{"id":108460,"date":"2023-02-08T12:44:41","date_gmt":"2023-02-08T10:44:41","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=108460"},"modified":"2023-02-08T12:46:10","modified_gmt":"2023-02-08T10:46:10","slug":"jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/","title":{"rendered":"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet"},"content":{"rendered":"<p>Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet deur Anet Schoeman. Hooffoto: Unsplash<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Sal jy op die verhoog voor die skool staan en al jou klere uittrek?\u201d Wanneer Nikki Bush van Johannesburg, \u2019n ouerskapkenner en skrywer van die boek Tech-Savvy Parenting, di\u00e9 vraag in haar praatjies vir tieners vra, is hulle geskok. \u201cHoekom stuur jy dan \u2019n naak-selfie vir jou kys?\u201d<\/p>\n<p>In die skoolsaal is daar dalk 350 kinders, maar met sosiale media kan jy duisende mense bereik.<\/p>\n<p>Voor ouers as digitale waghonde vir hul kinders kan optree, is dit noodsaaklik om te weet wat die gevare is. Lees na daaroor, woon praatjies by, maar die belangrikste: praat met jou kinders en luister met \u2019n fyn oor. Google jou kind af en toe en kyk wat jy kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1 Tieners dink nie altyd voor hulle doen nie<\/h4>\n<p>Ouers moet verstaan dat \u2019n tienergemoed \u2019n hormonale wipplank ry van die een hoogtepunt na die volgende laagtepunt. Hulle het ook \u2019n groot behoefte om in \u2019n groep ingesluit te word, raakgesien te word en aandag te kry.<\/p>\n<p>Ongelukkig is hulle nog nie volwasse genoeg om te kan dink voor hulle iets kwytraak nie, of aan die gevolge van hul dade te dink nie. Boonop raak kinders maklik iets op sosiale media-platforms kwyt wat hulle nooit reguit vir iemand sou s\u00ea nie &#8211; hulle voel dat wat hulle aanlyn doen van die werklikheid verwyder is.<\/p>\n<p>Daarby verkeer hulle onder die vals indruk dat hulle anoniem bly. En intussen val hulle in die strik om hulself bloot te stel en besef te laat dat hulle hul privaatheid prysgegee het.<\/p>\n<div id=\"attachment_108479\" style=\"width: 506px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108479\" class=\" wp-image-108479\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-920554694.jpg\" alt=\"\" width=\"496\" height=\"341\" \/><p id=\"caption-attachment-108479\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/nemke<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2 Jongmense doen soms enigiets om aandag te trek<\/h4>\n<p>Die ander komplikasie van aanlyn-kommunikasie is dat tieners soms so desperaat vir aandag is dat hulle selfs negatiewe aandag inspan om hul hits en volgelinge te vermeerder.<\/p>\n<p>Nikki s\u00ea dat tieners soms \u2019n vals profiel gebruik om nare goed van hulself op hul sosiale media platforms te pos net om aandag en simpatie van ander uit te lok. \u201cHulle voel enige aandag is beter as geen aandag nie.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie honger na aandag spoor kinders aan om onvanpaste foto\u2019s te pos om meer likes te kry. As \u2019n 13-jarige \u2019n klomp likes kry omdat sy \u2019n uitlokkende foto van haarself gepos het, word dit<br \/>\n\u2019n bose kringloop wanneer sy nie dieselfde reaksie met \u2019n gewone ouderdomsgepaste foto kry nie. Sensasiewekkende foto\u2019s word die wagwoord, en elke keer moet jy nog verder gaan om dieselfde reaksie te kry.<\/p>\n<div id=\"attachment_108480\" style=\"width: 505px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108480\" class=\" wp-image-108480\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-952414660.jpg\" alt=\"\" width=\"495\" height=\"315\" \/><p id=\"caption-attachment-108480\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/ViewApart<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3 Vertroue<\/h4>\n<p>Jy kan tieners nie vertrou om altyd goeie besluite te neem nie, s\u00ea Nikki. Jou frontale korteks, die setel in die brein wat jou help om goeie besluite te neem, is eers teen 23 tot 25 jaar ten volle ontwikkel. Dit maak nie saak hoe verantwoordelik jou kinders is nie &#8211; hulle kan onbedoeld verkeerde besluite neem. Dis soos om \u2019n kind sonder \u2019n bestuurslisensie \u2019n Ferrari te laat bestuur. Hy het gewoon nie die nodige vaardighede nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_108476\" style=\"width: 569px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108476\" class=\" wp-image-108476\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-905508166.jpg\" alt=\"\" width=\"559\" height=\"360\" \/><p id=\"caption-attachment-108476\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/wundervisuals<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4 Toets verskillende persoonlikhede uit<\/h4>\n<p>Nikki verduidelik tienerjare aan die hand van die speelhoekie in die kleuterskool waar kinders verskillende kostuums kon aantrek en rolle vertolk. Sosiale media-platforms bied tieners die vryheid om verskillende persoonlikhede uit te toets maar sonder dat hulle besef hoe groot die risiko\u2019s daaraan verbonde is.<\/p>\n<p>Die \u201c14-jarige seun\u201d wat vir jou oulike boodskappies\u00a0stuur, is dalk \u2019n pedofiel met ander motiewe. Kyk op die Internet na Kayleigh\u2019s Love Story. Die video vertel die ware verhaal van \u2019n 15-jarige meisie van Leicester, Engeland, wat binne 15 dae n\u00e1 sy iemand veel ouer as sy aanlyn ontmoet het, vermoor is.<\/p>\n<p>\u201cDis belangrik dat ouers vir kinders leer dat hulle net met mense op sosiale platforms vriende moet wees wat hulle in die werklike lewe al ontmoet en leer ken het.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_108470\" style=\"width: 582px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108470\" class=\" wp-image-108470\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-901608248.jpg\" alt=\"\" width=\"572\" height=\"381\" \/><p id=\"caption-attachment-108470\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/M_a_y_a<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5 Ouderdom en slimfone<\/h4>\n<p>\u201cAs ouers my vra hoe oud moet \u2019n kind wees voor hy \u2019n slimfoon kan kry, vra ek of die kind volwasse genoeg is om pornografie, verwerping, boelies en gemene kommentaar te hanteer \u2013 dit is immers kompliment\u00ear saam met elke slimfoon.\u201d<\/p>\n<p>Nikki glo daar is geen nodigheid vir kinders in die laerskool om \u2019n selfoon te h\u00ea nie. As ouers wel besluit om dit te doen, maak seker dit is \u2019n dom-foon wat net kan bel en SMS\u2019e ontvang en nie toegang tot die Internet het nie.<\/p>\n<p>Maar wanneer kinders 13 is, is \u2019n slimfoon deel van hul sosiale valuta en voel hulle uitgesluit daarsonder. Tog is dit ouers wat die foon koop, en hulle moet verantwoordelikheid vir die kind se selfoongebruik aanvaar.<\/p>\n<div id=\"attachment_108477\" style=\"width: 603px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108477\" class=\" wp-image-108477\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-911029160.jpg\" alt=\"\" width=\"593\" height=\"395\" \/><p id=\"caption-attachment-108477\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/SolStock<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6 Kontrak vir \u2019n selfoon<\/h4>\n<p>Verduidelik vir jou kind dat \u2019n slimfoon vir goed \u00e9n kwaad aangewend kan word en dat dit \u2019n groot verantwoordelikheid is om dit korrek te gebruik. Dieselfde geld sosiale platforms. Nikki glo ouers moet kinders se sosiale media wagwoorde ken en het \u2019n reg om te kyk wat op hul fone aangaan: \u201cDis my reg as ouer en dis noodsaaklik sodat ek jou kan help.\u201d<\/p>\n<p>Kinders behoort privaatheidskerms (<em>privacy settings<\/em>) op hul sosiale media profiele te h\u00ea. Ouers behoort ook hul kinders se facebook-vriende te wees. As kinders nie wil h\u00ea jy moet sien wat hulle skryf of pos nie, is dit \u2019n goeie aanduiding dat hulle dit ni\u00e9 moet doen nie. Maar bly op die agtergrond op facebook. Moenie kommentaar lewer nie en moet dit nooit as te nimmer as platform gebruik om kinders voor hul maats af te kraak en te verkleineer nie. (Ja, dit gebeur.)<\/p>\n<p>Soek op die Internet na \u201c<a href=\"https:\/\/nikkibush.com\/cellphone-contract-for-tweens-and-teens\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Nikki Bush cellphone contract<\/a>\u201d vir \u2019n kontrak met al die moets en moenies vir ouers en tieners oor selfoongebruik. Druk dit uit en sorg dat julle en die kind dit onderteken. As die kind die re\u00ebls oortree, is dit nie jy wat gemeen is en hom straf nie, maar \u2019n kontrak wat hy met sy gedrag verbreek het.<\/p>\n<p>Dis belangrik dat jy \u2019n goeie verhouding met jou kinders het. Hierdie wedersydse vertroue is iets waaraan jy van jongs af moet werk. Jy kan nie verwag dat julle skielik in hul tienerjare beste maats moet word nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_108469\" style=\"width: 556px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108469\" class=\" wp-image-108469\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-846722748.jpg\" alt=\"\" width=\"546\" height=\"364\" \/><p id=\"caption-attachment-108469\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/monkeybusinessimages<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7 Naakfoto\u2019s is onwettig<\/h4>\n<p>Dit is onwettig om naakfoto\u2019s van \u2019n minderjarige in jou besit te h\u00ea.<\/p>\n<p>Kinders bo 14 kan \u2019n kriminele rekord kry wat vir die res van hul lewe met elke werksaansoek opgespoor kan word.\u00a0Moenie veilig voel dat foto\u2019s op Snapchat n\u00e1 tien sekondes verdwyn nie. Iemand kan \u2019n <em>screen grab<\/em> neem en dit aanstuur.<\/p>\n<p>Tieners vergeet dat \u2019n o\u00ebnskynlik onskuldige foto op jou FB of Instagram buite konteks skade kan aanrig.\u00a0Nikki vertel van meisies wat tot hul ontsteltenis besef het \u2019n foto van hulle in \u2019n bikini is op die \u201cSletlys\u201d wat skoolseuns onder mekaar versprei.<\/p>\n<div id=\"attachment_108474\" style=\"width: 477px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108474\" class=\" wp-image-108474\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-882990994.jpg\" alt=\"\" width=\"467\" height=\"332\" \/><p id=\"caption-attachment-108474\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/PeopleImages<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8 Giftige WhatsApp-groepies<\/h4>\n<p>Iemand s\u00ea iets gemeens en daarna gooi elkeen \u2019n stuiwer in die armbeurs. Al stem jy nie saam nie en raak jy nie by die argument betrokke nie, word jy steeds oor dieselfde kam geskeer omdat jy dit nie teenstaan nie. Leer kinders dat hulle moet s\u00ea hulle stem nie saam nie, of andersins die groepie verlaat. Onthou, die deler is so goed as die steler.<\/p>\n<div id=\"attachment_108471\" style=\"width: 504px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108471\" class=\" wp-image-108471\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-901895052.jpg\" alt=\"\" width=\"494\" height=\"330\" \/><p id=\"caption-attachment-108471\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/SolStock<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9 Tieners is desperaat vir aanvaarding<\/h4>\n<p>Tieners wil dolgraag aanvaar word en sal soms enigiets doen vir vriendskap en liefde. Veral kinders wat minder gewild is en geboelie word, is meer weerloos. As daar dan \u2019n k\u00earel is wat smeek dat jy \u2019n naakfoto van jouself aan hom stuur, is dit maklik om toe te gee as hy jou verseker dat dit net vir hom is.<\/p>\n<p>Ongelukkig vergeet jongmense dat sodra iets op die web is, dit vir ewig daar is.<\/p>\n<p>As jy iets gepos het, is jy nie meer die eienaar daarvan nie. Nou behoort dit aan die web. Die k\u00earel mag jou in die rug steek en die\u00a0foto versprei as julle uitmaak. Of hy kan dit wel net vir homself hou, maar jou toekomstige werkgewer mag \u2019n begaafde kuberkraker in diens neem om voornemende werknemers se geskiedenis op te diep. Daardie naakfoto wag net om die kuberhoekie om jou werksaansoek te verydel. Selfs private <em>chatrooms<\/em> kan ook deur kuberkrakers ontbloot word. Dinge wat jy uitvee, is klaar iewers gestoor. Oppas ook vir foto\u2019s waarop jy verskyn en wat jou vriende op hul tydlyn op facebook het.<\/p>\n<div id=\"attachment_108473\" style=\"width: 543px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108473\" class=\" wp-image-108473\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-940823772.jpg\" alt=\"\" width=\"533\" height=\"356\" \/><p id=\"caption-attachment-108473\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/marchmeena29<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10 Re\u00ebls verander<\/h4>\n<p>Nikki waarsku dat enigiets wat jy op sosiale media publiseer aan daardie platform behoort. En dat re\u00ebls en voorwaardes verander. Die platform mag n\u00f3\u00fa s\u00ea dat hulle nooit enige inligting sal versprei nie, maar oor vyf jaar is die prentjie dalk anders. Dink altyd mooi voor jy enigiets pos of twiet. As jy nie gemaklik is dat almal dit lees nie, moet dit nie pos nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_108475\" style=\"width: 537px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108475\" class=\" wp-image-108475\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-901609212.jpg\" alt=\"\" width=\"527\" height=\"349\" \/><p id=\"caption-attachment-108475\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/sarayut<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>11 Bespreek probleme &#8211; moenie preek nie<\/h4>\n<p>Die beste manier om kinders paraat te maak is om gereeld potensi\u00eble gevare te bespreek.<\/p>\n<p>Moenie preek met \u201cAs ek agterkom dat een van julle \u00f3\u00f3it naakfoto\u2019s vir iemand aanstuur \u2026 \u201d<\/p>\n<p>Gesels eerder saans aan etenstafel oor moontlike scenario\u2019s waar kinders met naakfoto\u2019s in die verleentheid gebring is. En die moontlikheid van vergeldingspornografie waar \u2019n voormalige geliefde naakfoto\u2019s publiseer wanneer \u2019n verhouding eindig. So word kinders bewus van die gevolge van \u2019n onbesonne daad voor hulle in die posisie is om \u2019n onoordeelkundige besluit te neem.<\/p>\n<div id=\"attachment_108478\" style=\"width: 567px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108478\" class=\" wp-image-108478\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-847669950.jpg\" alt=\"\" width=\"557\" height=\"372\" \/><p id=\"caption-attachment-108478\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/Tempura<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>12 Moet ouers apps gebruik om slimfone en skerms te monitor?<\/h4>\n<p>\u201cKinders skei die digitale w\u00eareld van die werklike w\u00eareld en reken daar is twee verskillende stelle re\u00ebls wat geld,\u201d s\u00ea Jessica Wheeler, die eienaar van PixelKids* wat werkwinkels vir kinders en leerkragte aanbied om die digitale w\u00eareld beter te verstaan. Sy is ook die plaaslike ambassadeur vir die DQ Institute &#8211; \u2019n internasionale dinkskrum wat by die W\u00eareld- Ekonomiese Forum inskakel.<\/p>\n<p>Tog geld dieselfde beginsels en ook dieselfde dissipline. Ouers is ook verward en laat soms dinge in die digitale w\u00eareld toe wat hulle nie binne hul normale raamwerk van re\u00ebls sou toelaat nie. Die ander uiterste is waar ouers se eerste instink is om dadelik alle digitale toestelle te verbied, of skermtyd tot die minimum te beperk wanneer iets ongewens in die digitale w\u00eareld gebeur. Dis ongelukkig teenproduktief, want die Internet en slimfone is hier om te bly en as dit reg aangewend word, is dit \u2019n onontbeerlike hulpmiddel.<\/p>\n<div id=\"attachment_108481\" style=\"width: 540px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108481\" class=\" wp-image-108481\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-883679100.jpg\" alt=\"\" width=\"530\" height=\"353\" \/><p id=\"caption-attachment-108481\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/PeopleImages<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>13 Apps om toestelle te reguleer?<\/h4>\n<p>Jessica s\u00ea daar is verskeie apps wat jy op digitale toestelle kan laai om kinders dop te hou en skermtyd te reguleer. Dit kan byvoorbeeld n\u00e1 \u2019n sekere tyd \u2019n slimfoon net tot sy belfunksie beperk. Tog is sy nie noodwendig \u2019n voorstander hiervan nie en glo dit het meer waarde as jy die kind leer om \u2019n verantwoordelike digitale gebruiker te wees. Jy het ook nie beheer oor vriende se selfone nie en jou re\u00ebls gaan niks help as hulle by vriende kuier nie.<\/p>\n<p>Sy noem dit digitale intelligensie &#8211; daardie vaardighede en veiligheidsmaatre\u00ebls wat kinders moet h\u00ea om die digitale w\u00eareld suksesvol te navigeer. Ouers moet net so wakker wees. Jessica raai ouers aan om jou gewone \u201cHoe was jou dag?\u201d te verander na \u201cWat het jy vandag aanlyn gedoen?\u201d So skep jy geleenthede vir kinders om oor hul aanlyn-aktiwiteite te gesels en sal jy ook agterkom wanneer iets nie reg klink nie.<\/p>\n<p>Moenie heeltyd oordeel nie, luister eerder met aandag en jy sal gou agterkom wanneer daar \u2019n patroon ont-wikkel. Volgehoue kommunikasie is die wagwoord en dis al hoe jy probleme gaan identifiseer. Praat in die motor op pad skool toe en saans by ete.<\/p>\n<div id=\"attachment_108482\" style=\"width: 526px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108482\" class=\" wp-image-108482\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-903772250.jpg\" alt=\"\" width=\"516\" height=\"344\" \/><p id=\"caption-attachment-108482\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/nortonrsx<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>14 Wat doen jy as jy dink jou kind word aanlyn geboelie?<\/h4>\n<p>Presies dieselfde as wat jy sou doen indien \u2019n kind by die skool geboelie word: gaan spreek die skoolhoof. Die gevolge van aanlynboelie kan verreikend wees en dis noodsaaklik om dit vinnig te hanteer voor\u00a0die kind sielkundige skade opdoen.<\/p>\n<div id=\"attachment_108472\" style=\"width: 567px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-108472\" class=\" wp-image-108472\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/iStock-911029796.jpg\" alt=\"\" width=\"557\" height=\"371\" \/><p id=\"caption-attachment-108472\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/SolStock<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Nuttige wenke<\/h4>\n<p>Leer kinders die volgende as hulle met ongewenste digitale gedrag of inhoud te doen kry:<\/p>\n<ul>\n<li>Stop wat jy doen en haal diep asem. Moenie antwoord of in \u2019n aanlyn-argument betrokke raak nie.<\/li>\n<li>Blokkeer die persoon wat jou teister.<\/li>\n<li>\u00a0Vertel \u2019n ouer of ander volwassene wat jy vertrou, anders kan niemand jou help nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-veiligheidsgids-vir-jou-kind-se-eerste-slimfoon\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">&amp;#8216;n Veiligheidsgids vir jou kind se eerste slimfoon<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sosiale media-platforms soos facebook, Instagram, Snapchat en Twitter is deel van ons bestaan. Tog skuil daar in die digitale w\u00eareld monsters in menige kuberhoekie. Hoe beskerm jy jou kind teen pedofiele en persoonlike skande sonder om \u2019n kuberspioen te word? <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":135853,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[134,23443,23444,24736,60333],"class_list":["post-108460","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-relationships","tag-parenting","tag-family","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hoe beskerm jy jou kind teen pedofiele en persoonlike skande sonder om \u2019n kuberspioen te word? Hier is 14 dinge wat alle ouers moet weet\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe beskerm jy jou kind teen pedofiele en persoonlike skande sonder om \u2019n kuberspioen te word? Hier is 14 dinge wat alle ouers moet weet\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-02-08T10:44:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-02-08T10:46:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet\",\"datePublished\":\"2023-02-08T10:44:41+00:00\",\"dateModified\":\"2023-02-08T10:46:10+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":2194,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"relationships\",\"parenting\",\"family\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/\",\"name\":\"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-02-08T10:44:41+00:00\",\"dateModified\":\"2023-02-08T10:46:10+00:00\",\"description\":\"Hoe beskerm jy jou kind teen pedofiele en persoonlike skande sonder om \u2019n kuberspioen te word? Hier is 14 dinge wat alle ouers moet weet\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/02\\\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet | rooi rose","description":"Hoe beskerm jy jou kind teen pedofiele en persoonlike skande sonder om \u2019n kuberspioen te word? Hier is 14 dinge wat alle ouers moet weet","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet | rooi rose","og_description":"Hoe beskerm jy jou kind teen pedofiele en persoonlike skande sonder om \u2019n kuberspioen te word? Hier is 14 dinge wat alle ouers moet weet","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-02-08T10:44:41+00:00","article_modified_time":"2023-02-08T10:46:10+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet","datePublished":"2023-02-08T10:44:41+00:00","dateModified":"2023-02-08T10:46:10+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/"},"wordCount":2194,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg","keywords":["ouerskap","relationships","parenting","family","jou lewe"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/","name":"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg","datePublished":"2023-02-08T10:44:41+00:00","dateModified":"2023-02-08T10:46:10+00:00","description":"Hoe beskerm jy jou kind teen pedofiele en persoonlike skande sonder om \u2019n kuberspioen te word? Hier is 14 dinge wat alle ouers moet weet","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/02\/bruno-gomiero-jp7J14W9sSg-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-tiener-aanlyn-waghond-of-spioen-14-dinge-wat-alle-ouers-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jou tiener aanlyn: Waghond of spioen? 14 dinge wat alle ouers moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=108460"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/108460\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/135853"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=108460"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=108460"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=108460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}