{"id":114857,"date":"2019-06-21T10:01:05","date_gmt":"2019-06-21T08:01:05","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=114857"},"modified":"2019-06-21T10:01:05","modified_gmt":"2019-06-21T08:01:05","slug":"annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/","title":{"rendered":"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades"},"content":{"rendered":"<p><em>Annelisa Weiland: 7de Laan\u2019 se Hilda vier sewe dekades deur Christiaan J de Swart. Foto: SJ van Zyl van SJ Photography<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis halfses in die oggend. Die selfoonwekker lui, maar die sluimerknoppie gun haar nog vyf minute se rus. Toe skakel sy die lig in haar kamer in die ruim, gerieflike huis in Auckland Park, Johannesburg, aan.<\/p>\n<p>\u2019n Buitengewoon klein vroutjie borsel haar tande en kyk in die spie\u00ebl. Haar kort krulledos weier om elke dag dieselfde te lyk en wip vanoggend woes. Die kepe van die lewe wys om haar mondhoeke. Sy glimlag en haar sagte groen o\u00eb vonkel en versag die plooitjies om haar lippe. Sy het vrede gemaak met wat die spie\u00ebl weerkaats. Sy tel haar se\u00ebninge.<\/p>\n<p>Sy het onlangs haar sewentigste verjaardag gevier.<\/p>\n<p>Haar boetie en \u2019n vriendin wat sy al oor die sestig jaar ken, noem haar Titte. Ander noem haar Annie (die Engelse uitspraak), Miss Wee en Wanna.<\/p>\n<p>Maar die meeste mense ken haar die afgelope twintig jaar as een van die gewildste karakters op Suid-Afrikaanse televisie: Hilda de Kock (wat later Van Zyl geword het), Spinnekopvroutjie (soos Matrone haar noem) of My Nartjiepit en My Narsing van Saron (maar enkele van die gevleuelde troetelnaampies wat Oubaas haar gedoop het) in SABC2 se stersepie 7de Laan.<\/p>\n<p>Sy is die aktrise Annelisa Dora Deborah Weiland.<\/p>\n<p>Dis elke oggend haar taak om haar dierekinders te versorg; aandag te gee, te vertroetel en genoeg kos en water vir die dag uit te sit, want soms kom sy eers donker tuis.<\/p>\n<p>\u201cDie huis is heeltemal te groot vir een mens, maar my honde baljaar die huis vol. My huis is my toevlugsoord. Vreemd genoeg, wanneer \u2019n paar pelle kom kuier, sit ons altyd in die kombuis. Dis vir my lekker om saam met my honde op die rusbank in die sitkamer te verkeer. Ek\u2019t \u2019n bruin weimaraner, Zara, en \u2019n wit standard-poedel, Jasper. Hulle is my hart se punt. Ek verkies nie diere b\u00f3 mense nie, maar diere gee jou onvoorwaardelike liefde. Hulle is ingestel op elke nuanse en voel jou gemoedstoestand instinktief aan. Hulle veroordeel jou ook nie en hulle beskerm jou.\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea regmaak vir werk in die oggend is om soos kindertyd vir skool voor te berei. \u201cMy <em>suitcase<\/em> is al die vorige aand gepak: die teks &#8211; wat ek die vorige aand bestudeer en my woorde geleer het, en k\u00e9n! &#8211; drinkgoed, kitshawermout en \u2019n paar vrugte vir energie.\u201d<\/p>\n<p>Sy trek die deur agter haar toe en vertrek met haar koffertjie ateljee toe.<\/p>\n<p>Ons gesprek \u2013 \u2019n energieke tonikum vol verrassings \u2013 vind tussen dialoogrepetisies, stelplasings en sessies tussen grimeerkunstenaars, haarstileerders en garderobe-ontwerpers plaas.<\/p>\n<p>Di\u00e9 geliefde Hillside-karakter het 17 jaar lank dieselfde gelyk: stywe bollatjie of poniestert, gehekelde truitjies, verspotte serpies en d\u00e1\u00e1i onvleiende deli-baadjie. Kwansuis preuts, maar sy h\u00e9t geweet hoe om Oubaas met die seweserpedans te verlei! En hoe om boerewors te maak, met die vreemdste konkoksies resepte te bedink en geregte te belemmer &#8211; \u00e9n om kuns uit takke en vere te skep!<\/p>\n<p>Maar toe neem haar lewe \u2019n wending toe die vervaardigers besluit dit was tyd vir \u2019n radikale transformasie n\u00e1 Oubaas (gespeel deur <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pierre-van-pletzen-oor-oud-word\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Pierre van Pletzen<\/a>) haar met \u2019n ander vrou verneuk en letterlik uit die prentjie verdwyn.<\/p>\n<p>\u201cEk dink Hilda het al die tyd eintlik maar in die skadu van <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/in-gesprek-met-pierre-van-pletzen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Oubaas<\/a> geleef. Die vervaardigers het slim gedink. As aktrise is jy uiteraard uitgelewer aan waarmee die draaiboekskrywers vorendag kom. Ek geniet die nuwe rigting met Hilda: minder eksentriek, innerlike emosionele groei en effe meer gesofistikeerd. Maar ek moet erken, ek mis haar koddige maniertjies en na\u00efwiteit.\u201d<\/p>\n<p>Annelisa s\u00ea haar hare was in 25 jaar nog nooit s\u00f3 kort nie! \u201cIn die verlede, wanneer ek daardie bollatjie losgemaak het en die deli-baadjie uitgetrek het en huis toe is, het minder mense my herken, want my hare het wild gewapper!\u201d<\/p>\n<p>Die nuwe Hilda dra nou \u2019n kapsel wat kort op haar ore gesny is, sagte grimering en stylvolle klere. \u201cDie rigting wat die nuwe 7de Laan inslaan, ontstel dalk sommige mense, maar dit is nodig. Voorheen was dit meestal goedvoel-ontvlugting. Nou word werklike kwessies aangespreek &#8211; en die werklikheid het nie altyd \u2019n sprokieseinde nie.\u201d<\/p>\n<p>In die werklike lewe het Annelisa ook al trauma, teleurstelling en uitdagings ervaar.<\/p>\n<p>Haar pa, Ewald, was net 23 toe hy per skip van Duitsland hier aangekom het om tekstielmasjinerie te installeer. Hy is terug Duitsland toe, maar het op Suid-Afrika verlief geraak en besluit om hom in Kaapstad te kom vestig.<\/p>\n<p>Dis hier waar hy Stienie (\u2019n nooi Goosen en nege jaar jonger as hy) ontmoet het. Uit di\u00e9 huwelik is \u2019n seun, Ewald, en \u2019n dogter, Annelisa, in Seepunt gebore. Ma Stienie is in 1996 oorlede en pa Ewald in 2007 op die ouderdom van 98.<\/p>\n<p>\u201cEk was \u2019n sieklike kind en is \u2019n paar keer byna dood aan asma. Ek is vol kortisoon gepomp en ek glo dis hoekom ek nooit behoorlik gegroei en ontwikkel het nie. Ek het gesonder geword toe ons van Pinelands na Durbanville toe getrek het. Daar het ek en my broer, Ewald &#8211; vier jaar jonger as ek, maar seker drie keer groter! &#8211; \u2019n gelukkige lewe gehad met \u2019n swembad, \u2019n koei en eendjies.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Kom groet gerus in die straat en gee maar \u2019n liefderyke drukkie. Maar moet asseblief net nie soen nie; veral nie oopbek nie!\u2019 &#8211; Annelisa Weiland<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>N\u00e1 matriek het Annelisa drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer en haar graad in 1972 verwerf. Sy het al in professionele stukke opgetree toe sy nog \u2019n student was.<\/p>\n<p>Maar sy wou eers oorsee gaan &#8230; En dit was \u2019n episode in \u2019n sepie! \u201cEk is Duitsland toe en het as kelnerin gewerk. Groot was my verbasing oor die ingewikkelde opleiding daar. Die kelnerinwerk was senutergend en ek was \u2019n wrak. Ek het die moeilike en streng stelsel gehaat. Dit was \u2019n geskarrel tussen kelnerinne om soveel mense so vinnig moontlik te bedien en om die meeste<br \/>\nfooitjies te verdien. Ek moes borde kos op my kort armpies probeer dra &#8230; Dit was \u2019n senutergende ervaring!\u201d<\/p>\n<p>Terug in Suid-Afrika is Annelisa in 1973 by die destydse kunsteraad Truk aangestel en spog met amper veertig uiteenlopende rolle in teater, op TV en in rolprente. \u201cEk is mal oor klassieke werk, want die groot dramaturge was eintlik filosowe,\u201d s\u00ea sy. \u201cEk sal nooit \u2019n karakter wat ek vertolk, oordeel nie, of dit \u2019n moordenaar of \u2019n engel is. Die karakter verdien jou respek as aktrise. Teater is \u2019n ontdekkingsreis. Spel vir die skerm verg ander tegnieke en dis hengse veeleisende werk.\u201d<\/p>\n<p>Tussen Annelisa se teaterhoogtepunte is Shakespeare se Hamlet, met regie deur Robert Mohr. Sy was Ophelia. \u2019n Ander hoogtepunt was Dieter Reible se produksie Titus Andronicus. \u201cDit was baanbrekerswerk. Die bloed het op die verhoog gevloei en teatergangers het flou geword. Dit was die begin van skokteater,\u201d onthou sy.<\/p>\n<p>In die beginjare van televisie was Annelisa die stem van Heidi in die oorgeklankte weergawe. Sy het in talle reekse gespeel, maar sonder die regisseur Stephan Bouwer se pretreekse Drama Drama en Dokter Dokter uit. Sy is veral trots op haar spel in die klassieke enkeldramas Liesbet slaap uit en Die Koster.<\/p>\n<p>Op haar rolprentkerfstok is Die Sonvreter (1973), Boetie op Maneuvers (1985) en verlede jaar se Susters. Sy is sedert 2000 heeltyds onder kontrak by 7de Laan. \u201cDie vervaardigers van<br \/>\n7de Laan is toegeeflik en is bereid om die storielyn aan te pas en ons die geleentheid te bied om in ander genres te werk &#8211; meestal teater, wat \u2019n aangename voedingsbron vir kreatiwiteit is.\u201d<\/p>\n<p>Tussendeur haar bedrywige loopbaan het die lewe ook gebeur.<\/p>\n<p>Annelisa het betekenisvolle verhoudings ervaar. \u201cEk verkies nou om op my eie te wees. Die huwelik en moederskap was my bloot nie beskore nie, maar dit laat nie \u2019n leemte in my nie. Ek weet regtig nie h\u00f3\u00e9 \u2019n ma ek sou wees nie. Ek is oorbeskermend en selfs neuroties oor my hondekinders. Ek moes my wonderlike hond, Seun, \u2019n rottweiler wat my bure verwaarloos het en ek op vyf aangeneem het, op 13 laat uitsit. My geliefde weimaraner, Lolita, is amper drie jaar gelede oorlede. Sy\u2019t \u2019n breingewas gehad. Dit het my hart gebreek; sy was nie eens vyf jaar oud nie.<br \/>\nEk weet nie of ek die dood van kinders van my bloed sou kon verwerk nie.\u201d<\/p>\n<p>Deur die jare het sy spesiale mense bymekaargemaak. En di\u00e9 wat nog lewe het haar sewentigste verjaardag op 15 Februarie saam met haar gevier. \u201cMy ouers was destyds vriende met \u2019n Switserse egpaar, Den Hartog, en ons was bure in Durbanville. Hulle is terug Switserland toe weens die Sharpeville-gebeure. Ek en hul dogter, Helen, het kontak behou. Sy het as student in \u2019n stadium by my ouers gewoon en ons was soos susters. Sy het deur die jare gereeld kom kuier.\u201d<\/p>\n<p>Annelisa se huis is vroe\u00ebr vanjaar in \u2019n paartiehuis omskep. \u201cHelen het aangebied om vir die paartie te betaal \u2013 en ek kon \u2019n spysenier huur! Al wat van my verwag is, is om te ontspan, wyn te drink en te kuier. En ek h\u00e9t!\u201d<\/p>\n<p>Op di\u00e9 spesiale dag het Annelisa haar nie met kollegas, glanssterre of invloedryke agente omring nie, maar met die mense met wie sy deur jare opregte vriendskappe gesmee het, insluitende haar broer, Ewald, en sy vrou, Mich\u00e8le. \u201cEk is so dankbaar vir hulle. Ewald het vroe\u00ebr vanjaar \u2019n driedubbele hartomleiding ondergaan, maar hy sterk fris aan,\u201d s\u00ea sy met deernis.<\/p>\n<p>En toe is Annelisa en haar vriendinne \u2019n week lank Nature\u2019s Valley toe: Ingrid Mignon Sue (van Johannesburg) en die drie vroue van Z\u00fcrich: Helen, Karin en Lize (\u2019n Amerikaner).<\/p>\n<p>\u201cEk het vir my <em>shorts<\/em> gaan koop &#8211; nogal in die kinderafdeling van die klerewinkel! &#8211; vir di\u00e9 wegbreek. Ek weet \u2019n vrou van my ouderdom is seker nie veronderstel om haar bene te wys nie, maar ek wou! Ek hou van optert en mooi aantrek wanneer ek uitgaan, maar andersins is ek gelukkig in jeans en fleezy jakkies.\u201d<\/p>\n<p>Annelisa s\u00ea sy kan erg oor haar gevoelens wroeg. \u201cDie kop en die hart is gedurig in \u2019n stryd; soms selfs obsessief-kompulsief.\u201d<\/p>\n<p>Sy put vervulling en tevredenheid uit \u2019n boek wat \u2019n mens laat nadink, \u2019n rolprent wat indruk maak, musiek met betekenis, verrassings en die talle se\u00ebninge van die lewe.<\/p>\n<p>Ons voltooi di\u00e9 gesprek skuins n\u00e1 sewe die aand. Sy het pas tuisgekom; heelwat vroe\u00ebr as gewoonlik. \u201cEk is moeg. Ek het gou \u2019n paar lengtes gaan swem. Ek skink nou \u2019n halwe wyntjie om te ontlaai. My Woolies-ete is gereed &#8211; net hoender, neute en \u2019n slaai. Dan gaan ek slaap.\u201d<\/p>\n<p>Annelisa besef as Hilda is sy volksbesit. Sy waardeer ondersteuners se bewondering, maar sy ag privaatheid hoog. \u201cKom groet gerus in die straat en gee maar \u2019n liefderyke drukkie. Maar moet asseblief net nie soen nie; veral nie oopbek nie!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7 dinge wat jy dalk nie van Annelisa Weiland geweet het nie<\/h4>\n<ul>\n<li>Ek\u2019t \u2019n Duitse paspoort.<\/li>\n<li>Ek het artritis in my hande, maar speel steeds klavier (net nie meer s\u00f3 goed nie).<\/li>\n<li>Ek vloek baie.<\/li>\n<li>Ek kan die slap koejawel doen.<\/li>\n<li>Ek\u2019t nog al my eie tande (party van hulle ook maar net-net).<\/li>\n<li>Ek dans soms op my eie (dit verwar die honde!).<\/li>\n<li>Partykeer ontstel klassieke musiek my.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gewilde aktrise Annelisa Weiland het onlangs sewentig geword. Sy kyk terug op \u2019n roemryke loopbaan en \u2019n lewe wat sy steeds voluit l\u00e9\u00e9f. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":114867,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,3434,23450,24339,147,998],"class_list":["post-114857","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-bekendes","tag-vermaak"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die gewilde aktrise Annelisa Weiland het onlangs sewentig geword. Sy kyk terug op \u2019n roemryke loopbaan. 7de Laan se Hilda vier sewe dekades\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die gewilde aktrise Annelisa Weiland het onlangs sewentig geword. Sy kyk terug op \u2019n roemryke loopbaan. 7de Laan se Hilda vier sewe dekades\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-06-21T08:01:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRAnnelisa01RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"397\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"595\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades\",\"datePublished\":\"2019-06-21T08:01:05+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/\"},\"wordCount\":1887,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRAnnelisa01RR.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"ons mense\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"bekendes\",\"Vermaak\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/\",\"name\":\"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRAnnelisa01RR.jpg\",\"datePublished\":\"2019-06-21T08:01:05+00:00\",\"description\":\"Die gewilde aktrise Annelisa Weiland het onlangs sewentig geword. Sy kyk terug op \u2019n roemryke loopbaan. 7de Laan se Hilda vier sewe dekades\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRAnnelisa01RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRAnnelisa01RR.jpg\",\"width\":397,\"height\":595,\"caption\":\"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades | rooi rose","description":"Die gewilde aktrise Annelisa Weiland het onlangs sewentig geword. Sy kyk terug op \u2019n roemryke loopbaan. 7de Laan se Hilda vier sewe dekades","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades | rooi rose","og_description":"Die gewilde aktrise Annelisa Weiland het onlangs sewentig geword. Sy kyk terug op \u2019n roemryke loopbaan. 7de Laan se Hilda vier sewe dekades","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-06-21T08:01:05+00:00","og_image":[{"width":397,"height":595,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRAnnelisa01RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades","datePublished":"2019-06-21T08:01:05+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/"},"wordCount":1887,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRAnnelisa01RR.jpg","keywords":["celebs","ons mense","entertainment","local celebs","bekendes","Vermaak"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/","name":"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRAnnelisa01RR.jpg","datePublished":"2019-06-21T08:01:05+00:00","description":"Die gewilde aktrise Annelisa Weiland het onlangs sewentig geword. Sy kyk terug op \u2019n roemryke loopbaan. 7de Laan se Hilda vier sewe dekades","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRAnnelisa01RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRAnnelisa01RR.jpg","width":397,"height":595,"caption":"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/annelisa-weiland-7de-laan-se-hilda-vier-sewe-dekades\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Annelisa Weiland: 7de Laan se Hilda vier sewe dekades"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114857","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=114857"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114857\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/114867"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=114857"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=114857"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=114857"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}