{"id":114400,"date":"2019-07-31T15:06:24","date_gmt":"2019-07-31T13:06:24","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=114400"},"modified":"2019-07-31T15:06:24","modified_gmt":"2019-07-31T13:06:24","slug":"valley-rainbow-akkommodasie-forel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/","title":{"rendered":"Valley of the Rainbow &#8211; akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek"},"content":{"rendered":"<p><em>Valley of the Rainbow &#8211; akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek deur Salom\u00e9 Delport. Foto&#8217;s deur Salom\u00e9 Delport en verskaf.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Valley of the Rainbow &#8211; akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek<\/h4>\n<p>Is daar regtig \u00earens \u2019n volmaakte vakansieplek? Iewers naby aan Johannesburg\/Pretoria maar v\u00e9r van die stad en al sy gedruis? \u00carens waar Moeder Natuur jou koester en jou tog ook uitdaag om te stap. \u2019n Plek waar jy kan speel en kuier en laat slaap en jou kan verlustig in groenigheid selfs in die Ho\u00ebveldse winter? \u2019n\u00a0Ruimte waar jou psige \u2019n diep-vredige sug kan slaak en wegsink in salige oorgawe aan tot-stilstand kom &#8230;<\/p>\n<p>Ek het onlangs Valley of the Rainbow ontdek. En ek moet s\u00ea as vrede jou missie is, kry dit tien uit tien. Ek hoor \u2019n taamlik bekende persoon en sy familie kuier juis daarom gereeld hier.<\/p>\n<p>Net om jou \u2019n idee te gee van hoe afgesonderd dit is: dit l\u00ea tussen twee dorpies waarvan ek nog nooit gehoor het nie: Tonteldoos en Blinkwater. En tog is dit nie ver van Johannesburg nie \u2013 twee uur van Oliver Tambo-lughawe, dalk drie uur op \u2019n besige Vrydagmiddag, en omtrent halfpad Krugerwildtuin toe. Die drie groot dorpe naby Valley of the Rainbow is Dullstroom (Kw\u00eala-finalis vir Dorp van die Jaar), asook Belfast en Middelburg.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-114444 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-bord.jpg\" alt=\"\" width=\"637\" height=\"507\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Akkommodasie en forel<\/h4>\n<p>Sou ons die BBP raakloop? wonder ek vooraf. Waar sal \u2019n beroemde wil oornag en vakansie hou as hy\/sy \u2018n dag of wat wil ontkom aan die las van roem? Waar sou \u00e9k wou bly as ek beroemd was en \u2019n bietjie wou wegkruip?<\/p>\n<p>By Valley of the Rainbow is daar vyf opsies, met \u2019n regte antieke meul as die besonderste slaapplek. Waar anders gaan jy ooit in jou lewe die geleentheid kry om in \u2019n meul te slaap, langs \u2019n regte meulwiel met al sy die ratjies en siwwe?<\/p>\n<p>Die meul is outentiek gerestoureer, en selfs die magneetkassie is behou. (Ek het ook moes wonder waarom \u2019n meul so iets sou h\u00ea? Die verklaring is baie logies, verduidelik Jamie van Zyl, die eienaar, wat jy soms hier sal raakloop. Draad en spykers is deel van elke boer se bedrywighede. Soms land dit tussen die koringkorrels en mieliepitte. Daarom word elke sak se inhoud voor dit gemaal word deur die magneetkassie gestoot om sulke stukkies metaal uit te trek sodat dit nie die meulratte beskadig nie.)<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114463 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-mill.jpg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"384\" \/><\/p>\n<p>Die Witpoort Meul is in die 1890\u2019s kort voor die Boereoorlog gebou. Die meul was hartbloed vir die Boere in die oorlog, en veral vir generaal Ben Viljoen (daardie een oor wie Sonja Loots se boek, Sirkusboere, handel). Dit was so goed weggesteek in hierdie klein valleitjie dat net die Boeremagte geweet waar dit is, en so daarop kon staatmaak vir hul daaglikse brood en pap. Toe was die vallei \u2019n digbebosde woud, en die Boere het menigmaal die Britte ontduik deur hierlangs weg te glip.<\/p>\n<p>Uiteindelik het die Britte Witpoort ontdek, en \u00a0summier die meul laat opblaas. Gelukkig het hulle net een deel daarvan vernietig voor hulle moes padgee. Dit is herstel en het jare bly dien.<\/p>\n<p>Die meul het tot so onlangs as 1996 nog gewerk. Vir net langer as &#8216;n eeu het die hele omgewing elke jaar net n\u00e1 oestyd hul sak of tien mielies en koring op waentjies gelaai en kom maal. Met piektye het tot honderd donkiekarretjies per dag die grondpad na die meul toe aangepak.<\/p>\n<p>Die meul werk nie nou meer nie. Die kommersieel groot Blinkwater Meul is intussen opgerig, waar plaaslike groot- en kleinboere kom maal. Maar jy sal nog Witpoort se laaste meulenaar op Valley of the Rainbow raakloop.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114462 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-lawn.jpg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"699\" \/><\/p>\n<p>Groot Koos Sonakhosa Mahlangu, nou ook al 87, se pa was die eerste meulenaar, en Koos het as seuntjie sy dae om die meul en rivier omgespeel. Dit was net logies dat hy by sy pa sou oorneem. Hy gesels graag \u2013 en as hy blinkoog oor die meul beduie, is dit asof jy hom, wit van die meulstof, kan voorstel, besig om groot sakke koring en mielies oor sy sterk, bre\u00eb rug aan te dra, met sy kennershand te voel of die pitte droog genoeg is, en uiteindelik die fyn wit meel aan die regmatige eienaar daarvan te oorhandig in ruil vir sy loon van R10 per sak vir vars gemaalde kos vir \u2019n seisoen, van jou eie land af.<\/p>\n<p>Sy raad as jy wil weet hoe hy op 87 nog so sterk en helder is? &#8220;Jy moet besig bly. Daai spiere van jou moet elke dag werk! Jou kop moet elke dag dink! Jou mond moet elke dag mooi dinge s\u00ea vir jou mense!&#8221;<\/p>\n<p>In die gerestoureerde meul dien die antieke wiel as die perfekte agtergrond vir die industri\u00eble styl meubels. Die Millroom en The Mill kyk uit op die boonste van vier foreldamme, omring deur sagte groen kweek wat jou nooi om jou te kom neervly. Saans, teen skemer, sien jy kort-kort \u2019n forel uitspring op soek na &#8216;n vliegie of twee. Water kabbel verby. Die windjie ruis soms liggies deur die populierbos neffens jou. Dikwels is die water spie\u00eblglad. Dan kaats wolke en die maan en sterre daarin. Dit \u00eds prentjiemooi.<\/p>\n<p>Al het jy \u2019n minikombuis, is die Manor House naby sodat jy kan aansit vir ontbyt en \u2019n vyfgangaandete, wat altyd forel insluit.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114460 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-mil-fin.jpg\" alt=\"\" width=\"480\" height=\"960\" \/><\/p>\n<p>Maar sou ek hier wou bly, as ek as beroemde wou wegkom van alles en almal? Vir die beroemdes, lyk dit vir my, is dit t\u00e9 naby aan die hoofgastehuis. Of skat ek heeltemal verkeerd? Ek sou s\u00ea dit is die ideale akkommodasie vir paartjies en\u00a0mense wat droom daarvan om heeldag onbeperk te vlieghengel vir forel.<\/p>\n<p>Die Manor House is natuurlik ook\u00a0\u2019n opsie vir sjarmante \u201c<em>countryside<\/em>\u201d of wildernis-akkommodasie. Op die boonste verdieping is daar vier private slaapkamers, heerlik luuks ingerig met van <em>wingback<\/em>-stoele tot Persiese tapytjies, elkeen met sy badkamer. Ontbyt en \u2019n vyfgangaandete is ingesluit in jou akkommodasie &#8211; \u2019n moeitevrye vakansie of naweek, met hope tyd vir stap, vlieghengel, slaap of rondhang voor die groot oop kaggel met sy bibliotekie van boeke oor Afrika, wat van forelvangkunsies tot Karen Blixen van Out of Africa-faam se persoonlike dagboek insluit. Jy het niks meer as stapskoene en \u2019n tandeborsel nodig nie. Was ek beroemd, sou dit uiters aanloklik gewees het, veral in die winter!<\/p>\n<p>Maar as ek s\u00e9lf beroemd was en regtig wou wegkom, het ek beslis na die drie ander opsies vir akkommodasie dieper in die wildernis in gekyk: die drie luukse- tente op die onderpunt van die foreldamme; die luukse houthutte heel diepste in die vallei in, verby die Country House-plaashuis, self ook \u2019n opsie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114447 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-country-house.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"260\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter akkommodasie om te kies?<\/h4>\n<p>Die luukse Tented Chalets, diep onder die skaduwee van eeue oue witstinkhoute, kyk uit oor die foreldamme. Jy is so na aan die water dat dit voel asof jy dalk-dalk van die stoep af jou lyn tot in\u00a0die water sou kon gooi.<\/p>\n<p>As jy die hele kamp uithuur vir jou familie, het jy heerlik private kampeer-akkommodasie wat pragtig gele\u00eb is, met jou eie dek waar jy heeldag kan braai en agteroor sit tussen die boomtakke, soos \u2018n vo\u00ebltjie in jou eie nes.<\/p>\n<p>Moet jou nie bekommer dat jou naweekkamp in die wildernis primitief sal wees nie. Dit is &#8216;<em>glamping<\/em>&#8216; of glanskamp op sy beste. Elke tent het sy eie volledige buitekombuis en luukse binnebadkamer. Ek dink my in soel someraande, n\u00e1 \u2019n Ho\u00ebveldse donderstorm die lug gesuiwer het. Lieflik!<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114456 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-heart.jpg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"446\" \/><\/p>\n<p>Gepraat van donderstorms: die ruim Country House met sy vyf slaapkamers, elkeen met sy eie badkamer, en bre\u00eb rooistoepe reg rondom beskerm jou teen die elemente soos net \u2019n huis kan. Hi\u00e9r is genoeg akkommodasie vir \u2018n BBP se hele familie of groep vriende. Die grasperke gee onbeperkte speelplek vir &#8216;n span kinders en is ruim genoeg vir pa\u2019s en seuns wat wil bal skop en skrum. Boonop is jy naby aan &#8216;n dam in die rivier as jy hou van vliegvisvang. Dit is ook nie te ver van die rivierpoel af nie waar jy kan afkoel in die somer. Ek dink di\u00e9 een sou my keuse wees vir \u2019n naweekplek, as ek bietjie roem gehad het waarvan ek wou ontsnap vir \u2019n langnaweek of wat.<\/p>\n<p>Maar dit is nou as ek \u2019n gesin het. Vir \u2019n romantiese naweekwegbreek \u2013 net jy en jou Suikerbos alleen \u2013 bied die luukse Nature Cabins die allerprivaatste akkommodasie, met \u2019n spierwit pootjiesbad wat lang romantiese aande beloof \u2026<\/p>\n<p>Jy het \u2019n minikombuis en \u2019n stoep met \u2019n Weber-braai \u00e9n uitsig. Hier word jou pas bepaal deur die son se gang en die riviertjie se kabbelende kronkelloop oor spoelklip en plaat. Vrede! Vrede in oormaat.<\/p>\n<p>Het ek toe daardie BBP raakgeloop? Nee. Hy het m\u00fd ook nie raakgeloop nie. Ons was in elke geval te besig. Hy vir seker ook &#8230;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-114455 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-flyfish.jpg\" alt=\"\" width=\"601\" height=\"451\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Lekker doendinge by Valley of the Rainbow<\/h4>\n<p>Valley of the Rainbow laat my aan die ideale venue vir \u2019n klein, intieme <em>country<\/em>-troue dink \u2013 nie kommersieel nie maar een waar familie en vriende saamkuier en die nuwe band vier. Daar is slaapplek vir veertig gaste, groot stoepe, lieflike grasperke en die mooiste agtergrond vir troufoto\u2019s. Julle kan die hele naweek die plek uitboek en behoorlik makietie hou. Doen jou eie beplanning, of laat \u2019n beplanner dit vir jou re\u00ebl.<\/p>\n<p>Van die lekkerste aktiwiteite vir gaste is:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vang \u2019n forel of twee<\/strong><\/p>\n<p>Huur \u2019n stok, kry vliegaas en kyk of jy \u2019n gelukkie tref. Daar word elke jaar nuwe forelle in die foreldamme geplaas. Die vang-en-vrylaat beginsel geld maar jy kan jou forel op jou selfoon vasvang en spog met jou vangs op Valley of The Rainbow se Facebook- blad.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Stap<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan om die damme op hul groen kweek stap, en afdwaal in die wildspaadjies tussen die populiere, al langs die kronkelende riviertjie. Of pak die medium-gradering staproete op in die kloof aan. Beplan vir twee, drie uur. Dit is nie t\u00e9 moeilik nie maar vir een deel gebruik jy \u2019n ketting of twee. Moenie in die somer in die middag stap nie. \u2019n Donderstorm kan baie onverwags oppak, en julle in die oop veld vang.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114448 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Rainbow-Foreldam.jpg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"480\" \/><\/p>\n<p><strong>Gaan lees die grafstene<\/strong><\/p>\n<p>Net verby die derde dam is daar \u2019n klein familiebegraafplaas. Die eerste Willem Jacobus Volschenk wat die meul gebou het, l\u00ea hier begraaf \u2013 ook sy seun, wat in 1946 ontydig oorlede is. Die rede vir sy heengaan? Hy is met \u2019n graaf oor die kop geslaan, oor waterbeurte. Water was nog altyd \u2019n sensitiewe saak \u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Neem foto\u2019s<\/strong><\/p>\n<p>Die ou meul is \u2019n fotograaf se droom. Sy knalrooi sinkplaatdak bied in watter seisoen jy ook al is skerp weerkaatsings, sterk kontraste en helder aksente teenoor die uitgestrekte hemelruim, die somergroen populiere, teen hul herfskleure en kaal wintertakke. Die rivier met sy klippe, die foreldamme met van spie\u00eblgladde weerkaatsings tot ritmiese rimpelpatrone en die klipvore met hul watervalletjies laat \u2018n mens se vingers jeuk van lus om hierdie lieflike foto-materiaal te ontgin. Dit is boonop \u2019n besondere foto-agtergrond vir van troufoto\u2019s tot kinders wat speel.<\/p>\n<p>(Wenk: Jamie is \u2019n ervare fotograaf wat op aanvraag fotokursusse aanbied. As hy in die rondte is, vra gerus \u2019n wenk of twee. Hy is vrygewig met sy kundigheid.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Voer \u2019n perd<\/strong><\/p>\n<p>(Maar moenie hulle ry nie.) Vra \u2019n wortel of twee by Ontvangs en stap na die perdekamp. Daar is drie, vier perde, waarvan een heeltemal spierwit is. Maar wees juis vir daardie witte versigtig! Hy skop. Skynbaar het ek te min wortel vir hom (of is dit \u2018n haar?) gehad, waarop hy\/sy omdraai en my \u2019n taamlike skop toedien. So \u2019n merrie!<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114458 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-horse.jpg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"960\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ry \u2019n 4&#215;4-roete<\/strong><\/p>\n<p>Jy het \u2019n paar opsies: jy kan van die roetes in die omgewing ry \u2013 vra by Ontvangs. Of jy kan die 20 km na Dullstroom aanpak. Vir altwee moet jy \u2019n behoorlike 4&#215;4 h\u00ea. \u2018n Gewone motor sal nie die kortpad na Dullstroom maak nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gaan kuier op Tonteldoos <\/strong><\/p>\n<p>Dit is net 10 kilo\u2019s ver, en ook grondpad wat jy liefs met \u2019n 4&#215;4 aanpak. Gaan drink \u2019n dop (net een vir die bestuurder \u2013 daar is nie ubers nie!) en proe en koop kaas.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Eet pannekoek op Dullstroom &#8230; en winkelsnuffel<\/strong><\/p>\n<p>Vat die teerpad oor Belfast na Dullstroom. Jy sal vir seker iets met \u2019n storie in die antiekware- en goedjieswinkels raakloop. In Trams Antiques hoor ons dat &#8216;n klant sowaar haar oorspronklike trourok daar opgespoor het &#8230; 34 jaar n\u00e1 haar troue!<\/p>\n<p>Vir \u2019n hol kol kan ek Harrie\u2019s Pancakes aanbeveel. Die pannekoeke is aan die stewige kant, en oorgenoeg vir \u2019n ligte ete, selfs vir die manne. Ons het een met forel en maaskaas en een met heeltemal dekadente groenvy-konfyt, pekanneute en roomys bestel en gedeel \u2026 en gesmul. Die appelpannekoek het net so lekker gelyk.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114445 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-forel.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"260\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Swem<\/strong><\/p>\n<p>Ons het in Junie in Valley of the Rainbow gekuier, wanneer swem nie op jou doenlysie is nie. Maar daar is \u2019n lieflike rivierpoel vir di\u00e9 wat in die somer wil afkoel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kyk rugby of tennis of krieket of &#8230;<\/strong><\/p>\n<p>Sal jy die naweek se rugby of tennis kan kyk? Beslis \u2013 en met geselskap. Die Manor House het \u2019n grootskerm TV en kuierkroeg.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-114451 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-perd-voer.jpg\" alt=\"\" width=\"557\" height=\"538\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wenke vir jou vakansie by Valley of the Rainbow<\/h4>\n<ul>\n<li>Pak stapskoene, sonskerm en \u2019n hoed in &#8211; en iets vir warm vir die aande.<\/li>\n<li>Kyk na die weervoorspelling voor jy ry, al is die klimaat van Valley of the Rainbow meer gematig as aan die Rand omdat dit beskut en ook nader aan Nelspruit is.<\/li>\n<li>Jy gaan \u2019n paar kilo&#8217;s grondpad ry. Die grondpad oor Belfast\/Blinkwater\/Stoffberg is goed genoeg dat jy dit met \u2019n gewone motor kan aanpak.<\/li>\n<li>Al is die pad nie te sleg nie beplan om vroeg genoeg te vertrek dat jy voor donker aankom, veral as \u2019n middagdonderstorm voorspel word. Op \u2019n besige Vrydagmiddag sal die rit vanaf Johannesburg se lughawe jou sowat twee en \u2019n half uur neem.<\/li>\n<li>Die geheim van grondpad ry, is dat stadiger baie beter werk. So kom jy maklik en sonder skade deur die paar slaggate.<\/li>\n<li>As jy stopplek langs die pad soek, is Alzu Petroport net voor Belfast absoluut \u2019n stop werd. Eintlik is dit \u2019n m\u00f3\u00e9t-stop, of jy petrol nodig het of nie. N\u00earens anders kan jy jou motor vol maak terwyl jy gou twee van die groot vyf bekyk nie. Ons tel 12 yslike renosters, waarvan een \u2018n kalfie is. \u2018n Trop buffels wei langs die dam, saam met verskeie boksoorte. Dit is ook gerieflik vir \u2019n vinnige langs-die-pad ete by enige van die vyf kettingroep-eetplekke daar.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114449 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-paadjie.jpg\" alt=\"\" width=\"480\" height=\"960\" \/>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Laaste minuut voorrade<\/h4>\n<p>Stoffberg-Blinkwater se sakekern is \u2019n belewenis. Die Vasco Da Gama Fishery &amp; Shop verkoop yslike brode, mieliemeel gemaal by die groot Blinkwater Meule en enige laaste-minuut item. Hier is ook \u2018n kitsbank, drankwinkel en petrolpomp.<\/p>\n<p>Probeer gerus die slaghuis. Die plek is netjies, die biltong is h\u00e9\u00e9rlik en die pryse van vleis hier is regtig billik.<\/p>\n<p><strong> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-114459 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/Rainbow-hike.jpg\" alt=\"\" width=\"960\" height=\"480\" \/><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kontak Valley of the Rainbow<\/h4>\n<p>Besoek: <a href=\"http:\/\/www.rainbowvalley.co.za\/index.php\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">www.valleyoftherainbow.co.za<\/a> Jy kan ook deur Lekkerslaap.co.za of Booking.com bespreek.<\/p>\n<p><strong>Wenk<\/strong> Hou dop vir goeie buiteseisoen aanbiedings, wat beskikbaar is as jy direk by Valley of the Rainbow bespreek op 013 272 7231. Of vra dat hulle jou inteken op hul nuusbrief sodat jy onmiddellik per e-pos hoor as daar weer afslag is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-114457 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-fire-500x281.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"281\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het ongelooflik lekker akkommodasie by Valley of the Rainbow ontdek &#8211; \u2019n intieme klein vakansieplek in die bos, naby genoeg aan Gauteng vir \u2019n naweek weg. Ideaal as jy \u2019n 4&#215;4-roete wil toets, forel vang en graag stap &#8230; of lus is vir net luilekker agteroor sit. Baie privaat daarby.<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":114461,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[73618,73619,73620,4,107,141,596,753,1515,1568,6184,6591,73617],"class_list":["post-114400","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-dullstroom","tag-vlieghengel","tag-trou-venue","tag-reis-in-sa","tag-naweek","tag-forel","tag-4x4","tag-salome-delport","tag-trou","tag-stap","tag-troufotos","tag-akkommodasie","tag-blyplek"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Valley of the Rainbow - akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ek het ongelooflike akkommodasie by Valley of the Rainbow raakgeloop, naby aan die stad en luuks, al is dit in die wildernis. Dink 4x4, forelvang en stap ...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Valley of the Rainbow - akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ek het ongelooflike akkommodasie by Valley of the Rainbow raakgeloop, naby aan die stad en luuks, al is dit in die wildernis. Dink 4x4, forelvang en stap ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-07-31T13:06:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-autumn.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"960\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"709\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Valley of the Rainbow &#8211; akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek\",\"datePublished\":\"2019-07-31T13:06:24+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/\"},\"wordCount\":2563,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/rainbow-autumn.jpg\",\"keywords\":[\"Dullstroom\",\"vlieghengel\",\"trou venue\",\"reis in sa\",\"naweek\",\"forel\",\"4x4\",\"Salom\u00e9 Delport\",\"trou\",\"stap\",\"troufoto's\",\"akkommodasie\",\"blyplek\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/\",\"name\":\"Valley of the Rainbow - akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/rainbow-autumn.jpg\",\"datePublished\":\"2019-07-31T13:06:24+00:00\",\"description\":\"Ek het ongelooflike akkommodasie by Valley of the Rainbow raakgeloop, naby aan die stad en luuks, al is dit in die wildernis. Dink 4x4, forelvang en stap ...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/rainbow-autumn.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/rainbow-autumn.jpg\",\"width\":960,\"height\":709},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Valley of the Rainbow &#8211; akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Valley of the Rainbow - akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek | rooi rose","description":"Ek het ongelooflike akkommodasie by Valley of the Rainbow raakgeloop, naby aan die stad en luuks, al is dit in die wildernis. Dink 4x4, forelvang en stap ...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Valley of the Rainbow - akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek | rooi rose","og_description":"Ek het ongelooflike akkommodasie by Valley of the Rainbow raakgeloop, naby aan die stad en luuks, al is dit in die wildernis. Dink 4x4, forelvang en stap ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-07-31T13:06:24+00:00","og_image":[{"width":960,"height":709,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-autumn.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Valley of the Rainbow &#8211; akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek","datePublished":"2019-07-31T13:06:24+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/"},"wordCount":2563,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-autumn.jpg","keywords":["Dullstroom","vlieghengel","trou venue","reis in sa","naweek","forel","4x4","Salom\u00e9 Delport","trou","stap","troufoto's","akkommodasie","blyplek"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/","name":"Valley of the Rainbow - akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-autumn.jpg","datePublished":"2019-07-31T13:06:24+00:00","description":"Ek het ongelooflike akkommodasie by Valley of the Rainbow raakgeloop, naby aan die stad en luuks, al is dit in die wildernis. Dink 4x4, forelvang en stap ...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-autumn.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/rainbow-autumn.jpg","width":960,"height":709},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valley-rainbow-akkommodasie-forel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Valley of the Rainbow &#8211; akkommodasie vir die vredigste naweek-wegbreek"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114400","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=114400"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114400\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/114461"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=114400"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=114400"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=114400"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}