{"id":108962,"date":"2023-03-07T13:45:35","date_gmt":"2023-03-07T11:45:35","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=108962"},"modified":"2023-03-07T13:47:47","modified_gmt":"2023-03-07T11:47:47","slug":"spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/","title":{"rendered":"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie &#8230; Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet"},"content":{"rendered":"<p><em>Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie &#8230; Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet deur Cornel Dunn. Hooffoto: pexels<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Karlien* is \u2019n aantreklike, vyftigjarige vrou en ouma van drie. Sy het die afgelope paar jaar reeds ses kosmetiese operasies ondergaan. En sy bly ongelukkig oor haar voorkoms.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou dat ek van my dogtertjiedae af lelik gevoel het. Ek is die oudste van twee dogters. My kleinsus het die skoner gene ge\u00ebrf. Sy is feetjiefyn met \u2019n soel vel en lang, donker hare. Ek daarenteen, het \u2019n groter beenstruktuur, rooi krulhare en baie sproete. Mense sou dikwels opmerkings maak oor hoe baie ons twee verskil. Boonop het ek die grootste deel van my lewe met my gewig gesukkel.<\/p>\n<p>\u201cOp universiteit het ek anoreksie ontwikkel en weke in \u2019n kliniek deurgebring. Net toe ek dink ek wen, toe verloor ek! Op vyftig sukkel ek steeds met my eetstoornis. Dinge het uitgekring toe ek vir die eerste keer plastiese chirurgie ondergaan het. Eers die o\u00eb, toe \u2019n <em>tummy tuck<\/em> en later \u2019n volle gesigsontrimpeling. Steeds het die euforie my ontglip &#8230; &#8221;<\/p>\n<p>\u201cDaar is net een spie\u00ebl in my huis &#8211; bokant my wasbak. Geen vollengte spie\u00ebls word in my blyplek toegelaat nie. Party dae staan ek voor my kas en voel dat geen kledingstuk wat my gister gepas het, vandag sal pas nie. Ek verdrink my in los broeke en los hemde. Ek honger my uit en gaan elke dag gim toe. Om te grimeer is nog \u2019n berg om te klim. Ek sien my gesig van naby en dis nie vir my lekker nie. &#8221;<\/p>\n<p>\u201cEk is voortdurend op die Internet op soek na raad en nuwe maniere om my grimering aan te wend. Hoe maak jy jou halfmaangesig skraler, jou groot neus kleiner?\u201d<\/p>\n<p>Karlien het besluit om \u2019n kliniese sielkundige te gaan spreek &#8211; met groot sukses, en kry nou ook angsmedikasie.<\/p>\n<p>*Skuilname is gebruik<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-mag-se-jys-mooi\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Jy m\u00e1g s\u00ea jy&#8217;s mooi!<\/a><\/p>\n<div id=\"attachment_108965\" style=\"width: 442px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108965\" class=\" wp-image-108965\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/pexels-photo-987627.jpeg\" alt=\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet\" width=\"432\" height=\"649\" \/><p id=\"caption-attachment-108965\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Kliniese sielkundige aan die woord oor liggaamsdimorfiese steurnis<\/h4>\n<p>Ons het dr. Hanru Niemand, \u2019n kliniese sielkundige, oor liggaamsdismorfiese steurnis uitgevra:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is liggaamsdismorfiese steurnis?<\/strong><\/p>\n<p>Di\u00e9 versteuring (<em>body dysmorphic disorder<\/em>), word gekenmerk deur iemand se beheptheid met \u201cdefekte\u201d in sy voorkoms. Di\u00e9 sogenaamde defekte is klein, skaars merkbaar vir ander, of selfs afwesig. Dis soms moeilik om die steurnis te diagnoseer as dit met gewigskwessies verband hou, want die beheptheid gaan dikwels met \u2019n eetsteuring gepaard.<\/p>\n<p>Mense kan behep wees met iets soos die vorm van hul ore, hande, voete, of die grootte van hul neus. Sommige mense, meestal mans, kan ook behep wees met hul spiere, wat hulle kan dryf om oorboord te gaan met liggaamsbou-oefeninge. Min mense is heeltemal tevrede met hoe hulle lyk, daarom moet die beheptheid klinies beduidende emosionele ongemak veroorsaak voor liggaamsdismorfiese steurnis (LDS) gediagnoseer kan word.<\/p>\n<p>Dit beteken mense bestee uitermate baie energie en tyd aan kommer oor hul voorkoms en sal tot uiterstes gaan om die defek reg te stel, soos deur oordadige plastiese chirurgie. Onthou, om plastiese chirurgie te kry maak nie noodwendig van iemand \u2019n LDS-lyer nie. Trouens, LDS kan by net sowat 8% van pasi\u00ebnte wat plastiese chirurgie ondergaan, gediagnoseer word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kom jy die steurnis dikwels te\u00eb?<\/strong><\/p>\n<p>Nee, dit is \u2019n betreklike skaars versteuring, met \u2019n voorkoms van sowat 2% in die algemene bevolking, vergeleke met iets soos major depressie waarvan die voorkoms oor lewensduur sowat 15% is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wanneer begin die versteuring oor die algemeen?<\/strong><\/p>\n<p>Gewoonlik in die tienerjare. Van daar af is die verloop dikwels chronies, so die steurnis kan by pasi\u00ebnte van enige ouderdom voorkom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat van mense wat ouer word en nie meer tevrede met hul voorkoms is nie?<\/strong><\/p>\n<p>Namate mense ouer word, is daar natuurlik meer dinge om oor ontevrede te wees. Maar die definisie van LDS sluit hier-die normale mismoedigheid oor veroudering en jou voorkoms uit.<\/p>\n<div id=\"attachment_108968\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108968\" class=\"size-full wp-image-108968\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/pexels-photo-948354.jpeg\" alt=\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-108968\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe be\u00efnvloed gewig LDS?<\/strong><\/p>\n<p>Iemand met LDS kan met gewig behep wees, maar is dikwels ook met ander liggaamsdele behep. Verder gaan \u2019n intense beheptheid met gewig gewoonlik gepaard met ewe intense pogings om gewig te verloor of maer te bly. In so \u2019n geval sal jy eerder \u2019n eetsteurnis diagnoseer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Is daar \u2019n verband tussen LDS en angs?<\/strong><\/p>\n<p>Daar kan \u2019n noue band wees omdat hulle in dieselfde selfbeeld en w\u00eareldbeeld gewortel is. Sou jy glo dat jy nie goed genoeg is nie en dat die w\u00eareld \u2019n ongenaakbare plek is waar mense se oordeel besonder fel en oppervlakkig is, kan dit tot sosiale angs aanleiding gee. Dit kan dan ook gebeur dat iemand sy selfbeeldprobleme as \u2019t ware aan een liggaamlike defek haak. Die betrokke liggaamsdeel word dan by wyse van spreke \u2019n simbool van alles waaraan hy tekort skiet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is die verskil tussen anoreksie en LDS?<\/strong><\/p>\n<p>By eetsteurings soos anoreksie ly pasi\u00ebnte ook aan \u2019n beheptheid met voorkoms, maar die defekte in voorkoms is uitsluitlik met betrekking tot gewig en vet-wees. In anoreksie se geval gaan die beheptheid oor in ekstreme gedrag om gewigsverlies te bewerkstellig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Speel iemand se verlede \u2019n rol?<\/strong><\/p>\n<p>Ja, die verlede speel \u2019n belangrike rol in die ontwikkeling van LDS omdat vorige ervarings hul self- en w\u00eareldbeeld vorm. Verder kan iemand ook sy of haar ouers se gedrag naboots. As Ma of Pa ook behep was met voorkoms, of besonder klem gel\u00ea het op die kind se voorkoms, kan groot dele van die selfbeeld in liggaamlike voorkoms bel\u00ea word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe groot is hierdie probleem in Suid-Afrika?<\/strong><\/p>\n<p>Ons aanvaar die voorkoms is ruweg dieselfde as die internasionale koers, dit wil s\u00ea so 2%. \u2019n Onlangse studie wys die voorkoms onder studente aan \u2019n Suid-Afrikaanse universiteit is sowat 5%.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kan hierdie probleem tot selfdood lei?<\/strong><\/p>\n<p>Potensieel kan dit tot selfdood lei omdat dit depressie kan veroorsaak, wat op sy beurt \u2019n potensieel lewensgevaarlike siekte is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe behandel jy LDS?<\/strong><\/p>\n<p>LDS, soos baie ander geestesongesteldhede, word ten beste behandel deur \u2019n kombinasie van medikasie en psigoterapie. Ek gebruik gewoonlik \u2019n kognitiewe gedragsterapiebenadering, wat op pasi\u00ebnte se gedagte- en gedragspatrone fokus.<\/p>\n<div id=\"attachment_108967\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108967\" class=\"size-full wp-image-108967\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/pexels-photo-804416.jpeg\" alt=\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet\" width=\"640\" height=\"426\" \/><p id=\"caption-attachment-108967\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Is hospitalisering nodig?<\/strong><\/p>\n<p>Nee. Maar as die persoon ook aan depressie of ander gemoedsteurings ly (soos dikwels die geval is) en laasgenoemde versteuring is ernstig genoeg, word hospitalisering oorweeg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Dink jy die media het \u2019n invloed op di\u00e9 steurnis?<\/strong><\/p>\n<p>Die media stel \u2019n ideale liggaamsbeeld voor: modelle, of aktrises is dikwels maerder as die tipiese vrou in die alledaagse lewe, hulle het perfekte tande, neuse, ore &#8230; Sosiale media kompliseer dinge verder. Nou is dit jou vriende wat altyd goed lyk (jy sal mos nie \u2019n onvleiende foto plaas nie). Skielik is dit nie \u2019n aktrise of model wat beter as jy lyk nie, maar \u2019n regte, egte mens. Kortom, die media en sosiale media maak dat ons onrealistiese en onregverdige maatstawwe aan ons voorkoms stel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is die rooi ligte wat aandui dat iemand dalk aan hierdie steurnis ly?<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Mens moet maar oppas vir selfdiagnose, maar as jy voel jy bestee onnodig baie energie aan kommer oor jou voorkoms, is dit \u2019n goeie idee om \u2019n geestesgesondheidspraktisyn soos \u2019n sielkundige of psigiater te spreek.<\/p>\n<p>Jy sal dalk nie aan die diagnostiese kriteria voldoen nie, maar dis steeds \u2019n goeie idee om perspektief oor jou bekommernisse te kry. Verder is dit goed om op te let hoe jy komplimente hanteer: Neem jy dit ter harte, of s\u00ea jy iets soos: \u201cHulle s\u00ea dit maar net om my goed te laat voel\u201d? As niks of niemand jou kommer oor jou voorkoms kan besweer nie, is dit dalk tyd om hulp te soek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat kan ouers doen om te keer dat hul kinders in hierdie\u00a0strik val?<\/strong><\/p>\n<p>Ouers moenie te veel klem op voorkoms l\u00ea nie. Wanneer dit kom by dieet en oefen, moet die klem eerder op die kind se gesondheid wees, en die motivering vir goeie eetgewoontes en oefening moet ook so aan die kind oorgedra word. Bowenal moet jy seker maak jou kind se selfbeeld l\u00ea nie net in voorkoms opge-sluit nie: daar is baie aspekte van \u2019n mens se lewe wat as bron van selfwaarde kan dien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Is medikasie \u2019n opsie?<\/strong><\/p>\n<p>Ja, beslis. Hiervoor moet iemand by \u2019n psigiater aanklop.<\/p>\n<p>\u2022 Dr. Hanru Niemand: 021 976 6994.<\/p>\n<div id=\"attachment_108969\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108969\" class=\"size-full wp-image-108969\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/pexels-photo-1363642.jpeg\" alt=\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet\" width=\"640\" height=\"800\" \/><p id=\"caption-attachment-108969\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea \u2019n rekonstruktiewe en plastiese chirurg oor ligaamsdimorfiese steurnis?<\/h4>\n<p>Ons het dr. Francois Duminy, \u2019n rekonstruktiewe en plastiese chirurg, ook oor die steurnis uitgevra:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe lank praktiseer jy al as \u2019n plastiese chirurg?<\/strong><\/p>\n<p>Ek is reeds veertig jaar \u2019n mediese dokter, waarvan ek vir 27 jaar in plastiese en rekonstruktiewe chirurgie praktiseer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is jou definisie van liggaamsdismorfiese steurnis?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u2019n abnormale obsessie oor \u2019n klein anatomiese defek wat vir ander moeilik waarneembaar is. Mense kan ander simptome en gedragsafwykings toon wat in \u2019n deeglike ondersoek aan die lig sal kom.<\/p>\n<p>Plastiese chirurge sien daagliks mense wat ongelukkig oor hul voorkoms is. Die meeste van hulle sien iets aan hul anatomie waarmee hulle nie tevrede is nie \u2013 dikwels vanwe\u00eb die verouderingsproses. Hulle besluit dan om dit reg te stel \u2013 dis \u2019n praktiese besluit sonder enige obsessie.<\/p>\n<p>Gelukkig val die meeste van my pasi\u00ebnte in hierdie groep. Selfs vir hulle is dit \u2019n prosedure wat nie ligtelik opgeneem word nie. Buiten die finansi\u00eble implikasies, sal hulle ook n\u00e1 die operasie fisieke ongemak ondervind. Die besluit word deeglik bespreek en oordink.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe dikwels sien jy pasi\u00ebnte met LDS?<\/strong><\/p>\n<p>Soos ek ges\u00ea het, dit is in die minderheid, maar ek bly bewus daarvan dat dit dalk kan opduik. In \u2019n ondersoek kan ek moontlik \u2019n besonder intense behoefte by die pasi\u00ebnt bespeur. Dit gebeur veral wanneer ek sukkel om die defek te sien waarna die pasi\u00ebnt verwys.<\/p>\n<div id=\"attachment_108970\" style=\"width: 465px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108970\" class=\" wp-image-108970\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/pexels-photo-1772479.jpeg\" alt=\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet\" width=\"455\" height=\"617\" \/><p id=\"caption-attachment-108970\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe hanteer jy \u2019n pasi\u00ebnt met hierdie afwyking?<\/strong><\/p>\n<p>Elke pasi\u00ebnt is geregtig op sy mening, of dit nou gegrond is op onrealistiese verwagtinge of nie. Dit is gewoonlik vergeefs en onsinnig om hulle te probeer oortuig dat hul waarneming foutief is.<\/p>\n<p>Tog is my mening belangrik en moet gerespekteer word. Gewoonlik kan ek die pasi\u00ebnt oortuig dat chirurgie onnodig is. Elke behandeling moet gebalanseer word tussen positiewe voordele en potensi\u00eble risiko\u2019s. Die voordele moet die risiko\u2019s oorskry voor enige prosedure uitgevoer word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kry jy versoeke wat jy weier?<\/strong><\/p>\n<p>Ek sal nooit opereer as ek voel dat die risiko\u2019s groter as die voordele van die prosedure is nie. Ek sal enige tyd \u2019n gesigsontrimpeling onder lokale verdowing doen op \u2019n vyftigjarige vrou wat hangwange ontwikkel. Tog sal ek nie dieselfde operasie op \u2019n vrou met hart- of borskwale doen nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Het jy raad vir mense wat plastiese chirurgie om die verkeerde redes oorweeg?<\/strong><\/p>\n<p>Maak seker jy en die chirurg gesels in diepte oor die moontlike risiko\u2019s van die prosedure en of dit die moeite werd is. Wees eerlik oor jou behoeftes, gesondheid en gewoontes. Met die hulp van die chirurg kan al hierdie inligting opgeweeg word. Indien jou redes verkeerd is, moet die prosedure liefs vermy word. Wees dankbaar dat jy dit betyds besef het en dat jou chirurg jou belange op sy hart gedra het.<\/p>\n<p>\u2022 Dr. Francois Duminy: 021 683 3048<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/4-dapper-stappe-wat-jy-nou-kan-neem-om-gelukkiger-te-wees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">4 dapper stappe wat jy nou kan neem om gelukkiger te wees<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As jy nie \u2019n selfie kan neem sonder jou foon se filters nie, is dit dalk net ydelheid. Maar as jy jou 24 uur per dag oor die grootte van jou neus, die omvang van jou heupe, of jou hare bekommer, het jy dalk \u2019n probleem &#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":136237,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,833,2792,23449,23664,23824],"class_list":["post-108962","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-sielkunde","tag-leef-gesond","tag-psychology","tag-health","tag-healthy-lifestyle"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"As jy nie \u2019n selfie kan neem sonder jou foon se filters nie, is dit dalk ydelheid. Maar as jy jou heeltyd oor jou lyf bekommer het jy dalk \u2019n probleem ...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"As jy nie \u2019n selfie kan neem sonder jou foon se filters nie, is dit dalk ydelheid. Maar as jy jou heeltyd oor jou lyf bekommer het jy dalk \u2019n probleem ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-03-07T11:45:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-03-07T11:47:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"630\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie &#8230; Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet\",\"datePublished\":\"2023-03-07T11:45:35+00:00\",\"dateModified\":\"2023-03-07T11:47:47+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":1913,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"sielkunde\",\"leef gesond\",\"psychology\",\"health\",\"healthy lifestyle\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/\",\"name\":\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg\",\"datePublished\":\"2023-03-07T11:45:35+00:00\",\"dateModified\":\"2023-03-07T11:47:47+00:00\",\"description\":\"As jy nie \u2019n selfie kan neem sonder jou foon se filters nie, is dit dalk ydelheid. Maar as jy jou heeltyd oor jou lyf bekommer het jy dalk \u2019n probleem ...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/03\\\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg\",\"width\":1200,\"height\":630},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie &#8230; Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet | rooi rose","description":"As jy nie \u2019n selfie kan neem sonder jou foon se filters nie, is dit dalk ydelheid. Maar as jy jou heeltyd oor jou lyf bekommer het jy dalk \u2019n probleem ...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet | rooi rose","og_description":"As jy nie \u2019n selfie kan neem sonder jou foon se filters nie, is dit dalk ydelheid. Maar as jy jou heeltyd oor jou lyf bekommer het jy dalk \u2019n probleem ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-03-07T11:45:35+00:00","article_modified_time":"2023-03-07T11:47:47+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":630,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie &#8230; Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet","datePublished":"2023-03-07T11:45:35+00:00","dateModified":"2023-03-07T11:47:47+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/"},"wordCount":1913,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg","keywords":["Gesondheid","sielkunde","leef gesond","psychology","health","healthy lifestyle"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/","name":"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie ... Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg","datePublished":"2023-03-07T11:45:35+00:00","dateModified":"2023-03-07T11:47:47+00:00","description":"As jy nie \u2019n selfie kan neem sonder jou foon se filters nie, is dit dalk ydelheid. Maar as jy jou heeltyd oor jou lyf bekommer het jy dalk \u2019n probleem ...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/pexels-johannes-plenio-1576848.jpg","width":1200,"height":630},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/spieeltjie-spieeltjie-wat-jy-oor-liggaamsdimorfiese-steurnis-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Spie\u00ebltjie, spie\u00ebltjie &#8230; Wat jy oor liggaamsdimorfiese steurnis moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108962","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108962"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108962\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/136237"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108962"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=108962"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=108962"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}