{"id":113818,"date":"2019-06-04T06:00:56","date_gmt":"2019-06-04T04:00:56","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=113818"},"modified":"2019-06-03T14:19:33","modified_gmt":"2019-06-03T12:19:33","slug":"vleis-die-nuwe-allergie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/","title":{"rendered":"Vleis &#8211; die nuwe allergie"},"content":{"rendered":"<p><em>Vleis &#8211; die nuwe allergie deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/Lisovskaya?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lisovskaya<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Baie mense wat na een van die vegetariese leefstylopsies oorslaan, s\u00ea hulle doen dit nie noodwendig vanwe\u00eb sosiale of gewetensbesware nie. Vleis laat hulle fisiek sleg voel \u2013 so siek dat hulle liewer daarsonder bly. Dit maak hulle naar. Party s\u00ea dit gee hulle maagpyn en selfs diarree. Sommige merk op dat vleis hulle laat hoes of \u2019n veluitslag gee. Party gaan van selfs net een happie vleis in anafilaktiese skok, wat fataal kan wees.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pollopesketariers-fleksitariers-entomofage-wie-eet-wat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Pollopesketari\u00ebrs, entomofage, fleksitari\u00ebrs &#8230; wie eet wat nou eintlik?<\/a><\/p>\n<p>Allergiespesialiste sien gereeld mense wat werklik allergies is vir vleis. Baie van hierdie mense reageer nie net op vleis nie maar ook op produkte wat afkomstig is van diere, soos kaas en rennien, en selfs sommige soorte skoonmaakmiddels, grimering en medikasies.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Ken \u2019n vis-allergie uit<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Word jou reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, visparasiete of antihistamiene?<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-113823 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/cheese-dairy-product-delicious-2122278.jpg\" alt=\"Vleis - die nuwe allergie\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>Dit word die alfa gal-allergie genoem, ook soogdiervleisallergie of <em>mammalian meat allergy.<\/em> Alfa gal het niks met jou galblaas te doen nie. Die term is \u2019n afkorting vir galaktose-alfa-1-3-galaktose, \u2019n koolhidraat wat in alle soogdiere aanwesig is, buiten in mense en sekere aapspesies.<\/p>\n<p>Niemand weet of dit \u2019n nuwe allergie is nie, en of dit dalk maar net eers onlangs ge\u00efdentifiseer is nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Is die langtermyngebruik van antihistamiene veilig?<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_113824\" style=\"width: 611px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-113824\" class=\" wp-image-113824\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-950891624.jpg\" alt=\"Vleis - die nuwe allergie\" width=\"601\" height=\"401\" \/><p id=\"caption-attachment-113824\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/bernardbodo<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is dit regtig \u2019n allergie?<\/h4>\n<p>Voel jy nie dalk om ander redes sleg van vleis nie? Vleis kan immers baie vet bevat en daarom sooibrand veroorsaak, of dalk werk jou pankreas nie goed nie?<\/p>\n<p>Maar die Allergy Foundation of SA (AFSA) s\u00ea dit is \u2019n volwaardige allergie, aangesien allergiebloedtoetse wys dat die immuunstelsel by hierdie mense deur vleis geaktiveer word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-alle-ouers-moet-weet-oor-allergie-en-wanvoeding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat alle ouers moet weet oor allergi\u00eb en wanvoeding<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_113827\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-113827\" class=\" wp-image-113827\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-999274960.jpg\" alt=\"Vleis - die nuwe allergie\" width=\"584\" height=\"396\" \/><p id=\"caption-attachment-113827\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/jarun011<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Interessante storie oor die ontdekking van hierdie allergie<\/h4>\n<p>Die allergie is eers in 2002 amptelik ge\u00efdentifiseer toe dr. Thomas Platts-Mills, \u2019n allergienavorser aan die Universiteit van Virginia, wou vasstel waarom party mense allergies is vir die kankerterapie Cetuximab. Die oorsaak is toe alfa gal, \u2019n komponent in die middel wat ook in dierevleis aanwesig is.<\/p>\n<p>Kort daarna het \u2019n bosluis hom gebyt. Sy laboratorium kon by hom \u2019n respons op alfa gal opspoor, wat tot die identifisering van die allergie gelei het.<\/p>\n<p>Navorsers vermoed dat baie mense die potensiaal het om allergies te wees vir dierevleis, maar dat dit net gesneller word as \u2019n bosluis jou sou byt.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vlooibyt-muskietbyt-allergie-jeuk-wat-om-te-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Is ek regtig allergies vir insekbyte?<\/a><\/p>\n<p>Spesifieke bosluisspesies word in Amerika, Australi\u00eb en Europa hieraan gekoppel maar ons weet nog nie watter bosluis in Suid-Afrika betrokke kan wees nie.<\/p>\n<p>Niemand weet hoe die bosluis se byt \u2019n allergie sneller nie, maar een van die teorie\u00eb is dat die bosluis \u2019n bietjie van die bloed van die dier waarop hy net voor jou was in jou bloed inspuit wanneer hy jou byt. Hierdie bloed bevat alfa gal. Jou liggaam herken dit as vreemd en reageer met \u2019n allergiese reaksie daarop.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-allergies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Dinge wat jy nie moet eet wanneer jy \u2019n kosallergie het nie<\/a> en <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergie-los-gelukkies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Oppas hiervoor as jy allergies is<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_113826\" style=\"width: 586px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-113826\" class=\" wp-image-113826\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-964762006.jpg\" alt=\"Vleis - die nuwe allergie\" width=\"576\" height=\"367\" \/><p id=\"caption-attachment-113826\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/Lashkhidzetim<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe weet jy jy het allergies geraak?<\/h4>\n<p><strong>Jy sal duidelike simptome van allergie ervaar.<\/strong> Dit begin nie dadelik nie \u2013 gewoonlik binne twee tot agt uur nadat jy vleis ge\u00ebet het.<\/p>\n<p><strong>Twee dinge om na op te let voor jy jou simptome aan die alfa gal-allergie koppel: <\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Jy reageer op skaap, bees, vark, bok en selfs wildsvleis maar jy kan hoender, volstruis en vis eet.<\/li>\n<li>Jy het \u00e9lke keer \u2019n reaksie nadat jy dierevleis ge\u00ebet het.<\/li>\n<\/ol>\n<p><strong>Hoe sal jy reageer?<\/strong> Let op na hierdie simptome kort na jy vleis ge\u00ebet het:<\/p>\n<ul>\n<li>Jou keel swel toe (gevaarlik).<\/li>\n<li>Jy begin moeilik asemhaal en selfs \u2019n akute asma-aanval ontwikkel (gevaarlik).<\/li>\n<li>Jy begin onverwags en sonder \u2019n ander rede hoes.<\/li>\n<li>Jou stem kan verander weens swelling in jou keel.<\/li>\n<li>Jy ontwikkel \u2019n veluitslag en\/of jou vel jeuk of brand.<\/li>\n<li>Jy het skielik diarree.<\/li>\n<li>Jy voel en\/of word naar.<\/li>\n<li>Jy het erge maagpyn.<\/li>\n<li>Jy kan opswel. Jy kan ook skielik onverklaarbaar en konsekwent reageer op jou sjampoe, jellie, yskaskoek, kaas, jou vitamienpille met kollageen daarin, seep en selfs sekere lekkergoed.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sinusallergie-nies-huismyt-raad-medisyne\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alles wat jy moet weet oor sinusallergi\u00eb en stofmyte<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_113829\" style=\"width: 575px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-113829\" class=\" wp-image-113829\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-1030853356.jpg\" alt=\"Vleis - die nuwe allergie\" width=\"565\" height=\"377\" \/><p id=\"caption-attachment-113829\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/AntonioGuillem<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat as jy allergies vir vleis geword het?<\/h4>\n<ul>\n<li>Re\u00ebl \u2019n allergietoets by jou dokter.<\/li>\n<li>Sny alles met dierevleis uit. Dit sluit in skaap, bees, vark, bok en selfs wildsvleis, maalvleis, wors, spek, kouevleis, biltong en dro\u00ebwors. Ook gelatien (dikwels in lekkers, stafies, jellie en yskasterte).<\/li>\n<li>Sny gekoopte kos met die volgende op die voedseletiket uit: aspic, albumin, gelatin, added animal fat, tallow, lard, natural flavourings, rennet en collagen. Jy kan moontlik ook reageer op stearic acid en magnesium stearate, wat wyd in grimeermiddels, skoonmaakmiddels, sjampoes, sepe, opwassepe, kerse en selfs in lekkergoed gebruik word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergies-huismyt-stofsuier\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Allergies vir stofmyte: 14 plekke waar hulle in jou huis skuil<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_113828\" style=\"width: 734px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-113828\" class=\"size-full wp-image-113828\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-1026367516.jpg\" alt=\"Vleis - die nuwe allergie\" width=\"724\" height=\"483\" \/><p id=\"caption-attachment-113828\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/wutwhanfoto<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As jy \u2019n allergiese reaksie het &#8230;<\/h4>\n<p>Vir mense met \u2019n ligte reaksie is \u2019n antihistamien voldoende. Maar as jy asma kry en\/of opswel, hou \u2019n allergiepen byderhand in geval jy in anafilaktiese (dodelike) skok gaan.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-oor-kouevleis\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet oor kouevleis<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-hoef-nie-net-vleis-te-eet-vir-vitamien-b12-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Jy hoef nie net vleis te eet om Vitamiene B12 in te kry nie!\u00a0<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_113830\" style=\"width: 601px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-113830\" class=\"size-full wp-image-113830\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-174875047.jpg\" alt=\"\" width=\"591\" height=\"591\" \/><p id=\"caption-attachment-113830\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/dem10<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Laat skaaptjoppies, biefstuk en spek jou siek voel? Dalk bots dit met jou immuunstelsel &#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":113822,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,2950,667],"tags":[136,620,1657,2792,4690,23664,23823,69492],"class_list":["post-113818","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-allergie","tag-leef-gesond","tag-healthy","tag-health","tag-diet","tag-allergy"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vleis - die nuwe allergie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Laat skaaptjoppies, biefstuk en spek jou siek voel? Dalk bots dit met jou immuunstelsel ... Ons gesels oor vleis - die nuwe allergie\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vleis - die nuwe allergie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Laat skaaptjoppies, biefstuk en spek jou siek voel? Dalk bots dit met jou immuunstelsel ... Ons gesels oor vleis - die nuwe allergie\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-06-04T04:00:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-923692030.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"724\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"483\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vleis &#8211; die nuwe allergie\",\"datePublished\":\"2019-06-04T04:00:56+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/\"},\"wordCount\":939,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/iStock-923692030.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"allergie\",\"leef gesond\",\"healthy\",\"health\",\"diet\",\"allergy\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/\",\"name\":\"Vleis - die nuwe allergie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/iStock-923692030.jpg\",\"datePublished\":\"2019-06-04T04:00:56+00:00\",\"description\":\"Laat skaaptjoppies, biefstuk en spek jou siek voel? Dalk bots dit met jou immuunstelsel ... Ons gesels oor vleis - die nuwe allergie\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/iStock-923692030.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/06\\\/iStock-923692030.jpg\",\"width\":724,\"height\":483,\"caption\":\"iStock\\\/\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vleis-die-nuwe-allergie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vleis &#8211; die nuwe allergie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vleis - die nuwe allergie | rooi rose","description":"Laat skaaptjoppies, biefstuk en spek jou siek voel? Dalk bots dit met jou immuunstelsel ... Ons gesels oor vleis - die nuwe allergie","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vleis - die nuwe allergie | rooi rose","og_description":"Laat skaaptjoppies, biefstuk en spek jou siek voel? Dalk bots dit met jou immuunstelsel ... Ons gesels oor vleis - die nuwe allergie","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-06-04T04:00:56+00:00","og_image":[{"width":724,"height":483,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-923692030.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vleis &#8211; die nuwe allergie","datePublished":"2019-06-04T04:00:56+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/"},"wordCount":939,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-923692030.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","allergie","leef gesond","healthy","health","diet","allergy"],"articleSection":["Leef gesond","Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/","name":"Vleis - die nuwe allergie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-923692030.jpg","datePublished":"2019-06-04T04:00:56+00:00","description":"Laat skaaptjoppies, biefstuk en spek jou siek voel? Dalk bots dit met jou immuunstelsel ... Ons gesels oor vleis - die nuwe allergie","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-923692030.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/06\/iStock-923692030.jpg","width":724,"height":483,"caption":"iStock\/"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vleis-die-nuwe-allergie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vleis &#8211; die nuwe allergie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/113818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=113818"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/113818\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/113822"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=113818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=113818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=113818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}