{"id":110724,"date":"2023-04-03T11:18:11","date_gmt":"2023-04-03T09:18:11","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=110724"},"modified":"2023-04-03T11:25:56","modified_gmt":"2023-04-03T09:25:56","slug":"allergiemedisyne-antihistamiene-veilig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/","title":{"rendered":"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?"},"content":{"rendered":"<p><em>Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>So baie van ons is allergies en is permanent op allergiemedisyne. Is ons veilig op medikasie, vra lesers. As jy dieselfde vrae het lees verder. Ons het <strong>prof. Claudia Gray<\/strong>, allergiespesialis en pediater van die Rooikruis- en Vincent Palotti-hospitale gevra om met antwoorde te help.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110803 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/pil1.jpg\" alt=\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?\" width=\"640\" height=\"423\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is antihistamiene as allergiemedisyne veilig vir langtermyn gebruik?<\/h4>\n<p><strong>rooi rose-leser Christa Strydom Louw vra<\/strong><br \/>\nEk moet soms tot drie keer per dag antihistamiene gebruik. Kan dit skadelik wees? Kan ek my immuniteit op ander maniere versterk sodat ek nie meer so hipersensitief is nie en minder erg reageer?<\/p>\n<p><strong>Prof. Claudia Gray antwoord<\/strong><br \/>\nDie nuwe generasie antihistamiene is oor die algemeen baie veilig, selfs teen twee tot drie keer die aanbevole daaglikse dosis, solank jy nie onderliggende nier- of lewerkwaal het nie.<\/p>\n<p>Maar ek is tog bekommerd oor die feit dat jy so dikwels antihistamiene benodig. Dit dui daarop dat jou onderliggende allergiese toestand nie goed onder beheer is nie.<\/p>\n<p>Die beste opsie vir jou is om \u2019n allergiespesialis te spreek, om uit te vind presies waarvoor jy allergies is. Hy sal jou help om dan die beste behandelingsplan spesifiek vir jou op te stel.<\/p>\n<p>Oor die versterking van die immuunstelsel: dit word in \u2019n mate verkeerd verstaan. Geen aanvuller kan die korrekte medikasie vir \u2019n allergie vervang nie. \u2019n Gesonde leefstyl help egter baie om \u2019n allergie beter te beheer. Daarom help \u2019n gesonde dieet wat ryk is aan anti-oksidante. Beperk ook kitskosse. Slaap genoeg dat jou liggaam genoeg ruskans en herstelkans kry. En vermy jou allergiesnellers sover as wat moontlik is.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/berg-jou-medisyne-reg-5-dinge-wat-almal-moet-doen\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Berg jou medisyne reg: 5 dinge wat almal moet weet<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110808 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/pil6.jpg\" alt=\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoekom maak allergiemedisyne mens so vaak?<\/h4>\n<p><strong>rooi rose-leser Erika Botha vra<\/strong><br \/>\nHoekom maak allergie-medikasie mens so vaak?<\/p>\n<p><strong>Prof. Claudia Gray antwoord<\/strong><br \/>\nVeral die ouer generasie antihistamiene is sederend \u2013 met ander woorde hulle is geneig om mense vaak te maak. Die meeste van die nuwer soorte antihistamiene veroorsaak nie vaakheid nie. Maar gesels met jou dokter oor die beste keuse van antihistamien vir jou.<\/p>\n<p>Onthou ook dat sekere mense meer geneig is om vaak te raak van hierdie medikasies. Daarom is dit belangrik dat veral mense met breinsensitiwiteite, bejaardes, kinders en mense met lewer- of nierkwale met hul dokter gesels, sodat hulle die geskikste medikasie vir hulle spesifiek kies.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-eerlik-met-jou-dokter\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoekom dit belangrik is om eerlik met jou dokter te wees<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110806 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/pil4.jpg\" alt=\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Newe-effekte van Singulair as allergiemedisyne<\/h4>\n<p><strong>rooi rose-leser Elfriede Kinghorn vra<\/strong><br \/>\nMy seun is al van tien jaar oud af op Singulair. Hy is nou dertig. Hy kan dit nie los nie \u2013 hy begin binne \u2019n dag met asma, en ekseem slaan oral uit. Hy het \u2019n lae dosis probeer maar het oor \u2019n periode van twee maande totaal agteruit gegaan, met baie asma-aanvalle en ekseem oraloor. Nadat hy teruggekeer het na sy volle dosis het dit rondom agtien maande geneem voor sy vel weer normaal was. Met ander woorde ek vermoed hy gaan Singulair vir nog 50-70 jaar lank gebruik.<\/p>\n<p>Daarom wil ek meer weet oor die nadele van die Singulair, en hoe ons sulke langtermyn gebruik die beste kan bestuur?<\/p>\n<p>Dit lyk nie of Singulair hom depressief maak nie maar ek merk die afgelope jaar of twee op dat sy hande erg bewe? Hy kla ook dat hy sleg slaap. Wat van vrugbaarheid? Kan Singulair geboorte-afwykings veroorsaak? Enige kankers daaraan gekoppel? Swakker longe of skelet?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110805 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/pil3.jpg\" alt=\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?\" width=\"640\" height=\"425\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Prof. Claudia Gray antwoord<\/strong><br \/>\nSingulair is een van die groep medisynes (genoem die Montelukast-groep) wat die leuktotriene, \u2019n verbinding in die liggaam wat deel is van die allergiese reaksie, blokkeer. Dit is baie doeltreffend vir asma (dikwels saam met asmapompies) en allergiese rhinitis (saam met neusspuite). In die re\u00ebl help dit nie vir ekseem nie.<\/p>\n<p>Die meeste mense verdra Singulair goed, en vir hulle is langtermyngebruik veilig. By \u2019n klein persentasie mense kan dit egter gedrags-, bui- of slaapstoornisse veroorsaak. Hierdie mense moet liewer gebruik van Singulair staak. Sover ons weet het Singulair geen effek op vrugbaarheid nie. Dit word ook nie op hierdie stadium aan kanker of enige ander toestande gekoppel nie.<\/p>\n<p>As iemand egter op Singulair is en steeds gereeld asma kry, beteken dit dat sy asma nie goed onder beheer is nie. In hierdie geval moet hy daagliks sy voorkomende beheerbehandeling vir asma bly gebruik, soos \u2019n asmapompie of soms \u2019n montelukast soos Singulair.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/toets-jouself-vir-asma\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Toets jouself vir asma<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ekseem en Singulair<\/strong><\/p>\n<p>Episodes van ekseem op die vel moet oor die algemeen beheer word met anti-inflammatoriese velrome, soos stero\u00efedrome. Jou dokter sal die regte room vir jou aanbeveel, gebaseer op jou ouderdom en waar jou vel aangetas is. Jy moet ook \u2019n goeie neutrale velvogmiddel vir \u2019n ekseemvel gebruik.<\/p>\n<p>As jou vel gereeld opvlam moet jy saam met jou dokter uitwerk wat die veiligste en beste strategi\u00eb is om die aantal episodes te verminder.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110807 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/pil5.jpg\" alt=\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?\" width=\"640\" height=\"441\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Allergiemedisyne is een van die mediese suksesverhale. Maar jy gaan waarskynlik lewenslank allergies bly &#8230; en dertig of veertig of selfs tagtig jaar hierdie medikasie gebruik. Wat moet jy vooraf weet?<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":136616,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[753,69570,854,69571,1657,69572,1821,69573,2792,69574,4199,69575,4200,69576,4217,69577,9270,23664,44601,69492,69566,69567,90,69568,136,69569],"class_list":["post-110724","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-salome-delport","tag-veluitslag","tag-gesond","tag-immuniteit","tag-allergie","tag-immuuun","tag-immuunstelsel","tag-geboorte-afwyking","tag-leef-gesond","tag-asmapomp","tag-asma","tag-neusspuit","tag-bronchitis","tag-neussproei","tag-nies","tag-steroied","tag-ekseem","tag-health","tag-bewe","tag-allergy","tag-hooikoors","tag-antihistamien","tag-kanker","tag-allergiemedikasie","tag-gesondheid","tag-neus"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die kans is goed dat jy lewenslank allergies gaan bly ... en dus dertig of veertig of selfs tagtig jaar hierdie allergiemedisyne gaan gebruik. Is dit veilig?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die kans is goed dat jy lewenslank allergies gaan bly ... en dus dertig of veertig of selfs tagtig jaar hierdie allergiemedisyne gaan gebruik. Is dit veilig?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-04-03T09:18:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-04-03T09:25:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?\",\"datePublished\":\"2023-04-03T09:18:11+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-03T09:25:56+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/\"},\"wordCount\":839,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Salom\u00e9 Delport\",\"veluitslag\",\"gesond\",\"immuniteit\",\"allergie\",\"immuuun\",\"immuunstelsel\",\"geboorte-afwyking\",\"leef gesond\",\"asmapomp\",\"asma\",\"neusspuit\",\"bronchitis\",\"neussproei\",\"nies\",\"steroied\",\"ekseem\",\"health\",\"bewe\",\"allergy\",\"hooikoors\",\"antihistamien\",\"kanker\",\"allergiemedikasie\",\"Gesondheid\",\"neus\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/\",\"name\":\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-04-03T09:18:11+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-03T09:25:56+00:00\",\"description\":\"Die kans is goed dat jy lewenslank allergies gaan bly ... en dus dertig of veertig of selfs tagtig jaar hierdie allergiemedisyne gaan gebruik. Is dit veilig?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? | rooi rose","description":"Die kans is goed dat jy lewenslank allergies gaan bly ... en dus dertig of veertig of selfs tagtig jaar hierdie allergiemedisyne gaan gebruik. Is dit veilig?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? | rooi rose","og_description":"Die kans is goed dat jy lewenslank allergies gaan bly ... en dus dertig of veertig of selfs tagtig jaar hierdie allergiemedisyne gaan gebruik. Is dit veilig?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-04-03T09:18:11+00:00","article_modified_time":"2023-04-03T09:25:56+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?","datePublished":"2023-04-03T09:18:11+00:00","dateModified":"2023-04-03T09:25:56+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/"},"wordCount":839,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg","keywords":["Salom\u00e9 Delport","veluitslag","gesond","immuniteit","allergie","immuuun","immuunstelsel","geboorte-afwyking","leef gesond","asmapomp","asma","neusspuit","bronchitis","neussproei","nies","steroied","ekseem","health","bewe","allergy","hooikoors","antihistamien","kanker","allergiemedikasie","Gesondheid","neus"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/","name":"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg","datePublished":"2023-04-03T09:18:11+00:00","dateModified":"2023-04-03T09:25:56+00:00","description":"Die kans is goed dat jy lewenslank allergies gaan bly ... en dus dertig of veertig of selfs tagtig jaar hierdie allergiemedisyne gaan gebruik. Is dit veilig?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/brittany-colette-CDN2nTKfrA-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/allergiemedisyne-antihistamiene-veilig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=110724"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110724\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/136616"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=110724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=110724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=110724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}