{"id":110706,"date":"2023-04-11T14:48:44","date_gmt":"2023-04-11T12:48:44","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=110706"},"modified":"2023-04-11T14:50:49","modified_gmt":"2023-04-11T12:50:49","slug":"seekosallergie-vis-sushi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/","title":{"rendered":"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?"},"content":{"rendered":"<p><em>Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? deur Salom\u00e9 Delport<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Het jy ook\u00a0\u2019n seekosallergie, soos hierdie twee lesers? Ons het <strong>prof. Claudia Gray<\/strong>,\u00a0allergiespesialis aan die Vincent Palotti- en Rooikruishospitale, gevra om te antwoord.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110736 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis7.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"428\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1. Seekos-allergie vir kreef, maar nie vir kalamari en vis nie &#8211; en vir slakke<\/h4>\n<p><strong>Vraag: rooi rose-leser\u00a0Renette Dreyer<\/strong><br \/>\n&#8220;Ek is allergies vir seekos, maar net vir skulpdiere soos kreef en prawns. Ek is nie allergies vir kalamari en vis nie. Hoekom sou dit wees? Ek is ook allergies vir slakke.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Prof. Claudia Gray<\/strong><br \/>\nAllergie vir skulpvis soos garnale en kreef is een van die algemeenste voedselallergi\u00eb by volwassenes. Mens sou dink dat mense wat op seekos reageer vir alles uit die see versigtig moet wees, maar eintlik word seekos in drie groepe verdeel:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Skaalvis<\/strong> met\u00a0\u2019n buitenste dop of &#8216;skil\u2019, soos garnale en kreef<\/li>\n<li><strong>Skulpvis<\/strong>, of seekos met\u00a0\u2019n skulp, soos oesters, mossels, perlemoen en kalamari<\/li>\n<li><strong>Vis<\/strong>, soos snoek, geelstert, sardiens, tuna, kabeljou en varswatervis<\/li>\n<\/ul>\n<p>Jy kan dus allergies wees vir alles in een van hierdie drie groepe, vir alles in enige twee groepe, of vir alles in al drie groepe.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ken-n-vis-allergie-uit\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">S\u00f3 ken jy \u2019n vis-allergie uit<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110735 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis6.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"853\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die goeie nuus<\/strong><\/p>\n<p>As jy baie lief is vir seekos, is daar darem een ligpuntjie.\u00a0\u2019n Positiewe allergiese toets vir een van die drie groepe beteken nie dat jy beslis allergies is vir \u00e1l die spesies seekos in die groep nie. Dit is net waarskynliker dat jy vir een of meer van die spesies in\u00a0\u2019n groep allergies is. Dit is baie dikwels die geval dat iemand vir net een of twee van die spesies in die groep allergies is en die res kan geniet. Jy kan dus &#8216;n seekos-allergie vir perlemoen h\u00ea, terwyl kalamari jou glad nie pla nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die belangrikste ding wat jy moet weet<\/strong><\/p>\n<p>Die belangrikste is dat jy jouself laat toets om te bepaal vir watter groep jy allergies is \u00e9n vir watter spesifieke seekosspesie\/s jy allergies, sodat jy weet wat om absoluut altyd te vermy.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110734 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis5.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"853\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Seekos-allergie en allergie vir slakke<\/h4>\n<p>Jou reaksie op slakke is baie interessant.<\/p>\n<p>Mens sou dink dat slakke, wat op land voorkom, niks met skulpvis te doen het nie. Maar daar is\u00a0\u2019n spesifieke prote\u00efen, genoem tropomisien, in skulpdiere wat ook in slakke voorkom! Mense met\u00a0\u2019n skulpvisallergie kan dus ook op slakke reageer as gevolg van hierdie algemene prote\u00efen wat die liggaam as\u00a0\u2019n &#8220;allergeen&#8221; erken.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110730 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis1.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Handige lys vir mense met seekos-allergie<\/h4>\n<p><strong>Skaalvis<\/strong>\u00a0 \u00a0 Vermy\u00a0kreef, krap, garnale (<em>prawn, shrimp<\/em>), sushi wat hierdie seekosse bevat<\/p>\n<p><strong>Skulpvis<\/strong>\u00a0 \u00a0 Vermy oesters, perlemoen (<em>abalone<\/em>), kalamari, seekat, mossels (alle soorte), alikreukel, perdekrulle. Vermy ook geblikte en gedroogde oesters en mossels.<\/p>\n<p><strong>Vis<\/strong>\u00a0 \u00a0 \u00a0 Vermy\u00a0alle soorte vis &#8211; ook bokkoms, alle soorte geblikte vis soos sardientjies en tuna, salm, varswatersalm, tilapia, shashimi en sushi met tuna, salm of enige ander soort vis.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110731 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis2.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"962\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Is maagpyn n\u00e1 sushi\u00a0\u2019n teken van\u00a0\u2019n seekos-allergie?<\/h4>\n<p><strong>Vraag: rooi rose-leser Riandie Coetzee<\/strong><br \/>\n&#8220;Kan jy\u00a0\u2019n allergiese reaksie kry na jy sushi en ander seekos ge\u00ebet het wat voel soos\u00a0\u2019n vreemde, seer kramppyn op die krop van jou maag?&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Antwoord: Prof Claudia Gray<\/strong><br \/>\nDie simptome van\u00a0\u2019n seekosallergie wissel van mens tot mens. Party ontwikkel\u00a0\u2019n uitslag, maagpyn of maagontsteltenis. Ander begin sukkel om asem te haal, asof hulle ernstige asma-aanval het. By\u00a0\u2019n klompie lei die allergiese reaksie tot skielike, skerp en lewensbedreigende val in bloeddruk, en hulle stort ineen (anafilakse) en kan sterf.<\/p>\n<p>Die graad van\u00a0\u2019n allergiese reaksie wissel ook van van mens tot mens, en kan lig, ernstig of selfs lewensgevaarlik wees.<\/p>\n<p>Aangesien jou reaksie na volgende blootstellings kan vererger, moet enige potensi\u00eble seekos-allergie sorgvuldig en deeglik ondersoek word. As jou allergietoets bevestig dat jy wel allergies is moet jy altyd vorentoe baie versigtig wees vir die spesifieke seekos waarvoor jy allergies is, om te voorkom dat jy dalk later in anafilakse gaan.<\/p>\n<p>Dus, al het jy nou net maagpyn, stel ek voor dat jy vir allergietoetsing gaan.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maagpyn-laktose-intoleransie-tiener\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wanneer weet jy of jou maagpyn veroorsaak word deur laktose-intoleransie?<\/a><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110738 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis9.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"426\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ander redes waarom seekos jou siek maak<\/h4>\n<p>Interessante feit: Soms hoor jy dat iemand s\u00ea dat hy net een keer op seekos gereageer het. Dan het hy waarskynlik nie\u00a0\u2019n seekos-allergie nie. Seekos kan jou ook om ander redes siek maak, soos:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Jy het eintlik\u00a0\u2019n histamienreaksie<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Waneer vis oud raak en bederf, ontwikkel histamiene daarin. Dit ontlok by party mense\u00a0\u2019n hewige reaksie.<\/p>\n<p>Waarskynlik sal \u2019n hele paar ander mense wat van dieselfde seekos gehad het, ook gereageer het \u2013 maar nie almal nie. As iemand dus een keer hewig op vis gereageer het maar nie weer nie &#8211; en ook nie na toetsing allergies vir vis is nie &#8211; het hy waarskynlik eerder &#8216;n histamienreaksie gehad.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110733 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis4.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"960\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Jy is eintlik allergies vir die anisakis-visparasiet<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Seekos is soms met hierdie parasiet besmet. As jy allergies is vir die parasiet, maar nie vir seekos nie, sal jy\u00a0\u2019n allergiese reaksie h\u00ea net as jy besmette seekos eet, terwyl jy glad nie\u00a0\u2019n allergiese reaksie op \u2019n &#8216;skoon\u2019 seekos sal ervaar nie. Jy kan vir \u2019n allergie vir anisakis getoets word.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-110732 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/vis3.jpg\" alt=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\" width=\"640\" height=\"853\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Weet jy watter soorte vis en skulpvis jou seekos-allergie uitlok? Kry die lys hier. Jy moet ook weet van die histamienreaksie op ou seekos en van visparasiete, waarvoor party mense eintlik allergies is.<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":136752,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[69469,69470,136,69492,143,324,753,955,1657,2792,4199,4438,23664,69465,69466,69467,69468],"class_list":["post-110706","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-kalamari","tag-prawn","tag-gesondheid","tag-allergy","tag-vis","tag-garnale","tag-salome-delport","tag-oesters","tag-allergie","tag-leef-gesond","tag-asma","tag-maagpyn","tag-health","tag-skok","tag-sushi","tag-perlemoen","tag-histamien"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Weet jy watter soorte vis en skulpvis jou seekos-allergie uitlok? Kry die lys hier. Of het jy &#039;n histamienreaksie op ou seekos of &#039;n allergie vir visparasiete?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Weet jy watter soorte vis en skulpvis jou seekos-allergie uitlok? Kry die lys hier. Of het jy &#039;n histamienreaksie op ou seekos of &#039;n allergie vir visparasiete?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-04-11T12:48:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-04-11T12:50:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1481\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\",\"datePublished\":\"2023-04-11T12:48:44+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-11T12:50:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/\"},\"wordCount\":879,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"kalamari\",\"prawn\",\"Gesondheid\",\"allergy\",\"vis\",\"garnale\",\"Salom\u00e9 Delport\",\"Oesters\",\"allergie\",\"leef gesond\",\"asma\",\"maagpyn\",\"health\",\"skok\",\"sushi\",\"perlemoen\",\"histamien\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/\",\"name\":\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-04-11T12:48:44+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-11T12:50:49+00:00\",\"description\":\"Weet jy watter soorte vis en skulpvis jou seekos-allergie uitlok? Kry die lys hier. Of het jy 'n histamienreaksie op ou seekos of 'n allergie vir visparasiete?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1481},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/seekosallergie-vis-sushi\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? | rooi rose","description":"Weet jy watter soorte vis en skulpvis jou seekos-allergie uitlok? Kry die lys hier. Of het jy 'n histamienreaksie op ou seekos of 'n allergie vir visparasiete?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? | rooi rose","og_description":"Weet jy watter soorte vis en skulpvis jou seekos-allergie uitlok? Kry die lys hier. Of het jy 'n histamienreaksie op ou seekos of 'n allergie vir visparasiete?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-04-11T12:48:44+00:00","article_modified_time":"2023-04-11T12:50:49+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1481,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?","datePublished":"2023-04-11T12:48:44+00:00","dateModified":"2023-04-11T12:50:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/"},"wordCount":879,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg","keywords":["kalamari","prawn","Gesondheid","allergy","vis","garnale","Salom\u00e9 Delport","Oesters","allergie","leef gesond","asma","maagpyn","health","skok","sushi","perlemoen","histamien"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/","name":"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg","datePublished":"2023-04-11T12:48:44+00:00","dateModified":"2023-04-11T12:50:49+00:00","description":"Weet jy watter soorte vis en skulpvis jou seekos-allergie uitlok? Kry die lys hier. Of het jy 'n histamienreaksie op ou seekos of 'n allergie vir visparasiete?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/adrien-sala-qvIrI4ueqzY-unsplash.jpg","width":1920,"height":1481},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/seekosallergie-vis-sushi\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur \u2019n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110706","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=110706"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110706\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/136752"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=110706"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=110706"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=110706"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}