{"id":112669,"date":"2019-05-21T06:00:03","date_gmt":"2019-05-21T04:00:03","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=112669"},"modified":"2019-05-20T15:29:57","modified_gmt":"2019-05-20T13:29:57","slug":"neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/","title":{"rendered":"Neuroterapie: Kry jou brein in rat"},"content":{"rendered":"<p><em>Neuroterapie: Kry jou brein in rat deur Mariette Snyman. Hierdie artikel het oorspronklik in die Mei 2017-uitgawe van rooi rose verskyn.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Fisieke, emosionele en intellektuele uitdagings was nog altyd deel van menswees, maar die hulpmiddels tot ons beskikking sou ons voorgeslagte verbluf regop laat sit het. Skaars honderd jaar terug was antibiotika, persoonlikheidstoetse en arbeidsterapie ongekend. Vandag span ons dit in sonder om \u2019n oog te knip.<\/p>\n<p>Nog \u2019n ontwikkeling wat al meer veld wen, is neuroterugvoer, ook bekend as EEG-bioterugvoer of neuroterapie. Stel jou voor jy het geweet hoe om jou brein beter te laat funksioneer \u00e9n jy kon jou brein oortuig om saam te speel &#8211; dit klink amper onmoontlik, of hoe?<\/p>\n<p>Tog is dit presies wat neuroterapie kan doen. Ons het die tegnologie om die brein uit te nooi om \u2019n taak uit te voer en dan in <em>real time<\/em> \u2013 \u2019n tienduisendste van \u2019n sekonde \u2013 terugvoer te gee op hoe dit vaar. Die verbasende is dat die brein dadelik snap wat aangaan, en meedoen sodat dit doeltreffender kan funksioneer.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/haal-die-beste-uit-jou-brein\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Haal die beste uit jou brein<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Brein wat beter funksioneer, kan die volgende voordele inhou:<\/h4>\n<ul>\n<li>Die verbetering van verslawings soos rook en middelmisbruik, breinbeserings, serebrale gestremdheid, chroniese moegheid of pyn, te min energie, slaap- en eetversteurings, epilepsie, hoofpyn en migraines,<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/denke-leefstyl-immuniteit\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u2019n swak immuunstelsel<\/a>, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/19-oorsake-van-n-paniekaanval\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">angsaanvalle<\/a>, depressie en onopgeloste emosionele kwessies soos woede of <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verwerk-jou-pyn\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">ongelukkigheid<\/a>.<\/li>\n<li>Die verbetering van prestasie onder mense soos akteurs, atlete, studente of sakelui.<\/li>\n<li>Die verbetering van geheueprobleme, aandagafleibaarheid\/<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jou-kind-adhd-of-begaafd\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">hiperaktiwiteitsindroom<\/a>, outisme, leerprobleme, obsessief-kompulsiewe gedrag en gebrek aan motivering.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die wye toepassingsmoontlikhede van neuroterapie berus op \u2019n eenvoudige beginsel: enige aktiwiteit, van slaap tot draf tot toets skryf, word doeltreffrender uitgevoer wanneer die breingolfpatroon by die spesifieke bedrywigheid pas.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergeetagtig-oefen-jou-brein\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vergeetagtig? Oefen jou brein<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die regte golwe op die regte tyd<\/h4>\n<p>Ons brein produseer onophoudelik golwe van verskillende frekwensies. As ons vas slaap, vervaardig ons meestal stadige delta- en theta-golwe, terwyl die vinniger beta-golwe verskyn wanneer ons \u2019n ingewikkelde syferprobleem probeer oplos.<\/p>\n<p>Ideaal gesproke sou ons brein die regte frekwensies in die regte omstandighede voortbring. Maar dis nie wat gebeur nie. Ons weet almal hoe dit voel as ons lomerig raak wanneer ons op ons stukke in \u2019n vergadering behoort te wees, of sukkel om ons gedagtes stil te kry wanneer ons wil slaap. In die eerste geval is ons breingolwe te stadig, en in die tweede nie stadig genoeg nie.<\/p>\n<p>Hoekom reageer die brein nie gepas op uiteenlopende situasies nie? Die probleem l\u00ea grootliks by ons vol, vinnige 21ste-eeuse werklikheid. Wetenskaplikes reken die gemiddelde mens het vandag elke sekonde 50 000 eenhede inligting m\u00e9\u00e9r om te verwerk as die gemiddelde mens vyftig jaar gelede. Daarby benadeel oormatige stres die breinstruktuur. Meer selle sterf en die aantal verbindings tussen selle verminder.<\/p>\n<p>Omgewingsbesoedeling, siektetoestande en sekere vorms van langtermynmedikasie kan ook tot wanbalanse bydra wat verhinder dat ons brein die gepaste golwe vervaardig.<\/p>\n<p>\u201cDie goeie nuus is dat neuroterugvoer die brein kan help om in groter harmonie met lewenseise te funksio-neer,\u201d s\u00ea Kerry Rudman,\u2019n Brain Harmonics-praktisyn van Durban. \u201cNeuroterugvoer is sowat vyftig jaar oud. Brain Harmonics International Pty is een van die skole, en almal werk. Brain Harmonics is soos \u2019n reeks persoonlike oefensessies vir die brein.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klop-die-ouderdom-met-brein-woema\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Klop die ouderdom met breinwoema<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Evaluering, opleiding, vaslegging<\/h4>\n<p>Die eerste stap is om \u2019n volledige prentjie van jou brein te kry. \u2019n Breinkaart-assessering word met die hulp van \u2019n EEG-masjien gedoen. Elektrodes op jou kopvel en ore meet jou breingolfktiwiteit terwyl jy rustig sit en \u2019n verskeidenheid oefeninge doen met jou o\u00eb oop, toe, en deels toe. Die elektriese aktiwiteit van jou brein verskyn op \u2019n rekenaarskerm en die praktisyn kan die breinpatrone, asook die wanbalanse, vasstel. Terwyl die data verwerk word, kry jy \u2019n destresbehandeling of \u2019n visuele speletjie; sommer \u2019n voorsmakie van hoe die opleiding voel.<\/p>\n<p>Die praktisyn verduidelik wat jou assessering wys. \u201cOns sien byvoorbeeld wanbalanse soos \u2019n \u2018voor na agter ommekeer\u2019. Dit beteken die stadige dagdroomfrekwensie kom aan die voorkant pleks van die agterkant van jou brein voor. Jy sal uitgeput wees wanneer jy moet konsentreer en dieselfde paragraaf dalk \u2019n paar keer moet lees. Wanneer jy wil gaan slaap, voel jy weer wawyd wakker.<\/p>\n<p>\u201cOns werk ook met verskillende merkers, soos depressie, aandaggebreksindroom- en kompulsief-obsessiewe merkers. Almal hou met die verspreiding van breingolwe verband. Ons diagnoseer nie neurologiese versteurings nie. Ons verander net wanbalanse waar hulle voorkom. Afhangende van \u2019n kli\u00ebnt se doelwitte, soos beter sport-prestasie of minder angstigheid, stel ons \u2019n <em>brain training-<\/em>plan saam.\u201d<\/p>\n<p>Die neuro-opleiding is daarop afgestem om nuwe, voordeliger neurologiese paadjies in die brein te skep en te vestig. Hiervoor word sagteware met spesiale algoritmes gebruik. Prakties beteken dit jy sit met oorfone voor \u2019n rekenaar en voer sekere take uit: jy kyk byvoorbeeld na \u2019n DVD, doen \u2019n visualisering of voltooi \u2019n legkaart. Sommige take vereis geen konsentrasie nie en jy kan selfs aan die slaap raak.<\/p>\n<p>\u201cTerwyl jy die take uitvoer, speel ons jou breingolwe terug in die vorm van kleur en klank,\u201d s\u00ea Lize Maritz, \u2019n Brain Harmonics-praktisyn van Johannesburg. \u201cDie spoed van verskillende breingolwe is as verskillende klanke geprogrammeer &#8211; beta-golwe word byvoorbeeld kitaarklanke.<\/p>\n<p>\u201cDie doel is om jou brein onmiddellike terugvoer te gee en die gewenste golfpatroon te beloon. \u2019n Bieptoon sal byvoorbeeld aandui jou breingolwe het die verlangde spoed in \u2019n sekere breinlob bereik. Jou brein assosieer die biep met die verandering, en werk saam om die klank weer en weer te hoor. &#8221;<\/p>\n<p>\u201cOns gee nie net belonings nie, maar weerhou dit ook.&#8221;<\/p>\n<p>\u2019n Kind wat wil leer om beter te fokus se rekenaarskerm sal byvoorbeeld dof raak wanneer die breingolfpatroon nie optimaal is nie. Dit voorkom dat hy verder met sy rekenaarspeletjie kan vorder. Die brein besef dadelik wat aan die gang is en vervaardig golwe wat die saak regstel.<\/p>\n<p>\u201cDie praktisyn monitor die hele proses sodat die brein dikwels genoeg beloon word om betrokke te bly. Nes \u2019n spier wat geoefen word, word die brein deur die opleiding versterk. Daarna kan dit vinniger en meer in pas met \u2019n gegewe situasie reageer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie uitdaging is om die nuwe neuropaadjies vas te l\u00ea sodat die verandering permanent is,\u201d s\u00ea Kerry. \u201cDaarvoor gebruik ons intensiewe opleidingsessies of intensives. Nuwe paadjies bly gewoonlik 24 tot 48 uur aktief; daarna neem die ou paadjies weer oor. Intensives behels opleidingsessies van twee tot vier uur elk, met \u2019n gemiddeld van 12 tot 20 uur, binne sewe tot tien dae. Kinders onder twaalf kry korter sessies.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis harde werk om die nuwe paadjies te skep; jou brein het laas in hierdie tempo verander toe jy vyf of ses was. Kli\u00ebnte se gewilligheid om aktief aan die proses deel te neem is beduidend vir \u2019n suksesvolle uitkoms. Hulle moet genoeg slaap en tydens die opleiding plus drie weke daarna baie water drink, prote\u00efenryke kos eet en omega-olies drink. Hulle moet verfynde suiker, alkohol, kafe\u00efen, kitskos en ontspanningsdwelms vermy omdat dit die delikate, nuwe neuropaadjies kan beskadig.<\/p>\n<p>\u201cN\u00e1 drie weke evalueer ons die kli\u00ebnt. As die paadjies nie volkome gevestig is nie, doen ons \u2019n<em> top-up<\/em> van twee tot vier uur. Sowat tagtig persent van ons kli\u00ebnte het daarna nie weer ons hulp nodig nie terwyl ander kan terugval. Nog \u2019n aanvulling stel die saak gewoonlik reg. Ons raai mense aan om hulle jaarliks te laat toets, nes jy jaarliks ginekoloog toe gaan. \u2019n Spannende werksituasie, fisieke of emosionele geweld of ander trauma kan jou laat terugval. Dit gebeur veral met mense wat baie alkohol, dwelmmiddels of medikasie gebruik het, of by wie \u2019n ernstige toestand soos bipol\u00eare siekte gediagnoseer is.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bly-jonk-en-bou-breinselle\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Bly jonk en bou breinselle<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is die opleiding veilig?<\/h4>\n<p>Ja, dis nie-indringend, pynvry en veilig vir alle ouderdomme. Dit kan nie jou persoonlikheid verander nie. Jy hoef ook nie hard te probeer om die proses te laat slaag nie; jou brein kry die nodige terugvoer en beweeg in die verlangde rigting.<\/p>\n<p>\u201cNeuro-opleiding kan wel pynlike herinneringe of emosionele ongemak na vore bring, maar dis deel van die groei- en helingsproses. Soms ervaar mense lighoof-digheid, ligsensitiwiteit, hoofpyn of moegheid n\u00e1 \u2019n sessie. Ander voel weer asof hulle \u2019n energie-inspuiting gehad het.<\/p>\n<p>\u201cSoms het kli\u00ebnte minder van hul voorgeskrewe medisyne nodig namate die brein meer balans bereik. Ons beleid is dat hul dokters die saak hanteer.<\/p>\n<p>\u201cBrain Harmonics kan jou help om slegte gewoontes af te skud, rustig te slaap, jou uitkyk, motivering en konsentrasie te verbeter en makliker te fokus op die take waarmee jy besig is. Dit verlig ook depressie en angs. Die breine van die meeste mense is gewillig en gelukkig om opgelei te word \u2013 met uitstekende gevolge!\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/8-maklike-breinoefeninge-wat-vir-almal-werk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons enigste hoop<\/h4>\n<p>\u201cMy seun, Le-Urtis (18), het van jongs af uitgeblink in sport, maar met die akademie gesukkel,\u201d s\u00ea Anika Luke van Pretoria. \u201c\u2019n Arbeidsterapeut het bevestig dat hy konsentrasie- en fokusprobleme het.<\/p>\n<p>\u201cHy is \u2019n dromer en \u2018raak weg\u2019 in die klas. In die laer grade het ek hom help leer, maar later moes hy alleen regkom. Ons het ook gesukkel om hom soggens wakker te kry &#8211; ons moes \u2019n uur ekstra toelaat.<\/p>\n<p>\u201cAs ouers het ons verstaan dat hy nie bogemiddeld presteer nie, maar wou ook nie ondergemiddelde uitslae aanvaar nie. Hy het hard geleer vir eksamens maar die resultate het dit nie weerspie\u00ebl nie. Dit was vir ons belangrik dat hy matriek slaag \u2013 selfs al sou hy \u2019n sportloopbaan kies, moes hy iets h\u00ea om op terug te val.<\/p>\n<p>\u201cIn Maart van sy graadtienjaar het Le-Urtis van skool verander. Hy het rugby gespeel vir die o\/16 A-span, maar sy skoolwerk het agteruitgegaan en hy moes die graad herhaal. Die jaar daarop het hy eerstespan gespeel. Hy het in die week tot laat geoefen, en naweke het die span elders gaan speel. Hy was heeltyd moeg. Ons het besluit hy moes die rugby laat staan en net op skoolwerk fokus. Dit het nie die gewenste uitwerking gehad nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het die Brain Harmonics-konsep reeds vroe\u00ebr op die Internet te\u00ebgekom, maar toe besluit om Le-Urtis eers na \u2019n opvoedkundige sielkundige te neem. Sy het ges\u00ea hy het nie die vermo\u00eb om matriek te slaag nie en moet na \u2019n remedi\u00ebrende skool gestuur word. Ek was platgeslaan. Ek het met \u2019n paar mense oor Brain Harmonics gepraat, maar hulle het dit \u00f3f nie geken nie \u00f3f ges\u00ea ek kan nie toelaat dat iemand \u2018in sy brein krap\u2019 nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het besluit om Brain Harmonics \u2019n kans te gee. Le-Urtis moes die sielkundige verkeerd bewys! Hy het geweet ek glo in hom. Lize Maritz het hom ge\u00ebvalueer en onder meer ges\u00ea hy sukkel om te fokus, en snags bly sy brein so besig dat hy nie rus kry nie. Sy het ook verduidelik dat hy weens vorige trauma in konfrontasie \u2018vries\u2019.<\/p>\n<p>\u201cN\u00e1 die eerste intensive was Le-Urtis ge\u00efrriteerd, wat nie met sy geaardheid strook nie. Ek het gewonder of ons \u2019n verkeerde besluit geneem het maar binne \u2019n week was hy soggens dadelik wakker. Hy het kleur beter gesien, was meer oplettend in die klas en kon makliker leer. Dit was vir hom swaar om suiker ses weke lank uit sy dieet te sny, maar hy het selfs op sy verjaardag deurgedruk!<\/p>\n<p>\u201cLe-Urtis se gemiddeld het van \u2019n 2 na \u2019n 4 gestyg. Hy het matriek met \u2019n ho\u00ebr sertifikaat geslaag \u2013 beter as wat ek in al die jare van kommer sou kon droom. In Desember 2016 is hy gekies om in Doebai rugby te speel, en vroeg vanjaar het hy met \u2019n rugbybeurs na Nieu-Seeland vertrek. Lize en Brain Harmonics het vir ons hoop gegee!\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/brain-harmonics-gevallestudie-ons-vyfjarige-se-mamma\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Brain Harmonics gevallestudie: Ons vyfjarige s\u00ea mamma!<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Kerry Rudman en Lize Maritz werk in Kaapstad, <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/Brain-Harmonics-216093258437996\/?ref=br_rs\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Durban,<\/a> Johannesburg en Pretoria en reis ook op aanvraag: brainharmonics@gmail.com of www.facebook.com\/BrainHarmonics &#8211; sien ook <\/em><br \/>\n<em>@brainharmonics (twitter).<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Hierdie artikel het oorspronklik in 2017 verskyn.\u00a0<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat in ons koppe gebeur, is vir die meeste van ons \u2019n geheimenis. Neuroterapie lig die sluier \u2026 \u00e9n wys hoe doelgerigte samewerking met jou brein jou lewensgehalte kan verhoog. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":112671,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,679,662],"tags":[134,629,23443,23444,24736,47008,47155,60333],"class_list":["post-112669","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-inspiration","tag-relationships","tag-parenting","tag-family","tag-personal-growth","tag-persoonlike-groei","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Neuroterapie: Kry jou brein in rat | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Neuroterapie wys hoe doelgerigte samewerking met jou brein jou lewensgehalte kan verhoog en kry jou brein in rat. Loer hier!\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Neuroterapie: Kry jou brein in rat | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Neuroterapie wys hoe doelgerigte samewerking met jou brein jou lewensgehalte kan verhoog en kry jou brein in rat. Loer hier!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-05-21T04:00:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/blue-bulb-card-1520145.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"721\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Neuroterapie: Kry jou brein in rat\",\"datePublished\":\"2019-05-21T04:00:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/\"},\"wordCount\":1992,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/05\\\/blue-bulb-card-1520145.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"inspiration\",\"relationships\",\"parenting\",\"family\",\"personal growth\",\"persoonlike groei\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/\",\"name\":\"Neuroterapie: Kry jou brein in rat | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/05\\\/blue-bulb-card-1520145.jpg\",\"datePublished\":\"2019-05-21T04:00:03+00:00\",\"description\":\"Neuroterapie wys hoe doelgerigte samewerking met jou brein jou lewensgehalte kan verhoog en kry jou brein in rat. Loer hier!\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/05\\\/blue-bulb-card-1520145.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/05\\\/blue-bulb-card-1520145.jpg\",\"width\":640,\"height\":721,\"caption\":\"Neuroterapie: Kry jou brein in rat\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Neuroterapie: Kry jou brein in rat\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Neuroterapie: Kry jou brein in rat | rooi rose","description":"Neuroterapie wys hoe doelgerigte samewerking met jou brein jou lewensgehalte kan verhoog en kry jou brein in rat. Loer hier!","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Neuroterapie: Kry jou brein in rat | rooi rose","og_description":"Neuroterapie wys hoe doelgerigte samewerking met jou brein jou lewensgehalte kan verhoog en kry jou brein in rat. Loer hier!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-05-21T04:00:03+00:00","og_image":[{"width":640,"height":721,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/blue-bulb-card-1520145.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Neuroterapie: Kry jou brein in rat","datePublished":"2019-05-21T04:00:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/"},"wordCount":1992,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/blue-bulb-card-1520145.jpg","keywords":["ouerskap","inspiration","relationships","parenting","family","personal growth","persoonlike groei","jou lewe"],"articleSection":["Persoonlike groei","Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/","name":"Neuroterapie: Kry jou brein in rat | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/blue-bulb-card-1520145.jpg","datePublished":"2019-05-21T04:00:03+00:00","description":"Neuroterapie wys hoe doelgerigte samewerking met jou brein jou lewensgehalte kan verhoog en kry jou brein in rat. Loer hier!","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/blue-bulb-card-1520145.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/05\/blue-bulb-card-1520145.jpg","width":640,"height":721,"caption":"Neuroterapie: Kry jou brein in rat"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/neuroterapie-kry-jou-brein-in-rat\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Neuroterapie: Kry jou brein in rat"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/112669","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=112669"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/112669\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/112671"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=112669"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=112669"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=112669"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}