haar hormone koud laat, besluit sy.<\/p>\n<p>Duard gaan sit uitgestrek op die gemaklikste stoel en\u00a0 uiteindelik behaag dit hom om op te kyk na Elton en sy gas.<\/p>\n<p>Midde-in sy opkyk, onthou hy uiteindelik om te groet.<\/p>\n<p>\u201cBly jy kon dit maak, mnr. Branders.\u201d<\/p>\n<p>Niekie sluk aan die vulkaan op die punt van haar tong. \u201cBly sy kon dit maak?\u201d Besef hy hoe lank staan sy al en wag? En dan het hy ook nie sy huiswerk gedoen voor die onderhoud nie! Hy het \u2019n man verwag!<\/p>\n<p>Dis natuurlik die oomblik waarop Elton maande lank gewag het. Hy het dit geniet dat Duard onder \u2019n wanindruk verkeer. (Hy wis natuurlik niks daarvan dat die tweetjies hier voor hom die vorige aand \u2019n paar wille draaie in die re\u00ebn op \u2019n motorfiets gery het en daarna by die perspartytjie \u2019n ligte flirtasie gehad het nie!)<\/p>\n<p>Duard kyk verstom na die joernalis wat al die pad van Suid-Afrika gekom het om die onderhoud met hom te doen. Dis dan die onweerstaanbare rooikop van gisteraand!<\/p>\n<p>Niekie gaan sit oorkant die ster. Sy kan sien hy is ontsenu, en sy geniet dit. Sy skuif haar bofbalpet reg. \u2019n Klos van haar moedswillige rooi hare peul onder die pet uit. Op haar oorgroot T-hemp staan, \u201cBoeremeisies vattiekakkie.\u201d (Sy weet Claudia gaan \u2019n oorval kry as sy hierdie <em>outfit<\/em> sien, maar die kalf in die put en Jaco Hoesenaam se tasse is mos nog soek \u2026)<\/p>\n<p>Die skok op <em>Border War Patrol<\/em> se held se gesig vee sy selfvoldaanheid binne sekondes af.<\/p>\n<p>\u201cDuard, dit is Niekie Branders. Mej. Branders, Duard Wayne.\u201d<\/p>\n<p>Elton het lanklaas \u2019n formele bekendstelling so geniet.<\/p>\n<p>Duard raap met moeite sy selfvoldaanheid bymekaar.<\/p>\n<p>\u201cVlam? Wat gaan hier aan?\u201d Dan vlam die woede oor sy gesig.<\/p>\n<p>\u201cO, ek sien \u2026 Oulike truuk wat jy gisteraand op my getrek het om my sag te maak vir die onderhoud, mej. Branders! Moes jou \u2019n rukkie se speurwerk geneem het om uit te vind waar jy my in die re\u00ebn kan voorl\u00ea? Bravo! Ek neem aan jy was teleurgesteld toe ek myself nie genooi het vir \u2019n drankie in jou kamer nie? Jy kan nogal \u2019n rol los slaan met jou vernuf as aktrise! Maar ek moet s\u00ea, jou tweede vertoning by die perspartytjie was beter. Daardie swart pakkie van jou. Slim plan om aandag te trek! En Marco? Het julle twee ooreengekom om my om die bos te lei? Hy het immers geweet van ons onderhoud? Gawe vriende wat ek het \u2026 \u201d<\/p>\n<p>In hierdie stadium raak die atmosfeer in die onderhoudkamer dikker as dikmelk. Duard Wayne vertoon die volle glorie van die vloermoere waarvoor hy bekend is.<\/p>\n<p>\u201cEn Elton, ek hou nie daarvan om vir die gek gehou te word nie! Jy het baie goed geweet ek is onder die indruk Niekie Branders is \u2019n man!\u201d<\/p>\n<p>Die glansprins stoom van woede. Elton besef hy het sy hand dalk oorspeel en vryf sy kop nog blinker.<\/p>\n<p>\u201cKalmeer nou Duard. Ek is seker ons kan die situasie oplos.\u201d<\/p>\n<p>Hy praat al die kante toe mooi, en looi dan die ster met \u2019n bietjie gesag. Hy fluister in Duard se oor.<\/p>\n<p>\u201cEk het al die inligting oor mej. Branders die dag na ons ooreenkoms oor die onderhoud na jou per e-pos gestuur, ek het gister gesien jy het nooit eens daardie e-pos oopgemaak nie! Jy het geteken vir hierdie onderhoud en nou stel ek voor jy doen dit. Tensy jy die mediaveldtog van <em>Border War Patrol<\/em> in Suid-Afrika hier en nou wil sink. Hierdie <em>girl<\/em> werk by die mediagroep wat die monopolie in Suid-Afrika het en sy is, so ver ek kon vasstel, die beste op haar gebied. Dis jou skuld as jy nie geweet het sy is \u2019n vrou nie!\u201d<\/p>\n<p>Die ster weet hy is skuldig, maar hy probeer nog \u2019n hou inkry. Di\u00e9 keer in die rigting van Niekie, wat geamuseerd na die akteur se <em>tantrum<\/em> sit en kyk.<\/p>\n<p>\u201cEn jy, Mej. Branders? Met watter speletjie is jy besig? Ek neem aan jy het Marco verlei om toegang te kry tot my by die partytjie?\u201d<\/p>\n<p>En, dis net toe wat die sluimerende vulkaan op Niekie Branders se tong losbars!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Het jy geweet?<\/h4>\n<p>As jy van Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217; gehou het, gaan jy hierdie geniet!<\/p>\n<p>Ons het \u2019n nuwe fiksiereeks uit die pen van Martie Swanepoel, voorgelees deur Elize Cawood! <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/botox-barbies-en-bietse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Luister hier na die episodes &#8211; dis gratis!<\/a><\/p>\n<p>Ons gesels ook met bekendes op <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/tee-en-taai-toffies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Tee &amp; Taai Toffies<\/a> en ons praat oor verhoudings op <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rrradio\/tussen-ons\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Tussen Ons<\/a>. Kom gesels gerus saam op <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">facebook<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na \u2019n lang foongesprek verwerdig die Hollywood glansprins hom uiteindelik om sy lang lenige lyf om te draai in hulle koers. Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik, maar op die oomblik op Niekie vermors is&#8230; Lees Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217;<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":115838,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[37319,66093,373,998,1258,3378,4396,23450],"class_list":["post-115776","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-fiction","tag-vlam","tag-martie-swanepoel","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-ontspanning","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die &#039;Tantrum&#039; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik... Lees Vlam Hoofstuk 23: Die &#039;Tantrum&#039;\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die &#039;Tantrum&#039; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik... Lees Vlam Hoofstuk 23: Die &#039;Tantrum&#039;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-07-12T08:40:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-07-12T08:47:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"474\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217;\",\"datePublished\":\"2019-07-12T08:40:20+00:00\",\"dateModified\":\"2019-07-12T08:47:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/\"},\"wordCount\":1598,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg\",\"keywords\":[\"fiction\",\"vlam\",\"Martie Swanepoel\",\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"Ontspanning\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/\",\"name\":\"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum' | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg\",\"datePublished\":\"2019-07-12T08:40:20+00:00\",\"dateModified\":\"2019-07-12T08:47:09+00:00\",\"description\":\"Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik... Lees Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum'\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg\",\"width\":600,\"height\":474,\"caption\":\"Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum'\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum' | rooi rose","description":"Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik... Lees Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum'","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum' | rooi rose","og_description":"Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik... Lees Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum'","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-07-12T08:40:20+00:00","article_modified_time":"2019-07-12T08:47:09+00:00","og_image":[{"width":600,"height":474,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217;","datePublished":"2019-07-12T08:40:20+00:00","dateModified":"2019-07-12T08:47:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/"},"wordCount":1598,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg","keywords":["fiction","vlam","Martie Swanepoel","Vermaak","lees","fiksie","Ontspanning","entertainment"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/","name":"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum' | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg","datePublished":"2019-07-12T08:40:20+00:00","dateModified":"2019-07-12T08:47:09+00:00","description":"Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik... Lees Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum'","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/chair-contemporary-design-1766485-e1562921168818.jpg","width":600,"height":474,"caption":"Vlam Hoofstuk 23: Die 'Tantrum'"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-23-die-tantrum\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u00a0Vlam Hoofstuk 23: Die &#8216;Tantrum&#8217;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115776","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=115776"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115776\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/115838"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=115776"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=115776"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=115776"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}