{"id":111277,"date":"2019-04-12T11:00:58","date_gmt":"2019-04-12T09:00:58","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=111277"},"modified":"2019-04-12T09:43:15","modified_gmt":"2019-04-12T07:43:15","slug":"vlam-hoofstuk-10-los-lippies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/","title":{"rendered":"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies deur Martie Swanepoel<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hierdie is hoofstuk 10 van ons vervolgverhaal, Vlam. Klik hier om die vorige hoofstukke te lees:<\/strong><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-vervolgverhaal-vlam\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Inleiding<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-1-die-opdrag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 1<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-2-die-kontrak\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 2<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-3\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 3<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-4\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 4<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-5-kners-op-die-tande\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 5<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-6-afgemeet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 6<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-7-niek-en-ewie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 7<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 8<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-9-koek-en-wyn\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 9<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies<\/h4>\n<p>Daar is net een lid van die Clivia-span wat Niekie vanuit \u2019n snobistiese hoogte bekyk. Suzanne Dreyer, die nuwe assistent-redakteur, is \u2019n intens stylvolle vrou wat \u00a0sweerlik op \u2019n myl kan ruik dat Niekie se hele klerekas by die China-shops en Pep-boetiek gekoop word.<\/p>\n<p>Sy maak geen geheim daarvan dat sy di\u00e9 koerant-joernalis as ver benede haar status beskou nie.<\/p>\n<p>Die res van die span, het Niekie na \u2019n paar stukke tjoklitkoek en \u2019n liter tee gevind, is normale joernaliste soos die koerantmense.<\/p>\n<p>Laasgenoemde ontdekking het haar sinisme oor die trippie Kaap toe bietjie op sy plek gesit. Onder die stylvolle klere en grimering is hulle lekker <em>girls<\/em> wat hou van koek en sappige brokkies oor wat in die gange van Mediahuis aangaan.<\/p>\n<p>Ondanks die vriendeliker sy wat sy van Claudia ervaar, is sy egter steeds versigtig vir Pieta se eks. Claudia is <em>connected<\/em> tot die ho\u00ebr vloere van Mediahuis en daarvoor trap sy fyn. Daar, op die dik tapyte van die 20ste, vloer kan \u2019n mens se loopbaan gemaak of gebreek word, en Niekie weet goed waar haar brood gebotter is. Mediahuis is die enigste mediagroep in die land wat nog waaghalsig genoeg is om joernaliste na oorlogsones te stuur, en dit is hoekom Niekie vasbyt ondanks al die voorskriftelike neigings van die maatskappy.<\/p>\n<p>Dis Suzanne wat aan Claudia se sy inskuif by die pizza-restaurant en dit laat Niekie se hart in haar skoene sak. Dit gaan \u2019n aand vir baie wyn wees, besef sy. Dit is al hoe sy gaan oorleef.<\/p>\n<p>Soos te wagte, trek Suzanne haar neus op vir die wynlys. Dit neem nie lank voor Niekie besef die stylsnob is nie \u2019n gewillige metgesel vir die aand nie. Hoewel sy haar bes probeer om haar fyn handjie stewig om Claudia se spreekwoordelike blaas te hou, is dit duidelik dat sy \u2019n ander agenda het.<\/p>\n<p>Dis nou as Niekie haar waarnemingsvermo\u00eb reg interpreteer. Verbeel sy haar of strek Suzanne se ambisie tot by die redakteurskap van Clivia? Niekie is dankbaar vir die lekker afleiding wat haar waarneming besorg. Dalk gaan dit nog \u2019n interessante aand word! Sy sal graag wil uitvind wat aan die gang is in die duidelike magspel tussen Claudia en die vrou wat lyk of sy \u2019n strykstok in haar jis vasknyp.<\/p>\n<p>Claudia steur haar min aan die snob se voorkeure en bestel \u2019n paar flesse Sangria vir die tafel.<\/p>\n<p>Suzanne bekyk die onbeskofte dik ordin\u00eare kombuisglase versigtig. Sy probeer fyn slukkies tussen die vrugte deur neem. Sy tuit haar lippies na die rant van die glas om te keer dat die goedkoop wyn haar lipstif besmet.<\/p>\n<p>Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging.<\/p>\n<p>\u201c<em>Cheers,<\/em>\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig in die koers van Claudia en haar onwillige metgesel. Niekie klink slinks eerste Claudia se glas en daarna die van Suzanne. Sy weet laasgenoemde sal nie \u2019n keuse h\u00ea om saam te klink en sluk nie.<\/p>\n<p>Hoe later, hoe kwater, soos Niekie se pa sou s\u00ea. Hoe meer besmet Suzanne se Dior-lipstif raak, hoe losser raak haar tong. Niekie besef gou die kompetisie tussen die twee vroue oorkant haar skuil op die twintigste vloer van Mediahuis.<\/p>\n<p>\u201cHoe het jou vergadering etenstyd met Gustaf Momsen afgeloop, Suzanne?\u201d vra Claudia uit die bloute.<\/p>\n<p>Die skok op Suzanne se gesig laat Niekie besef die vergadering was eintlik \u2019n geheim.<\/p>\n<p>\u201cEee \u2026 watter vergadering?\u201d Selfs die invloed van vele Botox-inspuitings kan nie die frons tussen die vrou se perfekte wenkbroue keer nie.<\/p>\n<p>\u201cJa, ek het gehoor julle twee vergader gereeld?\u201d Claudia se snedige stemtoon spreek boekdele en Niekie sit behaaglik agteroor. Sy het onlangs \u2019n gerug deur die lewensare van Mediahuis gehoor oor die direkteur se dwalende oog en hier tussen die slukkies Sangria ontvou \u2019n storie wat lekker sappig kan raak.<\/p>\n<p>\u201cEk het geen idee waarvan jy praat nie, Claudia,\u201d kom dit van \u2019n duidelik ontsenude Suzanne.<\/p>\n<p>\u201c<em>Cheers!<\/em>\u201d s\u00ea Niekie weer moedswillig en sy sien duidelik hoe Claudia ongemerk vir haar probeer knipoog. Sy geniet di\u00e9 moedswillige spel &#8230;<\/p>\n<p>\u201cWat is nou eintlike rol in my <em>make over,<\/em> Suzanne?\u201d vra Niekie na nog \u2019n \u201c<em>Cheers.<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Die vraag laat Suzanne \u2019n paar groot slukke Sangria neem. In die proses beland van die sappige vrugte in haar mond en sy kou vervaard om daarvan ontslae te raak.<\/p>\n<p>\u201cO, Suzanne is in opdrag van die direksie hier. N\u00e8, Suzanne?\u201d snip Claudia terwyl Suzanne nog kou.<\/p>\n<p>Sy lag liefies in Suzanne se koers. \u201cIs mos so? Suzanne? Jy is mos hier om my in toom te hou? Ek is mos te rebels vir die 20ste vloer?\u201d<\/p>\n<p>Die aand raak al hoe lekkerder vir Niekie. Hier is \u2019n heerlike verwikkeling. Iewers agter die skerms is daar \u2019n groot magspel agter die skerms. En haar <em>trippie <\/em>Cannes toe, is die verhoog waarop die twee stylvolle vroue mekaar gaan pak.<\/p>\n<p>Om Suzanne Dryer \u2019n pizza te sien eet, is pryslose vermaak. Sy dring aanvanklik daarop aan om dit met \u2019n mes en vurk te eet, maar die uitdagende manier waarop Claudia hare met die hand verorber, spreek tot die kompeterende stryd tussen hulle.<\/p>\n<p>Na die knipoog is daar \u2019n nuwe band tussen Niekie en Claudia en Suzanne is hulle gesamentlike teiken.<\/p>\n<p>\u201cEk het Gustaf nog altyd smeulend aantreklik gevind. Dink jy nie hy het \u2019n charismatiese sjarme nie, Suzanne?\u201d<\/p>\n<p>Claudia is moedswillig en die gefermenteerde vrugte maak Suzanne se lippies losser. Sy lag stout.<\/p>\n<p>\u201cSmeulend \u2026\u201d<\/p>\n<p>Suzanne het Claudia se lokaas met haar Dior-lippies gesluk!<\/p>\n<p>Niekie weet nou dat haar nuwe bondgenoot Suzanne wil uitlok sodat sy brokkies kan kry om die gerugte oor Gustaf en Suzanne se affair te probeer staaf.<\/p>\n<p>Tussen die glase Sangria ontplooi \u2019n stylvolle wedywering om die hoekkantoor by Clivia! En Niekie weet aan wie se kant sy is!<\/p>\n<p>Tussen haar, Claudia en die gefermenteerde Sangria-vrugte verslap die strykstok in Suzanne se rug. Sy vertel hoe aaklig Gustaf se vrou met hom is en dat sy die arme vername man nie verstaan nie.<\/p>\n<p>\u201cHy smag so na aandag,\u201d onthul sy.<\/p>\n<p>Claudia <em>zoom<\/em> in.<\/p>\n<p>\u201cFoeitog, en hy lyk na so \u2019n gawe man.\u201d<\/p>\n<p>Suzanne vermurwe onder die druk van die Sangria.<\/p>\n<p>\u201cJa, hy is dierbaar en sjarmant. \u2019n Regte ou liefie.\u201d<\/p>\n<p>Claudia se o\u00eb glinster van oorwinning.<\/p>\n<p>\u201cEk hoor hy was so hoflik teenoor jou by die beraad in Dubai?\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Vlaag Sangria het Suzanne se damwal gebreek. Die gerugte van die affair word al hoe meer werklikheid en elke keer as Suzanne besef sy praat nou te veel, probeer sy haar strykstok-lyfie weer regop kry.<\/p>\n<p>\u201cHaai julle! Ek wil darem nie my vriendskap met Gustaf misbruik nie. Hy is net \u2019n baie goeie vriend.\u201d<\/p>\n<p>En dis net waar Claudia haar glas weer lig en vir Niekie knipoog.<\/p>\n<p>\u201cOns drink op baie goeie vriende!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy hierdie vervolgverhaal geniet, en nie kan wag tot volgende week om die nuwe hoofstuk te lees nie, kan jy solank ons ouer vervolgverhale lees! <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Klik hier.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging. \u201cCheers,\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig in die koers van Claudia en haar onwillige metgesel. Niekie klink slinks eerste Claudia se glas en daarna die van Suzanne. Sy weet laasgenoemde sal nie \u2019n keuse h\u00ea om saam te klink en sluk nie.&#8221; <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":111279,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[373,998,1258,3378,4119,4396,23450,37319,66093],"class_list":["post-111277","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-martie-swanepoel","tag-vermaak","tag-lees","tag-fiksie","tag-vervolgverhaal","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vlam"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&quot;Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging. \u201cCheers,\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig ...&quot;\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&quot;Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging. \u201cCheers,\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig ...&quot;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-04-12T09:00:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"426\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies\",\"datePublished\":\"2019-04-12T09:00:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/\"},\"wordCount\":1192,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/04\\\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg\",\"keywords\":[\"Martie Swanepoel\",\"Vermaak\",\"lees\",\"fiksie\",\"vervolgverhaal\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"vlam\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/\",\"name\":\"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/04\\\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg\",\"datePublished\":\"2019-04-12T09:00:58+00:00\",\"description\":\"\\\"Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging. \u201cCheers,\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig ...\\\"\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/04\\\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/04\\\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg\",\"width\":640,\"height\":426,\"caption\":\"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies | rooi rose","description":"\"Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging. \u201cCheers,\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig ...\"","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies | rooi rose","og_description":"\"Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging. \u201cCheers,\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig ...\"","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-04-12T09:00:58+00:00","og_image":[{"width":640,"height":426,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies","datePublished":"2019-04-12T09:00:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/"},"wordCount":1192,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg","keywords":["Martie Swanepoel","Vermaak","lees","fiksie","vervolgverhaal","Ontspanning","entertainment","fiction","vlam"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/","name":"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg","datePublished":"2019-04-12T09:00:58+00:00","description":"\"Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as \u2019n uitdaging. \u201cCheers,\u201d s\u00ea sy kort-kort moedswillig ...\"","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/cheese-cutlery-delicious-9708.jpg","width":640,"height":426,"caption":"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-10-los-lippies\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/111277","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=111277"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/111277\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/111279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=111277"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=111277"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=111277"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}