{"id":115518,"date":"2019-07-03T06:00:54","date_gmt":"2019-07-03T04:00:54","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=115518"},"modified":"2019-07-03T16:09:10","modified_gmt":"2019-07-03T14:09:10","slug":"wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/","title":{"rendered":"Wees die verskil wat jy wil sien"},"content":{"rendered":"<p><em>Wees die verskil wat jy wil sien deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/PeopleImages?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">PeopleImages<\/a> Foto van Sanet Fagan: Hema Patel.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wees die verskil wat jy wil sien<\/h4>\n<p>As dit soms vir jou voel asof alles in Suid-Afrika net negatief is, is jy nie alleen nie \u2013 daarvan getuig die meer as 17 miljoen stemgeregtigdes wat besluit het om nie vanjaar te stem nie.<\/p>\n<p>Dit was die laagste stempersentasie sedert 1994, en is volgens kenners een van die duidelikste tekens dat Suid-Afrikaners van alle rasse siek en sat is vir politici, verkiesingsbeloftes en die vlaag haatspraak en rassisme wat die laaste paar jaar deel van ons diskoers geword het.<\/p>\n<p>Teen hierdie tyd is dit vir die meeste Suid-Afrikaners duidelik dat die oplossings vir ons probleme nie uit politieke geledere gaan kom nie. Inteendeel. Maar hoe gaan ons maak om die verskil \u2013 en versoening \u2013 wat ons so bitter nodig het te bewerk-stellig?<\/p>\n<p>Die goeie nuus is dat dit gedoen k\u00e1n word. Een so \u2019n voorbeeld is die versoeningsinisiatief op Coligny, \u2019n dorpie in Noordwes wat die afgelope twee jaar in die nuus is. Eers weens die dood van Matlhomoloa Moshoeu (16) wat na bewering deur Pieter Doorewaard en Philip Schutte vermoor is omdat hy glo sonneblomme gesteel het. (Doorewaard en Schutte is skuldig bevind, maar het reeds aansoek gedoen om teen hul skuldigbevinding te appelleer.)<\/p>\n<p>Moshoeu se dood het gelei tot kwaai rassespanning, gewelddadige opstande en huise en sakeondernemings is aan die brand gesteek. Maar sedertdien het Coligny \u2019n plek van hoop geword waar wit en swart hande gevat het. Hulle het \u2019n vredesforum gestig en opheffingsprojekte onder die leiding van ds. Tewie Pieters, \u2019n plaaslike predikant, begin. Dit, vertel die mense van Coligny, is besig om hul hele gemeenskap te verander.<\/p>\n<p>\u2019n Onlangse besoek aan Rwanda het my opnuut laat besef dat versoening en vooruitgang moontlik is, selfs in \u2019n land waar een miljoen mense \u2013 meestal Tutsi\u2019s &#8211; tussen April en Julie 1994 vermoor is. In \u2019n skrale honderd dae is een van die grootste volksmoorde in die moderne w\u00eareldgeskiedenis gepleeg. Familielede het mekaar verraai en bure wat voorheen vreedsaam langs mekaar gewoon het, het mekaar vermoor. Nou, 25 jaar later, is Suid-Afrika skynbaar meer verdeeld as in 1994, terwyl Rwanda skitter. Die land is silwerskoon, die tronke feitlik leeg en die bevolking ywerig aan die woeker.<\/p>\n<p>Deesdae word daar nie meer onderskeid getref tussen die groot bevolkingsgroepe (Hutu\u2019s en Tutsi\u2019s) nie \u2013 nou is almal Rwandese.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maar waar begin \u2019n mens? Hier is Sanet Fagan van Pretoria se verhaal<\/h4>\n<div id=\"attachment_115520\" style=\"width: 633px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-115520\" class=\"wp-image-115520\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/JULVers01RR.jpg\" alt=\"Wees die verskil wat jy wil sien\" width=\"623\" height=\"935\" \/><p id=\"caption-attachment-115520\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Hema Patel<\/p><\/div>\n<p>Sanet, deesdae hoofuitvoerende beampte van die nie-regeringsorganisasie SA Cares for Life, het alles gehad waarvan sy kon droom. \u2019n Man, twee kinders en \u2019n suksesvolle loopbaan in die internasionale hotelbedryf.<\/p>\n<p>\u201cEk het nog altyd baie ambisie gehad, ek wou naam maak en sukses behaal. Ek wou ander inspireer en \u2019n verskil maak,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p>Sy het altyd eersteklas gevlieg en in die beste hotelle gebly, en haar voorkoms moes natuurlik ook haar loopbaansukses weerspie\u00ebl. Deesdae sal jy Sanet meestal in jeans en tekkies in die stofstrate van \u2019n plakkerskamp in Moreletapark in Pretoria aantref.<\/p>\n<p>Sanet was altyd van plan om haar sukses met mense in nood te deel, maar vertel dat sy nooit gevoel het sy verdien genoeg om geld te kon weggee nie. Haar man se bekering in 2011 het ook haar verhouding met God verander, en sy het die duidelike boodskap gekry dat God wil h\u00ea sy moet met weeskinders en weduwees werk. Haar w\u00eareldreise het haar laat besef dat Suid-Afrika eintlik \u2019n wonderlike land met wonderlike mense is. \u201cDaar is so baie mense wat onder die radar fantastiese werk doen. Mense wat regtig omgee, en \u2019n hart het om \u2019n verskil te maak, al het hulle soms min. Eintlik is daar \u2019n hele Suid-Afrika vol sulke mense.\u201d<\/p>\n<p>Maar waar sou sy begin om weduwees en weeskinders te help?<\/p>\n<p>Toe SA Cares for Life, \u2019n nie-regeringsorganisasie wat na vroue en kinders in gevaar omsien, haar \u2019n pos as hoofuitvoerende beampte aanbied, het sy dit dadelik aanvaar. \u201cDit was \u2019n reuse-besluit wat ook my gesin sou raak \u2013 my salaris en voordele het letterlik met die helfte verminder, en party het heeltemal weggeval.\u201d<\/p>\n<p>Maar voor sy kon begin in haar nuwe pos, het twee geskuifde rugwerwels haar onverwags vir twee weke in die hospitaal laat beland. \u2019n Operasie het na al uitweg gelyk. Terwyl sy doodstil in haar bed moes l\u00ea, het sy hope dinktyd gehad. Sy glo die Here wou haar laat stil word sodat sy oor haar nuwe werk kon besin. Wat sou sy daarmee doen? Vir Sanet was die antwoord eenvoudig: sy sou geld insamel, en sommer baie daarvan! \u201cEnige nie-regeringsorganisasie wil tog graag meer geld h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy die verhaal lees van Jesus wat vir die blinde man gevra het of hy wil sien, het Sanet gedink dis vreemd om so iets vir \u2019n blinde te vra. \u201cNatuurlik sou hy wou sien! Toe besef ek dis wat ek met my nuwe werk wou doen: ek wou leer om werklik te kan sien. Ek het gebid dat God my moes help om op \u2019n ander manier te kyk sodat ek kon sien wat Hy vir my wou wys. In elke situasie, in elke mens, in elke plakkerskamp. Wat ook al Sy hart breek, moes my hart breek.\u201d<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 hierdie besef het haar rug herstel \u2013 sonder \u2019n operasie \u2013 en Sanet is ontslaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018Elkeen van ons kan \u2019n verskil maak en versoening help bewerkstellig\u2019<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy kyk sedertdien anders na die w\u00eareld om ons.<\/p>\n<p>\u201cIn die plakkerskamp wys God duidelik vir my die gebrokenheid, die mense wat al so lank om hulp en uitkoms bid. Hulle het so nodig om die Here te sien en te ervaar!\u201d<\/p>\n<p>Vandag w\u00e9\u00e9t sy: elkeen van ons kan God se hande en voete wees, kan \u2019n verskil maak, kan versoening bewerkstellig. \u201cMaar ongelukkig is daar nog te min van ons wat optree, wat doen wat gedoen moet word. En ek verstaan ook hoekom, want dis \u2019n groot besluit wat \u2019n mens baie kan kos. Ek weet hoe baie gemak is uit my eie lewe weggeneem, en ek weet ook dat organisasies wat beloftes maak en dit nie altyd nakom nie mense al seergemaak het. En soms voel mense dit werk nie, en arm mense wil net vat en vat. Of dalk het jy al iemand probeer help en dit het nie gewerk nie.\u201d<\/p>\n<p>Maar die ander kant van hierdie munt en al die wonderwerke wat sy daagliks beleef, inspireer Sanet steeds. \u201cSoos die agtjarige seuntjie wat so mishandel was dat hy dit as normaal aanvaar het en ook sy vierjarige sussie begin mishandel het. Die skool en gemeenskap wou opgee, maar ons het bly veg vir hierdie kind en bly liefde, kos en aandag gee.\u201d Die draaipunt het gekom toe Sanet-hulle vir hom nuwe skoolskoene koop. \u201cDit het iets in sy hart heeltemal laat verander. Nou is hy \u2013 skaars tien \u2013 die een wat elke middag n\u00e1 skool \u2019n bejaarde vrou gaan voer wat \u2019n beroerte gehad het en nie self kan eet nie. Want hy wil nou ook \u2019n verskil in iemand anders se lewe maak.\u201d<\/p>\n<p>Of stories soos die (swart) vrou wat \u2019n jong (wit) vrou en haar tweejarige dogtertjie in haar beskeie huisie ingeneem en gehelp het. \u201cDaar is nie eens \u2019n vloer of beddens nie, maar sy het haar kos en komberse gedeel, gehelp om die dogtertjie te versorg en om hulle veilig te hou totdat hulle ook \u2019n huisie kon kry.\u201d<\/p>\n<p>Vir Sanet is hierdie stories meer as net wonderwerke \u2013 dit wys ook vir haar watter soort mense oral om ons in Suid-Afrika woon, baie van hulle ook in plakkerskampe en woonbuurte waar ons dit nie sommer sal waag nie.<\/p>\n<p>\u201cOns moet altyd onthou dat daar in daardie buurte ook mense is wat bid. Hulle kry boonop swaarder as ons, en wag ook op verligting, op verandering, op \u2019n nuwe begin. Nes ons, raak hulle ook moedeloos. En hulle wonder of iemand gaan raaksien dat hulle nie almal sleg is nie.\u201d<\/p>\n<p>Sanet vertel dat haar hart en lewe saam met haar o\u00eb oopgegaan het. \u201cWanneer ek nou in \u2019n plakkerskamp stap, sien ek die mense en hul harte. Dis wat God my wou wys: mense wat bid en wag. Hy sal vir die wonderwerke sorg \u2013 ons moet net gaan en die werk begin.\u201d<\/p>\n<p>Natuurlik raak sy soms moeg en moedeloos. En ja, soms wonder sy oor geld vir mediese uitgawes en kos vir haar gesin, en waar die geld vir die organisasie se projekte vandaan sal kom. \u201cMaar ek leer steeds daagliks van bid en wag op uitkoms. So baie mense was reeds dapper genoeg om gehoorsaam te wees en \u2019n verskil te begin maak, en saam kan ons so \u2019n groot verskil maak en groot versoening bewerkstellig.\u201d<\/p>\n<p>Voel jy ge\u00efnspireerd om \u2019n verskil te maak en by te dra tot versoening? Raak betrokke by \u2019n inisiatief in jou eie dorp\/stad, of kontak Sanet by <a href=\"mailto:sanet@sacares.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">sanet@sacares.co.za<\/a> en wees die verskil wat jy wil sien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-lewe\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vir nog inspirasie, lees hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Versoening is \u2019n gelade woord. Maar dis ook \u2019n werkwoord wat by die klein treetjies van individue begin. Hier is \u2019n bietjie inspirasie &#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":115527,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,674,677,662],"tags":[135,348,1112,60333,74668],"class_list":["post-115518","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-in-die-nuus","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-inspirasie","tag-tussen-ons","tag-jou-lewe","tag-versoening"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wees die verskil wat jy wil sien | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Versoening is \u2019n gelade woord. Maar dit begin by klein treetjies van individue. Hier is \u2019n bietjie inspirasie ... Wees die verskil wat jy wil sien\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wees die verskil wat jy wil sien | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Versoening is \u2019n gelade woord. Maar dit begin by klein treetjies van individue. Hier is \u2019n bietjie inspirasie ... Wees die verskil wat jy wil sien\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-07-03T04:00:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-07-03T14:09:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"601\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Wees die verskil wat jy wil sien\",\"datePublished\":\"2019-07-03T04:00:54+00:00\",\"dateModified\":\"2019-07-03T14:09:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/\"},\"wordCount\":1528,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"inspirasie\",\"tussen ons\",\"jou lewe\",\"versoening\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"In die nuus\",\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/\",\"name\":\"Wees die verskil wat jy wil sien | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg\",\"datePublished\":\"2019-07-03T04:00:54+00:00\",\"dateModified\":\"2019-07-03T14:09:10+00:00\",\"description\":\"Versoening is \u2019n gelade woord. Maar dit begin by klein treetjies van individue. Hier is \u2019n bietjie inspirasie ... Wees die verskil wat jy wil sien\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/07\\\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg\",\"width\":900,\"height\":601,\"caption\":\"iStock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wees die verskil wat jy wil sien\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wees die verskil wat jy wil sien | rooi rose","description":"Versoening is \u2019n gelade woord. Maar dit begin by klein treetjies van individue. Hier is \u2019n bietjie inspirasie ... Wees die verskil wat jy wil sien","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wees die verskil wat jy wil sien | rooi rose","og_description":"Versoening is \u2019n gelade woord. Maar dit begin by klein treetjies van individue. Hier is \u2019n bietjie inspirasie ... Wees die verskil wat jy wil sien","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-07-03T04:00:54+00:00","article_modified_time":"2019-07-03T14:09:10+00:00","og_image":[{"width":900,"height":601,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Wees die verskil wat jy wil sien","datePublished":"2019-07-03T04:00:54+00:00","dateModified":"2019-07-03T14:09:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/"},"wordCount":1528,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg","keywords":["Verhoudings","inspirasie","tussen ons","jou lewe","versoening"],"articleSection":["Persoonlike groei","In die nuus","Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/","name":"Wees die verskil wat jy wil sien | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg","datePublished":"2019-07-03T04:00:54+00:00","dateModified":"2019-07-03T14:09:10+00:00","description":"Versoening is \u2019n gelade woord. Maar dit begin by klein treetjies van individue. Hier is \u2019n bietjie inspirasie ... Wees die verskil wat jy wil sien","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/07\/iStock-888343166-e1562070339234.jpg","width":900,"height":601,"caption":"iStock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-die-verskil-wat-jy-wil-sien-versoening\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wees die verskil wat jy wil sien"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115518","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=115518"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115518\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/115527"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=115518"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=115518"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=115518"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}