{"id":110313,"date":"2019-03-29T10:44:27","date_gmt":"2019-03-29T08:44:27","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=110313"},"modified":"2019-03-29T09:10:59","modified_gmt":"2019-03-29T07:10:59","slug":"vlam-hoofstuk-8-ontnugtering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/","title":{"rendered":"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering"},"content":{"rendered":"<p><em>Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering deur Martie Swanepoel<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hierdie is hoofstuk 8 van ons vervolgverhaal, Vlam. Klik hier om die vorige hoofstukke te lees:<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-vervolgverhaal-vlam\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Inleiding<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-1-die-opdrag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 1<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-2-die-kontrak\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 2<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-3\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 3<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-4\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 4<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-5-kners-op-die-tande\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 5<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-6-afgemeet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 6<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-7-niek-en-ewie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoofstuk 7<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoofstuk 8: Ontnugtering<\/h4>\n<p>Niek Branders worstel heelnag met herinneringe wat hy vergeefs met brandewyn en coke probeer verdrink. Hierdie fliek wat die Amerikaners kom maak, het diep aan sy siel kom krap, het hy gemor toe Niekie hom vroegaand gebel het.<\/p>\n<p>\u201cWatter storie vertel daai Yanks in hul moewie? Wie het daai storie geskryf? Ek sal dit graag wil lees. My kind, jy het geen idee hoe de bliksem in \u2019n klomp ou manne gaan wees as hull ons storie opneuk nie.\u201d<\/p>\n<p>Niekie ken haar pa. Sy kan hoor hy is weer wroegend.<\/p>\n<p>\u201cDis wat ek in Cannes sal moet gaan uitvind, Pa. Ek wil by daai Duard en sy vervaardiger en regisseur gaan hoor of ek die draaiboek kan lees voor hulle hier kom skiet.\u201d<\/p>\n<p>Niekie het reeds begin krap, maar Duard Wayne se vervaardiger, Elton Nichols, verwys haar elke keer ferm na die onderhoud in Cannes. Sy sal antwoorde op al haar vrae uit haar onderhoud met Duard kan kry, het hy haar kort en saaklik per e-pos laat weet.<\/p>\n<p>Na nog \u2019n krappery het sy op die naam van die draaiboekskrywer afgekom. Harold Peters. \u2019n Man wat nog nooit in sy lewe \u2019n voet op Suid-Afrikaanse grond gesit het nie. Wat de joos weet hierdie man van die bosoorlog wat haar pa se lewe help vorm het?<\/p>\n<p>Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was. Na Ewie het haar pa nog nooit weer \u2019n boesemvriend gehad nie, weet sy. Ou <em>buddies<\/em>, maar nooit weer iemand wat sy menswees so gedeel het soos Ewie nie.<\/p>\n<p>Die hele nag lank <em>fight<\/em> Niek weer die oorlog \u2026 Hy voel weer die fel son op sy gesig en hy ruik die kordiet en diesel. Hy voel die vrees, die adrenalien. Hy hoor die kleingeweervuur en die doef-doef van mortiere, die gebulder van die ratels se 90 millimeter kanonne.\u00a0 Hy druk sy ore toe vir die gesuis van RPG7-vuurpylvuur deur die lug.<\/p>\n<p>In Niek Branders se studeerkamer speel \u2019n oorlog in die gryskop man se kop af wat geen Amerikaanse draaiboek sal kan uitbeeld nie.<\/p>\n<p>Hy onthou hoe die situasie op die grens versleg het. En toe die generaals se besluit dat die troepe die terroriste oor die grens moet begin volg. Oorgrensoperasies het beleid geword.<\/p>\n<p>Daar was \u2019n nuwe opwinding. In-diepte beplanning oor hoe SWAPO se infiltrasieroetes en logistiek ontmasker gaan word. Hoe hul basisse in Angola vernietig gaan word.<\/p>\n<p>Operasie Jupiter was deel van Niek en Ewie se nuwe fokus.<\/p>\n<p>Hulle was reg vir SWAPO. Hy en Ewie.<\/p>\n<p>Of so het hy gedink.<\/p>\n<p>Tydens operasie Jupiter was hulle deel van \u2019n gevegsgroep wat \u2019n SWAPO-basis in Ovamboland moes gaan aanval.<\/p>\n<p>In sy studeerkamer voel Niek of hy weer in die <em>ops<\/em>-tent sit tydens die beplanning vir die geveg. Die afwagting en spanning was byna so dik soos die soel lug en stof. Hy hoor nog kolonel Giepie se stem wat voortdreun. Hulle het presies geweet wat hulle moet gaan doen.<\/p>\n<p>Die gevegsplan is in detail verduidelik. Elke beweging, aanvalsroete, verdedigingslinies, masjiengeweerstellings \u2026 alles is in die kleinste besonderhede op die sandmodel nageboots.<\/p>\n<p>Niek het besef hy en sy manne sal 100 persent seker moet wees wat hulle moet doen.<\/p>\n<p>Die feite is in die sand uitgestippel.<\/p>\n<p>Die SWAPO-basis se verdediging was die sterkste in die suide. Die SAW sou vanaf die noorde aanval, waar hulle die minste weerstand verwag.<\/p>\n<p>Niek en Ewie se peletons sou deel vorm van die stopper groep aan die oostekant. Hulle taak was om te keer dat SWAPO ontvlug. Hulle moes gekeer en uitgewis word.<\/p>\n<p>Kolonel Giepie het SWAPO se verwagte ontnappingsroete al met \u2019n donga af in die sandmodel vir Niek en Ewie uitgewys. Dis waar hulle die vyand moet gaan voorl\u00ea en stop. Hulle en hul troepe.<\/p>\n<p>Daardie aand het hulle die aanval oor en oor bespreek. Hy en Ewie was reg. Hy onthou die effense bewing op die krop van sy maag.<\/p>\n<p>\u201cMore vat ons hulle vas, Niek. More kom nie een blikskottel van SWAPO verby ons nie!\u201d het Ewie nog ges\u00ea voor hulle en hul troepe by die versamelgebiede gaan slaap het.<\/p>\n<p>D-dag het in \u2019n stil afwagting oor die troepe gebreek.<\/p>\n<p>Met dagbreek het die mirages ingekom om die vyand te bom en sag te maak. Die artellierie het met \u2019n bombardement gevolg. SWAPO het laag gel\u00ea in hul loopgrawe terwyl die gemeganiseerde mag in hul basis inbeweeg het.<\/p>\n<p>Niek en Ewie se stopper-groepe het na hul posisies beweeg.<\/p>\n<p>Die aanval op die basis was fel. Geboue is aan flarde geskiet. Stof en rook het oor die basis gehang. Van die ammunisie-opslagplekke het kort op mekaar ontplof. \u2019n Paar voertuie het brandend rondgestaan.<\/p>\n<p>Die loograwe was leeg. SWAPO het laat spaander.<\/p>\n<p>Kolonel Giepie het Niek en Ewie laat weet dat \u2019n groot groep van SWAPO in die donga af vlug het en op pad is na hulle.<\/p>\n<p>Die Bravo- stoppergroep het hul stellings weerskante van die donga ingeneem en in die donga op beweeg in die rigting van die basis.<\/p>\n<p>Niek het aan die oostelike kant van die donga met sy ratel gery. Ewie het die ander kant van die donga gedek.<\/p>\n<p>Skote het begin klap.<\/p>\n<p>Niek het \u2019n brandende flits deur die lug sien trek, gevolg deur \u2019n ontploffing. Die<em> gunners<\/em> het geskree, \u201cVyand op twee-uur regs voor!\u201d En toe laat waai hulle met die masjiengeweer.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n bietjie laat, want die terroris het reeds sy RPG7 afgevuur. Die projektiel het Ewie se ratel op die linkervoorwiel getref en Niek kon van sy kant af sien die ratel is uit aksie.<\/p>\n<p>Hy het vir sy manne geskree, \u201cKontak! Kontak!\u201d Hy het uit sy ratel gespring om sy seksie te ontplooi in die verdedigingsposisie.<\/p>\n<p>Hulle het dadeklik oorgegaan in vuur en beweging. Manne het vorentoe beweeg, platgeval, geskiet, en dan het makkers gevolg.<\/p>\n<p>Niek was tevrede dat sy manne groot kontak geslaan het. Hul opleiding het outomaties ingeskop. Die manne was meer as reg vir die kontak.<\/p>\n<p>Niek het sy seksieleier bevel gegee om oor te neem en hy het in die rigting van Ewie se troepe begin hardloop. Hy wou gaan kyk hoekom hy geen skote van hulle kant hoor nie.<\/p>\n<p>Hy onthou die vrees. Wat gaan aan? Is sy buddy gewond toe die ratel raakgeskiet is?<\/p>\n<p>Ewie se peloton was steeds in \u2019n verdedigingsposisie.<\/p>\n<p>\u201cWaar is die luitenant?\u201d wou Niek weet.<\/p>\n<p>Rook en stof het oor die ratel gehang.<\/p>\n<p>Die seksieleier het ges\u00ea Ewie is na \u2019n <em>order<\/em>-groep geroep.<\/p>\n<p>Niek kon dit nie verstaan nie.<\/p>\n<p>Watse <em>order<\/em>-groep? Hoekom het hy nie daarvan geweet nie?<\/p>\n<p>Maar die korporaal was seker. Ewie het ges\u00ea kolonel Giepie het hom geroep vir \u2019n <em>order<\/em>-groep.<\/p>\n<p>Hy het sy peloton opdrag gegee om in die verdedigingsposisie te wag.<\/p>\n<p>\u201cIn watter rigting is die luitenant?\u201d het Niek gevra.<\/p>\n<p>Die korporaal en \u2019n paar troepe het agtertoe beduie. Weg van die geveg af. Niek het gedink hy verbeel hom hy hoor \u2019n paar manne onderlangs lag. \u2019n Vreemde hol gevoel het op sy maag gaan l\u00ea. Wat gaan aan met Ewie?<\/p>\n<p>Niek het vreesbevange deur die bosse gehardloop. Daar was groot fout!<\/p>\n<p>Hy het Ewie agter \u2019n miershoop gekry. Sy dapper vriend was \u2019n vreesbevange bondel.<\/p>\n<p>Ewie het ge<em>crack<\/em>! Sy gesig was vol trane en roet. Sy skouers het onophoudelik geruk.<\/p>\n<p>\u201cEk is klaar. Ek kan nie meer nie. Hoor jy my? Ek is klaar! Kyk hierdie bloed en breins. Dis Gouwsie s\u2019n! Hulle het Gouwsie flenters geskiet! Hy is dood, hoor jy my, Niek. Gouwsie is vrek geskiet!\u201d<\/p>\n<p>Niek het sy vriend se gesig met die waterbottel probeer afspoel.<\/p>\n<p>\u201cRuk jou reg, Ewie! Ons moet teruggaan!\u201d<\/p>\n<p>Hy het Ewie gesleep-dra aan sy <em>webbing<\/em>.\u00a0 Toe sien hy die bloedspoor.<\/p>\n<p>\u201cWag hier. Ek gaan kyk wat aangaan.\u201d<\/p>\n<p>Die bloedpoor het na \u2019n groep lae bosse gelei. Dit was doodstil in die veld. Hy kon net sy eie gejaagde asem hoor. Of was dit net syne?<\/p>\n<p>Toe sien hy die bebloede stewel uitsteek. \u2019n SWAPO-stewel. Die swaar asemhaling het uit die bos gekom.<\/p>\n<p><em>\u201cDon\u2019t shoot!\u201d<\/em><\/p>\n<p>Die man was gewond en gereed om oor te gee.<\/p>\n<p>Niek het hom ontwapen en uit die bos getrek. Die kaartsak om die man se skouer het hom laat besef hierdie is geen gewone terroris nie. In sy kaartsak was verskeie kaarte, \u2019n verkyker en Makarov-pistool. Sonder om te dink, het Niek die pistool afgeneem en in sy <em>webbing<\/em> weggesteek.<\/p>\n<p><em>\u201cMove!\u201d<\/em><\/p>\n<p>Niek het die man voor hom uitgedwing tot waar hy Ewie gelos het. Sy kop het gemaal van moontlike oplossings vir Ewie se probleem. Ewie het sy peleton gelos en weggehardloop! Ewie was \u2019n lafaard!<\/p>\n<p>\u201cEwie, luister nou mooi vir my. Hier is nou groot bollie. Ons moet jou gat nou red! Jy gaan hierdie terroris vat en hom terugvat kamp toe. S\u00ea jy het hom gevolg en gevang. Hierdie ou is \u2019n grootkop, hoor jy my? Hierdie ou gaan jou gat red! Nou ruk jy jouself reg en vat die terroris!\u201d<\/p>\n<p>Ewie het woordeloos ingestem. Hy het geweet Niek is reg.<\/p>\n<p>Terug by die peloton het Niek bevel oorgeneem en die area gevee vir moontlike ontsnaptes. Hy het nie vir die manne vertel hy het Ewie gekry nie. Hy het ook stilgebly oor die terroris.<\/p>\n<p>Ewie het sy gevangene gaan oorhandig. Die nuus het gou versprei. Dit was \u2019n groot vangs, en Ewie was \u2019n<em> hero.<\/em><\/p>\n<p>By die <em>debriefing<\/em> het die vonke gespat. Die operasie was nie \u2019n sukses nie. Die bostelegraaf het geloop. SWAPO het geweet van die SAW-troepe se opmars na hul basis en die meeste het reeds gevlug. Die SAW het basies \u2019n le\u00eb basis aangeval. Die paar SWAPO-lede wat nog oor was, het met die donga langs gevlug.<\/p>\n<p>Kolonel Giepie was kwaad.<\/p>\n<p>\u201cBranders! Hoeveel terroriste is verby julle? Het julle gesit en slaap! Het jy op jou gat gesit en niks doen nie?\u201d<\/p>\n<p>Niek het net voor hom uitgestaar. Ewie het langs hom gesit. Ewie het na sy hande gestaar. Hy het niks ges\u00ea nie.<\/p>\n<p>\u201cBuiten vir \u2019n bietjie ammunisie wat ons gebuit het, was die hele operasie \u2019n mislukking! As dit nie vir die grootkop-terroris was wat luitenant Du Preez eiehandig gaan vang het nie, was dit \u2019n mors\u00a0 van tyd. Branders, ek is teleurgesteld. Terwyl jy en die ander slapgatte gesit en <em>tan<\/em> het in die son, het Du Preez alleen \u2019n terroris gaan vang!\u201d<\/p>\n<p>Ewie se stilte het soos \u2019n lem deur Niek se hart gesteek. Ewie het stilgebly terwyl kolonel Giepie hom uitgehaal het.<\/p>\n<p>Die terroris is na Oshakati geneem waar hy geidentifiseer is as Alano Gumba, \u2019n SWAPO streeksbevelvoerder. Danksy die kaarte in sy besit, kon talle wapenopslagplekke ge\u00efdentifiseer word. \u2019n Hele paar SWAPO-meelopers in krale is uitgeken.<\/p>\n<p>Ewie was \u2019n held. Maar in die kamp het die manne onderlangs gefluister. Daar was \u2019n ongemaklike stilte tussen Niek en Ewie.<\/p>\n<p>Party ouens het ges\u00ea as dit nie vir Ewie was nie, was die hele operasie \u2019n <em>balls up. <\/em>Maar diegene wat weet, het ges\u00ea as dit nie vir Niek was nie \u2026<\/p>\n<p>Ewie is benoem vir \u2019n toekenning. Sy dawerende stilte het Niek laat besef dat hy homself nou lelik in die stert gehap het.<\/p>\n<p>Maar die teleurstelling in Ewie se stilte was die swaarste.<\/p>\n<p>Van daardie dag af het \u2019n bitterheid in Niek gegroei. Die grootkoppe het \u2019n held vir hulle mislukte operasie gesoek, en hulle het hom gekry. Hulle het ook iemand gesoek wat hulle kon uittrap. En Niek was daai ou.<\/p>\n<p>Ewie se troepe was ongelukkig oor hul luitenant se medalje. Maar niemand wou regtig iets s\u00ea nie.<\/p>\n<p>Die onmin het tussen die vriende gebroei tot Ewie oorgeplaas is na milit\u00eare intelligensie leergevegskool as instrukteur.<\/p>\n<p>In die army praat manne onder mekaar. Daar is altyd oor Ewie en sy medalje gefluister.<\/p>\n<p>Eensaamheid en skuldgevoelens het Ewie toenemend gedryf na klippies en coke. Elke aand.<\/p>\n<p>Hy is toe met An\u00e9 Duval getroud, maar Elsa en Niek het nooit weer met hul boesemvriende gepraat nie.<\/p>\n<p>Niek het later gehoor Ewie en An\u00e9 het \u2019n seuntjie gehad, maar dat alkoholisme en gewinsgeweld in hul huishouding baas was.<\/p>\n<p>Niek sit lank na sy le\u00eb glas en kyk. Hy is gedaan na die nag se emosionele gewroeg.<\/p>\n<p>Hy staan op en gaan haal die Makarov-pistool uit die kluis. Hy bekyk die pistool van alle kante.<\/p>\n<p>Ewie het die medalje gekry, maar hy het die terroris se Makarov.<\/p>\n<p>Niek se hart het geruk die dag toe kolonel Giepie hom bel en vertel dat Ewie homself geskiet het.<\/p>\n<p>\u201cDis jammer, hy was \u2019n dapper soldaat op sy dag,\u201d het kolonel Giepie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Maar Niek het niks ges\u00ea nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy van ons kortverhale hou, en nie kan wag tot die volgende hoofstuk nie, kan jy solank ons ouer vervolgverhale geniet! <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Klik hier om die verhale te lees<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was. Na Ewie het haar pa nog nooit weer \u2019n boesemvriend gehad nie, weet sy. Ou buddies, maar nooit weer iemand wat sy menswees so gedeel het soos Ewie nie.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":110314,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[1258,4119,4396,23450,37319,66093,373,998],"class_list":["post-110313","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-lees","tag-vervolgverhaal","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-fiction","tag-vlam","tag-martie-swanepoel","tag-vermaak"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&quot;Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was.&quot; Lees hoofstuk 8 van Vlam.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&quot;Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was.&quot; Lees hoofstuk 8 van Vlam.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-03-29T08:44:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/cosmos-dark-evening-33825.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"426\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering\",\"datePublished\":\"2019-03-29T08:44:27+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/\"},\"wordCount\":2160,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/03\\\/cosmos-dark-evening-33825.jpg\",\"keywords\":[\"lees\",\"vervolgverhaal\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"fiction\",\"vlam\",\"Martie Swanepoel\",\"Vermaak\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/\",\"name\":\"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/03\\\/cosmos-dark-evening-33825.jpg\",\"datePublished\":\"2019-03-29T08:44:27+00:00\",\"description\":\"\\\"Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was.\\\" Lees hoofstuk 8 van Vlam.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/03\\\/cosmos-dark-evening-33825.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/03\\\/cosmos-dark-evening-33825.jpg\",\"width\":640,\"height\":426,\"caption\":\"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering | rooi rose","description":"\"Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was.\" Lees hoofstuk 8 van Vlam.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering | rooi rose","og_description":"\"Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was.\" Lees hoofstuk 8 van Vlam.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-03-29T08:44:27+00:00","og_image":[{"width":640,"height":426,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/cosmos-dark-evening-33825.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering","datePublished":"2019-03-29T08:44:27+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/"},"wordCount":2160,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/cosmos-dark-evening-33825.jpg","keywords":["lees","vervolgverhaal","Ontspanning","entertainment","fiction","vlam","Martie Swanepoel","Vermaak"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/","name":"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/cosmos-dark-evening-33825.jpg","datePublished":"2019-03-29T08:44:27+00:00","description":"\"Sy weet van die ding met Ewie. Dit het haar pa die wantrouige alleenloper gemaak wat hy sy loopbaan lank was.\" Lees hoofstuk 8 van Vlam.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/cosmos-dark-evening-33825.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/cosmos-dark-evening-33825.jpg","width":640,"height":426,"caption":"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vlam-hoofstuk-8-ontnugtering\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vlam: Hoofstuk 8: Ontnugtering"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110313","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=110313"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110313\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/110314"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=110313"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=110313"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=110313"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}