{"id":111654,"date":"2022-11-02T10:10:28","date_gmt":"2022-11-02T08:10:28","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=111654"},"modified":"2022-11-02T11:04:45","modified_gmt":"2022-11-02T09:04:45","slug":"hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/","title":{"rendered":"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk"},"content":{"rendered":"<p><em>Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Unsplash<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. Jou klere is gekreukel<\/h4>\n<p>Gekreukelde klere lyk slordig, maar dis tydrowend om te stryk en met vol dae is dit \u2019n taak wat dikwels agterwe\u00eb bly.<\/p>\n<ul>\n<li>Maak smiddae of saans tyd om jou klere vir die volgende paar dae te stryk, soos wanneer jy jou sepie kyk, of na \u2019n oudioboek luister.<\/li>\n<li>Dit is goed om vooraf \u2019n dag in die week uit te sit vir stryk sodat dit deel van jou roetine word.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>#rrWenk:<\/strong> Ons beveel aan dat jy dalk in \u2019n draagbare <em>steamer<\/em> bel\u00ea sodat jy vinnig met ongewenste kreukels kan klaarspeel.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111737 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere1-e1555588478283.jpg\" alt=\"\" width=\"633\" height=\"597\" \/><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lyk-ryk-7-maniere-om-luuks-te-lyk-sonder-om-te-veel-geld-te-bestee\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lyk ryk: 7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel te betaal<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Jy dra te veel bykomstighede<\/h4>\n<p>Bykomstighede is noodsaaklik vir jou voorkoms \u2013 \u2019n enkele halssnoer kan \u2019n sterk stelling maak, of \u2019n serp kan jou hele uitrusting saamvat.<\/p>\n<p>Gepaste bykomstighede werk vir enige geleentheid. Maar dit werk nie wanneer jy met t\u00e9 veel bykomstighede \u2019n eenvoudige uitrusting probeer opkikker nie.<\/p>\n<p><strong>#rrWenk:<\/strong> Dit is altyd beter om op \u2019n minimalistiese styl staat te maak.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111738 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere2.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steel-haar-styl-margot-robbie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Steel haar styl: Margot Robbie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Klere wat nie meer wit is nie, is uit<\/h4>\n<p>Een van die maklikste maniere om \u2019n slegte indruk te skep, is om \u2019n hemp te dra wat in \u2019n vorige lewe wit was.<\/p>\n<p>Dit is onvermydelik dat selfs die witste wit \u00a0begin verkleur, en sodra dit gebeur, is dit tyd om hulle te laat gaan.<\/p>\n<p><strong>#rrWenk:<\/strong> Jy kan wel die lewe van jou wit klere verleng deur hulle slegs saam met ander wit items te was. Selfs ligte kleure, soos liggrys, sal die kleur verander.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111739 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere3.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"959\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Moenie jou moue verkeerd oprol nie<\/h4>\n<p>Opgerolde moue is modieus en kan netjies lyk,<em> mits<\/em> jy die tyd afstaan om \u2019n dubbelrol te doen.<\/p>\n<p>Di\u00e9 tegniek behels twee eenvoudige voue: eers die polssoom (ongeveer 8 cm) en dan nog \u2019n rol bo-oor. Dit laat die mou netjies en presies lyk.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111740 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere4.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"960\" \/><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vyf-vinnige-modetruuks-wat-jou-uitrusting-afrond\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">5 vinnige modetruuks wat enige uitrusting afrond<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>5. Jy dra klere wat te groot is<\/strong><\/h4>\n<p>Ons maak dikwels die fout deur groter klere te dra om jou lyf weg te steek.<\/p>\n<p>Maak nie saak watter grootte jy is nie, dit is belangrik dat jou liggaam nie in jou klere verdrink nie.<\/p>\n<p><strong>#rrWenk:<\/strong> Dra \u2019n gordel by \u2019n rok wat te los is, of steek \u2019n gedeelte van jou hemp by jou broek in om steeds jou liggaamsvorm te behou.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111742 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere6.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"799\" \/><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-wenke-wat-jou-figuur-vlei\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">10 wenke wat jou figuur sal vlei<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>6. Jy dra broeke wat te lank is<\/h4>\n<p>Some wat skraps aan die vloer raak kan werk, maar moenie dat hulle op die vloer sleep nie.<\/p>\n<p><strong>#rrWenk:<\/strong> Voorkom hierdie modeflater en besoek \u2019n kleremaker. Onthou om die skoene saam te neem wat jy die meeste by die broek gaan dra sodat die kleremaker kan weet hoeveel korter hy die broek moet maak.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111744 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere8.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"959\" \/><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verleng-die-lewe-van-jou-gunsteling-jeans\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. S\u00ea nee vir vuil skoene<\/h4>\n<p>Jy sal nie die huis met klere vol modder wil verlaat nie, so hoekom gaan jy dit met jou skoene doen? Vee die ergste vuiligheid met \u2019n nat lappie af.<\/p>\n<p><strong>#rrWenk:<\/strong> Maak ook seker jou leerskoene is gepolitoer.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111741 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere5.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"960\" \/><\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-jou-wit-tekkies-te-was\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om jou wit tekkies te was<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>8. Klere wat wolletjies maak<\/strong><\/h4>\n<p>Dit gebeur, helaas, met selfs die beste van materiale: N\u00e1 \u2019n paar keer se dra vorm daar \u2019n growwer lagie, veral by die elmbo\u00eb en dele wat gereeld skaaf.\u00a0Veselmengsels wat drie of meer materiale bevat, het ook &#8216;n ho\u00ebr kans om wollerig te raak, veral di\u00e9 wat natuurlike en sintetiese vesels bevat \u2013 dink aan jou trui.<\/p>\n<p><strong>#rrWenk:<\/strong> Jy kan hierdie \u201cskade\u201d voorkom deur jou kledingstuk om te dop voordat jy dit was. Dit voorkom dat die materiaal teen ander klere vryf, maar die beste is om di\u00e9 klere eerder met die hand te was.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-111745 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/aklere9.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"799\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is die klein dingetjies wat \u2019n groot verskil maak in hoe netjies jy lyk. Hierdie paar wenke sal keer dat jy slordig lyk, ongeag jou liggaamstipe, beroep, persoonlike smaak of voorkeur <\/p>\n","protected":false},"author":34,"featured_media":134497,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[3465,665],"tags":[19,49,1384,2110,29301,31857],"class_list":["post-111654","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-wenke-mode","category-mode","tag-mode","tag-wenke","tag-fashion","tag-tips","tag-fashion-tips","tag-modewenke"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dit is die klein dingetjies wat \u2019n verskil maak in hoe netjies jy lyk. Hierdie wenke sal keer dat jy slordig lyk, ongeag jou liggaamstipe of voorkeur.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit is die klein dingetjies wat \u2019n verskil maak in hoe netjies jy lyk. Hierdie wenke sal keer dat jy slordig lyk, ongeag jou liggaamstipe of voorkeur.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2022-11-02T08:10:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2022-11-02T09:04:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2484\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Bea Lingenfelder\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Bea Lingenfelder\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"3 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Bea Lingenfelder\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/68ca52249d2fed870284342f41b1b466\"},\"headline\":\"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk\",\"datePublished\":\"2022-11-02T08:10:28+00:00\",\"dateModified\":\"2022-11-02T09:04:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/\"},\"wordCount\":659,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"mode\",\"wenke\",\"fashion\",\"tips\",\"fashion tips\",\"modewenke\"],\"articleSection\":[\"Wenke\",\"Mode\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2022\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/\",\"name\":\"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2022-11-02T08:10:28+00:00\",\"dateModified\":\"2022-11-02T09:04:45+00:00\",\"description\":\"Dit is die klein dingetjies wat \u2019n verskil maak in hoe netjies jy lyk. Hierdie wenke sal keer dat jy slordig lyk, ongeag jou liggaamstipe of voorkeur.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":2484},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/68ca52249d2fed870284342f41b1b466\",\"name\":\"Bea Lingenfelder\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ec1f4c8bc78c80eb34b266fd4fbd1a13de05764e69eb793e75fc0f000262b0c1?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ec1f4c8bc78c80eb34b266fd4fbd1a13de05764e69eb793e75fc0f000262b0c1?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ec1f4c8bc78c80eb34b266fd4fbd1a13de05764e69eb793e75fc0f000262b0c1?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Bea Lingenfelder\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk | rooi rose","description":"Dit is die klein dingetjies wat \u2019n verskil maak in hoe netjies jy lyk. Hierdie wenke sal keer dat jy slordig lyk, ongeag jou liggaamstipe of voorkeur.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk | rooi rose","og_description":"Dit is die klein dingetjies wat \u2019n verskil maak in hoe netjies jy lyk. Hierdie wenke sal keer dat jy slordig lyk, ongeag jou liggaamstipe of voorkeur.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2022-11-02T08:10:28+00:00","article_modified_time":"2022-11-02T09:04:45+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":2484,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Bea Lingenfelder","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Bea Lingenfelder","Est. reading time":"3 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/"},"author":{"name":"Bea Lingenfelder","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/68ca52249d2fed870284342f41b1b466"},"headline":"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk","datePublished":"2022-11-02T08:10:28+00:00","dateModified":"2022-11-02T09:04:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/"},"wordCount":659,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg","keywords":["mode","wenke","fashion","tips","fashion tips","modewenke"],"articleSection":["Wenke","Mode"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2022","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/","name":"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg","datePublished":"2022-11-02T08:10:28+00:00","dateModified":"2022-11-02T09:04:45+00:00","description":"Dit is die klein dingetjies wat \u2019n verskil maak in hoe netjies jy lyk. Hierdie wenke sal keer dat jy slordig lyk, ongeag jou liggaamstipe of voorkeur.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/helen-ast-wXCQCVpsRQ0-unsplash.jpg","width":1920,"height":2484},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hierdie-8-modefoute-kan-jou-slordig-laat-lyk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/68ca52249d2fed870284342f41b1b466","name":"Bea Lingenfelder","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ec1f4c8bc78c80eb34b266fd4fbd1a13de05764e69eb793e75fc0f000262b0c1?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ec1f4c8bc78c80eb34b266fd4fbd1a13de05764e69eb793e75fc0f000262b0c1?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ec1f4c8bc78c80eb34b266fd4fbd1a13de05764e69eb793e75fc0f000262b0c1?s=96&d=mm&r=g","caption":"Bea Lingenfelder"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/111654","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/34"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=111654"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/111654\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/134497"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=111654"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=111654"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=111654"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}