{"id":113867,"date":"2019-06-04T09:51:12","date_gmt":"2019-06-04T07:51:12","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=113867"},"modified":"2019-06-04T09:51:12","modified_gmt":"2019-06-04T07:51:12","slug":"nicole-kidman-haar-manier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/","title":{"rendered":"Nicole Kidman: Haar manier"},"content":{"rendered":"<p><em>Nicole Kidman: Haar manier deur Margaret Gardiner. Vertaal deur Hannelie Diedericks. Hooffoto: Magnus Sundholm vir die HFPA.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Jou karakter in die fliek Destroyer is heeltemal anders as die karakters wat jy voorheen gespeel het. Jy is byna onherkenbaar. Was dit moeilik om die karakter af te skud wanneer jy saans huis toe gaan?<\/strong><br \/>\nJa, dit was heeltemal anders as enigiets wat ek tevore gedoen het. Vier weke voor ek met die fliek begin het, het ons klaar geskiet aan Boy Erased, waarin ek \u2019n heel ander soort ma gespeel het. Dit is \u2019n ongelooflike geskenk vir \u2019n akteur om twee karakters te speel wat op soortgelyke paaie is, maar heeltemal verskillend optree. Dit is \u2019n geleentheid wat net een keer in \u2019n akteur se lewe opduik. My rol in Destroyer was intens. Ek is in elke toneel in die fliek, en in sommige tonele s\u00ea my gesigsuitdrukking en my o\u00eb alles. Dit was uitmergelend. Ek moes haar huis toe neem, maar gelukkig is my man baie ondersteunend en hy verstaan die kunstenaar se proses. My kinders was nogal geskok om my so te sien, maar noudat hulle \u2019n bietjie ouer is (7 en 10) begin hulle verstaan dat dit deel van my werk is. Hulle vra my uit en ek probeer hul vrae beantwoord. Gelukkig het hulle ryk verbeeldings. Verbeelding en die kunste kan in ons huis gedy, en dis \u2019n groot voorreg. Maar ek was bly toe die fliek verby was. As ek voor die tyd geweet het waarvoor ek my inlaat, sou ek dalk twee keer gedink het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gaan julle kinders in jou of Keith se voetspore volg?<\/strong><br \/>\nEk kan nie ophou kyk na wat my kinders doen nie. Ek dink hulle is uitsonderlik talentvol (lag)! Keith pas vandag kinders op, en ek vlieg vanaand Nashville toe, want hy word m\u00f4reaand benoem as die Kunstenaar van die Jaar by die Country Music Association Awards, so dan is dit weer my beurt om hom te ondersteun. Hy het vanoggend vir my \u2019n video gestuur waar Faith viool speel. Ek dink ek het twintig keer daarna gekyk (lag)! Hulle weet nog nie regtig wat hulle wil doen nie, maar hulle ontdek elke dag nuwe dinge. Hulle is albei lief vir diere, maar ek dink in hierdie stadium verander hul belangstellings elke dag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het julle troeteldiere?<\/strong><br \/>\nOns het twee katte. Vandat ek op <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/nicolekidman\/?hl=en\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Instagram<\/a> is, is ek daardie vrou wat heeltyd foto\u2019s van my katte op Instagram sit. Dis wat ek geword het (lag)! Hulle is sussies van dieselfde werpsel, Ginger en Snow. My kinders het hulle aangeneem as hul kinders, en ek is die ouma (lag).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Was die besluit om by Instagram aan te sluit vanwe\u00eb druk van jou kinders of die bedryf?<\/strong><br \/>\nEk wou iets doen wat my deel maak van die sosiale kultuur en wat ek kon beheer. Ek doen dit nie gereeld nie, net so nou en dan. Dis \u2019n direkte manier om met mense te kommunikeer, en jy kan besluit wat jy van jouself daar buite sit. Ek hou daarvan. Maar ek doen dit self, ek het nie \u2019n assistent of iemand wat dit vir my doen nie, daarom is dit meestal foto\u2019s van my katte &#8211; wat ek dink oulik is, maar dalk nie vir ander mense interessant sal wees nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>In al drie flieks waarin jy nou verskyn, speel jy \u2019n ma. Het moederskap jou gehelp om die ma\u2019s op die silwerdoek te skep?<\/strong><br \/>\nVir seker. Dis op die oomblik my grootste inspirasie, en die drie karakters in die flieks verskil heeltemal. In Aquaman speel ek die ma van \u2019n superheld en dis pure fantasie en pret. Martha van Boy Erased is \u2019n regte mens, en al probeer die twee karakters van Boy Erased en Destroyer vergoed vir foute in hul verlede, is hulle heeltemal verskillend. Moederskap gee \u2019n mens \u2019n onuitputlike bron van emosie. Ouerskap kan jou oorweldig, en dit is \u2019n skrikwekkende gedagte dat jy dalk nie daar sal wees vir jou kind wanneer hy jou nodig het nie. Maar die liefde en geluk, wat die teenpool hiervan is, is net so intens. Ek voel altyd of ek nie die karakter speel nie, maar asof ek net die voertuig is waardeur die karakter die stories vertel. Ek is eintlik skaam en sku.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy al probeer om enige gebeure in jou lewe uit te vee?<\/strong><br \/>\nJa, ek het al probeer om sekere gebeure in my lewe te vergeet, of my persepsie daarvan te verander. My pa se dood was vir my \u2019n geweldige skok. My hele lewe het skielik onseker gevoel omdat iemand so skielik daaruit geruk is. Ek het dit nie uitgevee nie, maar dit het tyd geverg om daardeur te werk omdat ek so getraumatiseer was deur die manier waarop dit gebeur het. Ek moes myself desensitiseer. En omdat ek reeds drie of vier keer deur soortgelyke ervarings in my lewe is, het dit skielik gevoel asof alles in my lewe binne sekondes van my weggeneem kon word, en dit was \u2019n skrikwekkende gedagte. Dis \u2019n proses waardeur ek moes werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2018Daar was tye toe ek gedink het ek sal nie deur \u2019n moeilike tydperk kon kom nie. Maar elke keer wanneer ek op my knie\u00eb gegaan het, het ek die daardie krag van iewers af gekry\u2019<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Jy werk nou al veertig jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Hoe kry jy dit reg, en word dit enigsins makliker?<\/strong><br \/>\nEk dink my passie vir my werk is die vernaamste rede waarom ek steeds doen wat ek doen. Ek het nie altyd die vervullende, uitdagende rolle gekry wat ek vandag kry nie, en soms moes ek maar net een voet voor die ander sit en vasbyt met wat vir my gegee is om te doen. Ek s\u00ea altyd vir jong akteurs dat enige rol \u2019n geskenk is. Al is dit nie \u2019n groot rol nie, doen jou bes, want jy weet nooit waarheen dit jou kan neem, of wie dit gaan sien nie. Ek sou op 14 nie kon glo dat ek op 51 steeds so passievol oor my werk sou wees nie. Ek is gebore om \u2019n akteur te wees, en ek wou nog nooit iets anders doen nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe sterk is jy?<\/strong><br \/>\nEk hoop ek sal sterk genoeg wees om my geliefdes in \u2019n lewensgevaarlike situasie te kan help. Ek hoop my basiese instinkte sal inskop en werk. Ek dink ek is sterker as wat ek dink ek is. Ek glo nie my fisieke krag is iets om oor opgewonde te raak nie, maar emosioneel het ek deur die jare sterker geword. Dit was nie daar toe ek \u2019n kind was nie. Daar was tye toe ek gedink het ek sal nie deur \u2019n moeilike tydperk kon kom nie. Maar elke keer wanneer ek op my knie\u00eb gegaan het, het ek die daardie krag van iewers af gekry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Moes jy al ooit vir iets geveg het?<\/strong><br \/>\nJa, my identiteit. Ek het die afgelope klompie jare meer selfvertroue gekry, en ek is nou seker van wie en wat ek is, waarvoor ek staan, en waarin ek glo. Dit was nie altyd so nie. Di\u00e9 sekerheid stel my in staat om besluite te neem oor wat ek wil doen, en om my mening te lug. Ek voel ek is nou op \u2019n plek waar ek \u2019n verskil in mense se lewe kan maak. Ek glo aan flieks soos Boy Erased, en om so \u2019n boodskap na die w\u00eareld uit te dra beteken vir my baie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Jy het eenkeer ges\u00ea jy beskou jou nie as \u2019n ster of \u2019n glanspersoonlikheid soos Beyonc\u00e9 nie, en dat jy net \u2019n akteur is. Voel jy steeds so?<\/strong><br \/>\nJa, vir seker. Ek bedoel Beyonc\u00e9 is di\u00e9 koningin (lag). Ek is nie so beroemd nie. En ek sien my net as \u2019n akteur. Ek moes op verskillende tye in my lewe baie aandag van die media hanteer, maar ons bly om \u2019n rede in Nashville. Dis stil, en ons het net \u2019n normale lewe daar. Ons werk hard daarvoor en beskerm ons privaatheid. Dis dalk hoekom ek nie so bewus is van die glans en die roem nie. Ek doen my werk vir \u2019n tydperk en dan laat ek dit weer agter en gaan aan met my gewone lewe. Ek s\u00ea ek is \u2019n akteur, want dis my werk. Ek is professioneel, ek daag betyds op op stel en ken my woorde. Dis al. Dis iets wat ek by <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/meryl-streep-straal-op-68\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Meryl Streep<\/a> geleer het. Wanneer sy op stel opdaag, is daar is geen klokke wat lui of spesiale behandeling nie. Sy is net daar om haar werk te doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gepraat van Meryl Streep, wat kan jy ons vertel van die tweede seisoen van Big Little Lies?<\/strong><br \/>\nEk hoop dis goed. Ons was onder baie druk omdat die eerste seisoen so goed gedoen het. Meryl het ingestem om in die tweede seisoen te verskyn nog voor sy die draaiboek gelees het, wat verstommend is. Sy het dit gedoen om my en <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/reese-witherspoon-blonde-ambisie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Reese<\/a> en vroue in die bedryf te ondersteun. Dit is ongelooflik. Maar ons was verskrik, want ons het gevoel ons beter vir haar \u2019n uitstekende karakter gee om te speel (lag)! Die regisseur Stanley Kubrick het eenkeer vir my ges\u00ea \u2019n mens moenie iemand wat jy bewonder op \u2019n troontjie sit as julle moet saamwerk nie, want dan kan julle nie kreatief saamwerk nie. As jy kreatief wil wees, moet jy bereid wees om kanse te waag en te misluk. En in elk geval dink ek nie Meryl wil op \u2019n voetstuk geplaas word nie. Sy daag altyd voorbereid en betyds op en is bereid om kanse te waag. En dis al wat saak maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Watter raad sou jy aan \u2019n twintigjarige Nicole wou gee oor die liefde en verhoudings?<\/strong><br \/>\nMoenie so intens wees nie. Ek is baie sensitief en passievol, en raak halsoorkop verlief en het soms hard geval. Ek sou s\u00ea: \u201cBedaar en vat dit stadig. Dis oukei, alles sal uitwerk en iemand sal jou liefh\u00ea.\u201d (Lag.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspanning\/blogs\/margaret-gardiner\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Het jy geweet? Margaret Gardiner blog vir rooi rose! Sy vertel ons oor haar opwindende reise en die glansryke mense wat sy ontmoet. Loer hier om haar plasings te lees.\u00a0<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op 51 is Nicole Kidman nog net so passievol en opgewonde oor haar loopbaan as veertig jaar gelede toe sy begin werk het, en dit is sigbaar in die uiteenlopende rolle wat sy deesdae kry.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":113870,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[147,1387,3434],"class_list":["post-113867","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-ons-mense"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nicole Kidman: Haar manier | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Op 51 is Nicole Kidman passievol en opgewonde oor haar loopbaan en dit is sigbaar in die uiteenlopende rolle wat sy kry. Nicole Kidman: Haar manier\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nicole Kidman: Haar manier | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op 51 is Nicole Kidman passievol en opgewonde oor haar loopbaan en dit is sigbaar in die uiteenlopende rolle wat sy kry. Nicole Kidman: Haar manier\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-06-04T07:51:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"889\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"700\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Nicole Kidman: Haar manier\",\"datePublished\":\"2019-06-04T07:51:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/\"},\"wordCount\":1708,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"ons mense\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/\",\"name\":\"Nicole Kidman: Haar manier | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg\",\"datePublished\":\"2019-06-04T07:51:12+00:00\",\"description\":\"Op 51 is Nicole Kidman passievol en opgewonde oor haar loopbaan en dit is sigbaar in die uiteenlopende rolle wat sy kry. Nicole Kidman: Haar manier\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg\",\"width\":889,\"height\":700,\"caption\":\"Nicole Kidman. Photo: Magnus Sundholm for the HFPA.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nicole-kidman-haar-manier\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nicole Kidman: Haar manier\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nicole Kidman: Haar manier | rooi rose","description":"Op 51 is Nicole Kidman passievol en opgewonde oor haar loopbaan en dit is sigbaar in die uiteenlopende rolle wat sy kry. Nicole Kidman: Haar manier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nicole Kidman: Haar manier | rooi rose","og_description":"Op 51 is Nicole Kidman passievol en opgewonde oor haar loopbaan en dit is sigbaar in die uiteenlopende rolle wat sy kry. Nicole Kidman: Haar manier","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-06-04T07:51:12+00:00","og_image":[{"width":889,"height":700,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Nicole Kidman: Haar manier","datePublished":"2019-06-04T07:51:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/"},"wordCount":1708,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg","keywords":["bekendes","celebs","ons mense"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/","name":"Nicole Kidman: Haar manier | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg","datePublished":"2019-06-04T07:51:12+00:00","description":"Op 51 is Nicole Kidman passievol en opgewonde oor haar loopbaan en dit is sigbaar in die uiteenlopende rolle wat sy kry. Nicole Kidman: Haar manier","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/APRNicole01RR-1-e1559634455921.jpg","width":889,"height":700,"caption":"Nicole Kidman. Photo: Magnus Sundholm for the HFPA."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-haar-manier\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nicole Kidman: Haar manier"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/113867","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=113867"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/113867\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/113870"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=113867"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=113867"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=113867"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}